04.05.2013 Views

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

6.2 Hoe om met vaste kosse te begin

Borsvoed of bottelvoed eerste

Begin met klein hoeveelhede van enkelbestanddeelkosse

(twee teelepels) na die melkvoeding, bou

stadig op na groter hoeveelhede.

Beginnerkosse moet met ’n lepel gevoer word.

Ideale beginnerkosse sluit in fyngemaakte aartappel,

pampoen, botterskorsie, wortels, patats,mieliepap

of babagraankosse (ysterverryk). Graankosse kan

gemeng word met borsmelk of formule.

LET WEL: Moet nie graankos by die bottel voeg

nie. Verrykte babagraankosse behoort

eerste by die dieet gevoeg te word,

omdat hul yster en sink verskaf, twee

voedingstowwe wat die waarskynlikste

is om in babas se diëte te kort.

Rysgraankos word dikwels eerste

gegee, omdat dit die minste allergenies

is.

Voeg een nuwe kos op ’n slag by, en gee dit twee tot

drie maal per dag vir 2 tot 7 dae voordat ander nuwe

kosse bygevoeg word – dit gee die geleentheid om

voedselonverdraagsaamhede en –allergieë op te

merk. Kosse wat meer geneig is om allergieë te

veroorsaak, sluit in eiers, koeimelk, soja, neute, vis

en koring.

Die aanvaarbaarheid van nuwe kosse verhoog met

herhaaldelike blootstelling. Tot 8 blootstellings kan

nodig wees, alvorens ’n nuwe kos aanvaar word.

Borsvoeding kan die aanvaarding van vaste kosse

fasiliteer, as gevolg van die verskeidenheid van

geure wat deur borsmelk oorgedra word.

Sorg moet geneem word om te voorkom dat

fyngemaakte voedselflessies nie bederf nie. Flessies

van babakosse kan in die yskas gehou word vir tot

48 uur nadat dit oopgemaak is, voordat dit weggegooi

moet word. Kos moet egter uit ’n bord aan die baba

bedien word, eerder as uit die flessie. Kos wat in die

bord oorbly, moet weggegooi word.

Kombinasiekosse kan aan babas gegee word nadat

hul die vermoë om die individuele komponente te

verdra, getoon het.

Wanneer fyngemaakte kosse goed verdra word,

kan meer bonkige kosmengsels gegee word.

Teen 8 tot 10 maande, begin babas die vaardighede

om vingerkosse op hul eie te eet, bemeester.

Die byvoeging van suiker en sout word ontmoedig.

Die aanvaarbaarheid van die kos vir die baba word

nie verhoog deur suiker en sout by te voeg nie. Deur

bygevoegde suiker en sout in suigelingskap te vermy,

kan ’n laer drempel gestel word vir soet- en soutsmake

later in hul lewens. Ouers moet voedseletikette lees

en produkte koop waarby daar nie suiker of sout

gevoeg is nie.

7. DIE ROL VAN DIE VOORWINKEL-

PERSONEEL

Uitsluitlike borsvoeding is die mees effektiewe manier

om te verseker dat babas die voeding ontvang wat hul

benoding in die eerste ses lewensmaande. Daarom

moet uitsluitlike borsvoeding so ver as moontlik

aangemoedig word.

Wanneer mammas nie kan borsvoed nie, dan is

babaformule die volgende beste alternatief. Babas wat

formulemelk gegee word, toon groei en ontwikkeling

wat soortgelyk is aan dié van borsgevoede babas,

maar saam met die verhoogde koste van

formulevoeding, moet mammas beraad word t.o.v.

wenke en higiëne vir bottelvoeding

Die apteek se voorwinkelpersoneel is in die ideale

posisie om mammas op te voed oor die keuse van ’n

babaformule. Dit is belangrik om vroue in te lig dat

beginformules t.o.v. voeding redelik soortgelyk is, en

dat enige ysterverrykte beginformule van

gemodifiseerde koeimelk, wat aanbeveel is vir babas

van geboorte tot ses maande oud, aan die

voedingsbehoeftes sal voldoen wat nodig is vir optimale

groei en ontwikkeling in gesonde voltermyn babas.

Die voorwinkelpersoneel behoort:

Mammas in te lig oor die voordele van uitsluitlike

borsvoeding as die eerste keuse vir babavoeding.

Mammas, wat om een of ander rede nie kan borsvoed

nie, in hul besluit om formulevoeding toe te pas, te

ondersteun.

Vroue in te lig dat enige beginformule van

gemodifiseerde koeimelk geskik is vir meeste babas.

Vroue advies te gee oor wanneer dit toepaslik sal

wees om na ’n ander formule oor te skakel of

wanneer die gebruik van ’n gespesialiseerde formule

oorweeg kan word, bv. by babas met ’n sterk

familiegeskiedenis van allergieë. Baie mammas

skakel oor van formules in die geloof dat die

oorskakeling die baba langer sal laat slaap of

simptome van koliek of versteurings in

spysverteringskanaalfunksie sal verlig. In meeste

gevalle los hierdie probleme self op soos wat die

baba se spysverteringskanaal volwasse word.

Mammas na die dokter of kliniek te verwys as die

baba voedingsprobleme het of nie floreer nie.

Mammas te adviseer oor bottelvoedingstegnieke en

bottelhigiëne om infeksies in jong babas te help

voorkom.

Mammas te adviseer oor wanneer en hoe om vaste

kosse by te voeg en watter vaste kosse as beginkosse

gebruik kan word.

Verwysings op aanvraag beskikbaar.

16 November 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!