03.09.2019 Views

De Villiers book complete but incorrect

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

al die beskikbare inligting in argiefbewaarplekke in te samel.

Baie nuwe inligting is op hierdie manier bekom. Daar is onder andere

bykomende kinders van die stamvaders opgespoor en ook gevind dat kinders in

sommige gevalle in 'n ander volgorde geplaas behoort te word. Dit het ook vir

latere geslagte gegeld. Persone wat bekend is met die standaardwerke mag dus

vind dat hul genealogiese nommers in hierdie geslagsregister verskil van dié in

daardie bronne.

Met al dié inligting en inligting uit opgaafvorms wat ons aan familielede gestuur

het, was ons in staat om dr. Con se manuskrip, wat tot en met 1976 strek, te

kontroleer, te herskryf en aan te vul tot 1980 en in sommige gevalle selfs verder.

In hierdie proses het dr. Con se unieke taalgebruik ongelukkig in die slag gebly.

Groot vordering is gemaak toe ons op 2 September 1986 ons eerste rekenaar

aangekoop het. Tot op daardie tydstip is alles met die hand geskryf. Die rekenaar

is aangekoop met behulp van skenkings van die De Villiers Huguenot Society in

Bloemfontein en SASKO in die Paarl sowel as uit Museumfondse. Mnr. D. Laidler

van Jonkershoek het baie hulp verleen met die aankoop van die rekenaar en die

opleiding van die personeel in die gebruik daarvan.

Die versameling van die gegewens in hierdie publikasie het 'n aantal jare in

beslag geneem, maar die verwerking en kontrolering daarvan nog veel langer.

Ten spyte van geringe tekortkominge kan ons met alle eerlikheid beweer dat die

De Villiers-geslagsregister een van die omvattendste registers nóg oor 'n

Suid-Afrikaanse familie is. Hiervan is die omvang van die publikasie dan ook 'n

goeie aanduiding.

Ons bedank graag die De Villiers Trust, wat hierdie publikasie moontlik gemaak

het en veral die voorsitter, mnr. D.P. de Villiers. Die voorsitter was nie net die

stukrag agter die publikasie van die geslagsregister nie, maar het die meeste

borge en donateurs gewerf en ook borg gestaan vir enige tekort wat die

Trustfonds moontlik op 31 Desember 1999 sal toon.

Ten slotte wil ons ons dank uitspreek teenoor die volgende persone vir inligting

of ander hulp wat ons van hulle ontvang het. Sommige het belangrike bydraes

gelewer en ander het net deur hul belangstelling ons aangemoedig om deur te

druk en die werk af te handel: Mev. A. Burger, Franschhoek; prof. G. de Kock,

Port Elizabeth; mnr. A. William de Villiers, Mowbray; mnr. Ivan de Villiers,

Somerset-Wes; dr. J.F.K. de Villiers, Bloemfontein; mnr. D. Laidler, Jonkershoek;

dr. R.T.J. Lombard, Pretoria; mnr. J.P. Louw, Franschhoek; dr. H.M. Malan,

Bloemfontein; mnr. Seppie Malherbe, Franschhoek; mev. H. Sheridan,

Franschhoek; mnr. en mev. C.A. Swart, Kaapstad; die personeel van die

Argiefbewaarplek, Kaapstad; die personeel van die NG Kerkargief, Kaapstad,

asook alle De Villiers's wat hul opgaafvorms voltooi het of inligting gestuur het.

Die samestelling van die De Villiers-geslagsregister was vir ons 'n groot, maar

ook genotvolle, uitdaging. Dit het ons in staat gestel om hierdie besondere familie

goed te leer ken. Ons wil vertrou dat die register aan u as leser ook veel genot

sal verskaf.

Juna MALHERBE (geb. Swart)

Alet MALAN

Franschhoek, 1997

'n Siening van die Suid-Afrikaanse de Villiers-Familie

J.C. (Kay) de Villiers

Om drie honderd jaar nadat die Sion 1(1) in Mei 1689 met ons drie stamvaders

hier aangekom het, te bepaal wat hul kenmerkende eienskappe was en watter

invloed hul nageslagte oor hierdie tydperk uitgeoefen het, is bykans onmoontlik.

Op die tydstip toe die broers uit Frankryk moes vlug, het dié land 'n goue eeu

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!