03.08.2015 Views

elan winter 2015.pdf

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

kwessiesGesondheidskwessies onder die loep geneem.Koeldrank: Soet verslawing?Die gevare van “suikerverslawing” is onlangsop Carte Blanche uitgesaai en het Facebooken Twitter behoorlik aan die gons gehad. Asdeel van dié program het City Press-joernalisGrethe Koen ’n tabel saamgestel wat toon hoeveelsuiker ’n paar bekende koeldranke bevat. Die resultatehet soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.Terwyl suiker ’n paar honderd jaar gelede ’n baieklein deeltjie van mense se daaglikse dieet was, worddit deesdae in bykans 75% van alle vervaardigde voedselproduktegebruik. Trouens, een blikkie gaskoeldrankbevat meer suiker as wat mense ’n honderd jaar geledein maande sou inneem. Die probleem wanneer ons teveel suiker inneem, is die risiko van oorgewig, wat direkverband hou met ernstige gesondheidsprobleme sooshartsiektes en diabetes.In ’n onlangse artikel in die New York Times beskryftwee Amerikaanse navorsers, dr. James J. DiNicolantoniovan die Saint Luke’s-hartinstituut en prof. Sean C.Lucan van die Albert Einstein College of Medicine, hoenavorsing met diere bewys het dat suiker minstensdrie van die b<strong>elan</strong>grikste simptome van dwelmafhanklikheidveroorsaak: drange (cravings), toleransie(die verskynsel dat jy geleidelik al hoe meer van ’n gewoontevormendemiddel benodig om dieselfde effekte verkry) en onttrekking. In een studie het navorsersselfs gesien hoe rotte suiker bo kokaïen verkies.Dit is die rede waarom Karen Thomson, kleindogtervan die hartpionier Chris Barnard, in samewerking metprof. Tim Noakes ’n spesiale eetprogram (die HarmonyEating and Lifestyle Program of HELP) ontwikkel het.By die Harmony-rehabilitasiesentrum in Houtbaaiword dié 28-dae-program selfs vir “suiker- en koolhidraatverslaafdes”aangebied, ’n eerste ter wêreld. Syhet ook pas ’n boek gepubliseer met die titel Suikervry:8 weke na vryheid van suiker- en koolhidraatverslawing.In ’n onderhoud met Iquitsugar.com vertel Thomson,wat vroeër aan drank en dwelms verslaaf was, hoedit vir haar relatief maklik was om haar dwelm- en alkoholverslawingte oorkom, maar dat sy lank gesukkelhet om haar suikerverslawing af te skud. “Die effek watsuiker op my gehad het, het duidelik getoon dit was ’n‘chemiese verslawing’ wat net so kragtig was soos ’nverslawing aan dwelms en alkohol.”Die aantal teelepels suikerin ’n botteltjie gegeurdewater (500 ml).DEUR: Jaco JacobsWEESBEDAG!Energiedrankies is propvol suiker en bevatkafeïen wat jou bloeddruk kan verhoog.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!