03.08.2015 Views

elan winter 2015.pdf

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

winter 2015inhoud30 aantekenToptien kinderkwale: Oorlewingsgids34 agendaABC van allergieë in die winter38 aanspraakmakersSuid-Afrika se Samaritane:Gift of the Givers reik wêreldwyd uit44 allawêreldMediese tegnologie – raar, maar waar!48 aromaMaak jou eie gegeurde olyfolie50 aanmaakKoskaskos54 klaarblyklikAgter slot en grendelFIKS & VIETSmet dié nuttigetoestelle en apps18Dis ’n gewigtige saak!Ons word steeds al vetter, het ’n studie van The Lancetbevind. Sewe uit tien vroue en vier uit tien mans het meerliggaamsvet as wat gesond is.medihelp-blitsgids24 Medihelp AJV-terugvoerTerugvoer oor die 109 de Algemene Jaarvergadering;ontmoet die lede van die Raad van Trustees26 Goeie gesondheid met HealthPrintMedihelp bied waarde in elke lewensfase met diegratis aanlyn HealthPrint-welstandsprogram.28 Medihelp-netwerkopspoorderDit was nog nooit so maklik om ’n netwerkhospitaalof -gesondheidsorgverskaffer op te spoor nie.29 Medihelp MultiSport-klubFiks en aan die gang? Sluit by ons MultiSport-klubaan. Alle drawwers en fietsryers is welkom!

kom in’nMens assosieer diewinter met grou weer envaal kleure – maar nieby Medihelp nie! Vanjaarkleur ons die winter in met ons betrokkenheidby die Color Run – “diegelukkigste 5 km op die planeet”.Lees op bladsy 12 meer hoe onsmense in dorpe en stede regoorSuid-Afrika gaan wys dat oefeningen ’n gesonde leefwyse ook hopepret kan wees. Neem gerus deel asjy in een van die deelnemende stede woon! Lede van Medihelpse HealthPrint-welstandsprogram kan gratis aan die Color Rundeelneem – dit kos normaalweg R200 per deelnemer. Sluit dusvandag nog by HealthPrint aan as jy nog nie het nie – sien bladsy26 en 27 vir meer inligting.Winter beteken ook dat allerhande kieme en virusse aan ’nmens se deur kom klop. Maar moenie bekommer nie: élan geejou ’n nuttige gids oor kinderkwale wat moontlik dié winter kankop uitsteek. Dit vertel jou in ’n neutedop wat elkeen veroorsaak,wat die simptome daarvan is en hoe jy dit moet behandel. Onsvertel jou ook waarom dit belangrik is om genoeg water te drinkas jy deur griep of verkoue lastig geval word, asook waarom joudokter nie antibiotika sommer voor die voet sal voorskryf nie.Lees meer op bladsy 38 hoe dr. Imtiaz Sooliman in 1992 syhumanitêre organisasie, Gift of the Givers, gestig het om mensein nood regoor die wêreld te help.Suiker is al meer in die nuus as een van die groot sondaars watvetsug veroorsaak. Maar kan ’n mens daaraan verslaaf raak? Leesop bladsy 10 meer oor dié soete versoeking. Ons kyk ook kritiesna die sogenaamde “Banting”-dieet om agter te kom waarom ditso ’n omstrede onderwerp is (bladsy 18). En as jy nou al beplanom aan die einde van die winter weer ’n aktiewer leefstyl te beginvolg, is daar op bladsy 14 ’n spesiale artikel oor die nuutste fiksheidstoestelleen -toepassings.Medihelp het onlangs sy 109de Algemene Jaarvergadering inPretoria gehou, wat voorafgegaan is deur ’n reeks skakelgeleenthedewat in die hoofsentra van ons land gehou is. Blaai gerus nabladsy 24 vir meer nuus hieroor.Gaan maak gerus ’n warm wintersdrankie (kyk die heerlikeresep op bladsy 8!), sit terug en geniet dié uitgawe van élan.Heyn van RooyenHoofbeampteMedihelp, Posbus 26004,Arcadia, Pretoria 0007Kliëntediens: 086 0100 678Faks: 012 336 9540Bedroglyn: 012 334 2428medihelp@medihelp.co.zawww.medihelp.co.zauitgewerélan word namens Medihelp uitgegeedeur Aksent Media, tel: 082 445 4513Redaksionele en advertensienavrae:aksentmedia@vodamail.co.zaUitleg, taalversorging, grafieseont werp & reproduksie: Aksent MediaDrukwerk: Paarl Media GautengVerspreiding: Prosortredaksionele komiteeElna Coetser, George de Bruin,Marinda du Plessis, Nadine Koen,Vanessa Goosen, Adri van Eeden,Johan Viljoen & Anja van der Merwe.medewerkersDawid Brand, Sonja Carstens,Edna Coetzee, Ryno Ellis, Jaco Jacobs,Willem Kempen, Susan Lombaard &Michelle Leal.vrywaringDie menings wat in hierdie publikasie uitgespreekword, is nie noodwendig dié vanMedihelp, die uitgewer of hul agente nie,en die produkte wat hierin geadverteerword, word nie noodwendig gedek asvoordele ingevolge Medihelp se Reëls nie.Hoewel alles moontlik gedoen is om dieakkuraatheid van die inhoud te verseker,word die artikels en rubrieke uitsluitlik virinligtingsdoeleindes gepubliseer en daarkan nie op gesteun word as deskun digeraad nie. Nie Medihelp of die uitgewer isaanspreeklik vir enige weglatings of fouteof enige teenspoed, beserings of skade watdaaruit mag spruit nie. Alle regte voorbehou.Geen gedeelte van hierdie tydskrifmag op enige wyse sonder die voorafgoedkeuringvan die uitgewer gereproduseer ofversend word nie.élan > winter 2015

knipselsFoto’s: iStockphoto.com • Bykomende bronne: www.medicalnewstoday.com; www.vegparadise.com; www.marthasteward.com; www.webmd.com; www.mayoclinic.org; www.kidshealth.org en www.medicinenet.comWanneer word antibiotika voorgeskryf?Gee my krag (en hou kos vars)!Beurtkrag is ’n werklikheid, so hoe gemaak om tekeer dat jou kos in tye sonder krag bederf en hulvoedingswaarde verloor? Probeer dié wenke:• Probeer om nie die yskas of vrieskas oop temaak terwyl die krag af is nie. Jou kos behoortvir vier uur in die yskas koud te bly enbevrore kos behoort tot 48 uur in die vrieskasgevries te bly.• Indien die krag vir lang tye af gaan wees,plaas ’n stuk droë ys in die yskas of vrieskasom die temperatuur laag te hou.• Hou ’n voorraad niebederfbare kos in jou koskas.Antibiotika word slegs voorgeskryf indien jou siekte deur ’n bakteriële infeksie veroorsaak word,aangesien antibiotika bakterieë kan aanval en vernietig, maar nie virusse nie. Soms word jousiekte deur ’n virus veroorsaak, maar jy ontwikkel ook ’n sekondêre bakteriële infeksie (byvoorbeeld’n verkouevirus wat omsit in bakteriële mangelontsteking). Dan sal jou dokter wel antibiotikavoorskryf – nie om die virus by te kom nie, maar om die infeksie op te klaar. Dokters is indie algemeen versigtig om antibiotika voor die voet voor te skryf, aangesien dit ook die goeiebakterieë in jou liggaam aanval en jou liggaam ’n weerstand teen antibiotikakan ontwikkel as jy dit te gereeld inneem.Waarom water drink as ek siek is?Dis algemene kennis dat water baie belangrik is virjou gesondheid. As jy siek is, werk jou immuunstelselop sy hardste om bakterieë en virusse tebeveg. Selfs al rus jy in die bed is jou liggaamsteeds hard aan die werk en kan dit heelwat vloeistof uit jouliggaam onttrek. As jy koorsig is, verloor jy water wanneer jy sweetom af te koel. Verkouesimptome soos nies en hoes veroorsaak ookvogverlies, en ’n maagvirus het vanselfsprekend waterverlies totgevolg. Boonop veroorsaak ’n verlies aan eetlus dat jy ook nie vloeistowweuit voedsel inkry nie. Help dus jou liggaam om teen die siektete veg deur genoeg vloeistof in te neem. Probeer gerus ook dié wenke:• Hou water langs jou bed.• Gooi ’n skyfie suurlemoen in vir ekstra vitamien C.• Wissel water af met kruietee of gemmertee met heuning.Vermy kafeïendrankies en alkohol.• Verdun lemoensap met water.• Eet sop – dit bevat baie vloeistof.• As jy baie naar is, drink elke minuut of twee ’n teelepel vloeistof,om seker te maak jy bly gehidreer sonder om naarder te word. éwinter 2015 > élan9

kwessiesGesondheidskwessies onder die loep geneem.Koeldrank: Soet verslawing?Die gevare van “suikerverslawing” is onlangsop Carte Blanche uitgesaai en het Facebooken Twitter behoorlik aan die gons gehad. Asdeel van dié program het City Press-joernalisGrethe Koen ’n tabel saamgestel wat toon hoeveelsuiker ’n paar bekende koeldranke bevat. Die resultatehet soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.Terwyl suiker ’n paar honderd jaar gelede ’n baieklein deeltjie van mense se daaglikse dieet was, worddit deesdae in bykans 75% van alle vervaardigde voedselproduktegebruik. Trouens, een blikkie gaskoeldrankbevat meer suiker as wat mense ’n honderd jaar geledein maande sou inneem. Die probleem wanneer ons teveel suiker inneem, is die risiko van oorgewig, wat direkverband hou met ernstige gesondheidsprobleme sooshartsiektes en diabetes.In ’n onlangse artikel in die New York Times beskryftwee Amerikaanse navorsers, dr. James J. DiNicolantoniovan die Saint Luke’s-hartinstituut en prof. Sean C.Lucan van die Albert Einstein College of Medicine, hoenavorsing met diere bewys het dat suiker minstensdrie van die belangrikste simptome van dwelmafhanklikheidveroorsaak: drange (cravings), toleransie(die verskynsel dat jy geleidelik al hoe meer van ’n gewoontevormendemiddel benodig om dieselfde effekte verkry) en onttrekking. In een studie het navorsersselfs gesien hoe rotte suiker bo kokaïen verkies.Dit is die rede waarom Karen Thomson, kleindogtervan die hartpionier Chris Barnard, in samewerking metprof. Tim Noakes ’n spesiale eetprogram (die HarmonyEating and Lifestyle Program of HELP) ontwikkel het.By die Harmony-rehabilitasiesentrum in Houtbaaiword dié 28-dae-program selfs vir “suiker- en koolhidraatverslaafdes”aangebied, ’n eerste ter wêreld. Syhet ook pas ’n boek gepubliseer met die titel Suikervry:8 weke na vryheid van suiker- en koolhidraatverslawing.In ’n onderhoud met Iquitsugar.com vertel Thomson,wat vroeër aan drank en dwelms verslaaf was, hoedit vir haar relatief maklik was om haar dwelm- en alkoholverslawingte oorkom, maar dat sy lank gesukkelhet om haar suikerverslawing af te skud. “Die effek watsuiker op my gehad het, het duidelik getoon dit was ’n‘chemiese verslawing’ wat net so kragtig was soos ’nverslawing aan dwelms en alkohol.”Die aantal teelepels suikerin ’n botteltjie gegeurdewater (500 ml).DEUR: Jaco JacobsWEESBEDAG!Energiedrankies is propvol suiker en bevatkafeïen wat jou bloeddruk kan verhoog.

