Nuusblad van
KLK Landbou Bpk
Vol 25 • Maart 2018
KLK
Gesprek
Blink vooruitsigte vir rosynebedryf
SUID-AFRIKA IS WELISWAAR nie ‘n swaargewig in die
internasionale rosynebedryf nie, maar goeie gehalte en ‘n gunstige
vraag-en-aanbodsituasie maak van hierdie bedryf ‘n mededinger
om mee rekening te hou.
Die huidige rosyne-oes lyk belowend en sou die besonder gunstige
weersomstandighede voortduur, kan ‘n hoë gehalte produk in groot
volumes bemark word.
Aan die woord is Gog van der Colff, besturende direkteur van die
Carpe Diem-groep.
“Dit sal vir ons ongelooflik baie beteken, want dan kan ons die
bedryf uitbou. Dit is ‘n uitdaging om ‘n bedryf uit te brei as daar nie
volumes en gehalte is nie.”
Die huidige mark is belowend en as Suid-Afrika, wat besonder goed
geposisioneer is, dit reg bestuur, beloof dit om ‘n goeie seisoen vir
alle rolspelers in die bedryf te wees.
Suid-Afrika lewer sowat 3% van die wêreld se rosyne-oes, wat
slegs ‘n fraksie van die 300 000 ton-oes van Turkye is. In weerwil
daarvan, word 60 000 ton rosyne steeds in Suid-Afrika geproduseer,
waarvan 90% vanuit die Benede Oranjerivier-streek kom. Van
hierdie produk is 85% geoormerk vir die uitvoermark. Suid-Afrika se
grootste mededingers in dié mark is Turkye en die Verenigde State
van Amerika.
Volgens Gog is klimaat die grootste risiko waarmee die rosyneboerdery
gekonfronteer word – hetsy ryp, hael of droogte.
Rosyne is ‘n kommoditeit en prys is die hoofdrywer in die mark. Terself
dertyd raak gehalte en voedselveiligheid toenemend belangrik.
“Dit is hier waar Suid-Afrika hom goed kan posisioneer vir die
toekoms. Ons produsente en diensverskaffers handhaaf ‘n hoë vlak
van voedselveiligheid en dit word goed bestuur.
Deregulering het ongelooflik baie vir die rosynebedryf beteken.
Produsente se winsgrense het verhoog, wat tot hoër produksie gelei
en gevolglik volumes konstant laat toeneem het. Volumes het oor
die afgelope tien jaar met sowat 20 000 ton verhoog.”
Gog meen voedselveiligheid en gehalte is soos ‘n resies sonder ‘n
wenpaal en plaaslike produsente moet voortdurend poog om aan
die voorpunt hiervan te bly.
Die huidige rosyne-oes in die Benede Oranjerivier-streek lyk besonder belowend
en gunstige weersomstandighede kan lei tot ‘n gehalte produk in groot volumes.
Foto geneem deur Quinton Broid.
bl4
bl5
Plaasmark op Upington
Nuwe brandstofkaart
bl2
KLK Gesprek – wat vier keer per jaar verskyn
en ook aan kliënte gepos word – sal
die kom muni kasie meer spesifiek en
gefokus wees,” het Stephen bygevoeg.
“Ek sien die nuwe publikasie as ‘n kanaal
wat ons korporatiewe identiteit sal ondersteun.
Eerstens sal dit inligting gee en
tweedens ons interaksie met kliënte ver-
Die mikpunt met KLK Gesprek is om op ‘n
kort en kragtige manier, relevante bedryfs -
inligting en nuus aan ons kliënte oor te
dra. ‘n Versameling rubrieke sal ook ge -
reeld verskyn. Lesers kan uitsien na ‘n
boodskap uit die besturende direkteur se
pen; ‘n lewendehawe markoorsig; ‘n gees telike rubriek en die gebruiklike “In ge -
sprek met”-insetsel.
