04.05.2013 Views

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

tydperk vir kindervoeding - te voorsien, waarna swak

groei moeilik is om om te keer.

2. GESONDE GROEI IN BABAS

Dit is belangrik om uit die staanspoor te besef dat babas

nie klein grootmense is nie. Babas toon ’n besondere

vinnige groeitempo in die eerste lewensjaar, maar het

onvolwasse organe wat nie opgewasse is teen

komplekse kosse nie. Gedurende suigelingskap en

kinderjare tel kinders vinniger gewig op en groei vinniger

as tydens enige ander tyd in hul lewens. Geboortegewig

word gewoonlik verdubbel teen vier of ses maande en

verdriedubbel teen 12 maande. Die baba se lengte

neem toe met ’n veelvoud van 1.5 binne 12 maande.

Daarom benodig babas die nodige energie en

voedingstowwe wat nodig is om snelle groei en

ontwikkeling te ondersteun. Vir optimale voeding van

babas en jong kinders, beveel die Wêreldgesondheidsorganisasie

(WGO) die volgende aan:

Uitsluitlike borsvoeding vir ses maande – d.i. die

baba ontvang slegs borsmelk vir die eeste ses

lewensmaande; geen ander vloeistowwe of

vastestowwe nie, insluitend water

Die byvoeging van genoegsame voedende vaste

kosse vanaf die ouderdom van ses maande, met

voortgesette borsvoeding tot op twee jaar of ouer

Faktore wat in ag geneem moet word om te verseker dat

babas optimale voeding ontvang en gesonde groei

toon, sluit in:

Voedingstowwe moet in ’n vorm wees wat maklik

deur die baba se onvolwasse spysverteringstelsel

verteer en absorbeer kan word. As voedingstowwe

in die korrekte vorm is, sal dit die hoeveelheid

onverteerde kosse in die baba se spysverteringskanaal

verminder. (Onverteerde kosse kan

abdominale krampe veroorsaak en simptome wat

verwant is aan koliek.) Borsmelk is die voedsel van

keuse vir babas tot op die ouderdom van ses maande,

omdat die samestelling daarvan al die nodige

voedingstowwe verskaf in ’n vorm wat maklik verteer

en absorbeer kan word deur die spysverteringstelsel.

Let wel: Die samestelling van borsmelk is anders as

dié van koeimelk. Dit is waarom ongemodifiseerde

koeimelk nie aanbeveel word vir babas

onder die ouderdom van een jaar nie.

Die baba het ’n laer konsentrasie van ensieme in die

spysverteringskanaal as ouer kinders of volwassenes.

Alhoewel babas proteïne, vette en koolhidrate

vanaf geboorte kan verteer, verbeter hul vermoë om

dit te doen soos wat hul spysverterings-kanaal

volwasse word. Borsmelk het ’n hoë vetinhoud en is

die mees doeltreffende manier om aan die baba se

hoë energiebehoeftes te voldoen. Gram vir gram

bevat vet meer as twee maal die hoeveelheid energie

in vergelyking met proteïne of koolhidrate.

’n Pasgebore baba se magie is klein. Daarom moet

die baba dikwels gevoed word. Byvoorbeeld, babas

van geboorte tot vier maande wat formulemelk kry

benodig sowat 8 tot 10 voedings per dag, terwyl ouer

babas tipies vier tot ses voedings per dag benodig.

Babas wat geborsvoed word, moet op aanvraag

gevoed word.

By geboorte is die baba se ingewande steriel (dus

bevat dit nie bakterieë nie). Sodra die baba

geborsvoed word, word bakterieë aan die baba se

ingewande bekend gestel. Borsmelk bevat verskeie

‘goeie’ bakterieë (d.i. Lactobacilli en Bifidobacteria)

wat die natuurlike flora van die spysverteringstelsel

opmaak en die baba se spysverteringskanaal

beskerm teen infeksie met potensiële siekteveroorsakende

bakterieë.

Die esofageale klep, wat die opening is aan die

bokant van die maag, is nie ten volle ontwikkel in

pasgebore babatjies nie. Dit is om hierdie rede dat

sommige pasgebore babas probleme kan hê met

die opbring van spoeg of met opbring na voeding.

Hierdie refluks kan as normaal beskou word, tensy

dit ernstig is en vergesel word van swak

gewigstoename, in welke geval dit dan na die dokter

verwys moet word.

2.1 Gewigstoename in babas

By geboorte is die baba se spysverteringstelsel

onvolwasse. Om hierdie rede verloor meeste babas tot

10 persent van hul liggaamsgewig in die eerste paar

lewensdae, terwyl die baba daarby aanpas om sy of

haar eie verteringstelsel i.p.v. die plasenta te gebruik

om voedingstowwe te verkry en afvalprodukte uit te

skei.

Die baba behoort terug te keer na sy/haar geboortegewig

binne twee weke. Hierna behoort die baba se gewig en

hoogte bestendig toe te neem. Die dokter of klinieksuster

gebruik spesiale groeikaarte, genaamd persentielkaarte,

om die baba se groei van week tot week te volg in die

vroeë stadiums van sy/haar lewe, en daarna minder

gereeld soos wat die baba ouer word.

Dit is heeltemal normaal vir ’n borsgevoede baba se

gewig om van week tot week te varieer. Een week kan

die baba dalk min gewig optel en die volgende week kan

die baba dalk baie meer gewig optel. As die baba

geweeg word direk na ’n voeding, kan dit ’n verskil van

100 tot 200 gram maak. Mammas moet beraad word om

minder te bekommer oor klein weeklikse veranderings

in gewig, en om eerder te kyk na gewigstoename oor ’n

langer tydperk, soos ’n maand.

Gedurende die eerste maand tel meeste pasgebore

babas gewig op teen ’n pas van 30 g per dag of 200 g

per week . Hul groei gewoonlik sowat 2.5 tot 3.8 cm in

lengte gedurende die eerste maand. Baie pasgebore

babas gaan deur ’n tydperk van snelle groei wanneer

hulle 7 tot 10 dae oud is, en weer by 3 en 6 weke.

Hoeveel gewig die baba optel elke maand hang ook af

van genetika en of die baba borsmelk of formulemelk

ontvang. Byvoorbeeld, uitsluitlike borsgevoede babas

2 November 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!