05.05.2013 Views

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Tabel 15. ARV interaksies met rifampisien en aanbevelings vir gesamentlike toediening

(aangepas uit SA MIV Klinici Vereniging Riglyne, 2008).

Klas ARV middel Inteaksie Dosis van ARV met rifampisien

NOTIs Almal in die klas Geen betekenisvolle farmakokinetiese

interaksies nie

Geen dosis aanpassing nodig nie

NNOTIs Efavirenz Ligte verlaging van efavirenz Geen dosis aanpassing nodig nie

konsentrasies 600mg daagliks

Nevirapien Matige verlaging van nevirapien Gebruik standaard dosering, maar

konsentrasies oorweeg die weglaat van die inleidende

dosis fase (beperkte veiligheid data)

PIs Ritonavir Geen betekenisvolle interaksie Geen dosis aanpassing nodig nie.

nie Word selde voorgeskryf want dit word

sleg verdra

Lopinavir / ritonavir Lopinavir plasma konsentrasies Verdubbel die dosis van lopinavir /

word betekenisvol verlaag ritonavir tot 800/200 mg 12-uurliks of

voeg ritonavir 300mg 12-uurliks

(3 tablette 12-uurliks) by Kaletra ®

400/100mg 12-uurliks*

Saquinavir + ritonavir Saquinavir konsentrasies word

betekenisvol verlaag.

Risiko van ernstige hepatotoksisiteit

indien addisionele

ritonavir voorgeskryf word

Moet nie gelyktydig voorskryf nie

Alle ander PIs Aansienlike verlaging van

PI konsentrasies

Moet nie gelyktydig voorskryf nie

*Die dubbele dosis behandeling program word verkies, want dit word beter verdra. Beide dosis aanpassings behoort geleidelik

oor ’n week of meer gemaak te word.

moontlik behoort die ARV behandeling program aangepas te

word om die gebruik van rifampisien moontlik te maak,

aangesien dit ’n uiters potente anti-TB middel is en die rugsteun

van meeste anti-TB behandeling programme vorm.

Die aanbevole standaard eerste-linie ART behandeling

program bestaan uit twee NOTIs plus een NNOTI.

Daar is min interaksies met TB middels en die NOTI

rugsteun en geen spesifieke veranderings word aanbeveel

nie.

Die situasie is meer kompleks met die NNOTI klas, want

NNOTI vlakke word in die teenwoordigheid van rifampisien

verlaag.

Efavirenz (EFV) is die verkose NNOTI vir gebruik saam

met rifampisien. Sien Tabel 15.

Lopinavir/ritonavir (Aluvia ® ) word aanbeveel as EFV nie

gebruik kan word nie, d.i. die eerste trimester van

swangerskap, ernstige depressie of ander

onverdraaglikheid teenoor EFV.

As gevolg van die onbetroubare en onvoorspelbare serum

konsentrasies van NVP, word hierdie NNOTI nie gewoonlik

saam met rifampisien aanbeveel nie.

Rifabutin gebaseerde TB behandeling is duur, maar dit kan

oorweeg word vir pasiënte wat nie die gesamentlike ART en

rifampisien gebaseerde TB terapie kan verdra nie. Gedeelde

newe-effekte van TB terapie en ART word in Tabel 16 beskryf.

10.2 Swangerskap

Vroue wat ART ontvang en nie swanger wil raak nie, behoort

effektiewe en toepaslike voorbehoedmiddels beskikbaar te hê

om die moontlikheid van onbeplande swangerskap uit te

skakel. Vroue wat EFV gebaseerde terapie ontvang, behoort

swangerskap te vermy as gevolg van die teratogenisiteit wat

daarmee verbind word.

By swanger vroue is ’n addisionele doel van terapie die

voorkoming van moeder-tot-kind oordrag (PMTCT) met die

doel van maksimale virale onderdrukking om die risiko van

MIV oordrag na die fetus en pasgeborene te verlaag.

Alle MIV positiewe vroue wat NIE op ART is nie, behoort

met ART te begin, ongeag van die CD4 telling en die virale

lading.

Nota: Die MIV Klinici Vereniging se aanbeveling dat alle

MIV positiewe swanger vroue ART moet ontvang, ongeag

van hulle CD4 tellings weerspreek riglyne vir die voorkoming

van moeder-tot-kind oordrag wat deur die Suid-Afrikaanse

Departement van Gesondheid daargestel is. Dit beveel aan

dat slegs swanger vroue met ’n CD4 telling van minder as

200 ART behoort te ontvang. Dit moet bygevoeg word dat

die MIV Klinici se Riglyne die internasionale beste praktyk

in die veld volg. Die SA Dep. van Gesondheid se riglyne is

nog nie sedert 2004 formeel hersien nie.

32 September 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!