03.09.2019 Views

De Villiers book complete but incorrect

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Lank gelede het ek dr. Con de Villiers gevra of daar nog eienskappe is wat die

De Villiers's kenmerk. Na 'n betreklike lang stilte het hy met sy sterk Overbergse

bry gesê:"'n Mens het darem 'n ma ook!" Nadat hierdie biologiese feit erken is,

was sy opsomming: "Daar is darem min van ons wat nie 'n oor vir 'n wysie het

nie." Dink maar daaroor na: Daar is min De Villiers's wat nie 'n aanvoeling vir

musiek het nie. Dan dink ek ook nou nie net aan die uitsonderlik begaafdes

waaraan ons familie 'n besondere rykdom het nie. Al die De Villiers's wat musiek

geskep en gemaak het, wat musiek laat sê wat 'n mens andersins nie kan sê nie,

is erfgename van dié gawe. Dr. Con het ook gesê hulle is sensitiewe mense,

maar dit mag lol wanneer hulle ouer word, want dan neig hulle om bedruk te

raak. 'n Ander oom (nie 'n familielid nie) se opsomming was: "Briljante mense,

die De Villiers's - net jammer hulle het almal so effens 'n krakie."

Wanneer 'n mens oor 'n lang tydperk terugkyk, sal diegene wat buitengewoon

presteer het, duidelik uitkenbaar wees en 'n objektiewe beskouing van die

Hugenote-nalatenskap toon dat die De Villiers=s as 'n groep besonder presteer

het. Die enigste ander groep wat op hierdie vlak met hulle kan meeding, is die

afstammelinge van die Duitse sendelinge in Suid-Afrika. Watter gevolgtrekking 'n

mens daaruit kan maak, is nie duidelik nie, maar dit is waarskynlik dat dit iets te

doen het met 'n lewensbeskouing waarin die taak voorhande gesien word as 'n

diens aan hul God.

Alhoewel die De Villiers's nie die grootste Hugenote-familie is nie, is hulle

buitengewoon sterk verteenwoordig in die meeste beroepe en vind 'n mens hulle

veral as regspraktisyns. Dink maar aan die vele De Villiers's wat hoofregters en

regters was en dan is daar natuurlik ook lord Henry. En moenie al die prokureurs

wat oor die hele land versprei is, vergeet nie. Die bediening sou 'n mens byna

kon verwag as 'n arbeidsveld vir hulle, maar ook ingenieurs, argitekte,

wetenskaplikes, ekonome, skrywers, digters, joernaliste, landboukundiges,

boere, onderwysmanne, krygsmanne en geneeshere word in groot getalle onder

hulle gevind. Die genealoog Christoffel Coetzee de Villiers verdien 'n spesiale

plek. Dit is nie 'n volledige lys nie - veel meer sou bygevoeg kon word - maar dit

is belangrik dat ons hulle oral aantref. Ons sou hier kan ophou en met

dankbaarheid in herinnering kon roep wat die De Villiers's aan hierdie land en sy

mense gegee het en hoe hulle ons land met sy veelvuldige kulture met hul

talente verryk het. Hulle het veel ingeploeg in hierdie vrugbare grond!

Laat ons terugkeer na hul oorspronklike taak: Hulle was wynmakers! Met reg kan

gevra word of hulle in hierdie taak geslaag het. Die wynbedryf het reeds sedert

1659 aan die Kaap bestaan en hulle kon hierop voortbou en verbeter omdat hulle

nie net wynmakers was nie, maar ook bewerkers van wingerdgrond en

wingerdkwekers, soos hulle in Frankryk geleer is. Slegs enkele De Villiers's is

nog betrokke by die groot kultuur van wynmaak, en die meerderheid het nie meer

eerstehandse kennis daarvan nie.

Die proses om die druif te pars en daarna onder die toesig van die wynmaker tot

wyn te omskep, is 'n meesterstaak wat in talle mitologieë, met inbegrip van die

Christelike, weerklank vind.

Alle versnyding, ook dié van 'n land se kultuur, is 'n komplekse proses en gaan

gepaard met 'n risiko. Die individuele druif word nie onthou nie, maar die wyn

wel. Dit is die wyn wat tel en om daarby uit te kom, verg onbaatsugtige en

delikate gisting.

Het ons, as familie, die wyn van ons menswees gemaak tot verryking van die

land en die kulture van al sy mense? Indien ons hierin geslaag het, het ons ons

taak volvoer en het ons die wyn van Suid-Afrikaanse kultuur, vanweë ons

teenwoordigheid, tot 'n beter gehalte verhef.

Hoe die wyn van individuele menswees in ons elkeen voltooi word, is eintlik die

kern van die saak. Van nuuts af weer is elkeen 'n loot uit die stok van ons

Hugenote-stam; die druif wat gepars word deur die lewe se onheile en

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!