05.05.2013 Views

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Tabel 4. Klasse ARVs, hulle afkortings en innoveerder handelsname

ARV klas ARV (afkorting) Handelsnaam

Nukleosied en nukleotied Stavudien (d4T) Zerit ®

omgekeerde transkriptase Zidovudien (AZT) of (ZDV) Retrovir ®

inhibeerders (NOTIs) Tenofovir (TDF) Viread ®

Didanosien (ddI) Videx ®

Lamivudien (3TC) Epivir ®

Emtricitabien (FTC) Emtriva (nie in SA beskikbaar nie)

Truvada ® (kombinasie met tenofovir)

Abacavir (ABC) ® Ziagen

Kivexa ® (kombinasie met 3TC)

Nie-nukleosied omgekeerde Nevirapien (NVP) Viramune ®

transkriptase inhibeerders (NNOTIs) Efavirenz (EFV) Stocrin ®

Protease inhibeerders (PIs) Saquinavir (SQV) Invi-Rase ®

Indinavir (IDV) Crixivan ®

Ritonavir (RTV) Norvir ®

Nelfinavir (NFV) Viracept ®

Lopinavir met lae dosis ritonavir (LPV/r) Aluvia ® , Kaletra ®

Atazanavir (ATV) Reyataz ®

Fosamprenavir (FPV) Telzir ®

Darunavir (DRV) Prezista ® (Afdeling 21*)

Tipranavir (TPV) ® Aptivus (Afdeling 21*)

Integrase Inhibeerders(IIs) Raltegravir Isentress ® (Afdeling 21*)

Elvitegravir Nie in SA beskikbaar nie

Fusie inhibeerders (FIs) Enfuvirtide Fuzeon ® (Afdeling 21*)

Chemokien reseptor antagoniste Maraviroc Celsentri ® (CCR5 antagonis) (CRAs)

(Afdeling 21*)

* Nog nie in SA geregistreer nie. Beskikbaar met Afdeling 21 aansoek van die MBR

Tenofovir (algemeen bekend as TDF bv. Viread ® & Truvada ®

– in kombinasie met emtricitabien)

Zidovudien (algemeen bekend as AZT of ZDV bv. Retrovir ® ).

Aangesien die afkorting AZT verwarring met die immuun

onderdrukker asatioprien kan veroorsaak, is huidige praktyk

in Suid-Afrika om die afkorting ZDV vir zidovudien te

gebruik.

Meganisme van werking

NOTIs onderbreek die MIV lewensiklus deur kompeterende

inhibisie van MIV omgekeerde transkriptase en terminering

van die DNS ketting. NOTIs is struktureel soortgelyk aan die

DNS nukleosied basisse en word in die provirale DNS ketting

geïnkorporeer wat aanleiding gee tot terminering van provirale

DNS vorming. Tenofovir, lamivudien en emtricitabien toon

aktiwiteit teen hepatitis B virus (HBV) bykomend tot MIV en

word dikwels gebruik vir pasiënte met hepatitis B ko-infeksie.

Farmakokinetika

NOTIs is pro-geneesmiddels. Die orale biobeskikbaarheid van

NOTIs wissel van 25 tot 93% met tenofovir en didanosien op

die onderkant van die spektrum. Voedsel beïnvloed nie

absorpsie van enige van die NOTIs betekenisvol nie, met die

uitsondering van didanosien wat op ’n leë maag geneem moet

word om optimale absorpsie en geneesmiddel vlakke te

verseker.

Die meeste NOTIs word deur die niere geëlimineer en dosis

aanpassings is nodig by pasiënte met ingeperkte nier funksie,

met die uitsondering van abacavir, waarvan die normale dosis,

ongeag van die kreatinien opruiming, toegedien word.

Nota: Stavudien (d4T) word nou deur die WGO aanbeveel in

’n dosis van 30mg twee keer daagliks (in plaas van 40mg twee

keer daagliks) vir alle volwassenes en adolessente, ongeag

van liggaamsmassa. ’n Sistematiese oorsig van kliniese data

dui sterk daarop dat stavudien bevattende behandelings kliniese

en virologiese effektiwiteit onderhou indien stavudien in ’n

dosis van 30mg twee keer daagliks toegedien word en hierdie

laer dosis word geassosieer met laer toksisiteit koerse, veral

perifere neuropatie (pyn, dooie gevoel, brand gevoel en /of

inperking van die sensasie van gevoel, aanvanklik in die

voete) in vergelyking met die 40mg twee keer daaglikse dosis.

Die WGO beveel verder aan dat alle pasiënte wat 30 of 40mg

stavudien ontvang met bewyse van stavudien verwante

toksisiteit (selfs met geen tekens van mislukking van

behandeling nie) na ’n nie-stavudien behandeling program

behoort geskuif te word. Alle pasiënte wat d4T 40mg ontvang

sonder enige bewyse van stavudien toksisiteit, behoort so gou

as moontlik na d4T 30mg oorgeskakel te word.

Die Suider-Afrikaanse MIV Klinici Vereniging het ook aanbeveel

dat stavudien uit behandeling programme weggelaat moet

word as gevolg van die hoë toksisiteit daarvan en beveel aan

dat tenofovir as ’n moontlike alternatiewe eerste-linie ARV

gebruik word.

8 September 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!