Geniet die kraakvars KLK Gesprek en gee
gerus inse te of terugvoer aan die redaksie.
• Kyk uit vir die volgende uitgawes wat in
Mei, Augustus en November vanjaar
verskyn.
breed.”
rder:
HaH
vir 2 08.
Bestuurswenke vir
beter lammer-oeste - bl. 3
Sluit aan by die Kalahari
Sim-studiegroep - bl. 5
Stoet hou Johan op
sy tone - bl. 8
Markrisiko (Prys-, Stoor- en Derdeparty-risiko)
Produksierisiko
Aardverwarming
Die vraag na voedsel en energie
ie nuusblad wat jy tans in jou hande vashou kan dalk vir jou met bloot net ‘n gesigwas gekry,” het Ilse van Zyl (Redaksielid van
die eerste oogopslag na ‘n splinternuwe publikasie lyk, maar KLK Gesprek) gesê. Volgens Ilse is daar steeds eds ‘n mate van baarheid in die nuwe uitleg opgesluit, hoewel dit die vorm van ‘n
herken-
as jy weer kyk, sal jy sien dit is dieselfde KLK Gesprek soos in die
verlede – nou net met ‘n meer moderne uitleg.
moderne idioom aanneem.
Die redaksie van KLK Gesprek sal graag jou kommentaar oor dié
meebring – ‘n verfrissende, vars voorkoms. Aan die inhoud van nuut getooide nuusblad wil hoor. Jy kan jou terugvoer e-pos na
KLK Gesprek is daar egter nie verander nie. “Die nuusblad het ilse@klk.co.za. Ons hoor graag van jou!
Kommentaar? Ons hoor graag van jou
2 Aan die woord... KLK Gesprek
KLK GESPREK BEREIK
DIE 10 JAAR-MERK
Uit die
Raadsaal
Stephen van Huyssteen
Besturende Direkteur: KLK
IN MAART 2008 het die eerste uitgawe
van ‘n splinternuwe nuusblad, KLK Gesprek,
die lig gesien. Dit het die vorige KLK Nuustydskrif
– wat twee maal per jaar verskyn
het – vervang en het deel uitgemaak van
‘n strategie om die maatskappy se eksterne
beeld en kommunikasie na buite te verbeter.
KLK Gesprek is ‘n kanaal om KLK se korpora
tiewe identiteit te ondersteun. Dit verskaf
tersaaklike bedryfsinligting en het ook ten
doel om KLK se interaksie met produsente,
kliënte en aandeelhouers te verbreed. Die
uitgangspunt is om kwartaalliks ‘n kort en
kragtige gesprek met mense van die KLKgemeenskap
te voer – wat nie onderbreek
word deur produkadvertensies of onnodige
lang artikels nie.
Die snelle ontwikkeling van die internet en
sosiale media het meegebring dat KLK se
digitale voetspoor sedertdien gevestig is. Die
nuusblad het ook hier sy plek ingeneem in ‘n
pakket van kommunikasiekanale waardeur
KLK met belanghebbendes gesprek voer. Dit is
sedertdien in ‘n e-blaaiboek formaat te sien op
ons webwerf en geïdentifiseerde artikels word
ook op die Facebook-blad geplaas.
Slagpryse kan versterk
DAAR HET WEINIG, indien enige,
betekenisvolle neerslae in die KLKbedieningsgebied
voorgekom en die
produsente sien uit na die eerste somerreënval.
Daar is produsente – in veral die
westelike gedeeltes van ons land – wat
as gevolg van die heersende droogte
gedwing is om hul aanteelkuddes met
tot 50% te verklein in ‘n poging om
genoegsame weiding vir die kernkuddes
te verseker. Daar is ook meer en
meer berigte van grondwatervlakke wat
onrusbarend gedaal het en in sommige
gevalle het boorgate wat dekades lank
goeie volumes grondwater verskaf het,
nou opgedroog.
