04.05.2013 Views

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

tel tipies in die eerste twee lewensmaande vinniger

gewig op as formule-gevoede babas, maar hierdie

babas groei dan deur die res van hul eerste lewensjaar

stadiger as formulegevoede babas.

2.2 Tekens van hongerte en versadigheid

In die eerste lewensjaar het babas die vermoë om hul

voedselinname te reguleer in ooreenstemming met hul

voedingsbehoeftes. Die baba sal tekens van hongerte

of versadigheid toon en van hul ma verwag om op

hierdie tekens te reageer. Daarom moet babas op aanvraag

gevoed word, d.i. hul moet gevoed word wanneer

hul aandui dat hul honger is, en hul moet nie gedwing

word om ’n streng voedingskedule te volg of ’n bottel

klaar te maak as hul nie meer honger is nie. Babas wat

geforseer word om ’n streng voedingskedule te volg in

die vroeë lewensmaande, kan ’n groter kans hê om oorof

ondervoed te wees.

Tabel 1. Tekens van hongerte en versadigheid

Tekens van hongerte Tekens van volheid

’n Baba wat honger is, kan: Tekens van volheid sluit in:

• Wakker word en rondrol • Die lippe saampers

• Suig aan die vuisie • Vermindering in die

• Huil of kerm suigaksie

• Lyk of hy/sy gaan begin • Uitspuug van die tepel of

huil tiet

• Terugleun of wegdraai

van die bors of bottel

2.3 Gewig-vir-ouderdom-groeikaarte

Groeikaarte word gebruik deur klinieksusters en –

dokters om te help om ’n baba se groei te volg oor ’n

tydperk. Die mees algemene tipe groeikaart is ’n

persentielkaart.Die standaard groeitempo’s op die WGO

se persentielkaart is gebaseer op die groei van

borsgevoede babas van ses lande oor vyf kontinente.

Daarom toon die WGO se gewig-vir-ouderdom kaarte

akkuraat hoe ’n normale baba van enige etnisiteit

behoort te groei.

Tabel 2. Hoe om die persentielkaart te lees

• Die 3de persentiellyn beteken dat 3% van kinders

onder hierdie lyn sal lê in terme van gewig vir

ouderdom

• Die 97ste persentiellyn beteken dat 3% van kinders

bo hierdie lyn en 97% van kinders onder hierdie

lyn sal lê in terme van gewig vir ouderdom

• Die 15de persentiellyn beteken dat 15% van

kinders onder hierdie lyn sal lê, en die 85ste

persentiellyn beteken dat 85% van kinders onder

hierdie lyn sal lê in terme van gewig-vir-ouderdom

• Die 50ste persentiellyn is nie ’n “slaag” nie, maar

dit beteken dat 50% van die normale bevolking

onder hierdie lyn lê, en 50% van die bevolking bo

dit lê.

Let wel: Slegs ’n paar babas bly op die persentiellyn

waarop hul gebore is. Meeste babas kruis

die persentiellyne. Na geboorte is groter

babas geneig om stadiger te groei en kleiner

babas geneig om vinniger te groei. Dit is

omdat geboorte-grootte meer verband hou

met toestande in die uterus as met genetika.

Na geboorte beweeg babas geleidelik na

hul grootte soos bepaal deur genetika. Dit

kan tot twee jaar neem vir babas om hul

genetiese voorafgeprogrammeerde grootte

te bereik. Hierna volg die baba se groei dan

min of meer hierdie lyn.

Figuur 1. Gewig-vir-ouderdom persentielkaart

vir meisies van geboorte tot 2 jaar

3 November 2012

Gewig (kg)

Maande

Geboorte

1 jaar

Ouderdom (voltooide maande en jare)

97ste

85ste

50ste

15de

3de

2 jaar

Figuur 2 . Gewig-vir-ouderdom persentielkaart

vir seuns van geboorte tot 2 jaar

Gewig (kg)

Maande

Geboorte

1 jaar 2 jaar

Ouderdom (voltooide maande en jare)

97ste

85ste

50ste

15de

3de

2.4 Wat is die onvermoë om te

floreer?

Swak gewigstoename beteken dat die baba teen ’n laer

tempo gewig optel as ander babas van dieselfde

ouderdom en geslag. Sommige babas tel nie teen ’n

normale tempo gewig op nie weens ondervoeding, wat

vir ’n verskeidenheid redes kan voorkom. Ondervoeding

word ook na verwys as ‘die onvermoë om te floreer’.

Meeste dokters en klinieksusters sal die onvermoë om

te floreer herken wanneer ’n kind se gewig vir sy

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!