Foto’s: iStockphoto.com • Bykomende bronne: www.maroelamedia.co.za; www.webmd.com; www.sarie.com; nwu.ac.za; www.mayoclinic.org; www.nytimes.com; www.cancer.org; www.hsph.harvard.eduGesonde alternatiefNie almal hou daarvan omwater te drink nie. In plaasdaarvan om duur gegeurdewater met allerlei geurmiddelste koop, maak joueie gegeurde water tuis deur’n paar skyfies sitrusvrugteof -skil, fyngedrukte kruisement,fyngedrukte bessies of’n repie gemmer of komkommerin yskoue water te gooi.MAAKSELF!Oplossing vir “suikerkrisis”?Plaaslik en oorsee doen voorstanders van ’nsuikervrye leefstyl ’n geruime tyd reeds ’n beroepop regerings om belasting te hef op voedselproduktemet bygevoegde suiker. In hul New YorkTimes-artikel sê DiNicolantonio en Lucan dat so ’nstap egter onvoorsiene gevolge kan hê, soos datvervaardigers bloot plaasvervangende stowwe sooskunsmatige versoeters by hul produkte kan voeg,wat weer op ander wyses skadelik vir jou gesondheidkan wees.In die VSA word ook al meer druk op dieregering geplaas om skoolkinders se inname vankoeldrank en ander energieryke drankies te beperk.Die Universiteit van Stellenbosch se Voedingsinligtingsentrum(NICUS) beveel die volgende aan:• Drink water in plaas van koeldrank of anderdrankies. ’n Volwasse vrou moet ten minste4 glase en ’n man 6 glase water per dag drink.• Kinders moenie meer as 600 ml melk en 240 mlvrugtesap per dag drink nie.• Volwassenes moenie meer as 500 ml vetvrye oflaevetmelk per dag drink nie.• Kinders ouer as vyf jaar kan laevet- of vetvryemelk in plaas van volroommelk drink.• Volwassenes moenie meer as 4 bekers koffie of8 koppies tee per dag drink nie, verkieslik sondersuiker en met laevet- of vetvrye melk.“Die effek wat suiker op my gehad het,het duidelik getoon dit was ’n ‘chemieseverslawing’ wat net so kragtig was soos ’nverslawing aan dwelms en alkohol.”~ Karen Thomson ~Breinvliesontsteking:Beskerm kinders sókwessiesDie land is onlangs geruk deur diedood van ’n eerstejaarstudent, LeanaLabuschagne (19), aan breinvliesontsteking(meningitis). Labuschagne, ’nstudent aan die Potchefstroom-kampus vandie Noordwes-Universiteit, het op 15 Junie aanmeningokokkale meningitis beswyk.Meningokokkale meningitis is ’n bakterieseinfeksie wat die membrane aantas wat diebrein en rugmurg bedek. Dit is aansienlikgevaarliker as virale vorms van breinvliesontsteking.Verhoogde gevalle van infeksie komgedurende Mei tot September voor. Simptomesluit erge hoofpyn, naarheid en braking, seergewrigte, skielike koors, ligsensitiwiteit, ’nstywe nek, en selfs stuiptrekkings en bewusteloosheidin. Sekere soorte breinvliesontstekingis hoogs aansteeklik en kan deur aanraking of’n nies of hoes oorgedra word.Babas, kinders en jongmense is die kwesbaarste,hoewel inentings die voorkoms daarvanonder jong kinders aansienlik laat afneemhet. Indien simptome van breinvliesontstekingervaar word, moet die pasiënt dadelik na ’nkliniek of hospitaal geneem word. Pasiënte watmeningokokkale meningitis oorleef, kan ernstigenewe-effekte soos doofheid, breinskadeof ander neurologiese probleme oorhou.Inwoners van Oosterhof, die koshuis waarinLabuschagne gewoon het, het voorkomendemedisyne ontvang en inligting oor breinvliesontstekingis op die universiteit se webtuistegeplaas. Geen verdere gevalle is aangemeld nie.Beskerm jou kinders só• Maak seker jou kinders se inentings is opdatum.• Leer jou kinders van kleins af om gereeld hulhande te was en hul hande voor hul monde tehou wanneer hulle hoes of nies.• Leer jou kinders om nie persoonlike items soostandeborsels of lipsalf te deel of byvoorbeeldkoeldrank uit dieselfde glas of met dieselfdestrooitjie as ’n maatjie te drink nie. é

aktiefPret, fiks & gesond inDie Color Run, ook bekend as die “Happiest5k on the Planet”, is ’n 5 km-wedren waarjou tyd nie saakmaak nie en waar jy ’ngesonde leefwyse op ’n kleurvolle wysekan vier – al die drawwers en stappers word ná elkekilometer van kop-tot-toon met verskillende kleurebestrooi. Hou dop of daar ’n wedloop in ’n dorp nabyjou plaasvind. Vanjaar is Medihelp een van die trotseborge van dié geleenthede, en lede van HealthPrint,Medihelp se aanlyn welstandsprogram, kan registreerom gratis deel te neem! Laat jou afhanklikes ook elkeenop HealthPrint registreer om ook gratis deel teneem! (Kinders jonger as tien skryf outomaties gratisin mits hulle deur ’n volwassene vergesel word.) Nognie lid van HealthPrint nie? Word sommer vandagnog lid deur ons webtuiste by www.medihelp.co.zate besoek en gratis te registreer. Lees meer oorHealthPrint op bladsy 26 en 27.

aktiefBesoek Medihelp op sosiale media vir aldie inligting oor die wedlope:Be Healthy with Medihelp@medihelpsaMedihelpsaHoeveel kos deelname?• Stappers/drawwers – R200• HealthPrint-lede – Gratis• Kinders jonger as 10 jaar – GratisInskrywingsbesonderhede: www.medihelp.co.zaColor Run 2015BloemfonteinHermanusJeffreysbaaiJohannesburgKaapstadMosselbaaiNelspruitPolokwanePlettenbergbaaiPretoriaJy kry dié as jy virColor Run inskryf• Die amptelike 2015 Color Run-T-hemp• ’n R200-koopbewys van Takealot.com*• ’n R200-koopbewys van Superbalist.com*• Een sakkie met gekleurde poeier• Twee tydelike tatoeërings• ’n Wedloopnommer• Toegang tot die Finish Festival* Bepalings en voorwaardes geld

aanskakelVind jou pad deur die magdomfiksheidstoestelleOf jy bloot om die blok gaan stap of vir die Ysterman oefen, jy sal beslis baat vind bydie indrukwekkende reeks fiksheidstoestelle en -toepassings (apps) wat ontwerp is om jouoefenervaring te optimaliseer. Boonop kan jy deur HealthPrint, Medihelp se gratis aanlynwelstandsprogram, al jou gesondheidsaktiwiteite monitor met toestelle soos dié van Garmin,Fitbit en Jawbone. Maar watter toestel moet jy kies? Hier’s wat die fiksheidsgeesdriftiges sê.DEUR: Susan Lombaard • FOTO’S: Verskaf & iStockphoto.com

1GarminGARMINEdgeDie Garmin Edge is ’n GPS-toegerustefietsrekenaar wat rekord houvan tyd, afstand, spoed, ligging enkalorieë verbrand. Ná jou rit laaijy die data op Garmin Connect sewebtuiste om jou roete op ’n kaartte sien, dit te ontleed, met ander tedeel en meer besonderhede te sien.aanskakelGarmin is bekend vir sy GPS-produkte en het ook ’n reeks GPS-toegeruste fiksheidsprodukte.Garmin VivosmartDie Garmin Vivosmart is ’n eenvoudiger toestel as syouboet, Vivoactive, maar bied jou steeds al die funksieswat nodig is wanneer jy oefen. Die aktiwiteitsmonitorhou rekord van al jou aktiwiteite (insluitendtreë geneem, kalorieë verbrand, afstand afgelê en tyd)en kan ook via Bluetooth met jou slimfoon kommunikeer.Dit sinkroniseer met die Garmin-hartklopmonitorvir fiksheidsaktiwiteite, en ’n voordeel van diétoestel is sy vermoë om jou te herinner om aan diebeweeg te kom indien jy vir ’n lang ruk onaktief was.Garmin VivoactiveDie Garmin Vivoactive is ’n GPS-slimhorlosie met ’nkleur- raakskerm, en spog met funksies soos ingeboudeapps wat rekord hou van draf-, fietsry-, gholf- enswemaktiwiteite. Die horlosie sinkroniseer met jouslimfoon en laat jou weet indien oproepe, teksboodskappeen e-pos ontvang word, asook van kalenderitemsen kennisgewings op sosiale media. Die batteryleweis sowat drie weke (GPS aangeskakel) en tot 10ure indien GPS afgeskakel is. Die horlosie is ten volleaanpasbaar wat voorkoms, funksies en apps betref.SÊ JOU SÊ“Alle ritte word opgelaai by Strava,Endomondo en Garmin Connect.Ek’s mal daaroor om my rittete ontleed.” – Oufy MTBJAWBONEJawbone bied ’n reeks fiksheidsprodukte en oudiotoestelle.Jawbone se UP is ’n aktiwiteitsmonitor wat jou in staat stel om jou slaapte monitor, asook jou eetpatrone en daaglikse aktiwiteite insluitend treëgegee en kalorieë verbrand. Die polsband is waterdig en ontwerp om 24/7gedra te word, met ’n batterylewe van tot tien dae. Dit spog ook met ’nvibrasiefunksie wat geprogrammeer kan word om gebruikers tydens die bestefase van hul natuurlike slaapsiklus wakker te maak of as ’n alarm kan funksioneerwanneer die gebruiker te lank onaktief was. Die UP-app sluit ’n sosialenetwerkplatformin wat ontwerp is om ’n ekstra motiveringslaag binne die stelsel self in te sluit. UPgebruikerskan hul vriende se inligting sien en ander gebruikers uitdaag.SÊ JOU SÊ2“Ek het my treë en slaap vir die afgelope maand gemonitor deur dieJawbone UP24. Dit is gebruikersvriendelik en werk perfek.” – Johan Nel

aanskakel3 POLAR Polar bied ’n omvattende reeks hartklopmonitors en bybehore.Polar bied ’n omvattende reeks hartklopmoniteringstoestelleen bybehorevir draf-, fiksheids- en oorkruisoefening,asook GPS-toegeruste fietsrekenaars ensporthorlosies. Polar-produkte gebruikPolar se oefen- en fiksheidsapps.SÊ JOU SÊ“Die Polar-hartklopmonitormeet spoed/afstand en ritme/krag – dis wat jy regtig wil weet.”– VelomonatiCTMIO CYCLOMio Cyclo is ’n reeks fietsrekenaars.Mio Cyclo is ’n reeks fietsrekenaars, met die 505 HC as gewildenuweling in die GPS-toegeruste fietsrekenaararena. Die eenheidhet ’n paar nuwe funksies, soos die vermoë om via Bluetoothmet jou foon te sinkroniseer sodat jy inkomende oproepe, teksboodskappeen e-pos kan sien asook die musiekvolume kan stelof deur die speellys kan rondspring sonder om vir jou foon te soek.SÊ JOU SÊ “My Mio Cyclo 505HC is die beste ding ooit.” – Heinz45FITBITDié aktiwiteitsmonitors meet en hou rekord van ’n verskeidenheid data, afhangendevan watter produk jy gebruik. Fitbit hou onder meer rekord van treëgeneem, trappe geklim, kalorieë verbrand, afstande afgelê, ure geslaap enslaapgehalte. Jy kan doelwitte stel en jou resultate en statistiek oor tydmonitor. Sommige Fitbit-produkte sinkroniseer koordloos met jou slimfoonof rekenaar en dra alle data wat vasgelê is oor na jou aanlyn profiel,wat ook deur middel van die Fitbit-app op jou slimfoon bereikbaar is.SÊ JOU SÊFitbit verwys na ’n reeks fiksheidstoestelle wat soos ’n polshorlosie gedra word.“Ek’s mal oor my Fitbit. Dit wys my hoe lank ek oefen,hartklop, kalorieë verbrand, slaap, treë, minute per dagwat ek aktief is, en so meer. Ek’s verslaaf daaraan! Jykan spog met jou statistiek.” – Chirene Campbell >>>*Het jy al by HealthPrint aangesluit?HealthPrint is Medihelp se gratis aanlyn welstandsprogram. Deur HealthPrintkan jy jou gesondheidsaktiwiteite monitor, toegang kry tot gesondheids- envoordeledata en voordeel trek uit die waarde wat ons talle vennote bied.Lees meer op bladsy 26 en 27

