04.05.2013 Views

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Tabel 4. MIV en borsvoeding

• ’n Vrou wat met MIV geïnfekteer is, kan die virus

aan haar baba oordra tydens swangerskap, kraam

of geboorte en ook deur borsmelk.

• Vroue wat MIV-medikasie neem, is minder geneig

om MIV deur borsmelk oor te dra. Baie

gesondheidsorgdeskundiges adviseer sulke vroue

om te borsvoed.

• MIV-positiewe vroue wat nie MIV-medikasie neem

nie en wat kan bekostig om hul babas veilig te

borsvoed, kan geadviseer word om babaformule

i.p.v. borsvoeding te gebruik.

• MIV-positiewe vroue wat nie MIV-medikasie neem

nie, en wat nie babaformule kan bekostig nie of

wat nie toepaslike bottelvoedingspraktyke kan

verseker nie (d.i. skoon water, doeltreffende

bottelsterilisering) kan aangemoedig word om

uitsluitlik te borsvoed, omdat die risiko om MIV

oor te dra aan die baba laer is as die risiko van

swak voeding en ernstige siektes soos diarree en

longontsteking vir die baba.

komponente van borsmelk geïdentifiseer word, hul rol

in voeding bestudeer word en hul dan by babaformule

gevoeg word. Borsmelk bevat egter hormone,

immuunfaktore, groeifaktore en lewensvatbare selle,

waarvan die meeste nie op praktiese wyse tot

babaformules toegevoeg kan word nie.

Terwyl die samestelling van die verskillende

babaformules verskil, is daar baie navorsing wat toon

dat babas wat formulemelk gegee word, soortgelyke

groei en ontwikkeling toon wanneer hul vergelyk word

met borsgevoede babas.

3.3 Borsmelksamestelling vs. formulemelk

Borsmelk bevat al die voedingstowwe wat ’n baba

benodig in die eerste ses lewensmaande, insluitend

vette, koolhidrate, proteïne, vitamiene, minerale en

water. Dit word maklik verteer en doeltreffend gebruik.

Borsmelk bevat ook teenliggaampies en ander faktore

wat help om die baba se ontwikkelende immuunstelsel

te ondersteun, wat beskerming teen infeksie verleen.

Volwasse borsmelk word vanaf so min of meer 20 dae

na die geboorte van die baba geproduseer. Alhoewel

die samestelling van borsmelk kan varieer afhangende

van die tyd van die dag en van moeder tot moeder is die

volgende waar:

Borsmelk het ’n hoë vetinhoud, wat sowat helfte van

die energie-inhoud van die melk verskaf. Die

vetinhoud van borsmelk verander soos die voeding

progresseer. Die voormelk bevat minder vet, lyk

blou-grys in kleur en verlig ’n baba se dors vinnig.

Die agtermelk is ryk aan vette, lyk romerig wit en

verskaf ’n gekonsentreerde vorm van energie.

Borsmelk bevat sekere soorte vet wat bekend staan

as “goeie vette”, asook essensiële vetsure. Die

essensiële vetsure in borsmelk word DHA

(dokosaheksanoësuur, wat ’n omega-3-vetsuur is)

en ARA (aragidoonsuur, wat ’n omega-6-vetsuur is)

genoem. Hierdie vetsure is bewese om belangrik te

wees vir brein en visuele ontwikkeling en word

derhalwe gevoeg by sekere soorte babaformule.

Die hoof koolhidraat in borsmelk is laktose, wat ’n

soort suiker is. Borsmelk bevat sowat 7g laktose per

100ml, wat meer is as in meeste ander melke, selfs

koeimelk. Laktose verskaf sowat 40% van die energie

wat beskikbaar is uit borsmelk. ’n Sagter stoelgang,

nie-patogeniese bakteriële flora in die spysverteringskanaal

en verbeterde absorpsie van minerale soos

kalsium is al toegeskryf aan die laktose in borsmelk.

Borsmelk bevat prebiotika soos oligosaggariede bv.

galakto-oligosaggariede (GOS) of frukto-oligosaggariede

(FOS). Hierdie oligosaggariede help om die

groei van ‘goeie’ bakterieë in die spysverteringstelsel

te bevorder. Borsgevoede babas is ryker aan

verteringsflora as formulegevoede babas. Dit is

waarom oligosaggariede soos GOS en FOS by

sommige soorte babaformules gevoeg word.

Beide die hoeveelheid en tipe proteïne wat gevind

word in borsmelk verskil van dié van ander diermelke,

bv. koeimelk en bokmelk. Die konsentrasie van

proteïne in borsmelk is laer as dié van ander

diermelke. Proteïne verskaf byvoorbeeld 6 tot 8 %

van die energie in borsmelk, maar 20 % van die

energie in koeimelk. Die laer proteïeninhoud van

borsmelk is meer geskik vir die jong baba, aangesien

die veel hoër proteïeninhoud van diermelke die

baba se niere kan oorlaai.

Die hoof soorte proteïne wat in borsmelk voorkom is

ook anders as dié wat gevind word in ander diermelke.

Die proteïeninhoud van borsmelk is 60% wei en 40%

kaseïen. Hierdie balans van proteïne in borsmelk

laat vinnige en maklike vertering toe. Die

proteïeninhoud van koeimelk is 20% wei en 80%

kaseïen. Die balans van proteïne in borsmelk maak

vinnige en makliker vertering moontlik, terwyl melk

met ’n groter persentasie van kaseïen (soos

koeimelk) moeiliker is vir die baba om te verteer en

kan lei tot “wrongel” wat in die baba se magie vorm,

wat ongemak, maagkrampe en koliek kan

veroorsaak.

Proteïne word opgemaak uit verskillende aminosure.

Die aminosure wat die proteïne in borsmelk uitmaak

is ideaal vir babas en verskil ook van die aminosure

wat in koeimelk gevind word. Dit is waarom sekere

aminosure (bv. tourien en sisteïen) by sekere

babaformules gevoeg word.

Borsmelk bevat ook nukleotiede, wat belangrik is vir

die normale ontwikkeling van die spysverterings- en

immuunstelsels. Alhoewel die baba sommige

nukleotiede kan vervaardig, beteken die baba se

snelle groei dat meer benodig word as wat vervaardig

kan word. Dit is om hierdie rede dat baie babaformules

toegevoegde nukleotiede bevat.

5 November 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!