05.05.2013 Views

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

algemeenste verbind met stavudien (d4T) en zidovudien (ZDV).

Daar is tans geen effektiewe terapie nie, dus behoort dit vermy

te word. Lipo-atrofie kan verbeter as stavudien (d4T) of

zidovudien (ZDV) met ’n NOTI vervang word wat minder sulke

newe-effekte veroorsaak, bv. tenofovir (TDF) of abacavir

(ABC). Opklaring is egter stadig en onvolledig, dus is dit beter

om lipo-atrofie te vermy deur vroeë herkenning daarvan of die

gebruik van minder toksiese NOTIs. Vir pasiënte wat toegang

tot kosmetiese chirurgie het, kan die inspuit van die pasiënt se

eie (abdominale wand) vet onder die vel van die gesig of die

inspuit van implantate, die voorkoms verbeter.

Akkumulasie van abdominale vet - ’n Ander chroniese

lipodistrofiese verandering wat goed beskryf is by pasiënte wat

’n potente kombinasie van ARTs ontvang, is ’n gelokaliseerde

akkumulasie van vet weefsel in die agterkant van die nek

(buffel skof), in die boonste deel van die romp, anterior nek,

abdomen en borste. Hierdie veranderings blyk om onafhanklik

van lipo-atrofie voor te kom. Risiko faktore sluit hoër ouderdom,

laer CD4 telings tydens aanvang van terapie, hoër

liggaamsmassa indeks en wit ras, in. PI gebruik is ’n assosiasie.

Oorskakeling van ’n PI gebaseerde na ’n NNOTI gebaseerde

of NOTI gebaseerde behandeling program het egter nie

noodwendig pasiënte bevoordeel nie. Pasiënte behoort

aangemoedig te word om te oefen en om op dieet te gaan as

hulle serum lipiede abnormaal is. Vir dié wat in staat is om

chirurgiese ingrype te bekostig, was eksisie of liposuiging

suksesvol, maar die toestand keer dikwels terug, aangesien

die veroorsakende toestande nie verander het nie.

Dislipidemie

Die meeste PIs, met die uitsondering van onversterkte

atazanavir, saquinavir en fosamprenavir, kan verhoogde totale

en lae-digtheid lipoproteïen (LDL) cholesterol en trigliseriede

veroorsaak. Stavudien (d4T) kan hipertrigliseriedemie

veroorsaak en efavirenz kan verhoogde totale cholesterol

veroorsaak. Aansienlike hipertrigliseriedemie kan pankreatitis

veroorsaak.

Dieet en lewenstyl modifikasies behoort altyd aanbeveel te

word. Oefening moet beide aërobies (vet verbranding) en

weerstand (spier versterkend) van aard wees. Oefening behoort

lank gedoen te word (minimum van 60 minute) en ten minste

drie keer per week herhaal te word. Diëte wat ryk is aan visolie

en omega-drie vetsure word aanbeveel vir hoë trigliseriede,

terwyl oorgewig pasiënte aangemoedig behoort te word om

hulle inname van versadigde vette en suiker te verminder.

Indien lewenstyl veranderings nie die serum lipiede na 6-8

weke se behandeling verlaag het nie, moet oorskakeling na

ander middels oorweeg word. Dit beteken dat middels wat

bekend is daarvoor om lipied of glukose abnormaliteite te

veroorsaak, omgeruil moet word met dié sonder hierdie neweeffekte.

Indien die serum vette nog steeds nie op hierdie

veranderings reageer nie, word fibrate (vir die hoë trigliseriede)

en /of statiene (vir die verhoogde cholesterol) bygevoeg. Beide

statiene en fibrate kan rabdomiolise veroorsaak, di. die vinnige

afsterwe van spierselle en daaropvolgende nierversaking en

soms die dood van die pasiënt. Die gebruik van PIs wat

sitochroom (CYP) 3A4 metabolisme inhibeer – byna al die PIs

met die uitsondering van atazanavir, sal hierdie risiko vererger

en pasiënte moet gewaarsku word om enige ongewone spier

ongemak of pyn of swakheid te rapporteer.

Baie statiene toon ’n interaksie met PIs en kan aanleiding gee

tot potensieel toksiese konsentrasies van statiene. Die

uitsonderings is pravastatien en fluvastatien. Laer dosisse

word aanbeveel vir atorvastatien en rosuvastatien terwyl

lovastatien en simvastatien nie saam met PIs toegedien

behoort te word nie, aangesien hulle konsentrasies dramaties

verhoog word.

Tabel 9. Behandeling van dislipidemies by

pasiënte op PIs

(aangepas uit SA MIV Klinici Vereniging Riglyne, 2008)

Verhoging Behandeling

Trigliseriede 2-5.5 mmol/l > 5.5 mmol/l

Dieet Fibraat

LDL cholesterol 3 – 4.8 mmol/l > 4.8 mmol/l

Lae kardiovaskulêre Dieet Statien

risiko profiel (nie simvastatien of

lovastatien nie)

LDL cholesterol 3 – 3.3 mmol/l > 3.3 mmol/l

Hoë kardiovaskulêre Dieet Fibraat of statien

risiko profiel (nie simvastatien of

lovastatien nie)

8.4 Allergiese reaksies

Uitslag met NNOTIs is algemeen (meer ernstig en gereeld met

nevirapien (NVP)) in die eerste ses weke se terapie.

Indien die uitslag gepaard gaan met sistemiese kenmerke

(bv. koors, verhoogde lewer ensieme, hepatitis, mukosale

betrokkenheid of vorming van blase), staak dadelik die

NNOTI en moet nie weer gebruik nie.

Indien die uitslag voorkom sonder hierdie kenmerke, kan

daar aangehou word om die NNOTI te neem en kan die

uitslag simptomaties met ’n antihistamien en ’n topikale

steroïed behandel word.

Pasiënte wat ’n uitslag gedurende die inleiding fase van

nevirapien ontwikkel (d.i. 200mg daagliks), moet nie die

dosis na 200mg twee keer daagliks verhoog totdat die

uitslag opgeklaar het nie.

Pasiënte wat ’n uitslag ontwikkel met die hoër dosisse

behoort die NVP dosis weer na 200 mg daagliks te verlaag,

totdat die uitslag opgeklaar het.

Dit is aanvaarbaar om nevirapien (NVP) in plaas van

efavirenz (EFV) te gebruik.

Abacavir (ABC) hipersensitiwiteit is hoofsaaklik ’n sistemiese

reaksie wat in ongeveer 3% van pasiënte voorkom. Fataliteite

kan voorkom, veral as die middel weer geneem word. Die

manifestasies van hipersensitiwiteit sluit koors, uitslag,

moegheid en abdominale of respiratoriese simptome in. Soos

met die NNOTIs, kom die hipersensitiwiteit reaksie gewoonlik

binne die eerste 6 weke na aanvang van die ARV voor.

Simptome vererger met elke dosis en verbeter vinnig as die

gebruik van die middel gestaak word. ’n Ernstige en potensieel

fataal anafilaktiese reaksie het by tot en met 20% van pasiënte

voorgekom wat weer ABC begin neem het nadat hulle dit

voorheen gestaak het – selfs 5 jaar daarna. Dit moet vermy

word.

28 September 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!