03.08.2015 Views

elan winter 2015.pdf

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

aanspraakmakersGift of the Givers het basiese gesondheidsdienstein Kaule aangebied. Verskeie huise in die gebied isverwoes en die meeste mense moes buite slaap.Drie lede van dieselfde familie is in dié dorpie dood.Gift of the Givers seSuid-Afrikaanse projekte• Hulle het die eerste kliniek ter wêreld in ’nvraghouer begin. Daar is tans 20 van hierdiemobiele klinieke landwyd in gebruik.• Die organisasie het ’n hoëproteïen-sojaaanvullingontwikkel wat veral gemik is oppasiënte met tuberkulose en MIV/vigs.• Gift of the Givers bedryf ’n inbelhulplyn watonder meer beradingsdienste aanbied. Dienommer is 0800 786 786.• Die Gift of the Givers-stigting het in 2006 diegrootste oopbronrekenaarlaboratorium inAfrika bekend gestel. Dié laboratorium by dieNorthbury Park Sekondêre Skool in Pietermaritzburgspog met 110 rekenaars.• Die organisasie verleen hulp met landbouontwikkelingsin afgeleë gebiede.• Hulle is voortdurend betrokke by die uitdeelvan kospakkies en komberse in arm gebiede.• Raak betrokke of vind meer uit op diewebtuiste www.giftofthegivers.orgMedemenslikheid sonder grenseGift of the Givers onderneem sendings na gebiedewat die res van die internasionale gemeenskaphuiwer om te besoek.Die organisasie se leuse is “ons dien alle menseonvoorwaardelik, ongeag hul ras, geloof, kleur, politiekeverband of geografiese ligging”.Gift of the Givers het nog nooit grense virmensemenslikheid gestel nie, al bevind hul spannehulself gereeld in lewensgevaarlike situasies.Sooliman is op ’n keer in die oorloggeteisterdeBosnië met ’n geweer teen die kop aangehou.Die oorlog in Sirië, waar dokters moet opereerterwyl bomme en granate buite die noodhospitaalontplof, het die grootste impak op Sooliman gehad.“Dáár is enige persoon as die vyand gesien. Op ’ndag was daar 7 000 ongevalle.“Die mees hartverskeurende geval was ’n negejarigeseuntjie wat deur sy pa geskiet is toe dié syvuurwapen skoongemaak het. Die kind is in die hartgeskiet. Ons kon niks vir hom doen nie.“Vir 35 minute lank het alle bedrywighede in diehospitaal tot stilstand gekom. Daardie skietvoorvalwas simbolies van alles wat in Sirië aan die gangwas. Dit was nie ’n geval van soldate wat teenmekaar veg nie, maar gewone mense wat niks vanwapens weet nie.”Vreesloos op die voorpuntSooliman lei altyd self Gift of the Givers sebuit<strong>elan</strong>dse sendings. “Ek neem die risiko self. Ek isnie bang nie. Ek sal sterf wanneer dit my tyd is. Op’n keer is ek in Suid-Afrika gekaap en die heeltydgedreig dat ek doodgeskiet sal word. Ek is nie bangom te sterf nie,” sê Sooliman.Volgens Sooliman sal hy graag wou sien datarmoede in Suid-Afrika uitgewis word en die landmeer baat vind by die opheffing van die res van dievast<strong>elan</strong>d.Sy grootste droom is om sy eie Gift of the Givershospitaalop die been te bring waar pasiënte dieallerbeste privaat mediese sorg kan kry, en volgenshul vermoë daarvoor betaal.“Hier sal dokters nie ’n wins maak nie, maarhulle sal hul kundigheid gebruik om terug te ploegin die armes se gemeenskap. Dit is die laaste dingwat ek wil doen voordat ek my oë finaal toemaak,”vertel hy.Volgens Sooliman het Gift of the Givers nog nooitnodig gehad om bakhand te staan nie. “Ek vra nie datmense vir ons geld gee nie. Ons doen wat ons doen enis baie dankbaar vir die geld wat inkom.” é

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!