03.08.2015 Views

elan winter 2015.pdf

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

aktueelgewigtigeDis ’nsaakDit is amptelik: Ons word steeds al vetter. ’n Baanbrekerstudie wat in 2014 in The Lancetgepubliseer is, verklaar dat Suid-Afrikaners die mees oorgewig of vetsugtigste nasie in Afrikasuid van die Sahara is, met sewe uit tien vroue en vier uit tien mans wat beduidend meerliggaamsvet het as wat as gesond beskou word.DEUR: Michele Leal • FOTO’S: iStockphoto.comAan die einde van Mei 2015 was onsmollige middellywe weer in die nuus toeprof. Hans de Ridder van die Skool virBiokinetika, Rekreasie en Sportwetenskapby die Noordwes-Universiteit (NWU) gesê hetdat Suid-Afrika volgens antropometriese inligting(dis die wetenskap wat met die vasstelling van dieafmetings en verhoudings van die liggaam gemoeidis) ’n beduidende toename in oorgewig en vetsugtigevolwassenes en kinders ervaar. Volgens DeRidder dui vroeë navorsing deur die NWU daaropdat Suid-Afrikaanse kinders die derde hoogstevetsugkoers ter wêreld het.Sy bevindings strook met dié van die studie watin The Lancet gepubliseer is en uitgevoer is deurdie Instituut vir Gesondheidstatistiek en Evalueringaan die Universiteit van Washington, wat 30 jaar seinligting van 188 lande ontleed het. Insgelyks het ’nstudie deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraadbevind dat 61% van Suid-Afrikaners oorgewigof vetsugtig is – meer as twee maal hoër as diewêreldgemiddeld (30%) wat deur die Lancet-studievoorgehou word.Hoewel geen land volgens Christopher Murray,medeskrywer van die Lancet-studie, daarin konslaag om sy vetsugkoers te verlaag nie, het dit niesin dat ’n armoedegeteisterde, ondervoede nasiewat boonop ’n stryd teen aansteeklike siektessoos MIV/vigs en tuberkulose voer, al nader aandie bopunt van die vetsuglys kruip nie. Wat doenons verkeerd, en wat kan ons daaromtrent doen?Om ’n werkbare oplossing te vind, hang af van onsdefinisie van die probleem.Wat is ‘oorgewig’ en ‘vetsug’?Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) omskryfoorgewig en vetsugtigheid as die “abnormale ofoormatige akkumulasie van vet wat gesondheid kanbenadeel”. Dit word algemeen aanvaar dat vetsug’n ernstige gesondheidsrisiko is en ’n b<strong>elan</strong>grike bydraendefaktor tot leefstylsiektes soos kardiovaskulêresiekte (hartaanvalle en beroertes), tipe 2-diabetes,muskuloskeletale afwykings (veral osteoartritis) ensommige soorte kanker.Die fundamentele oorsaak van vetsug wordtradisioneel beskou as die wanbalans tussen kalorieinnameen kalorieverbranding. Met ander woorde,jy neem meer kalorieë in as wat jy verbrand, en dieoortollige kalorieë word as vet gestoor. Dié beskouingvorm die basis van die dieetriglyne wat Suid-Afrikavolg (en talle ander lande wêreldwyd) en bepaal datdie inname van energiedigte kos wat ryk aan suiker envette is, verminder moet word.Ander verdoemende vette,veral versadigde vette, is in dieAmerikaanse biochemikusAncel Keys se vroeërebevindings uitgewys as diesondebok wat cholesterolvlakkeverhoog en só tothartsiekte bydra. Spoediglik,en verstaanbaar,het ’n magdom vetarmkoolhidraatryke-produkteen -raadgevolg. >>>18élan > <strong>winter</strong> 2015

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!