Die pryse vir A1-, A2- en A3-lammers
het vir die periode vanaf die vorige
uitgawe (Desember 2017) bokant die
vlak van R74,00/kg verhandel en C1-,
C2- en C3-karkasse het bo die vlakke
van R50,00/kg verhandel. Die prysvlakke
van meer as R80,00/kg vir A1-,
A2- en A3-karkasse wat produsente in
Desember 2017 behaal het, het meeste
ontleders verbaas, terwyl die skerp
da ling van tot R10,00/kg vir dieselfde
Marksake
Jan Schutte
Bestuurder: KLK Vleis
grade in Januarie 2018 weer eens groter
was as wat verwag is. Dit is duidelik dat
die mark nie die lae aanbod wat tans
geld, suksesvol kan of wil absorbeer
nie en dit verduidelik tot ‘n mate die
skerp daling wat plaasgevind het. Die
verwagting is dat produsentepryse vir
die komende periode rondom die vlakke
van R72,00/kg sal fluktueer, maar daar
bestaan steeds die moontlikheid dat
pryse weer mag daal as daar groter
volumes slagdiere beskikbaar sou raak.
Die speenkalfpryse is steeds in die
omgewing van R38,00/kg lewende
gewig vir uit-die-handtransaksies
en het soos verwag in die afgelope
periode rondom hierdie vlak presteer.
Die slagpryse vir bees het rondom die
vlakke van R45,00/kg vir A-grade en
rondom R37,00/kg vir C-grade beweeg.
Die voorspelde tendens vir die komende
kwartaal is dat speenkalfpryse rondom
die huidige vlakke sal fluktueer en selfs
mag styg, omdat die laer graanpryse
die voermarges positief beïnvloed, terwyl
slagpryse behoort te versterk oor
die volgende kwartaal.
KLK
van usblad Amptelike n • 1/2008 Vol
‘N
Ons glo dat die KLK Gesprek, wat kwartaalliks
verskyn, wel aan die gestelde doelwitte en
mikpunte voldoen, maar soos met alle aksies
en aktiwiteite kan daar voortdurend verbeter
word. Die vraag is of ons daarin slaag om elke
kwartaal ‘n interessante nuusblad uit te gee?
U kan gerus u mening uitspreek of kommentaar
lewer op wat u sou wou lees in KLK Gesprek.
Is daar dalk ‘n onderwerp wat op ad hoc- of
gereelde basis gepubliseer moet word? Hou die
gesprek lewendig deur vir ons te laat weet wat
u behoefte is. Kontak gerus die redakteur,
Me Elmarié Bird, by 054 337 6202 of stuur ‘n
e-pos na elmarie@klk.co.za.
Landbou Beperk • Maart 2008
Dié nuusblad bevorder
KLK se kommunikasie
splinternuwe nuusblad, wa ten toon stel hoe KLK waarde toevoeg en kliënte ondersteun om
hul risiko te bestuur en winste te verhoog, gaan voortaan kwartaa liks verskyn. Dié nuusblad,
waarvan u die eerste uitgawe vashou, staan bekend as die KLK Gesprek.
“KLK Gesprek maak deel uit van ‘n strategie
om die maatskappy s eksterne beeld
en kommunikasie na buite te verbeter. Dit
onder steun on slagspreuk, ‘Daar is geen
landbouvennoot soos KLK nie’, en gee
stukrag aan die interaksie met ons belang -
hebbendes,” het Stephen van Huyssteen
(besturende direkteur: KLK) gesê.
Die opgradering van KLK se webwerf was
die eerste inisiatief. Benewens op-datum
inligting oor die KLK Groep en al sy bedrywighede,
is nu tige inligting soos die jongste
vleispryse en vei lings inligting beskikbaar.
Kliënte wat die webwerf besoek by
www.klk.co.za kan ook daarop aanteken
vir transaksie-navrae en rekeningstate.