Dié is APPsoluut onontbeerlik...EndomondoEndomondo is ’n aanlyn fiksheidsgemeenskap watmense wil motiveer om aktief te raak en te bly, deuroefening meer aantreklik, sosiaal en pret te maak.Die Endomondo-app help jou om rekord te hou vanjou oefensessies, gee oudioterugvoer terwyl jy oefenasook advies oor hoe om jou doel te bereik. Ditsinkroniseer ook met jou profiel op die webtuisteEndomondo.com, waar jy ’n volledige oefenjoernaalkan sien en jou fiksheidsaktiwiteite kan ontleed.aanskakelStravaStrava is ’n webtuiste en selfoon-app wat gebruikword om atletiese aktiwiteit via GPS te monitor. Disversoenbaar met verskeie gewilde GPS-toestelle,wat beteken dat jou oefendata met jou Stravaprofielgesinkroniseer word. Nadat jy ’n sekere padof roete gery het, kan jy jou rit vergelyk met jouvorige pogings en met dié van ander atlete wat dieselfderoete voltooi het. Jy kan jou vriende en hulleaktiwiteite volg, by klubs aansluit of nuwes stig.1 23 4Azumio-hartklopmonitorDie Azumio-hartklopmonitor meet jou hartklopwaar jy ook al is, deur bloot jou wysvingerpuntop jou foon se kameralens te plaas. Die app helpjou om rekord te hou van die uitwerking watsekere aktiwiteite op jou hartklop het. AnderAzumio-gesondheidsapps sluit in die FitnessBuddy (met ’n databasis van meer as 1 700oefenbewegings), die Sleep Time-app en dieGlucose Buddy.Steps ManiaSteps Mania is ’n app wat in die agtergrond opjou foon werk en akkuraat rekord hou van treëgegee, afstand, spoed en kalorieë verbrand,sonder om hoë eise aan die battery te stel.Jou daaglikse aktiwiteite, insluitend formeleoefensessies, word dan op ’n grafiek uitgebeeld.Jy word beloon vir jou prestasies en kan dit metvriende deel. Soortgelyke apps is My Tracks,Sport Tracks en RunKeeper. éwinter 2015 > élan 17

aktueelgewigtigeDis ’nsaakDit is amptelik: Ons word steeds al vetter. ’n Baanbrekerstudie wat in 2014 in The Lancetgepubliseer is, verklaar dat Suid-Afrikaners die mees oorgewig of vetsugtigste nasie in Afrikasuid van die Sahara is, met sewe uit tien vroue en vier uit tien mans wat beduidend meerliggaamsvet het as wat as gesond beskou word.DEUR: Michele Leal • FOTO’S: iStockphoto.comAan die einde van Mei 2015 was onsmollige middellywe weer in die nuus toeprof. Hans de Ridder van die Skool virBiokinetika, Rekreasie en Sportwetenskapby die Noordwes-Universiteit (NWU) gesê hetdat Suid-Afrika volgens antropometriese inligting(dis die wetenskap wat met die vasstelling van dieafmetings en verhoudings van die liggaam gemoeidis) ’n beduidende toename in oorgewig en vetsugtigevolwassenes en kinders ervaar. Volgens DeRidder dui vroeë navorsing deur die NWU daaropdat Suid-Afrikaanse kinders die derde hoogstevetsugkoers ter wêreld het.Sy bevindings strook met dié van die studie watin The Lancet gepubliseer is en uitgevoer is deurdie Instituut vir Gesondheidstatistiek en Evalueringaan die Universiteit van Washington, wat 30 jaar seinligting van 188 lande ontleed het. Insgelyks het ’nstudie deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraadbevind dat 61% van Suid-Afrikaners oorgewigof vetsugtig is – meer as twee maal hoër as diewêreldgemiddeld (30%) wat deur die Lancet-studievoorgehou word.Hoewel geen land volgens Christopher Murray,medeskrywer van die Lancet-studie, daarin konslaag om sy vetsugkoers te verlaag nie, het dit niesin dat ’n armoedegeteisterde, ondervoede nasiewat boonop ’n stryd teen aansteeklike siektessoos MIV/vigs en tuberkulose voer, al nader aandie bopunt van die vetsuglys kruip nie. Wat doenons verkeerd, en wat kan ons daaromtrent doen?Om ’n werkbare oplossing te vind, hang af van onsdefinisie van die probleem.Wat is ‘oorgewig’ en ‘vetsug’?Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) omskryfoorgewig en vetsugtigheid as die “abnormale ofoormatige akkumulasie van vet wat gesondheid kanbenadeel”. Dit word algemeen aanvaar dat vetsug’n ernstige gesondheidsrisiko is en ’n belangrike bydraendefaktor tot leefstylsiektes soos kardiovaskulêresiekte (hartaanvalle en beroertes), tipe 2-diabetes,muskuloskeletale afwykings (veral osteoartritis) ensommige soorte kanker.Die fundamentele oorsaak van vetsug wordtradisioneel beskou as die wanbalans tussen kalorieinnameen kalorieverbranding. Met ander woorde,jy neem meer kalorieë in as wat jy verbrand, en dieoortollige kalorieë word as vet gestoor. Dié beskouingvorm die basis van die dieetriglyne wat Suid-Afrikavolg (en talle ander lande wêreldwyd) en bepaal datdie inname van energiedigte kos wat ryk aan suiker envette is, verminder moet word.Ander verdoemende vette,veral versadigde vette, is in dieAmerikaanse biochemikusAncel Keys se vroeërebevindings uitgewys as diesondebok wat cholesterolvlakkeverhoog en só tothartsiekte bydra. Spoediglik,en verstaanbaar,het ’n magdom vetarmkoolhidraatryke-produkteen -raadgevolg. >>>18élan > winter 2015

aktueelSWAARDER AS GESOND&4 UIT 10MANS7 UIT 10VROUESuid-Afrikaners is oorgewig of vetsugtig.42KINDERS JONGER AS 5 JAARwas oorgewig of vetsugtig in 2013.miljoenRaadpleegaltyd ’ndoktervoordatjy ’n dieetaanpak,en volgdit ondermediesetoesig.winter 2015 > élan 19

aktueelDit is daarop gemik om mense te help om gewig teverloor en hul gesondheid te verbeter. Die logiese enverwagte uitkoms hiervan was dat oorgewig en vetsugsou afneem, maar pleks daarvan het die wêreldwyevoorkoms van vetsug tussen 1980 en 2014 meer asverdubbel. Dit het ’n hewige debat ontketen oor onspersepsie van die proses van vetstoring.Die alternatiewe hipoteseSommige navorsers en spesialiste bevraagtekennou die vetstoringsteorie van “oortollige kalorieë”.Hulle voer aan dat koolhidrate die probleem is, ennie vet nie. Die rede agter dié teorie is die rol watinsulien in vetberging speel, asook die rol van vetteenoor koolhidrate om ons versadig te laat voel.Insulien is ’n hormoon wat deur die pankreasafgeskei word. Dit help die liggaam om te reguleerhoe glukose en vet gebruik en gestoor word. Diemeeste liggaamselle benodig insulien om glukoseuit die bloed te absorbeer en dit vir energie te gebruik.Sodra die liggaam genoeg energie het, stuurdie insulien ’n sein na die lewer om die glukose teonttrek en dit dáár en in die spiere as glukogeen ofstysel te stoor. Dit verhinder die liggaam om vet as’n energiebron te gebruik.Indien die liggaamselle behoorlik op die glukosereageer en jy ’n koolhidraatryke dieet volg, wordenige oortollige koolhidrate in die lewer en spieregestoor en keer die glukose in die bloed vinnig na dienormale vlak terug. Indien die selle egter ophou ombehoorlik op insulien te reageer (dit word insulienweerstandigheidgenoem), kan die lewer dit nieherken nie en produseer die liggaam meer insulienom daarvoor te probeer vergoed. Die gevolg isdat dit nie die glukose in die lewer of spiere kanstoor nie. Die liggaam is egter nie ontwerp om hoëglukosevlakke te verduur nie, en die lewer moetdaarom die glukose in vet omskakel en dit daar ofin die ander vetstore van die liggaam berg.Om sake te vererger, bevat koolhidraatryke kossoos ontbytgraan nie veel voedingstowwe nie en isdit meestal gelaai met sout en suiker. Hoewel ditdus die liggaam se insulienvlak vinnig en genoegsaamlaat piek om te keer dat dit vet verbrand, voeljy meer gereeld honger, eet jy meer en word diésiklus voortgesit.Maar dit is nie net koolhidrate wat insulienafskeidingveroorsaak nie. Hoewel dit langer neem,produseer proteïen ook glukose deur ’n proses watglukoneogenese genoem word. Dit beteken datenige oortollige proteïen ook insulienvlakke salverhoog.Die gevolg? Gewigstoename. Om vetstoringvolgens dié hipotese te voorkom, moet ’n menskoolhidraatinname beperk en proteïen slegs in matigehoeveelhede inneem. Voorts moet koolhidratemet vette vervang word, aangesien vet nie insulienvlakkeverhoog nie en hongerte verminder, watbeteken dat jy veel minder kalorieë inneem. Deurdus die vet in die dieet met suiker en koolhidrate tevervang, het ons almal net hongerder gemaak – endie verhoogde kalorie-inname aan die gang gesitwat die vetsug- (en diabetes-) epidemies veroorsaakhet.Hierdie vetryke-koolhidraatarm-dieet (VRKAdieet)is onlangs aan Suid-Afrikaners bekendgestel deur prof. Tim Noakes, ’n sportgeneeskundige,oefeningfisioloog, professor in oefening ensportwetenskap vir die Discovery Health-leerstoelaan die Universiteit van Kaapstad en die Sportwetenskapinstituutvan Suid-Afrika in Kaapstad,asook medeskrywer van The Real Meal Revolution.As ’n uitgesproke ondersteuner van die oortuigendebewyse wat VRKA ’n wêreldwye verskynsel gemaakhet, het Noakes die aandag van die media getreken snydende kritiek van die mediese en akademiesegilde uitgelok. Hy is selfs deur die SA Verenigingvan Diëtetiek (ADSA) by die Raad vir Gesondheidsberoepevan Suid-Afrika (HPCSA) verkla. Die ideeen die dieet dateer egter uit die 19de eeu. >>>élan > winter 2015

aktueelDie geskiedenis van BantingIn 1862 het die Britse begrafnisondernemer WilliamBanting, wat vetsugtig was en bekommerdwas oor sy toenemende doofheid, by sy dokter,William Harvey, aangeklop. Harvey het bevind datdie probleem deur vetsug en drukking op die oorsenuweesveroorsaak word, en het ’n radikale dieetvoorgeskryf wat koolhidraatarm en vetryk was.Banting het heelwat gewig verloor en sy ervaringin ’n ope brief genaamd Letter of Corpulence aandie publiek gepubliseer, wat wyd versprei is. Dieboek het nie ’n goeie ontvangs van die mediese gemeenskapgekry nie en Harvey het onder druk vansy eweknieë ’n boek geskryf waarin hy beweer hetdat die sukses van die eetplan aan ’n hoë proteïeninnameeerder as ’n hoë vetinhoud toegeskryf konword. Banting het met dié verandering verskil. In1884 het die Duitse dokter Wilhelm Ebstein dieoorspronklike vetryke-koolhidraatarme-dieet insy monografie Corpulence and its treatment onphysiological principles beskryf en só die eerstevoorstander van die moderne weergawe van diédieet geword.Die VRKA-dieet het in Europa bekendheid verwerfen is deur sowel dr. William Osler, professor inmedisyne aan die Johns Hopkins Universiteit in Baltimore,as die Kanadese Poolontdekkingsreisiger enetnoloog, Vilhjalmur Stefansson, na die VSA geneem.Stefansson het vir langer as ’n dekade saam met dieInuïet in die poolstreke gewoon en hul dieet gevolg,wat uitsluitlik uit vet/proteïen bestaan het. Dit het ’nreeks VRKA-diëte geïnspireer, waarvan die Atkins- enPaleo-dieet seker die bekendste is.Waarom kies mense die Banting-dieet?Hoewel die Banting-dieet deur dieselfde evolusionistieseen biologiese beginsels gerig word – dat onsmoet eet waarvoor ons liggame gemaak is en dat onsna die dieet van ons vroeë voorsate moet kyk – verskildit van die Atkins- en Paleo-dieet. Atkins is ryk aanproteïen, terwyl die Banting-dieet ryk is aan vet enproteïen net in matige hoeveelhede insluit; Paleo iskoolhidraatarm, maar nie soveel as Banting nie, en sluitsuiwel en graan uit. Paleo sluit ook vrugte in, wat niedie geval is met Banting nie, uitgesonder bessies.Deur alle soet, stysel- en vetarmprodukte uit onsdieet te sny, kan ons volgens die outeurs van The RealMeal Revolution verwag om meer energie te hê, laer(of geen) eetdrange te ervaar, gewig te verloor, beterte slaap, beter gesondheid te geniet (insluitend beterglukose- en insulienlesings) asook verskerpte breinkragen atletiese prestasie te hê.Waaroor almal saamstem,is dat ons op verfynde koolhidrateen verwerkte kos moet terugsny, veral“dié wat baie suiker en sout bevat.Wat die kritici sêKardioloë, endokrinoloë, epidemioloë, dieetkundiges,professionele verenigings (soos dieHart- en Beroertestigting van Suid-Afrika) enander akademici beskuldig Noakes van “slegtewetenskap” en “onprofessionele gedrag”. Hullenoem dat hy mislei is en beskou sy dieet asondoeltreffend, “gevaarlik” en selfs “krimineel”.Dis veral Noakes se sienings oor versadigdevette en statiene wat aangewend word om hoëcholesterol te behandel wat omstrede is.Kenners waarsku dat die VRKA-dieet voedingsgebreke,lae beenmassa en ’n depressiewegemoedstemming kan veroorsaak, en die risikovan hartsiekte, diabetes, nierprobleme, hardlywigheiden sekere soorte kanker kan verhoog. Ditkan ook oormatige ysterstore by sommige menseveroorsaak. Hulle beveel eerder ’n gebalanseerdedieet aan met kosse uit al die voedselgroepe.Waaroor almal egter saamstem, is dat ons opverfynde koolhidrate en verwerkte kos moetterugsny, veral dié wat baie suiker en sout bevat.Ander interessante werke oor die “kaloriebalansmodel”-omstredenheidsluit in Good Calories,Bad Calories en Why We Get Fat deur GaryTaubes, The Big Fat Surprise deur Nina Teicholzen The New Atkins for A New You deur drs. EricWestman, Stephen Phinney en Jeff Volek. é

