04.05.2013 Views

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Tabel 7. Die samestelling van babaformules

Voedingstof Samestelling in babaformule

Water Word gebruik om vloeibare formule te berei

• Dit is van kardinale belang vir ouers om die vervaardiger se aanwysings te lees, verstaan

en te volg wanneer water by poeierformules gevoeg word.

• As te veel water bygevoeg word, kan dit lei tot gewigsverlies en oormatige waterinname in

die baba.

• Deur meer formule as nodig te gebruik, kan veroorsaak dat die baba te veel gewig optel en

kan stremming op die niere plaas.

• Gekonsentreerde formules kan ook aanleiding gee tot diarree, wat dan op die beurt kan lei

tot dehidrasie.

Koolhidrate Laktose is die hoof koolhidraat in borsmelk en in meeste koeimelkgebaseerde babaformules.

• Meeste babas floreer op ’n formule wat laktose bevat, maar babas wat nie genoeg van die

laktase-ensiem het wat laktose afbreek nie, kan beter vaar op sojaformule.

Laktosevrye formules is geneig om mieliestroopvastestowwe, asook tapiokastysel,

gemodifiseerde mieliestysel en maltodekstrien i.p.v. laktose te bevat.

• Laktosevrye formules kan gebruik word in babas wat onverdraagsaam is teenoor laktose.

Daar is geen bewyse dat laktosevrye formules koliek verbeter nie, maar ’n kort proeflopie

van ’n laktosevrye formule kan oorweeg word in babas wat koliek het of wat spysverteringsongemak

of -simptome toon na ’n voeding.

Proteïne Babaformules verskil t.o.v. die hoeveelheid wei- en kaseïenproteïne wat hul bevat.

• Proteïne wat ontleen is aan koeimelk word gewoonlik gemodifiseer bv. deur dit te verryk

met weiproteïen sodat die proteïenprofiel meer ooreenstem met dié van borsmelk.

Aminosure in formulemelk word gebaseer op borsmelksamestelling

• Baie babaformules kan toegevoegde tourien en sisteïen bevat om nouer ooreen te stem

met die aminosuurprofiel van borsmelk

Vet Formulemelk kan verskeie groente-olies bevat as vet, insluitend mielie-, soja-, saffraan-,

sonneblom- en klapperolie.

• Groente-olies in babaformules word versnit om die vetsamestelling van borsmelk so nou as

moontlik na te boots

• Daar is beduidende navorsing wat die voordele van DHA en ARA op die ontwikkeling van

die baba se brein en visie toon.

Dit het daartoe gelei dat baie vervaardigers DHA en ARA tot babaformules toevoeg, en so

ook die stowwe waaruit DHA en ARA gemaak word, d.i. alfa-linoleïensuur en linoleensuur.

Vitamiene en Vitamiene en minerale word by babaformules gevoeg om so na as moontlik met die vlakke

minerale daarvan in borsmelk ooreen te stem.

• Alle babas behoort ysterverrykte formule te ontvang om ystertekortanemie te voorkom.

Beide koeimelkgebaseerde en sojaformules word met yster verryk.

Nukleotiede Konsentrasies van nukleotiede in koeimelkgebaseerde formules is laer as dié van borsmelk.

• Baie babaformules bevat toegevoegde nukleotiede, maar navorsing is nodig om die

voordele van die toevoeging van nukleotiede tot babaformule te bevestig, bv. die voordele

op die immuniteit teen infektiewe siektes.

Prebiotika en Die samestelling van die intestinale flora (d.i. goeie bakterieë vs. slegte bakterieë in die

probiotika spysverteringskanaal) speel ’n belangrike rol in die funksie van die immuunstelsel (die stelsel

wat die liggaam teen indringing van bakterieë en ander mikro-organismes soos virusse

beskerm).

• Prebiotika soos galakto-oligosaggariede (GOS) en frukto-oligosaggariede (FOS) is

voedingstowwe wat die groei van goeie bakterieë in die ingewande ondersteun.

• Probiotika is goeie bakterieë bv. Lactobacilli en Bifidobacteria wat die ingewande teen

indringing met slegte bakterieë beskerm.

• Baie formulevervaardigers voeg nou prebiotika en probiotika tot babaformules toe om die

risiko van gastro-intestinale infeksies, soos diarree, te verminder.

9 November 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!