Verder is KLK se maandstate meer gebrui -
kersvriendelik gemaak en die aanwending
van die logo in advertensies en gedrukte
materiaal is gestandaardiseer, sodat die
beeld na buit eenvormig kan wees.
“Die KLK Nuus-tydskrif het slegs twee keer
per jaar verskyn, wat veroorsaak het dat
die inligting nie altyd tydig en relevant was
as die publikasie uitgekom het nie. Met
LEES BINNE
Bladsy 2: Dié transaksies moet verklaar word
Bladsy 4: Fosforproduk eie aan KLK
Bladsy 8: In gesprek met ..Kobus Marais
Hier’s vir
jou ‘n
bakkie, ki Boet
André Myburgh (bestuurder: Handel, KLK) oorhandig
die sleutels van ‘n Ford Bantam ba kie an André le
Grange (Upington), wenner van die erste nasionale
Build it-kompetisie vir 2 08. Al ons kliënte kan wenners
w es met groot kompetisies wat ger eld by a le
Build it-winkels gehou word. Baie geluk an André le
Grange asook al ons kliënte wat kleiner pryse gewen
het. KLK het verlede j ar ‘n Build it-franchise op
Upington, Kathu en Kuruman geopen. L es m er oor
die Build it-winkels op bladsy drie.
K L K
Skep ‘n omgewing
landbou kan floreer
Ernst Janovsky (Hoof: Absa Agri-besigheid) het van-
boumark het nuwe risiko’ soos ingevoerde siektes, peste en
stowwe (voëlgriep, melamien ensovoorts) s) ook ‘n invloed op
wat in landbou bestuur moet word en die faktore wat ‘n die produksievolumes en dit verhoog dus die risiko van dusente om hul skuld te diens.
probeheer
word deur
invloed op kommoditeitspryse kan hê.
Produksiewisselva ligheid kan maklik versekeringsprodukte soos droogteversekering of deur die
gebruik van die nuutste tegnologie.
oo regulasi en arbeidsregulasie stop te sit; markte te skep en
te ontwikkel asook deur landbouvriendelike beleide te ontwikkel.
Daar is ook twee belangrike dryfkragte wat ‘n positiewe impak op
Volgens Janovsky is daar twee hoofrisiko’s binne landbou wat
landboukommoditeitspryse sal hê, naamlik aardverwarming en
bestuur moet word, naamlik:
die vraag na voedsel en energie.
60% (VSA, Japan en Europa) van die wêreld-ekonomie verkeer Die reaksie rakende aardverwarming maak dat die druk om die
tans onder druk.
sogenaamde koolstofvriendelike wetgewing te implementeer,
Bees- en lampryse styg steeds skerp.
meer raak. Aangesien landbou die primêre begunstigde van
dié tipe wetgewing is (as gevolg van die vermoë van plante om
koolstof uit die lug te on trek), sal nuwe markte opwaartse druk
landbousubsidies, wisselkoerse asook in- en uitvoertariewe. op landboukommoditeitspryse plaas. Landbou kon egter nog
Produsente het dus baie min beheer oor prysvlakke en is geneig
nooit genoeg energie produseer om al die fossielbrandstowwe te
om prysnemers te wees, met pryse wat wissel tussen invoerpariteit
en uitvoerpariteit – afhangende van die plaaslike vraag en
vervang nie.
aanbod wat ‘n verhoogde prysvolatilitei tot gevolg kan hê.
Produsente moet meer grond bekom – “koop jou buurman uit”.
