04.05.2013 Views

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ouderdom onder die vyfde persentiellyn val, of as dit

twee persentiellyne kruis, bv. van bo die 85ste

persentiellyn na onder die 50ste persentiellyn.

Daar is baie oorsake vir die onvermoë om te floreer,

soos ’n swak eetlus, swak dieet of ’n onderliggende

mediese probleem. Meeste gevalle van onvermoë om

te floreer kom gewoonlik gedurende die eerste twee

lewensjare voor. Hierdie babas is geneig om meer

infeksies op te doen en is tipies ondervoed as ’n gevolg

van swak speengewoontes (bv. vroeë spening) en ’n

swak gehalte dieet (byvoeging van vaste kosse van

swak voedingsgehalte). Babas wat lyk of hul moontlik ’n

onvermoë om te floreer toon, moet na die dokter of

kliniek verwys word.

3. BORSVOEDING OF BOTTELVOEDING?

Borsmelk is sonder twyfel die keusevoedsel vir babas

en die WGO moedig borsvoeding aan as die optimale

voeding vir babas vanaf geboorte tot ten minste ses

maande oud. Baie vroue in die moderne samelewing

het egter nodig om terug te keer werk toe kort na die

geboorte van die baba, terwyl ander weens ’n mediese

toestand of ’n essensiële mediese behandeling nie kan

borsvoed nie.

Dit is belangrik om nuwe mammas te adviseer oor die

voordele van borsvoeding, veral vir die eerste ses

lewensmaande. Indien ’n vrou egter kies om nie te

borsvoed nie, is dit belangrik om haar in haar besluit te

ondersteun en haar dan te adviseer en te beraad oor die

mees toepaslike keuse van ’n babaformule, asook oor

higiëne betreffende bottelvoeding.

3.1 Meer oor borsvoeding

Indien die borsvoedingstegniek goed is, voldoen

uitsluitlike borsvoeding vir die eerste ses lewensmaande

aan die nodige energie- en voedingsbehoeftes van

meeste babas. Gesonde babas benodig nie enige ander

voeding op hierdie stadium nie, selfs nie water nie. Dit

is omdat borsmelk self 88% water is en genoeg is om die

baba se dors te les.

Om te verseker dat die moeder genoegsame

melkproduksie het vir ses maande van uitsluitlike

borsvoeding, moet ’n baba so dikwels en vir so lank as

wat hy of sy wil, gevoed word, dag en nag. Hierdie

“voeding op aanvraag” verseker dat babas na gelang

van hul eetlus gevoed word (nie volgens die klok nie),

en verseker dat babas die voeding verkry wat hul nodig

het vir bevredigende groei. Babas wat op aanvraag

gevoed word, ledig nie die bors met elke voeding nie. Dit

is belangrik om nie die duur of die frekwensie van

voedings te beperk nie, mits die baba korrek aan die

bors vassuig. Tepelskade word veroorsaak as die baba

swak vassuig aan die bors, en nie deur verlengde

voedings nie. Die baba moet toegelaat word om aan die

bors te drink totdat hy of sy spontaan die tepel los. Na

Tabel 3. Die voordele van borsvoeding

Voordele vir die moeder Voordele vir die baba

• Die risiko van bloeding na • Borsvoeding help om

geboorte is minder in vroue babas teen ’n verskeidenwat

borsvoed. heid van siektes te be-

• Borsvoeding help ’n vrou skerm, soos diarree en

om oormatige gewig wat longontsteking.

tydens swangerskap opge- • Borsvoeding verminder die

tel is, te verloor. voorkoms van allergiese

• Borsvoeding kan die terug- toestande soos asma en

keer van vrugbaarheid ekseem.

vertraag, aangesien vroue • Vetsug in later jare is

wat uitsluitlik borsvoed minder algemeen in

dikwels nie hul maand- kinders wat geborsvoed is.

stonde het vir die eerste • Verskeie studies suggeses

maande na die ge- reer dat borsgevoede

boorte van hul baba nie. babas moontlik hoër

• Vroue wat borsvoed kan tellings kan kry in toetse

’n laer risiko vir bors- en van intelligensie, vergeleke

ovariële kanker hê later in met diegene wat gebotteldie

lewe. voed is.

’n kort ruskansie, kan die baba die ander bors aangebied

word, wat sy of hy dan kan wil hê of nie. By die volgende

voeding moet hierdie bors dan eerste aangebied word.

As die baba vir lank aan die bors bly (meer as 30 minute

by elke voeding), of as hy of sy te gereeld wil voed (meer

as elke 1 tot 1.5 ure) dan moet daar nagegaan word of

die baba reg vassuig aan die bors.

Borsvoeding hou voordele vir beide die moeder en die

baba in. Sien Tabel 3. Vroue wat MIV-positief is, kan

ook besluit om onder sekere omstandighede te

borsvoed. Sien Tabel 4.

3.2 Die ontwikkeling van babaformules

Borsmelk is die goue standaard vir babavoeding. Deur

menslike borsmelk as die model te gebruik, het navorsers

die essensiële en semi-essensiële voedingstowwe

geïdentifiseer wat ’n borsmelkvervanging, d.i.

babaformule, behoort te bevat.

Midde-in die 20ste eeu is babas wat nie geborsvoed is

nie gewoonlik koeimelkgebaseerde formules gegee, of

tuisgemaakte formules van ingedampte melk, suiker en

water. Sedert die vervaardiging van die vroegste

kommersiële babaformules, was daar ’n snelle evolusie

van navorsing oor die samestelling van babaformules.

Vandag is daar ’n reeks verskeie formules beskikbaar,

insluitend produkte vir pretermynbabas, babas van

geboorte tot ses maande, babas van ses tot 12 maande,

babas ouer as 12 maande, sojagebaseerde formules,

laktosevrye formules en formules vir babas met spesiale

toestande, soos allergiese stoornisse.

Nuwe formules word steeds ontwikkel, en bestaande

formules ondergaan gereelde wysigings, soos wat meer

4 November 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!