litsgids

Medihelp-blitsgids

Medihelp-blitsgids

Medihelp-blitsgids

Medihelp-blitsgids

Medihelp-blitsgids

aantekenKinderkwale:OorlewingsgidsMoet my kind dokter toe gaan? Is dié siekte aansteeklik? Is dit griep of verkoue? Kry jou kindveilig deur die winter met élan se oorlewingsgids vir die tien algemeenste kwale onder kinders.DEUR: Susan Lombaard • FOTO’S: iStockphoto.comSimptome-sleutelKoors Loopneus Hoes Braking Oë traan Hoofpyn Keelseer Diarree Lyfseer Maagpyn30 élan > winter 2015

aantekenBykomende bronne: Dr. Karen Kleynhans (algemene praktisyn: Centurion); As my kind siek is – ’n tuisgids vir ouers deur dr. Bernard Valman (Britse Mediese Vereniging); www.mayoclinic.org; www.kidshealth.org; www.medicinenet.comVerkoueGriepHooikoorsSinusitisBrongitisOorsaak? Simptome Aansteeklik? Dokter toe? Behandeling Is dit gevaarlik?’n Verkoueviruswat aangesteekword. Kom meeralgemeen vooronder kinders inkleuterskole enspeelgroepies.Griepvirus. Diévirus se struktuurverandervoortdurend,en die liggaamkan dus nieimmuniteitdaarteenontwikkel nie.Wordveroorsaakindien die kindblootgestelword aanallergene.Inflammasievan voeringvan sinusse,gewoonlikweens bakteriëleinfeksie wat ’nkomplikasievan ’nverkoue is.Spruitgewoonlikvoort uit’n viraleinfeksie.Afskeiding kandik en geel word,maar kind voelnie baie siek nie.Kind is regtigsiek met koors,hoofpyn, lyfseer,loopneus, hoes.Kind vryf sy neuschronies, niesbaie, het ’n waterigeloopneusen tranerige ofkrapperige oë.Loopneus, dikgevoel in wange envoorkop, gehoesof gekug en somserge pyn in agterstebotande. Koorskan voorkom.Aanhoudendegehoes, eersdroog, dan nathoes met geelgroenafskeiding.Gehyg, kortasemigheidendalk koors.Daar is meer as200 variasiesvan die virus. Dieverkoue klaargewoonlik binneeen tot tweeweke op.Simptome isdie ergste in dieeerste twee totvyf dae. Kan tottwee weke neemom heeltemal opte klaar.Nee. Simptomeduur so lank aswat blootstellingaan allergeen duur.Kinders ontgroeidit gewoonlik sooshul ouer word.Nee, maar viruswat sinusitis totgevolg het, iswel. Dit behoortbinne sewe daeop te klaar metantibiotika.Nee, maar dievirus wat ditvoorafgaan,is wel aansteeklik.Kan twee tot drieweke duur. Hoeskan langer neemom op te klaar.Nie altyd nie– slegs indiendaar komplikasiesis. ’nMa sal weetwanneer ditnodig is.Gee dit 7-10dae. Indien simptomevoortduur,gaan liefs doktertoe vir meeraggressiewebehandeling.Ja, indien jy niesimptome metmedisyne sondervoorskrif (soosantihistamien)onder beheerkry nie.Kom meer bytieners voor as bybabas en kinders.Raadpleeg dokterindien simptomenie binne 24 uurverbeter nie.Word simptomatiesbehandel.Besoek doktervir diagnose –medisyne sondervoorskrif is niedoeltreffend virbrongitis nie.Parasetamolstroopvirpyn; gee baievloeistowwe; houkamer redelikwarm en vogtig.Die liggaam moetself die verkouebeveg.Hou kind indie bed. Geeparasetamolvir pyn/koors.Onthou jaarliksegriepinenting,veral vir kindersmet gebrekkigeimmuniteit.Vermy blootstellingaan bekendeallergene.Antihistamien ofneussproei kandie simptomeverlig.Parasetamol kanhelp vir pyn. Geestoombehandelingen hou kindse kamer vogtig.Dokter sal antibiotikavoorskryfindien hy sinusitisdiagnoseer.Hou lug vogtig;gebruik stoominhalasiesomlugweë oop temaak. Gee parasetamolvir pyn enkoors. Dokter salsê oor antibiotika.Kan wel in brongitis,brongiolitis of longontstekingomsit.Sekondêre infeksiessoos middeloorontstekingof sinusitiskan intree.Kan in longontstekingof brongitis omsit;bakteriële infeksie kanore of sinusse aantas.By klein kindertjies kanhoë koors koorsstuipeveroorsaak.Nee.Baie seldekomplikasies. Meningitis,sigprobleme ofbloedklonte kan voorkom.By asmalyerskan dit asma-aanvalveroorsaak.Moontlikekomplikasiessluit inbrongiolitisen longontsteking.>>>

aantekenIs dit dalk asma?Asma is ’n algemene toestand wat lei tot asemhalingsprobleme. Daar is drie keer soveel kinders met asmaas 30 jaar gelede. Vra jou dokter se raad indien jou kind dié simptome toon: hoes, hyg, toegetrekte bors,kortasemigheid of vinnige, snakkende asemhaling, moegheid (kind speel minder of glad nie meer nie).Oorsaak? Simptome Aansteeklik? Dokter toe? Behandeling Is dit gevaarlik?OorontstekingDit word veroorsaakdeur’n bakteriëleof virusinfeksiewatvia oorkanalena middeloorversprei.Kan aan seeroor trek of vryf.Afskeiding uit oor:trommelvlies hetgeskeur – bringverligting, maarnie goeie teken.Nee, maar die viruswat dit voorafgaan,is wel. Kan tweetot drie wekeduur, maar kursusantibiotika kanlanger wees.Hoe kleiner kindis, hoe belangriker.Dokterbesluit oorantibiotika enof verwysing naspesialis nodig is.Antibiotikameestal nodig.Gee parasetamolvir pyn enkoors, en houwarmsakkie teenoor om pynte verlig.Trommelvlies behoortbinne ’n week teherstel. Letsel op oortromof herhaaldelikemiddeloorontstekingkan gehoorproblemeveroorsaak.LaringitisInflammasievan stembande,veroorsaak deurboonste lugweginfeksieofverkoue. Meeralgemeen indie somer.Heesheid, stemweg, keelseer,kroeperige hoes.Indien deur infeksieveroorsaak: somskoors en geswollelimfkliere.Nee, maar die viruswat dit voorafgaan,is wel. Ontwikkelgewoonlik baievinnig, maarbehoort binne tweeweke op te klaar.Indien dit nie metmedisyne sondervoorskrif opklaarnie, langer as drieweke voortduur,of as komplikasiesvoorkom.Behandelsimptomaties.Sorg dat jou kindse stem rus enhou die lugin sy kamervogtig.Chroniese laringitiskan poliepe opdie stembandeveroorsaak. Inuitsonderlike gevallekan verlamming vanstembande voorkom.KroepInflammasiewat vernouingvan hooflugwegna longe totgevolg het.Word deur virusveroorsaak.Aanhoudendehoes. Ook hardeasemhaling enhees stem. Kanvoorafgegaanword deur verkoue-simptome.Virus aansteeklik,maar die meestekinders ontwikkelslegs verkouesimptome.Viralekroep duur drie totsewe dae.Kind kansukkel omasem te haal.Ernstigegevalle word indie hospitaalopgeneem.Gee parasetamol,stoombehandelingen hou lug indie kamer vogtigom verligtingte bring. In hospitaal:suurstofen ingeasemdemedikasie gegee.Gewoonlik nie, maarsoms veroorsaakdit wel ernstigeasemhalingsproblemewat noodbehandelingen hospitaliseringvereis.MangelontstekingMangelontstekingwordveroorsaakdeur virusse ofstreptokokkusbakterieë.Seer keel; gesweldemangels; hoë koors;ongemak met sluk;vergrote kliere innek en oorpyn.Wit/geel spikkelssoms op mangels.Jou kind kan virdrie dae ná dieaanvang vansimptome anderaansteek. Meestekinders ontwikkelimmuniteit.Indien diesimptome virlanger as24 uurvoortduur,of vinnigvererger.Gee parasetamolen baievloeistof. Doktersal waarskynlikantibiotikavoorskryf en kanselfs aanbeveeldat die mangelsverwyder word.Indien wurgsweer om’n mangel vorm, kankoors nog styg, enkind kan sukkel om tesluk. Mangels kan ookso groot word dat ditlugweg blokkeer.GastroënteritisInflammasie vanmaag en derms– veroorsaakbraking en/ofdiarree. Kan deurvirusse aangesteekword ofdeur bakterieë(in bv. kos).Diarree, braking,gebrek aan eetlusen energie, maagpynen koors.Simptomeduur een tot driedae, maar kantot 10 daeneem omheeltemal opte klaar.Veral babas. Ookas kind tekensvan ontwateringtoon, of medisynesonder voorskrifnie binne 24 uurverskil maak.Gee medikasievir diarree enbraking. Maakseker kind neemgenoeg rehidrasie-oplossingin.Babas: gee rehidrasie-oplossingvoor borsvoeding.Ontwateringweens braking endiarree isernstigstekomplikasie. Veralbabas ontwaterbaie vinnig.

