03.08.2015 Views

elan winter 2015.pdf

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Foto’s: iStockphoto.com • Bykomende bronne: www.maroelamedia.co.za; www.webmd.com; www.sarie.com; nwu.ac.za; www.mayoclinic.org; www.nytimes.com; www.cancer.org; www.hsph.harvard.eduGesonde alternatiefNie almal hou daarvan omwater te drink nie. In plaasdaarvan om duur gegeurdewater met allerlei geurmiddelste koop, maak joueie gegeurde water tuis deur’n paar skyfies sitrusvrugteof -skil, fyngedrukte kruisement,fyngedrukte bessies of’n repie gemmer of komkommerin yskoue water te gooi.MAAKSELF!Oplossing vir “suikerkrisis”?Plaaslik en oorsee doen voorstanders van ’nsuikervrye leefstyl ’n geruime tyd reeds ’n beroepop regerings om belasting te hef op voedselproduktemet bygevoegde suiker. In hul New YorkTimes-artikel sê DiNicolantonio en Lucan dat so ’nstap egter onvoorsiene gevolge kan hê, soos datvervaardigers bloot plaasvervangende stowwe sooskunsmatige versoeters by hul produkte kan voeg,wat weer op ander wyses skadelik vir jou gesondheidkan wees.In die VSA word ook al meer druk op dieregering geplaas om skoolkinders se inname vankoeldrank en ander energieryke drankies te beperk.Die Universiteit van Stellenbosch se Voedingsinligtingsentrum(NICUS) beveel die volgende aan:• Drink water in plaas van koeldrank of anderdrankies. ’n Volwasse vrou moet ten minste4 glase en ’n man 6 glase water per dag drink.• Kinders moenie meer as 600 ml melk en 240 mlvrugtesap per dag drink nie.• Volwassenes moenie meer as 500 ml vetvrye oflaevetmelk per dag drink nie.• Kinders ouer as vyf jaar kan laevet- of vetvryemelk in plaas van volroommelk drink.• Volwassenes moenie meer as 4 bekers koffie of8 koppies tee per dag drink nie, verkieslik sondersuiker en met laevet- of vetvrye melk.“Die effek wat suiker op my gehad het,het duidelik getoon dit was ’n ‘chemieseverslawing’ wat net so kragtig was soos ’nverslawing aan dwelms en alkohol.”~ Karen Thomson ~Breinvliesontsteking:Beskerm kinders sókwessiesDie land is onlangs geruk deur diedood van ’n eerstejaarstudent, LeanaLabuschagne (19), aan breinvliesontsteking(meningitis). Labuschagne, ’nstudent aan die Potchefstroom-kampus vandie Noordwes-Universiteit, het op 15 Junie aanmeningokokkale meningitis beswyk.Meningokokkale meningitis is ’n bakterieseinfeksie wat die membrane aantas wat diebrein en rugmurg bedek. Dit is aansienlikgevaarliker as virale vorms van breinvliesontsteking.Verhoogde gevalle van infeksie komgedurende Mei tot September voor. Simptomesluit erge hoofpyn, naarheid en braking, seergewrigte, skielike koors, ligsensitiwiteit, ’nstywe nek, en selfs stuiptrekkings en bewusteloosheidin. Sekere soorte breinvliesontstekingis hoogs aansteeklik en kan deur aanraking of’n nies of hoes oorgedra word.Babas, kinders en jongmense is die kwesbaarste,hoewel inentings die voorkoms daarvanonder jong kinders aansienlik laat afneemhet. Indien simptome van breinvliesontstekingervaar word, moet die pasiënt dadelik na ’nkliniek of hospitaal geneem word. Pasiënte watmeningokokkale meningitis oorleef, kan ernstigenewe-effekte soos doofheid, breinskadeof ander neurologiese probleme oorhou.Inwoners van Oosterhof, die koshuis waarinLabuschagne gewoon het, het voorkomendemedisyne ontvang en inligting oor breinvliesontstekingis op die universiteit se webtuistegeplaas. Geen verdere gevalle is aangemeld nie.Beskerm jou kinders só• Maak seker jou kinders se inentings is opdatum.• Leer jou kinders van kleins af om gereeld hulhande te was en hul hande voor hul monde tehou wanneer hulle hoes of nies.• Leer jou kinders om nie persoonlike items soostandeborsels of lipsalf te deel of byvoorbeeldkoeldrank uit dieselfde glas of met dieselfdestrooitjie as ’n maatjie te drink nie. é

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!