Daar word verwag dat grondpryse sal aanhou styg teen 10% - Gedurende die laat negentigerjare het kapitalisme kommunisme
12% per jaar.
vervang as ekonomiese stelsel in die wêreld. Dit het gelei tot ‘n
eksponensiële ekonomiese groei in die Oos-Europese, Midde-
Oosterse en Asiatiese lande, wat gelei he tot ‘n toename in krag van die verbruikers; vandaar die groe in aanvraag vir voedsel
selva ligheid (droogte, hael ensovoorts).
en
koop-
Produksierisiko is as gevolg van Suid-Afrikaanse klimaatwis-
energie.
jaar as gasspreker by KLK se Algemene Jaarvergadering
opgetree. Ernst het onder meer gesels oor die risiko’s
Janovsky meen dit is belangrik vir die regering om ‘n omgewing te
skep waarbinne die landbou kan floreer. Dit kan gedoen word deur
Faktore wat pryse, waaroor produsente geen beheer het nie,
beïnvloed, is internasionale produksietendense, internasionale
Nuusblad van KLK Landbou Beperk
KLK Gesprek trek ‘n nuwe baadjie aan
D
Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat lui: “A change is as good as a
holiday” en dit is presies wat dié verandering in die nuusblad moet
Nuusblad van
KLK Landbou Bpk
Vol 23 • September 2017
Die nuusblad het oor die afgelope dekade gereeld ‘n
gedaanteverwisseling ondergaan om in pas te bly met
die jongste grafiese ontwerptendense.
KLK
Gesprek
Groot lof vir KLK se
mentorskapprogram
VROEG IN 2015 het KLK weer by gesprekke met die Depar-
is almal suid-wes van Upington geleë in die omgewing van
tement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (DRDLR) Kenhardt, Pofadder en Brandvlei. Die drie plase is almal kleiner
rakende moontlike mentorskappe betrokke geraak. In 2014 het KLK as 4 200 hektaar en het ’n drakrag van 1 GVE per 42 hektaar.
’n reeks mentorskappe suksesvol afgehandel en ons wou weer by ’n Dit is KLK se opinie dat produsente s ekonomiese lewensvatbaarheid
op hierdie kleiner plase ’n uitdaging sal wees.
’n nuwe groep voorheen-benadeelde produsente betrokke raak. KLK
is oortuig van die noodsaaklikheid daarvan om ook op hierdie vlak
KLK het ses plase vir mentorskap aanvaar. Dit is plase met ’n
’n bydrae tot die moontlike sukses van die regering se hervestigingsprogram
te maak. Sodoende ondersteun ons hierdie produsente om
gemiddelde groo te van 6 800 hektaar en ’n drakrag wat wi sel van
1 GVE per 30 hektaar tot 1 GVE per 48 hektaar. Die grootste plaas
te ontwikkel tot volwaardige kommersiële produsente wat ’n bydrae
is 8 275 hektaar. KLK het daarna nog twee plase se mentorskap kontrakte
onderteken, waarvan die gemiddelde groo te 10 550 hektaar
tot landbouproduksie maak.
Daar is twee vorme van mentorskap, naamlik voltyds, wat behels dat is en die drakrag 1 GVE per 45 hektaar is. KLK is derhalwe tans
’n mentor voltyds by slegs een plaas betrokke bly, en deeltyds, waar
mentor van agt plase en het mnr Bertus Coetzee op 26 Oktober 2015
die mentor sy tyd en aandag tussen meer plase en begunstigdes kan
aangestel om die mentorskap te behartig. Sy kantoor is gesetel in die
verdeel. KLK het betrokke geraak op ’n deeltydse mentorskapbasis,
Lewendehawegebou en hy is getaak om al die plase fisies twee keer
per maand te besoek, die opkomende produsente met raad te bedien
waar daar van die mentor verwag word om onder meer die projekte
en ook gepaste opleidingse sies te fasiliteer.
se produksiepotensiaal, infrastruktuurtekortkoming en menslike
vaardighede t evalueer en daarvolgens ’n besigheidsplan, ’n kapitaalbegroting
vir herkapitalisering en ook ’n kontantvloeibegroting fondse wat per plaas toegeken is, volgens begroting spandeer word
Aanvanklik was die fokus om toe te sien dat die herkapitaliserings-
op te stel. Die DRDLR gebruik dan hierdie inligting om die mentors en dat die werk wat ve rig word, bevredigend is. Hy het terselfdertyd
ook die opleidingsbehoeftes van die begunstigdes bepaal om
te evalueer en aan te wys.
sodoende ’n teiken- en taakgerigte opleidingsplan daar te stel.