“Ek’t jou lanklaas gesien,hoe gaan dit?”“Goed, dankie.Ons is net só besig.”Is dit nie wat ons almal deesdae sê nie? Tyd is kosbaar en ondanks al onstegnologiese hulpmiddels wat die lewe makliker maak, word mense net al hoe besiger.Met dít in gedagte is die laasteding wat jy met jou kosbaretyd wil doen, om in ’n touby ’n apteek te staan.Dis waar ons inkom.By Optipharm weet ons datgesond leef meer behels as omnet die regte medisyne te kry.Stap dus gerus by dieapteek verby en maak tyd vir ’nkoppie koffie saam met iemandspesiaal, want die lewe iste kort om in rye te staan.Wie is ons?Optipharm is ’n voorkeurapteekverskaffervan chroniese medisyneaan Medihelp.Kontak ons vandag nog vir dieregte tydbesparingsmedisyne!Kliëntediens: 0860 90 60 90E-pos:info@optipharm.co.zaWeb:www.optipharm.co.za

agendaallergieëABC vanin die winterIndien jy gehoop het dat jy dié winter van jou allergieë gespaar sou bly, kan jy dalk teleurgestelword. Hoewel dit waar is dat jy gedurende die lente en somer moontlik meer daarmee sukkel, kansekere toestande jou simptome in die winter laat voortduur of selfs vererger. élan het dr. Roz Rabie,’n allergiespesialis in Parktown-Noord, Johannesburg, gevra om lig op allergieë in die winter te werp.DEUR: Michele Leal• FOTO’S: iStockphoto.com34 élan > winter 2015

agendaVolgens Rabie is dit eintlik heel normaal datSuid-Afrikaners vir die grootste deel vandie jaar met allergieë sukkel, veral dié wataan inasemingsallergieë ly.“As jy byvoorbeeld allergies is vir stuifmeel, saldaar moontlik geen genade vir jou wees nie. Sommigegrasse en bome soos Engelse plataanbome kanvir nege tot tien maande van die jaar aanhou stuifmeelproduseer,” sê Rabie. Afhangend van waar jy joubevind, mag daar ook spesifieke allergene wees watjou in die winter meer beïnvloed weens die veranderingin die weer. As jy boonop vir myte en kokkerotteallergies is, kan jou simptome in die winter verergeromdat jy meer tyd binnenshuis deurbring.Ekseemlyers wat in die Hoëveld bly, sal moontlikopmerk dat hul toestand gedurende die kouer maandevererger omdat die lug dan droër is. Die Hoëveld,Vrystaat en Noordwes beleef in die winter ook ’ntoename in mieliestuifmeel, wat die simptome kanvererger in mense wat vir dié tipe stuifmeel allergiesis. Weens die subtropiese klimaat in KwaZulu-Natalis kokkerotallergie dwarsdeur die jaar ’n algemeneprobleem. Simptome kan egter in die winter verergeromdat ons geneig is om meer binnenshuis te bly.Kusgebiede het regdeur die jaar ’n hoë skimmeltelling,hoewel mense met skimmelallergie inhoëreënvalgebiede soos Kaapstad gedurende dié tydvan die jaar meer mag swaarkry.“Dis interessant dat daar ook in Johannesburg ’ntoename is in die aantal mense met skimmelallergie,”sê Rabie.Omdat allergiesimptome dikwels ooreenstemmet verkoue- of griepsimptome – wat meer in diewinter voorkom – is dit nogal moeilik om die verskilraak te sien.Allergie of siekte?“Selfs dokters sukkel soms om allergieë van infeksieste onderskei,” sê Rabie. “Dis belangrik om jouselfop te voed, ’n behoorlike allergiediagnose te kry ente weet wat in jou geval normaal is en met wattersimptome jy kan saamleef.”Gepraat van opvoeding – dr. Google is nie joubeste keuse nie, voeg sy by. “Wees bedag op die inligtingwat jy op die internet kry. Hoewel daar ’n skatkisvan goeie inligting is, is daar ook heelwat slegte enverkeerde inligting. Gesels eerder met ’n dokter wat inallergieë spesialiseer of daarin belangstel.”Volgens Rabie kan allergiesimptome soos diévan verkoue lyk, byvoorbeeld ’n loopneus. Sinusitis,of inflammasie van die sinusse, kan ’n infeksie ofinflammasie weens allergieë wees. >>>van allergieëkan aan GENE25%toegeskryf word.Het jy geweet?• ’n “Allergie” is ’n abnormale immuunreaksieop ’n stof wat andersins skadeloos is.• Navorsers aan die Ohio State Universiteithet bevind dat stres allergiesimptome kanvererger.• Tussen 60% en 80% van kinders wat vir kossoos melk en eiers allergies is, sal dié allergieëontgroei. Sommige kinders ontgroei sommigeallergieë, maar ontwikkel weer nuwes.• Allergieë vir grondbone, neute, skulpvis envis duur gewoonlik lewenslank.• Inasemingsallergieë en sommige vorme vanasma kan tydens adolessensie verander, maardit kan weer in jou twintigerjare terugkeer.• Jy kan ’n toleransie vir antihistamieneontwikkel, veral vir die ouergenerasiemiddels.Dié vermindering in medisynedoeltreffendheidword tagifilakse genoem.• Daar is nie iets soos ’n hiperallergeniese katofhonderas nie. Omdat hulle steeds velle het,werp hulle almal mikroskopiese velvlokkies afwat ook skilfers genoem word. Dit bevat dieproteïen wat die allergiese reaksie veroorsaak.• Studies toon dat mense met allergieë ’nverminderde kans het om kanker te ontwikkelas die algemene bevolking.• ’n Studie deur die Departement van Allergieen Kliniese Immunologie aan die Kaiser PermanenteMediese Sentrum in Los Angeleshet in 2014 bevind dat mense met allergieserinitis ’n laer risiko vir hartaanval of beroertehet, en veral ’n verlaagde risiko vir alle-oorsaaksterftes– ongeveer die helfte minder asmense wat nie aan dié toestand ly nie!• Daar is ’n pasiëntvoorspraakgroep virallergielyers in Suid-Afrika. Hulle beoog ombewustheid van allergieë en asma te skep,asook om geld te help insamel sodat alle skolein Suid-Afrika outo-inspuiters met adrenalienkan hê en onderwysers en skoolverpleegkundigesopgelei kan word. Lees meer bywww.facebook.com/groups/saapag.winter 2015 > élan 35

agendaInfeksies, voeg sy by, behoort ook nie te herhaal nie.As simptome soos ’n seer keel, toe of loopneus ofselfs brongitis vir weke aanhou, kan dit in werklikheid’n allergie wees. Simptome wat op ’n virale infeksiekan dui, sluit in ’n helder loopneus, brandgevoel indie neus en ’n seer keel. Aansteeklike sinusitis gaangewoonlik met gesigpyn en koors gepaard, en diepasiënt kan selfs ’n aanhoudende hoofpyn hê.“Allergielyers, veral dié met asma, kom nie altydagter dat hul simptome vererger nie. Dit kan oor daeof weke vererger sonder dat hulle dit besef, en dansukkel hulle skielik. Dis belangrik om jou simptomedop te hou en te weet wat in jou geval abnormaalis,” maan Rabie. “Doen dan stappe om jou simptomeonder beheer te kry voordat dit kan vererger.”Beheer jou simptomeDaar is basiese dinge wat ’n mens kan doen omjou blootstelling aan allergene te verminder. Jy kanbyvoorbeeld jou huis se vensters op winderige daetoemaak of die huis gereeld stofsuig. Volgens Rabiehet dié maatreëls om allergene te vermy onlangsbaie kontroversieel geraak. Die rede hiervoor is datdit haas onmoontlik is om blootstelling heeltemalte vermy, hoewel ’n mens dit tog kan beperk. Asjy byvoorbeeld allergies is vir diereskilfers, kan jyverkies om nie troeteldiere aan te hou nie, maar asiemand by die werk kathare op sy of haar klere het,kan dit jou steeds beïnvloed.“Jy moet ’n manier vind om in ’n wêreld volallergene te funksioneer,” sê Rabie. “Dit is deeglikgedokumenteer en bevestig dat allergielyers ’nbeduidend laer lewenskwaliteit geniet. As jou neusbyvoorbeeld weens allergiese rinitis chronies toe is,slaap jy sleg, staan moeg op, kan nie konsentreer nie,sukkel om te onthou en kan jy selfs gemoedskommelingsbeleef. By volwassenes het dit ’n invloed opwerkproduktiwiteit, terwyl kinders se akademieseprestasie daaronder ly.”Dit is noodsaaklik om van al die behandelingsmoontlikhedebewus te wees en jou simptome doeltreffendte bestuur. Om dit te doen, is dit belangrik om’n deeglike allergiediagnose te kry. As jy vermoed datjy aan allergieë ly, gaan na jou huisdokter en vra om na’n allergiespesialis verwys te word. Onthou egter datvelpriktoetse en selfs bloedtoetse nie altyd beslissendis nie. Die uitslae kan beïnvloed word indien jy onlangs’n antihistamien geneem het of daar is dalk geen toetsvir jou spesifieke allergeen beskikbaar nie. Die allergiespesialissal op grond van jou simptome ’n kliniesediagnose maak en ’n behandelingsplan voorskryf watvir jou toestand en unieke omstandighede toepaslik is.Ken jou90 persent van reaksies word deur agt kosseveroorsaak: melk, eiers, grondbone, boomneute,soja, graan, vis en skulpvis. Selfs spoorhoeveelhedehiervan kan ’n reaksie veroorsaak.15miljoenAmerikanershet voedselallergieë17miljoenEuropeërshet ’n voedselallergie1:10babas in Australiësal voor hul eersteverjaardag ’nernstige allergieontwikkelAllergie of voedselintoleransie? Ken die verskil!VOEDSELALLERGIE• Ontwikkel gewoonlikskielik• Klein hoeveelhede koskan dit aanbring• Gebeur elke keer as jydié tipe kos eet• Kan lewensgevaarlikweesINTOLERANSIE• Ontwikkel gewoonlikgeleidelik• Kom gewoonlik vooras jy baie van hierdietipe kos eet• Kom gewoonlik vooras jy dié kos dikwels eet• Nie lewensgevaarlikIn die geval van chroniese allergiese rinitis is dievoorkeurbehandeling ’n intranasale steroïedsproei,terwyl die nuwer, niesederende antihistamiene’n korttermynoplossing bied vir tye wanneer diesimptome veral erg is. Sommige toestande soosasma vereis daaglikse medisyne en monitering. Metlewensbedreigende allergieë soos vir bysteek of sekerevoedselsoorte is dit raadsaam om te alle tye ’nouto-inspuiter met adrenalien met jou saam te draen op die uitkyk te wees vir dinge wat jy kan doenom blootstelling te verminder (deur byvoorbeeldbedag te wees op kruiskontaminering in kosse of nie’n helderrooi T-hemp te dra wat bye in die somer salnaderlok nie).Rabie se advies vir ekseembeheer in die winter isom nie soseer op die behandeling van die toestand tefokus nie, maar eerder te sorg dat die vel deurgaansélan > winter 2015

