21.09.2017 Views

CURRO AFR SEPT

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

HOËRSKOOL GEBEURE

na finale bevestiging

bekendmaak.

Ons graad 10-leerders

het pas teruggekeer na

‘n goed georganiseerde

en suksesvolle kamp te

Dullstroom. Met baie pyne

en skete, maar verseker

baie wyser, kan ons graad

10-seuns en dogters nou

die toekoms betree. Baie

dankie vir die talle e-posse

rakende die kamp wat ons

ontvang het. Ons geniet

ook positiewe terugvoer

terdee.

Die rekordeksamen

verloop seepglad. As

gevolg van deeglike

beplanning staan dié

eksamen einde se kant

toe. Ek wil graag van die

geleentheid gebruik maak

om elke personeellid, wat

toesig gehou het sowel as

onderrig gegee en afgerig

het, van harte te bedank. Ek

het ‘n vergadering met ons

graad 12-ouers gereël om

die weg vorentoe rakende

akademie te bespreek.

Die vergadering het den

doel om vas te stel hoe

ons as bondgenootskap,

mekaar kan help in

die laaste pylvak. Die

matriekafskeid is om die

draai en almal, veral ons

klas van 2017, sien uit na

die spoggeleentheid. Dit

is ‘n baie duur en spesiale

geleentheid en daarom wil

ek graag ‘n versoek rig dat

u as matriekouer, u kind

aanmoedig om tot op die

einde te bly.

‘n Spesiale woord van

dank aan al die rolspelers

wat bygedra het tot ‘n

suksesvolle kwartaal.

Gebruik die ruskans en

kom veilig terug sodat ons

die vrugte van ons arbeid

vir 2017 kan afsluit.

Laaste maar definitief nie

die minste, wil ons graag

Me. M May alle sterkte

toewens op haar en

haar gesin se nuwe

lewenspad. Maria

verlaat ons aan die

einde van die termyn

na bykans 7 jaar se

onbaatsugtige diens.

Ons beste wense

vergesel die May

familie.

Bon Voyage.

Belangrike sake en

aangeleenthede

Assesseringsprogram

vir die laaste kwartaal

gaan uit op 22

September.

Rapporte word

om 10:00 op 22

September 2017 uitgedeel.

Skool sluit vir die vakansie

op 22 September om

10:00.

Skool heropen op 10

Oktober 2017.

Graad 12-lenteskool

vind plaas gedurende

die eerste week van die

vakansie, uitsluitende

rekeningkunde.

Graad 12-eindeksamen

begin op 24 Oktober 2017.

Graad 8-11-eksamen

begin op 4 November

2017.

Geniet die vakansie!

Pieter van Wyk

Operasionele hoof

KWARTAAL 3 Designed by sales-squad.com

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!