Die mentorskap van nege plase is aanvanklik vir KLK aangebied,
waarvan drie afgewys is omrede die plase nie oor die nodige Die begunstigde sowel as die DRDLR het op hierdie stadium groot
produksievermoë beskik om die begunstigdes op die langer lof vir die manier waarop KLK betrokke is en die kwaliteit van die
termyn ekonomies lewensvatbaar te onderhou nie. Hierdie plase diens wat gelewer word.
Mnr Jan Schutte (regs), Best urder: KLK Vleis, gesels met van die produsente.
bl4
bl6
Kuruman Ekspo nou ’n gereelde inste ling
KLK vereer uitblinkers tydens
toekenningsgeleentheid
bl7
Pitkos vir die siel...
Kolossense 3:23 - 24
Floris Lategan
Werk met ywer en entoesiasme
“Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het.
Christus is die Here in wie se diens julle staan.”
Dit is ‘n benydenswaardige voorreg om te kan werk. Dit is nog ‘n groter voorreg
om die gesondheid en lewenskrag te hê om te kan werk – en daarmee saam
ook ‘n betrekking te beklee.
Nou is die vraag: Vir wie werk jy? Werk jy vir mense? Of werk jy vir die Here? Is
ek aangestel deur ‘n werkgewer, of voel ek myself as geroepe deur die Here?
Wanneer iemand in ‘n gewone werkgewer-tot-werknemeromgewing funksioneer,
kan dit dalk wees dat so ‘n mens bloot maar net die nodigste take verrig
om aan die einde van die maand ‘n salaris te verdien.
Wanneer ek myself beskou as iemand wat vir die Here werk en nie vir mense
nie, sal ‘n dringendheid, dryfkrag, eerlikheid, stiptelikheid en integriteit deel
van my lewe word. Om nie eers te praat van werkywer en entoesiasme nie
– en daarmee saam een groot stuk vreugde.
Doen alles wat jy doen asof jy dit vir die Here doen…en geniet dit!
2017-wenners lééf KLK-belofte uit
DIE 2017-TOPPRESTEERDERS
in KLK se Next Move-wedstryd is onlangs
aangewys: KLK-tak Deben, Build it Kathu en
Trokkie Motors op Calvinia.
KLK Landbou Beperk het verlede jaar dié projek
van stapel gestuur om klanttevredenheid
en diensvlakke in die maatskappy te verbeter.
In die keuse van die wenner word die volgende
kriteria in ag geneem: Hulpvaardigheid,
vriendelikheid en flinkheid van personeel.
Die beskikbaarheid van voorraad, produkkennis
van personeel en hoe hulle met klante
kommunikeer word geëvalueer. Voorts word
probleemoplossing, die uitskakeling van administratiewe
foute, hoe personeel klante met
hul optrede verras en positiewe ingesteldheid
ontleed. Laastens word bepaal of personeel
die KLK-belofte uitleef.
Jannie Thirion, Takbestuurder van Deben,
wat as KLK-tak van die Jaar aangewys is, het
met die ontvangs van sy trofee eerstens sy
Hemelse Vader vir krag, gesondheid en wysheid
bedank. Hy het ook Deben-tak se klante
vir hul ondersteuning bedank. Hy het groot
waardering vir elkeen in sy span se harde
werk, geduld, deursettings- en uithouvermoë.
Michiel Storm, takbestuurder van Build it
op Kathu het aan KLK Gesprek gesê dat hy
en sy span besonder geëerd voel om die
toekenning te kon verwerf. Hy het klante vir
hul positiewe terugvoer bedank.
Alfrieda Albertyn, Beheerbeampte van
Trokkie Motors, wat as Vulstasie van die
Jaar aangewys is, sê sy is bitter trots op haar
personeel. “Hierdie toekenning spoor ons
aan om nóg beter diens te lewer.”