agendaGrondboonallergie iseen van die algemeensteoorsake van ernstigeallergie-aanvalle (anafilakse).Selfs baie klein hoeveelhedegrondbone kan insommige mense ernstigereaksie veroorsaak.Simptome van anafilakseAsemhalings- en slukprobleme; braking endiarree; duiseligheid; gevaarlik lae bloeddruk;swelling van die lippe, tong en ander liggaamsdele;en bewusteloosheid. Kan noodlottig weesas dit nie behandel word nie. Anafilakse komgewoonlik binne oomblikke voor, maar kan ookontwikkel ure nadat jy grondbone of grondboonproduktegeëet het.goed bevogtig is. Wanneer jy ’n bevogtiger kies, voegsy by, behoort die prys daarvan nie ’n aanduiding tewees van hoe goed dit werk nie; meer belangrik isdie gereeldheid waarmee die bevogtiger aangewendword. Bevogtigers hou jou vel vir slegs ses ure vogtig,wat beteken dat jy die bevogtiger drie tot vier keerper dag moet aanwend, maar minstens twee keer(hoewel dit nie prakties is nie). Dit is ook raadsaamom al jou velprodukte te bestudeer, want talle bevatnatriumlourielsulfaat (seep) wat die boonste laag vanjou vel verwyder en jou vel dus uitdroog.Ekseem kan veral in kinders problematies weesen veroorsaak dat hulle krap totdat dit bloei (watdan geïnfekteer kan word). In dié gevalle kan joudokter die ouer, sederende antihistamiene voorskryfom te verseker dat hulle goed slaap en nie in hulslaap krap nie.As jy tegnies aangelê is, is daar verskeie slimfoontoepassings(apps) om jou te help om jou allergieëte bestuur. Sommiges help jou om ’n dagboek by tehou van alles wat jy eet om sodoende bestanddelete identifiseer waarvoor jy moontlik allergies magwees; ander ontleed die bestanddele in velsorgprodukteen identifiseer moontlike allergene daarin.’n Paar hou rekord van jou allergiesimptome, watnuttig te pas kom as jy jou dokter besoek, terwyl anderjou oor die stuifmeel- of skimmeltelling en selfsdie lugkwaliteitsindeks van jou omgewing inlig, ofjou selfs herinner om jou medisyne te neem. Daar isselfs apps wat jou help om ’n allergie-aksieplan op testel, kompleet met kontakbesonderhede en stappewat tydens ’n noodgeval gedoen moet word.Genesing?’n Ander opsie om te oorweeg, is desensitiseringof immunoterapie. Hoewel dit nie jou allergienoodwendig heeltemal sal genees nie, poog ditom jou immuunreaksie só te verander dat jouimmuunstelsel merkbaar minder op ’n allergeenreageer. Dit is beskikbaar vir stuifmeel-, hond-, kat-,perd- en bysteekallergie. Mense met veelvuldigeallergieë is nie ideale kandidate nie, maar dit is welmoontlik om die oorheersende allergie of allergieëte behandel. In die VSA ontvang pasiënte met veelvuldigeallergieë dié spuitstowwe gelyktydig, maarin Suid-Afrika en Europa word die behandeling oor’n aantal weke versprei.Dit is ongelukkig duur – die spuitstof word deurslegs drie of vier maatskappye in Europa vervaardigen moet dus ingevoer word. Boonop moet doktersaansoek doen om goedkeuring vir die spesifiekepasiënt by die Medisynebeheerraad. Weens diéfaktore, asook wisselkoersskommelings, kan dit ’nduur proses wees. Om hierdie rede dek die meestemediese skemas nie die behandeling nie. In dielangtermyn kan die koste daarvan vergeleke met dievoordele wat dit bied, egter voordeliger wees as diévan gedurige dokters- en apteekbesoeke.Immunoterapie is ook nie die beste oplossingas jy onmiddellike resultate wil hê nie. Die programvir inasemingsallergieë strek oor drie jaar, en dié virbysteek oor vyf jaar.As jy ongelukkig genoeg is om aan allergieë te ly,moet jy besef dat die winter helaas nie die ruskansgaan bied waarop jy gehoop het nie. Gelukkig kanjy jou simptome verminder en jou lewenskwaliteitverhoog deur soveel moontlik oor jou toestandte leer en ’n behandelingsplan te volg wat deur ’nallergiespesialis saamgestel is. éwinter 2015 > élan

aanspraakmakersEKSKLUSIEFSA se SamaritaneGift of the Givers reik wêreldwyd uitGift of the Givers verleen daagliks hulp aan duisende mense – hier in Suid-Afrika waar dieorganisasie se wortels lê, maar ook regoor die wêreld. En dit het alles begin met een vreesloseman wat sy eie mediese praktyk gesluit het om alle mense wêreldwyd te dien.DEUR: Sonja Carstens• FOTO’S: Alet Pretorius & Gallo Images (Nelius Rademan, Dino Lloyd & Jan Right)38 élan > winter 2015

aanspraakmakersOm alle mense van alle rasse en alleklasse te alle tye te dien. Dít was dieoogmerk waarmee dr. Imtiaz Soolimandie humanitêre organisasie Gift of theGivers in 1992 begin het. Sedertdien leef Soolimanen sy sowat 100 personeellede dié beginsels daagliksuit. Gift of the Givers is die grootste nieregeringsrampreaksiegroepin Afrika en het reeds meer asR1,2 miljard se hulp in 42 lande verleen.“Ek wil graag ander mense met liefde dien sonderom iets terug te verwag. Ek het nooit voorsien dat Giftof the Givers só groot sou raak nie,” sê Sooliman.Die organisasie het veral bekend geraak danksysy volgehoue pogings om die Bloemfonteinseonderwyser Pierre Korkie deur onderhandelings teprobeer bevry. Korkie is ná 18 maande in aanhoudingsaam met nog ’n gyselaar, die AmerikanerLuke Somers, weens skietwonde dood ná ’n mislukteAmerikaanse reddingspoging.Gift of the Givers het onlangs aangekondig dathulle ook gaan probeer om Stephen McGowan sevrylating in Mali te probeer onderhandel, al het dieorganisasie nie ’n kantoor daar nie. Die 40-jarigeMcGowan is op 25 November verlede jaar ontvoer.Sy familie het by die organisasie om hulp gepleitnadat hulle suksesvol was in die onderhandelingsvir die vrylating van Yolande Korkie, Pierre se vrou.Gift of the Givers was ook onlangs in die nuustoe hulle reddingswerk in die aardbewinggeteisterdeNepal gaan verrig het. >>>“Ek wil graag ander mense met liefde dien sonder om iets terug te verwag.Ek het nooit voorsien dat Gift of the Givers só groot sou raak nie.”~ Dr. Imtiaz Sooliman ~

aanspraakmakersGift of the Givers-dokters in dieMayaadrajour-hospitaal ondersoek’n man wat in die aardbewing in dieThini-woonbuurt beseer is. Hulle hetoperasies in verskeie hospitale uitgevoer.Onbaatsugtige werk ondanks omstandighedeMin mense besef egter in watter gevaarlike omstandighedeen vir hoe lank Gift of the Givers reedsdié onbaatsugtige werk wêreldwyd doen.Volgens Sooliman het hy destyds pas sy eiemediese praktyk geopen toe hy besluit het omhom op humanitêre werk te begin toespits. Dieburgeroorlog in Bosnië was die eerste plek waardie organisasie met Sooliman aan die hoof van diesending hulp gaan verleen het.In 1993 het Gift of the Givers hier die wêreldse eerste mobiele hospitaal bekendgestel, en in2003 het Gift of the Givers die eerste organisasie inSuid-Afrika se geskiedenis geword wat R60 miljoenvan die regering ontvang het om humanitêre verligtingin KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap te bring.Sooliman, wat oor die jare 43 toekennings virsy werk ontvang het, vertel van die span se tallenoue ontkomings. Hy en sy reddingspan het netuit ’n gebied in Libië beweeg kort voordat bommedaar geval het. Dieselfde het gebeur kort voordatbomme ’n hospitaal in Sirië getref het wat deur dieorganisasie bestuur is.Dié pa van vyf kinders en oupa van tweekleinkinders sien sy eie gesin baie min omdat hygeweldig baie tyd weg van die huis af spandeer.“Ek vind dit baie stresvol om net by die huis tesit en rus. My brein is heeltemal te aktief!Samita Pandey, een van die Gift of theGivers-dokters, ondersoek ’n kind indie Kaule-dorpie waar hulle basiesegesondheidsdienste aangebied het.

aanspraakmakersAashim Miya (8) word ondersoekdeur ’n dokter in die dorpie Kaule.Kospakkies word in Oktober 2014 in dieKya Sands-informele nedersetting inJohannesburg uitgedeel nadat ‘n brandmeer as 3 000 mense dakloos gelaat het.“Ek het al te veel seer en hartseer gesien waaraaniets gedoen moet word,” vertel Sooliman.Gratis diens sonder eie gewinVrywilligers wat hul dienste vir die organisasieaanbied, kom uit alle oorde. Sooliman sê Gift of theGivers het 140 medici en 70 soek-en-reddingswerkersop gereedheidsgrondslag.“Almal dien ander gratis. Selfs in gevalle waardie organisasie daarop aandring om hulle te betaal,weier hulle steeds enige bydraes – al verloor hulleduisende rande elke dag wat hulle nie in hul eiepraktyke werk nie,” sê Sooliman.Benewens dokters, verpleegpersoneel, spesialiste,dieetkundiges, sielkundiges, fisioterapeute enarbeidsterapeute, is argitekte en ingenieurs wathospitale help bou ook deel van die organisasie seondersteuningsnetwerk.Die groei van die organisasie het Soolimangenoop om sy privaat mediese praktyk op 30 Junie1994 te sluit. “Die organisasie het tans 21 projekteaan die gang. Ek leef Gift of the Givers 24 uur perdag uit. In Suid-Afrika het ons vyf kantore en daar isnog sewe kantore in die buiteland.“Dit mag klink na ’n enorme operasie, maar dieorganisasie het slegs 100 mense voltyds in diens.Niemand kan glo hoeveel ons met so ’n kleingroepie mense vermag nie,” vertel Sooliman. >>>

aanspraakmakersKos en komberse is verlede jaar tydens die stakingskrisis inRustenburg deur Gift of the Givers en vrywilligers uitgedeel.

aanspraakmakersGift of the Givers het basiese gesondheidsdienstein Kaule aangebied. Verskeie huise in die gebied isverwoes en die meeste mense moes buite slaap.Drie lede van dieselfde familie is in dié dorpie dood.Gift of the Givers seSuid-Afrikaanse projekte• Hulle het die eerste kliniek ter wêreld in ’nvraghouer begin. Daar is tans 20 van hierdiemobiele klinieke landwyd in gebruik.• Die organisasie het ’n hoëproteïen-sojaaanvullingontwikkel wat veral gemik is oppasiënte met tuberkulose en MIV/vigs.• Gift of the Givers bedryf ’n inbelhulplyn watonder meer beradingsdienste aanbied. Dienommer is 0800 786 786.• Die Gift of the Givers-stigting het in 2006 diegrootste oopbronrekenaarlaboratorium inAfrika bekend gestel. Dié laboratorium by dieNorthbury Park Sekondêre Skool in Pietermaritzburgspog met 110 rekenaars.• Die organisasie verleen hulp met landbouontwikkelingsin afgeleë gebiede.• Hulle is voortdurend betrokke by die uitdeelvan kospakkies en komberse in arm gebiede.• Raak betrokke of vind meer uit op diewebtuiste www.giftofthegivers.orgMedemenslikheid sonder grenseGift of the Givers onderneem sendings na gebiedewat die res van die internasionale gemeenskaphuiwer om te besoek.Die organisasie se leuse is “ons dien alle menseonvoorwaardelik, ongeag hul ras, geloof, kleur, politiekeverband of geografiese ligging”.Gift of the Givers het nog nooit grense virmensemenslikheid gestel nie, al bevind hul spannehulself gereeld in lewensgevaarlike situasies.Sooliman is op ’n keer in die oorloggeteisterdeBosnië met ’n geweer teen die kop aangehou.Die oorlog in Sirië, waar dokters moet opereerterwyl bomme en granate buite die noodhospitaalontplof, het die grootste impak op Sooliman gehad.“Dáár is enige persoon as die vyand gesien. Op ’ndag was daar 7 000 ongevalle.“Die mees hartverskeurende geval was ’n negejarigeseuntjie wat deur sy pa geskiet is toe dié syvuurwapen skoongemaak het. Die kind is in die hartgeskiet. Ons kon niks vir hom doen nie.“Vir 35 minute lank het alle bedrywighede in diehospitaal tot stilstand gekom. Daardie skietvoorvalwas simbolies van alles wat in Sirië aan die gangwas. Dit was nie ’n geval van soldate wat teenmekaar veg nie, maar gewone mense wat niks vanwapens weet nie.”Vreesloos op die voorpuntSooliman lei altyd self Gift of the Givers sebuitelandse sendings. “Ek neem die risiko self. Ek isnie bang nie. Ek sal sterf wanneer dit my tyd is. Op’n keer is ek in Suid-Afrika gekaap en die heeltydgedreig dat ek doodgeskiet sal word. Ek is nie bangom te sterf nie,” sê Sooliman.Volgens Sooliman sal hy graag wou sien datarmoede in Suid-Afrika uitgewis word en die landmeer baat vind by die opheffing van die res van dievasteland.Sy grootste droom is om sy eie Gift of the Givershospitaalop die been te bring waar pasiënte dieallerbeste privaat mediese sorg kan kry, en volgenshul vermoë daarvoor betaal.“Hier sal dokters nie ’n wins maak nie, maarhulle sal hul kundigheid gebruik om terug te ploegin die armes se gemeenskap. Dit is die laaste dingwat ek wil doen voordat ek my oë finaal toemaak,”vertel hy.Volgens Sooliman het Gift of the Givers nog nooitnodig gehad om bakhand te staan nie. “Ek vra nie datmense vir ons geld gee nie. Ons doen wat ons doen enis baie dankbaar vir die geld wat inkom.” é

allawêreldtegnologieMediese(raar, maar waar!)Daar is wêreldwyd verbysterende nuwe tegnologie wat ons op allerlei maniere gesonderkan hou of ons selfs kan genees as ons reeds siek is. Dié masjiene gaan aan ons lyf sit,in ons liggame woel en selfs onsigbaar om ons werk om ons ’n beter lewe te laat lei.DEUR: Willem Kempen• FOTO’S: Verskaf & iStockphoto.com

