aktueelDie geskiedenis van BantingIn 1862 het die Britse begrafnisondernemer WilliamBanting, wat vetsugtig was en bekommerdwas oor sy toenemende doofheid, by sy dokter,William Harvey, aangeklop. Harvey het bevind datdie probleem deur vetsug en drukking op die oorsenuweesveroorsaak word, en het ’n radikale dieetvoorgeskryf wat koolhidraatarm en vetryk was.Banting het heelwat gewig verloor en sy ervaringin ’n ope brief genaamd Letter of Corpulence aandie publiek gepubliseer, wat wyd versprei is. Dieboek het nie ’n goeie ontvangs van die mediese gemeenskapgekry nie en Harvey het onder druk vansy eweknieë ’n boek geskryf waarin hy beweer hetdat die sukses van die eetplan aan ’n hoë proteïeninnameeerder as ’n hoë vetinhoud toegeskryf konword. Banting het met dié verandering verskil. In1884 het die Duitse dokter Wilhelm Ebstein dieoorspronklike vetryke-koolhidraatarme-dieet insy monografie Corpulence and its treatment onphysiological principles beskryf en só die eerstevoorstander van die moderne weergawe van diédieet geword.Die VRKA-dieet het in Europa bekendheid verwerfen is deur sowel dr. William Osler, professor inmedisyne aan die Johns Hopkins Universiteit in Baltimore,as die Kanadese Poolontdekkingsreisiger enetnoloog, Vilhjalmur Stefansson, na die VSA geneem.Stefansson het vir langer as ’n dekade saam met dieInuïet in die poolstreke gewoon en hul dieet gevolg,wat uitsluitlik uit vet/proteïen bestaan het. Dit het ’nreeks VRKA-diëte geïnspireer, waarvan die Atkins- enPaleo-dieet seker die bekendste is.Waarom kies mense die Banting-dieet?Hoewel die Banting-dieet deur dieselfde evolusionistieseen biologiese beginsels gerig word – dat onsmoet eet waarvoor ons liggame gemaak is en dat onsna die dieet van ons vroeë voorsate moet kyk – verskildit van die Atkins- en Paleo-dieet. Atkins is ryk aanproteïen, terwyl die Banting-dieet ryk is aan vet enproteïen net in matige hoeveelhede insluit; Paleo iskoolhidraatarm, maar nie soveel as Banting nie, en sluitsuiwel en graan uit. Paleo sluit ook vrugte in, wat niedie geval is met Banting nie, uitgesonder bessies.Deur alle soet, stysel- en vetarmprodukte uit onsdieet te sny, kan ons volgens die outeurs van The RealMeal Revolution verwag om meer energie te hê, laer(of geen) eetdrange te ervaar, gewig te verloor, beterte slaap, beter gesondheid te geniet (insluitend beterglukose- en insulienlesings) asook verskerpte breinkragen atletiese prestasie te hê.Waaroor almal saamstem,is dat ons op verfynde koolhidrateen verwerkte kos moet terugsny, veral“dié wat baie suiker en sout bevat.Wat die kritici sêKardioloë, endokrinoloë, epidemioloë, dieetkundiges,professionele verenigings (soos dieHart- en Beroertestigting van Suid-Afrika) enander akademici beskuldig Noakes van “slegtewetenskap” en “onprofessionele gedrag”. Hullenoem dat hy mislei is en beskou sy dieet asondoeltreffend, “gevaarlik” en selfs “krimineel”.Dis veral Noakes se sienings oor versadigdevette en statiene wat aangewend word om hoëcholesterol te behandel wat omstrede is.Kenners waarsku dat die VRKA-dieet voedingsgebreke,lae beenmassa en ’n depressiewegemoedstemming kan veroorsaak, en die risikovan hartsiekte, diabetes, nierprobleme, hardlywigheiden sekere soorte kanker kan verhoog. Ditkan ook oormatige ysterstore by sommige menseveroorsaak. Hulle beveel eerder ’n gebalanseerdedieet aan met kosse uit al die voedselgroepe.Waaroor almal egter saamstem, is dat ons opverfynde koolhidrate en verwerkte kos moetterugsny, veral dié wat baie suiker en sout bevat.Ander interessante werke oor die “kaloriebalansmodel”-omstredenheidsluit in Good Calories,Bad Calories en Why We Get Fat deur GaryTaubes, The Big Fat Surprise deur Nina Teicholzen The New Atkins for A New You deur drs. EricWestman, Stephen Phinney en Jeff Volek. é
litsgids