Kathu Build it ontvang die toekenning as Build it Tak van
die Jaar. Van links is Mathilda Mothibi, Cephas Ncube,
Marieta Smith, Michiel Storm, Charlottha Steenkamp,
Kristine Jorgè en Margaret Mere.
Maart 2018
Maatskappynuus
Landbouleiers moet
INISIATIEF neem
HOOP IS ANDERS as optimisme…
Laasgenoemde verwys na die berekening
van jou kanse in ‘n situasie.
Aan die woord is prof Piet Naudé, direkteur
van die Universiteit van Stellenbosch se
bestuurskool en alombekende akademikus
wat as spre ker opgetree het by KLK se onlangse
kaas-en-wynfunksie vir sakevennote,
kliënte en voorsitters van boereverenigings
in die omgewing.
Prof Naudé het dit so verduidelik: “As dinge
sleg lyk, is jy pessimisties. Of as dit goed
lyk, is jy optimisties. Jou siening van die
toekoms word dan van buite beheer en jy
verloor beheer – dit is soos ‘n gordyn wat
voor die toekoms sak.”
Hoop, daarenteen, het te doen met ‘n visie
waarin ‘n mens glo en vashou, ongeag van
die omstandighede waarin jy jou mag bevind.
“Wat in Suid-Afrika dringend nodig is, is
mense wat met hoop leef en werk om die
ongelooflike potensiaal van ons land en sy
mense te verwesenlik. Landbou is sentraal
tot ons toekoms en landbouleiers moet
inisiatief bly neem om hulself onmisbaar in
‘n demokratiese bestel te maak.”
Tydens die geleentheid het Stephen van
Huyssteen, Besturende Direkteur van KLK, ‘n
kort oorsig gegee oor die stand van sake by
KLK en gaste vir hul bydrae en ondersteuning
bedank.
3
KLK se Deben-tak is as Tak van die Jaar bekroon. Voor is
Jannie Thirion en Martin Steyn (Streekkoördineerder) en
agter is Giselle Hartlief, Yster Mokoledi, Pieter Dolf, Lukas
Friey, Dennis Hantise, James Ogotseng, Tom Olyn
en Aaron Mokgothu.
Trokkie Motors se uithalerspan bestaan uit Marlin van Wyk,
Shawn Baadjies, Kevin Matthys, Anna Sass, Jonathan Coetzee
en Alfrieda Albertyn.
Die funksie wat by d’Wingerdskuur op die
Carpe Diem-landgoed aangebied is, was ‘n
groot sukses en positiewe terugvoer is van
die gaste ontvang.
KLK HET ONLANGS
hul embleem by die vulstasie
op Keimoes, na die vorige
kontrak met Caltex verstryk
het, aangebring. Volgens
Phillip Swart, Bestuurder
KLK Petroleum, besit KLK
die rybaan al etlike jare.
Loer gerus in by KLK-rybaan
Opgraderingswerk het in Oktober
verlede jaar begin en
van 15 November af het die
rybaan en geriefswinkel met ‘n
splinternuwe voorkoms gespog.
Die rybaan is 24 uur per dag,
sewe dae van die week oop.
Die rybaan en geriefswinkel by die KLK-vulstasie op Keimoes is onlangs
opgegradeer. Ry gerus daar aan.
Jou vennoot in landbou
Prof Piet Naudé by KLK se kaas-en-wynfunksie op
28 No vember verlede jaar. Die KLK-direksie en bestuur
bedank prof Piet vir sy waardevolle boodskap en
positiewe bydrae tot die landbougemeenskap.
4 Aktueel
KLK Gesprek
La Niña = buierig, of nie?
IN TEENSTELLING MET voorspellings van redelike goeie vooruitsigte
vir die midsomer, was die werklike reënval oor groot gedeeltes
van die land tot in die laaste deel van Januarie 2018 betreklik min.