1Net die regte medisyneSo wonderlik soos wat moderne medisyneis, moet stroop steeds gedrink, pillegesluk en inspuitings verduur word. Selfsin ontwikkelde lande is dit ’n ewige stryd ompasiënte sover te kry om die regte medisynein die regte dosisse op die regte tye én op dieregte manier te neem.Navorsers soek al jare lank na praktiesemaniere om dié proses te outomatiseer, en ditlyk of ’n Amerikaanse maatskappy genaamdMicrochips Biotech besig is om die voortoute neem. Hulle het ’n inplantbare mikroskyfieontwikkel wat honderde dosisse medikasiebevat wat outomaties op die regte tyd enin die regte dosis vrygestel kan word. Dit isreeds suksesvol getoets en word nou in ’nkommersiële produk ontwikkel, berig geek.com.Regulatoriese goedkeuring is egter nog nieverkry nie.Die skyfie bevat individuele reservoirs watelkeen omtrent so groot soos ’n speldekop is.Elke reservoir bevat ’n enkele dosis van een vanverskeie soorte medisyne wat teen chroniesesiektes soos diabetes, meervoudige sklerose enosteoporose ingespan kan word. Wanneer diebetrokke reservoir ’n elektriese sein ontvang,word die metaalmembraan verwyder watdit bedek en word die dosis vrygestel. Dietegnologie kan ook vir iets soos die gereeldetoediening van voorbehoedmiddels gebruikword, sê Microchips Biotech.Een van die uitdagings wat tydens dieontwikkelingsproses ervaar is, is dat baiemedisyne hitte-sensitief is en die reservoirsdus teen kamertemperatuur geseël moetword. Microchips Biotech het egter ’n spesialekouesweisproses hiervoor ontwikkel.• http://microchipsbiotech.com/Het jy geweet?Basta met bakterieëallawêreldSuid-Afrika het reeds drie wenners van die Nobelprysvir geneeskunde opgelewer:Dr. Max Theiler vir sy ontdekkings oorgeelkoors en die bestryding daarvan.Allan Cormack vir die ontwikkelingvan rekenaargesteunde tomografie.Sir Aaron Klug vir die ontwikkeling vankristallografiese elektronmikroskopie.2Sou dit nie lekker wees as ’n mens deurlopenden outomaties ’n vertrek kon skoonmaakpleks van om dit ’n paar keer per dag met diehand te doen nie? Dit is moontlik danksy Indigo-Clean, ’n patogeen-dodende lig wat in die plafonof elders in ’n vertrek geïnstalleer kan word en sywerk foutloos, veilig en deurlopend doen.Anders as menslike skoonmakers, mis dieIndigo-Clean niks nie. Dit maak bakterieë in dielug en op harde asook sagte oppervlaktes dood.Indigo-Clean gebruik sigbare lig met ’n405 nanometer-golflengte, wat dit nét buitegevaarlike ultravioletlig op die spektrum plaas.Dit beteken dit is veilig vir mense en beskadigook nie oppervlaktes nie. Dit werk deurdat lig van’n hoë intensiteit maar in ’n smal spektrum deurdie molekules in bakterieë geabsorbeer word. Ditveroorsaak ’n chemiese reaksie wat die bakterieëvan binne doodmaak asof gewone huishoudelikebleikmiddel in die selle vrygestel is.Die tegnologie is ontwikkel by die StrathclydeUniversiteit in Glasgow, Skotland. Die produkword vervaardig deur Kenall Manufacturingin Wisconsin in die VSA, en word reeds insommige hospitale in die VSA en Kanada gebruik.• http://www.indigo-clean.com/ >>>

allawêreld3Dis nou ’n mondvol!Ons praat graag van dapper mense wathare op die tande het, maar sê nou ditwas moontlik om oë op jou tong tehê? Die Amerikaanse voedsel-en-medisyneadministrasie(FDA), wat eintlik maar die wêreldse waghond oor medisyne en geneeskundigetoestelle is, het pas goedkeuring gegee vir ’nuitsonderlike apparaat om in die VSA bemarkte word. Die BrainPort V100 is gemik op blindemense wat ’n alternatiewe sensoriese ervaring indie plek van hul sig wil gebruik.Die BrainPort is verbind aan ’n donkerbrilmet ’n videokamera daarin gemonteer. Dievisuele inligting wat deur die kamera ingesamelword, word dan deur die apparaat omskep inligte elektriese stimulasiepatrone wat metbehulp van ’n elektrode die oppervlak van diegebruiker se tong stimuleer en die draer helpom hom- of haarself visueel te oriënteer, meerbeweeglik te wees en selfs sekere voorwerpete kan identifiseer. Dit is bedoel om saam metvertroude hulpmiddels soos gidshonde gebruikte word.Volgens die vervaardigers voel dié patronesoortgelyk aan klein borreltjies op die gebruikerse tong. Die gebruiker leer dan oor tyd omdié borreltjies te interpreteer om sodoendedie vorm, grootte, ligging en beweging vanvoorwerpe vas te stel.Om dít reg te kry, verg glo heelwattyd en geduld asook deeglike opleiding. Dieontwikkelaars sê ná ’n jaar se opleiding konsowat 69% van gebruikers dit regkry om ’nvoorwerp te identifiseer, berig slashgear.com.• http://www.wicab.com/Bra(vo) vir tuistoets 4Die iTBra is een van die baie vergestaltingsvan tegnologie wat aan dielyf gedra word, of sogenaamde wearables.Dit bevat onder meer ’n reeks temperatuursensorswat vroeë bespeuring van borskanker moontlikmaak. Dis nie net ’n foefie nie – die vervaardigers,Cyrcadia Health, sê dis nie net geriefliker as diegebruiklike mammogram nie, maar in sommigegevalle doeltreffender ook. Die doel is hoofsaaklikdat die iTBra die maandelikse selfondersoek salvervang en lewer in die geval van digte borsweefselglo selfs beter resultate as die groter masjien. DieiTBra werk saam met ’n app wat op ’n slimfoon oftablet geïnstalleer kan word. Die inligting wat deurdie sensors ingesamel word, word dan verwerk envia die app na die draer of haar geneesheer gestuur.• http://cyrcadiahealth.com/5Vlymskerp vingersNavorsers aan die Illinois en die NorthwesternUniversiteit in die VSA en dieDalian University of Technology in Chinaontwikkel spesiale materiale wat chirurge soos‘n handskoen aan hul vingerpunte kan dra omoperasies mee te doen, pleks van die tradisioneleskalpel, berig futuristicnews.com.Dié materiaal bevat elektroniese sensors ensemigeleiers wat kan rek en buig. ’n Chirurgiesehandskoen kan van die materiaal vervaardigword wat die draer se natuurlike gevoel in syvingerpunte kan verbeter. Dit kan ook elektronieseaktiwiteit bespeur en kan selfs gebruik word omweefsel met die vingerpunt te sny.• futuristicnews.com46élan > winter 2015

Wintie wiele met woemaNet omdat jy ’n rolstoel nodig het om oordie weg te kom, hoef nie te beteken datjy nie ook die buitelewe kan geniet nie.Deesdae is daar ’n hele reeks alternatiewe totdie gewone modelle, waarvan Rocket Mobility seTomahawk een van die interessantste is.Dink aan die Tomahawk as die Land Rovervan rolstoele (en hy kos ongelukkig ook omtrentsoveel soos een). Met een van dié gaan jy dalkselfs op plekke uitkom waar dapper en stappernie sou werk nie.Die Tomahawk is eintlik ’n soort kruiptrekkerwat soos ’n pantsertenk oor die weg kom. Diespore is ver genoeg uitmekaar dat die Tomahawknie maklik gaan omval nie, en die twee 5kWmotorsverseker genoeg beheer en krag om jouandersins ook uit die moeilikheid te hou. Diesitplek is sowat 70 cm van die grond af, en dieTomahawk het ’n grondvryhoogte van sowat15 cm. Die krag kom van twee diepsiklusbatterye(12V), maar die maatskappy wil nie sê wat sytopspoed is nie....Deurbrake op eie bodemSuid-Afrikaanse dokters geniet wêreldwye erkenningvir hul bekwaamheid en mediese deurbrake.• Die pletismograaf – die eerste instrument terwêreld wat die tempo van bloedvloei meet – is’n Suid-Afrikaanse uitvinding.• Prof. Chris Barnard het benewens die eerstehartoorplanting nog ’n prestasie behaal. Hy hetdie wêreld se eerste “abbahart”-oorplantinggedoen. Op 25 November 1974 het hy ’n operasieuitgevoer waarin die skenker se hart in ’npasiënt oorgeplant is sonder dat die pasiënt seeie hart verwyder is.• In die tagtigerjare het die suksesvolle skeidingvan die Siamese tweeling Mpho en MphonyanaMatibela, wat aan hul koppe verbind was, in dieChris Hani Baragwanath-hospitaal plaasgevind.Dié hospitaal is toe as die bes toegeruste hospitaalin die suidelike halfrond beskou.• In Desember verlede jaar het ’n span doktersvan die Universiteit van Stellenbosch diewêreld se eerste suksesvolle penisoorplantingby die Tygerberg Hospitaal gedoen. Die operasieop ’n 21-jarige man het nege ure geduur.6allawêreldOpsionele bykomstighede sluit in hoofligte,rolstawe, ’n plek om jou geweer te bêre enselfs ’n wedrenstyl-sitplek, berig Gizmag. DieTomahawk kos net minder as $10 000, oftewelsowat R130 000.• www.rocketmobility.comSA verleen kleur aan Grey’s’n in Suid-SkandeertoestelwatAfrika ontwerp,vervaardig enversprei word, is onlangsin ’n episodevan die gewildeGrey’s Anatomy gebruik. Die akteurs kyk indié episode hoe die masjien, wat deur LodoxSystems vervaardig is, ’n vollyf X-straal van ’nbeseerde persoon binne 13 sekondes neem. Ditis ’n proses wat normaalweg sowat 20 minuteduur. Die Lodox-toestel is die eerste in sy soortwat vollyf, hoëspoed digitale x-strale neem.Volgens Pieter de Beer, uitvoerende hoof vanLodox, is die skandeerder oorspronklik vir sekuriteitsdoeleindesby Suid-Afrikaanse diamantmyneontwerp, maar Lodox het die tegnologievir mediese doeleindes ontwikkel. Die Statscan(en die nuwe Xmplar-dr) word tans in 28 noodeenhederegoor die wêreld gebruik. é

aromaGEGEURDEolyfolieMAAKSELF!Olyfolie wat met suurlemoen of rissiesgegeur word, is baie gewild. Probeergerus om jou eie gegeurde olies te maak.Jy kan dit gebruik om mee te kook, slaaidaarmee te bedruip of as ’n spesialegeskenk vir iemand te gee. Hoewel baieresepte slegs olyfolie voorskryf, kan jyook ’n olyf-en-saadolieversnit gebruik.DEUR: François FerreiraFOTO’S: iStockphoto.com

