04.05.2013 Views

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Meeste babas kan die bogenoemde gemodifiseerde

koeimelkformules verdra, en toon groei en ontwikkeling

wat soortgelyk is aan dié van borsgevoede babas. Daar

is egter ’n paar situasies waarin ’n gespesialiseerde

formule benodig word.

4.4 Gespesialiseerde formules

Daar is ’n verskeidenheid gespesialiseerde formules

beskikbaar vir babas wat nie gemodifiseerde

koeimelkformules kan verdra nie.

Babaformule vir koeimelkproteïenallergie

Uitsluitlike borsvoeding en die uitstel van die byvoeging

van vaste kosse totdat die baba ses maande oud is, is

die aanbevole benaderings tot die voorkoming van

voedselallergieë in babas. Waar uitsluitlike borsvoeding

nie moontlik is nie, behoort babas wat deur ’n dokter met

’n koeimelkproteïenallergie gediagnoseer is, ’n gehidroliseerde

babaformule te gebruik. Uitvoerige gehidroliseerde

hipoallergeniese formules behoort eerste

probeer te word. Vir die paar babas wat hoogs allergies

is, of wie se simptome nie verbeter met die gebruik van

’n uitvoerige gehidroliseerde formule nie, moet ’n

aminosuurgebaseerde formule probeer word.

Laktosevrye formules

Babas wat laktose-onverdraagsaam is, of wat

aanhoudende koliek het, mag nodig hê om ’n laktosevrye

formule te gebruik.

Sojaformules

Die enigste mediese rede vir die gebruik van ’n

sojaformule is vir babas wat ’n tekort het aan die

laktase-ensiem en wat dus nie laktose kan verdra nie.

Hierdie babas kan ook ’n laktosevrye formule gebruik

soos hierbo beskryf.

Verskeie studies toon dat babas wat sojaformules

gevoed word, soortgelyke groei en ontwikkeling toon

vergeleke met babas wat borsmelk en gemodifiseerde

koeimelkformules gevoed word. Sojamelk moet egter

nie gebruik word in vroeggebore babas of babas met ’n

lae geboortegewig nie, en is ook nie die eerste keuse in

babas met koeimelkproteïenallergie of ’n sterk familiegeskiedenis

van allergieë nie. In hierdie babas moet ’n

gehidroliseerde formule eers probeer word.

Ouers wat ’n vegetariese dieet vir hul baba verlang, kan

ook verkies om ’n sojaformule te gebruik.

Anti-refluksformules

Babas wat hul voedings opspoeg en swak gewigstoename

toon of spysverteringsongemak, kan voordeel

trek uit ’n anti-refluksformule. Hierdie babas behoort na

’n dokter verwys te word vir assessering, alvorens ’n

anti-refluksformule begin word.

5. RIGLYNE VIR BOTTELVOEDING

Pasgebore formulegevoede babas word oor die

algemeen so gereeld formule gevoed as wat uitsluitlike

borsgevoede babas gevoed word, vir ’n totaal van agt

tot 10 voedings binne 24 uur. Soos borsgevoede babas,

het formulegevoede babas nodig om klein hoeveelhede

babaformule deur die loop van die dag en nag te

ontvang, omdat hul magies nog klein is. As ’n pasgebore

baba vir langer as vier ure op ’n slag slaap, moet die

baba wakker gemaak word en ’n bottel aangebied word.

Tabel 9. Wenke vir bottelvoeding

Was die hande met seep en water voor voeding.

Vind ’n gemaklike plek om te voed.

Interageer met die baba in ’n kalm en ontspanne

manier in voorbereiding op en gedurende die

voeding, bv. deur vertroeteling en deur minsaam

met die baba te praat.

Vir babas wat ’n verhitte bottel verkies, verhit die

bottel net voor die voeding.

Hou die baba in jou arms of skoot gedurende die

voeding, met die baba in ’n semi-regop posisie

met die kop effens vorentoe gekantel en

ondersteun. Die baba moet die versorger se

gesig kan sien. As die baba se koppie te ver terug

gekantel is, of as die baba in die liggende posisie

is, kan die vloeistof in die baba se lugpypie inloop

en veroorsaak dat hy stik. Babas kan ook

oorinfeksies opdoen, omdat vloeistof die middeloor

binnegaan en nie behoorlik kan dreineer nie. Dit

is nooit geskik om die bottel teen iets soos ’n

kussing staan te maak en die baba sodoende te

laat voed nie. Ouer babas kan verkies om die

bottel self vas te hou terwyl hul in die versorger se

arms is. Moet egter nie die bottel voor slaaptyd

gee of toelaat dat die baba dit rondra nie. As ’n

baba toegelaat word om met ’n bottel te slaap,

kan dit tot tandbederf lei.

Hou die bottel stil en teen ’n hoek, sodat die punt

van die bottel naby die tiet gevul is met formule en

nie lug nie.

Verseker dat die tietgrootte geskik is – as die

bottel onderstebo gehou word, moet die druppels

wat uitloog gou opmekaar volg, en nie ’n stroom

vorm nie.

Breek die kind se winde op by enige natuurlike

breek, of aan die einde van die voeding, om te

help om geslukte lug uit die magie te elimineer.

’n Baba se winde kan opgebreek of uitgevryf word

deur liggies die baba se ruggie te tik of te vryf

terwyl hy of sy teen die voorkant van die versorger

se skouer en bors gehou word, of terwyl hy in ’n

sittende posisie op die versorger se skoot gehou

word. ’n Klein hoeveelheid gespoeg is algemeen

in formulegevoede babas.

Moet nooit enige baba dwing om die bottel se

inhoud klaar te maak nie. Babas het die beste

oordeel t.o.v. hoeveel hul benodig.

Gooi enige oorgeblewe babaformule na ’n voeding

weg. Die mengsel van babaformule met speeksel

skep ’n ideale teelaarde vir siekteveroorsakende

mikroörganismes.

13 November 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!