MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za
MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za
MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Die virus DNS word dan van die sitoplasma na die nukleus

van die sel geskuif, waar dit onder die invloed van ’n ander

virale ensiem, integrase, die virus in die gasheer se sel

DNS inkorporeer (integreer).

Elke keer as ’n gasheer sel verdeel, maak dit ook ’n nuwe

kopie van die geïntegreerde virale DNS saam met sy eie

gene. Die virale DNS kan die funksies van die sel oorneem,

wat veroorsaak dat die sel nuwe virus deeltjies produseer,

wat dan vrygestel word uit die geïnfekteerde selle om

ander T-limfosiete binne te dring.

#Limfosiete is ’n tipe wit bloedsel. Die drie hoof tipes limfosiete is Tlimfosiete

of T-selle, B limfosiete of B-selle en natuurlike “killer” (NK)

selle. Limfosiete speel ’n belangrike en integrale rol in die liggaam se

immuun verdediging meganismes. Die T-limfosiete is die verkose

teiken sel van MIV en as gevolg van die CD4 reseptor op die T-limfosiet

word dikwels daarna verwys as die CD4 sel.

Die stadia van die MIV lewensiklus kan in nadere besonderhede

beskryf word, soos hieronder aangedui en geïllustreer in

Figuur 3.

Stadium 1. Binding en fusie

MIV begin sy lewensiklus wanneer dit aan ’n CD4 reseptor op

’n T-limfosiet of T-sel bind. Die virus smelt dan saam met die

gasheer sel. Na fusie stel die virus RNS (sy genetiese materiaal)

in die gasheer sel vry.

’n Nuwe ontdekking het aangetoon dat MIV ’n ko-reseptor

gebruik - ’n chemokien reseptor 5 (CCR5) of chemokienverwante

reseptor (CXCR4) – om die teiken selle binne te

dring. Verskeie chemokien reseptore kan as virale ko-reseptore

funksioneer, maar CCR5 is waarskynlik die fisiologies

belangrikste ko-reseptor gedurende natuurlike infeksie. ’n

Aantal nuwe MIV middels, die sogenaamde ingang

inhibeerders, is ontwerp om met die interaksie tussen CCR5

en MIV in te meng – maraviroc en vicriviroc. Maraviroc is tans

in die VSA goedgekeur en vicriviroc is tans in fase III studies.

Stadium 2. Omgekeerde transkripsie

Die MIV ensiem, omgekeerde transkriptase, verander enkelstring

MIV RNS na dubbel-string MIV DNS. Die MIV virus

muteer maklik op hierdie punt, want omgekeerde transkriptase

is geneig tot foute gedurende die omskakeling van virale RNS

na DNS. Omgekeerde transkriptase inhibeerders (die

nukleosiede soos zidovudien, didanosien, stavudien,

lamivudien en emtrisitabien, die nukleotied tenofovir en die

nie-nukleosiede nevirapien en efavirenz) teiken die

omgekeerde transkriptase ensiem.

Stadium 3. Integrasie

Die nuut gevormde MIV DNS gaan die gasheer sel se nukleus

binne waar ’n MIV ensiem genaamd integrase die integrasie

van virale DNS met die gasheer sel se DNS integreer. Die

geïntegreerde MIV DNS word ‘provirus’ genoem en kan onaktief

vir etlike jare bly en min of geen kopieë van MIV produseer nie.

Integrase inhibeerders word tans ondersoek en raltegravir is

die eerste integrase inhibeerder wat deur die Food and Drug

Administration (FDA) in die VSA goedgekeur is.

Stadium 4. Transkripsie

Wanneer die gasheer sel ’n sein ontvang om aktief te word,

kommandeer die provirus ’n gasheer ensiem genaamd RNS

polimerase om kopieë van MIV genomiese materiaal te maak,

asook korter stringe van RNS, wat boodskapper RNS genoem

word (bRNS). Laasgenoemde verlaat die nukleus en keer

terug na die sitoplasma van die sel waar, in die endoplasmiese

retikulum – die sel se proteïen produserende fabriek – die

bRNS as ’n bloudruk gebruik word om lang kettings van virale

(MIV) proteïene te maak.

Stadium 5. Montering

Die MIV ensiem genaamd protease sny die lang kettings van

MIV proteïene wat in die endoplasmiese retikulum gevorm is

in kleiner individuele proteïene – komponent dele wat die

omhulsel, matriks, ensieme, aanhegting proteïene ens van die

nuwe virus gaan vorm. Die nuwe virus sal twee stringe van die

oorspronklike virale RNS en hierdie verskeie komponent

proteïene bevat. MIV protease inhibeerders is kompeterende

inhibeerders wat direk bind aan die MIV protease en die

daaropvolgende klewing van polipeptiede verhoed. Voorbeelde

van hierdie sluit lopinavir/ritonavir, atazanavir en saquinavir,

in. Hierdie protease inhibeerders of PIs word meer effektief

gemaak indien hulle gekombineer word met ’n lae dosis

ritonavir, sogenaamde PI versterking.

Stadium 6. Botselvorming

Die nuut saamgestelde virus druk uit of ‘bot’ uit die gasheer sel.

Gedurende botselvorming, steel die nuwe virus `n gedeelte

van die sel se buitenste omhulsel – vermom sodoende homself

soos ’n Trojaanse perd om nie die aandag van die gasheer se

immuun stelsel te trek nie. Wanneer virus deeltjies uit die

gasheer sel bot, word die gasheer sel, soos die T-limfosiet,

beskadig of vernietig in die proses. Aangesien limfosiete `n

noodsaaklike deel van die liggaam se immuun sisteem is, gee

die progressiewe verlies van hierdie selle uiteindelik aanleiding

tot die ineenstorting van die gasheer se immuun sisteem.

Virale botselvorming is deel van die proses genaamd virale

rypwording. Bevirimat, die eerste van die rypwording

inhibeerders, blokkeer die vorming van die virus kern. Dit word

tans in fase I en II kliniese studies ondersoek.

3.3 Vordering van MIV infeksie

Dit kan 3-7 jaar of meer duur vir ’n persoon wat MIV positief is,

om simptome van immuun tekort en MIV verwante mediese

toestande te ontwikkel. Die infeksie vorder dikwels vinniger by

kinders wat gedurende hulle eerste lewensjaar die infeksie

opgedoen het en by volwassenes ouer as 45 jaar, pasiënte

met gepaardgaande siektes soos diabetes, nier- of lewer

siektes (alkohol misbruik, hepatitis B en C) en by intraveneuse

dwelm verslaafdes. Die voorkoms van anemie, lae serum

albumien en kwyning (gewigsverlies, ’n lae liggaamsmassa

indeks (LMI)), wanvoeding (by kinders) is swak prognostiese

indikators en dui op swak moontlikheid van oorlewing.

Onbehandelde, algehele oorlewing met MIV is ongeveer 9-10

jaar in suidelike Afrika. Hierdie situasie kan egter dramaties

omgekeer word met antiretrovirale middels (ARVs). Oorlewing

op ARVs in die ontwikkelde wêreld is tans in die omgewing van

3-4 dekades.

4 September 2009