Rissie-olieLEWER 500 MLaroma30 g1500 mlcayenne- of jalapenorissieslourierblaarolyfolie of olyf-en-saadolieversnit1Spoel die rissies onder koue water af en drukgoed droog met kombuispapier. Voeg dit saammet die lourierblaar by die olie. Giet die olie in ’ngesteriliseerde bottel en verseël. Laat die olie vir10-15 dae op ’n koel, donker plek rus.2Gebruik ’n fyn sif, kaasdoek of koffiefilters enfiltreer die olie in ’n skoon, droë bottel. Voeg’n paar ekstra rissies by om die olie beter telaat vertoon. Verseël en gebruik soos nodig oorpasta, vis, vleis of pizza.Sitrus-en-vinkelolieLEWER 500 ML1115500 mllemoensuurlemoengekneusde vinkelsaadjiesolyfolie of olyf-en-saadolieversnit1Was die suurlemoen en lemoen goed en maak ditdroog. Skil beide en voeg die skil en vinkelsaadjiesby die olie. Giet die olie in ’n gesteriliseerde bottelen verseël. Laat die olie vir 14 dae op ’n koel,donker plek rus vir die geure om te vermeng.2Gebruik ’n fyn sif, kaasdoek of koffiefilters enfiltreer die olie in ’n skoon, droë bottel. Verseëlen gebruik soos nodig oor slaai, vis of hoender.Roosmaryn-en-knoffelolieLEWER 500 ML22500 mltakkies roosmarynknoffelhuisiesolyfolie of olyf-en-saadolieversnit1Was die roosmaryntakkies onder koue lopende water en maak goed droog met kombuispapier. Blansjeer eersdie knoffel in kookwater en verfris dit dan in yswater. Maak die knoffel goed droog met kombuispapier. Plaas dieroosmaryn en knoffel in ’n gesteriliseerde bottel, giet die olie oor en verseël. Laat die olie vir 14 dae op ’n donkerplek rus sodat die geure kan vermeng. Verhit die olie voor jy dit oor hoender, vark of lamsvleis gebruik. é

aanmaakTamaties gevul met wilderyskoskaskosRESEPTE: François FerreiraFOTO’S: Danie Jansen van VuurenSTILERING: Tania de Kock enDanie Jansen van VuurenDie stil getuies van ’n wonderlike fees:’n tafeldoek met ’n paar rooiwynvlekke,kerse wat kortgebrand in kandelare staan,skeefgesitte kussings op rusbanke. Noemdit deurmekaar huislikheid, maar dit verteldie storie van lekker kuier wat om ’n tafelplaasgevind het. Koskaskos (LAPA Uitgewers)gee nie net raad oor die kruie, speseryeen kositems wat in jou koskas hoortnie, maar die resepte gebruik ook bestanddeleuit jou koskas op vindingryke manieresodat alledaagse bestanddele en disse inbuitengewone geregte omgetower word.50 élan > winter 2015

Tamaties gevul met wilderysLEWER 6 PORSIESaanmaak1230 ml12250 g5 ml5 ml10 ml5 ml30 ml60 ml250 ml1,5 ml30 mlmiddelslag-tamatiessonneblomolieui, fyngekapknoffelhuisies, fyngekapvolstruismaalvleisborriegaram masalasuikergerasperde suurlemoenskilsuurlemoensapsonneblomsaad, geroostergaar bruinrysfyn kaneelgekapte Italiaanse pietersielie1234Sny die bokant van elke tamatie af en skep die saadjiesuit. Gooi die saadjies weg.Verhit die olie in ’n pot en terwyl jy aanhoudend roer,soteer die ui en knoffel tot die ui sag is. Voeg die maalvleisby, roer deur en kook vir ongeveer 2 minute tot diemaalvleis begin verbruin. Voeg die borrie, garam masala,suiker, suurlemoenskil en -sap by en kook vir 3 minuteterwyl jy aanhoudend roer.Meng die gaar maalvleis, sonneblomsaad, rys, kaneel enpietersielie in ’n bak. Skep die mengsel in die tamatiesen laat in die yskas rus tot benodig.Verhit die oond tot 160 °C voor bediening en rangskikdie tamaties op ’n bakplaat. Bak die tamaties onbedekvir 10 minute of tot deurwarm. Sit dadelik saam met ’ngroenslaai voor.WENK | Vir ‘n vegetariese opsie kan jy die maalvleis met 250 g gestoomde en fyngemaakte blomkool vervang.Gebakte tamatiehoenderLEWER 4 TOT 6 PORSIES6111hoenderborsies500 g-pakkie gemengdebotterskorsie- en patatblokkies400 g-bottel Napolitaanse sous500 g-pakkie kersietamatiessout en varsgemaaldeswartpeper na smaak123Voorverhit die oond tot 180 °C.Rangskik die hoender, botterskorsie en patatsin ’n enkellaag in ’n oondvaste bak. Giet dieNapolitaanse sous oor die hoender en bak vir40 minute.Verwyder die hoender uit die oond, voeg dietamaties by en bak vir ’n verdere 40 minute.Geur na smaak met sout en varsgemaaldeswartpeper.WENK | Garneer met vars roketblare en bedien met ‘n groenslaai. >>>

aanmaakMieliebrood met ’n bytLEWER 4 PORSIES15 ml150 g250 g15 ml5 ml5 ml50 g50 g262125 ml300 mlstrooisuikermieliemeelbroodmeelbakpoeierkoeksodasoutbotter, saggemaakgerasperde Pecorinokaasrissies, pitjies verwyder, fyngekapsprietuie, fyngekapeiers geklitsongegeurde jogurtmelk1234Voorverhit die oond tot 180 °C.Voer die bodem van ’n vierkantige koekpan (18 cm) metbakpapier. Smeer die bakpapier en kante van die koekpan.Meng die droë bestanddele in ’n groot mengbak. Voegdie botter, kaas, rissies en sprietuie by. Klits die eiers,jogurt en melk saam voor jy dit by die meelmengselvoeg. Meng goed, skep dit in die voorbereide koekpanen gebruik ’n lepel of paletmes om die bokant gelyk temaak. Bak die brood vir 45-55 minute tot goed uitgerysen goudkleurig. Steek ’n toetspen in en as dit skoonuitkom, is die brood gereed.Gebruik ’n paletmes om die brood ’n bietjie los te werkvoor jy dit uitkeer en op ’n draadrakkie plaas. Verwyderdie bakpapier en los die brood om heeltemal af te koel.WENK | Die Pecorinokaas kanmet Parmesaankaas vervang word.52élan > winter 2015

MalvapoedingaanmaakMalvapoeding is ’n gewilde winterpoeding met ’nsponserige, amper taai tekstuur. Dié nostalgiesenagereg het dikwels ’n donker kleur. ’n Warm sousberei van room, melk of ingedampte melk en botteren suiker word oor die warm nagereg geskink sodradit uit die oond kom. Dit word met room, vla ofselfs roomys voorgesit.30 ml100 g215 ml15 ml5 ml250 ml120 g2,5 mlSOUS115 g250 ml200 g5 ml125 mlbotter(125 ml) suikereiersappelkooskonfytsuurlemoensap of asynkoeksodamelk(250 ml) koekmeelblomsout(125 ml) bottermelk(250 ml) suikervanieljegeurselroom1234567Meng die botter en suiker en klits die eiers enkonfyt daarby.Voeg suurlemoensap of asyn by. (Maak nie saakas dit skif nie.)Los die koeksoda in die melk op.Sif die koekmeelblom en sout saam.Voeg die meelmengsel en melk beurtelings bydie eiermengsel.Skep die beslag in ’n gesmeerde oondskottel enbak vir 25 tot 30 minute of tot gaar by 180 o C.8Berei intussen die sous. Verhit die botter, melk,suiker en vanieljegeursel tot kookpunt en prutvir 5 minute. Hou warm.Voeg die room by en giet die sous oor diepoeding sodra dit uit die oond kom. éResep uit: Boerekos, ook uitgegee deur LAPA Uitgewers.

klaarblyklikAgter slot en grendel“Hetjy gesien daar’s ’n nuwe vroutjiein nommer negentien?” vra oomBlackie toe hy my sien nader stap.’n Nuwe intrekker in ons meenthuiskompleks is altydgroot nuus, volgens die oom. Weke lank snuffel hyrond tot hy alles van die stomme nuweling weet – vansy familiegeskiedenis tot sy bloedgroep. Sy gunstelingrondhangplekis nie verniet die ry posbusse langs diekompleks se ingang nie. Dis die ideale uitkykpunt omalmal se doen en late dop te hou – en sommer uit tevind watter soort rekeninge, briewe, aanmanings enander leidrade in jou posbus beland.“Geheimsinnig, daai ene,” sê oom Blackie. “Klaar ’nslot aan haar posbus gesit.”Ek is eintlik met ’n swartsak op pad na die vullishoklangs die parkeerterrein, maar oom Blackie het oudergewoontelus vir gesels.“Het ek jou vertel van die keer toe die tanniebesluit het om my te los?” vra hy.“Bedoel Oom nou daai keer oor die klomp knoffel?”vra ek met ’n niksseggende blik.“Nee, ek praat van –”“Die keer met die kat?” raai ek.Die oom klik sy tong. “Man, ek praat van jareterug. Ons het nog ’n groot huis gehad, nie hierdie ouvoëlhokkie waarin ons nou bly nie. Dit was net ná onsdogter uit die huis is om te gaan studeer.”Die oom kry ’n ver kyk in sy oë. “Weet jy hoe grootraak ’n huis as jou kind uit die nes is? Ek en die outannie het saans soos spoke daar rondgedwaal. Dit wasvreeslik om te sien hoe mis die tannie die kind. Dié datek begin het om saans ná werk saam met die mannete kuier. Die plaaslike watergat het daai jare ’n baietalentvolle kroegdametjie gehad, jong. En daai tyd hetselfs die jonger meisies nog na my kant toe gekyk ...”“Die tannie het saans ekstra skofte by die hospitaalbegin werk. Sy was mos ’n verpleegster. Dis waar symet die prokureur begin gesels het. Hy was daar vir ’noperasie of iets. Hy’t op dieselfde dorp as die tanniegrootgeword. Oor prokureurs kan ek jou ’n ding ofdrie vertel, maar die dag toe ek kleinkinders kry, het ekmyself belowe om my taalgebruik te begin dophou.”“Nou waar pas die ... e ... kroegdametjie in dieprentjie, Oom?” vis ek ondeund.“Nee, man, sy’t hoegenáámd niks met hierdiestorie uit te waai nie!” stik die oom. “Dit was daaiDEUR: Jaco Jacobs • ILLUSTRASIE: iStockphoto.comprokureur. Hy was pas geskei. Hy en die tannie waskamma op skool gekys.“Toe ek my oë uitvee, stuur hy lankal links en regsvir haar blomme, vat haar uit vir etes by die hospitaalse kafeteria ...”“En toe, Oom?” vra ek.Hy brom iets en kyk weg. “Nee, ’n man praat nieuit die huis uit nie. Maar een ding kan ek jou sê: DaaiVrydagmiddag toe die tannie haar tasse pak, toe voeldit vir my ek is in ’n mynskag by die werk vasgekeermet die wêreld wat om my inmekaarduiwel.”Ek sluk toe ek sien hoe die oom se oë klam word.“Dit het seker mooipraat gekos, Oom?”“Mooipraat?” Hy snork. “Mooipraat wou nie helpnie. Sy’s die buitekamer in om haar oorlede ma se taste gaan haal, en ek’s mooipraat-mooipraat agterna. Entoe sy nie wil hoor nie, toe druk ek die buitekamer seslot in die veiligheidshek toe. Ek was nog altyd ’n manwat geglo het in ’n goeie slot. Goedkoop is duurkoopas dit by slotte kom.“Daar sit ons toe. Die venster het diefwering. Dietannie roep en skree, maar die bure is Margate toe virdie naweek. Sy was woedend vir my oor ons saamin daai stowwerige buitekamertjie vol ou gordyne,kampeergoed en bokse vasgekeer was ...”Oom Blackie kry so ’n glimlaggie.“Ek het haar kans gegee om haar úit te baklei. Entoe begin ek praat. Ek het haar vertel hoe ek haar lieweras die lewe self het, en dan baklei ons weer. En danvertel ek haar weer hoe lief ek haar het, en dan bakleions nog ’n bietjie.” Die oom se wange kry ’n kleurtjie.“Toe dit donker word, was sy inskiklik genoeg om ’nkampmatras en ’n ou sitkamergordyn met my te deel.”“Het iemand Oom-hulle toe kom oopsluit?” vra ek.“Eers die volgende oggend,” sê die oom. “Dit wasnie nodig dat iemand kom oopsluit nie. Ek het al dietyd die sleutel in my broeksak gehad.”Ek bars uit van die lag. “Die tannie was sekerbriesend?”Oom Blackie knipoog. “Nee wat, boeta ... Oor diejare het ek darem ’n paar truuks geleer as dit by dietannie kom. Maandagoggend het sy die prokureurtjiena daai warm plek gestuur waar alle prokureurs hoort.”Hy tik-tik teen nommer negentien se posbus. “Maardit wys jou net: ’n Man moet jou kosbaarste goedagter slot en grendel hou ...” é

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!