Een van die redes vir die uiters droë en warm toestande was die voorkoms
van tropiese siklone rondom Madagaskar, wat droë en warm lug
oor Suidelike Afrika laat neerdaal het. Verder was die relatiewe positiewe
effek van die hoogdrukstelsel, wat vanaf die Atlantiese Oseaan
oor die westelike dele van die land voorkom, steeds verder noord as
normaal vir hierdie tyd van die jaar. So het fronte die land ook abnormaal
laat beïnvloed deurdat dit relatief verder noordwaarts voorgekom
het. Tropiese vog kon ook nie die normale reënvaltoestande op die
normale tyd en in die normale geografiese patroon veroorsaak nie.
Hierdie tendens is in teenstelling met die klimaatpatroon wat gewoon lik
deur La Niña-toestande veroorsaak word. La Niña is meesal verantwoordelik
dat die seisoen laat begin, maar gewoonlik met gemiddelde
tot bogemiddelde reënval vanaf die laaste deel van November tot
Januarie en dan weer vanaf Maart tot Mei.
Dit wil voorkom asof La Niña vanjaar te laat ontwikkel het om
die normale koppeling met die oorhoofse weerpatrone te kon
laat plaasvind.
Die vraag is nou of die La Niña nog gaan inskop en of die res van
die seisoen “abnormaal” droog gaan bly? In die verlede was daar
Nuwe baadjie vir Kuruman
Johan van den Berg
Santam Landbou
La Niña-seisoene waarin ondergemiddelde reënval voorgekom het.
So byvoorbeeld was 1983/1984 en 1998/1999 La Niña-seisoene,
maar het ‘n ondergemiddelde mielie-oes gerealiseer.
Tog wil dit voorkom asof die vooruitsigte vir die laatsomer en herfs
positief is – vir ten minste gemiddelde reënval. Sedert die laaste week
van Januarie 2018 het redelike goeie neerslae oor groot gebiede
begin voorkom. Dit lyk ook asof die band van reën besig is om
weswaarts uit te brei.
Omdat die intensiteit van die droogte in gebiede hoog is, sal dit
heelwat reën en opvolgreën verg om die droogte vir grasprodusente
te verlig. Voorts is die damvlakke besig om vinnig te daal, aangesien
dit in die 2017/2018-somerseisoen bykans geen aanvulling ontvang
het nie.
Vooruitsigte vir reën voor die winter lyk redelik gunstig, met heelwat
onsekerheid omdat die voorspellings tot op hede redelik afgewyk
het van die werklike reënvalpatroon. Indien ons in Februarie en
Maart nie ten minste die gemiddelde reënval ontvang nie, kan dit
redelike ernstige gevolge vir veeprodusente, maar ook vir besproeiingsprodusente,
inhou – veral vir die komende somerseisoen, omdat
watervlakke vinnig daal.
Plaasmark hier om te bly
2018 IS OP ‘n vars noot afgeskop met KLK Upington se
nuwe Plaasmark.
Volgens takbestuurder Faan Laubscher, is die eerste Plaasmark op
Saterdag, 3 Februarie, gehou. ‘n Feestelike atmosfeer het geheers
met musiek en 15 uitstallers, wat enigiets van melktert en beskuit
tot pampoene en waatlemoene verkoop het.
“Ons gaan voortaan elke eerste Saterdag van die maand Plaasmark
hou,” vertel Faan.
Die idee is om die gemeenskap
byeen te bring en in die
proses ook potensiële klante
na die KLK-tak te bring.
Opgraderingswerk by KLK se
Kuruman-tak is afgehandel
en die tak spog met ‘n
blinknuwe voorkoms.
Uitstallers kry die uitstalruimte
gratis, maar moet self vir die
res sorg. Belangstellendes kan
Faan vir meer besonderhede
by 054 337 6200 skakel.
KURUMAN SE KLK-TAK begin die nuwe jaar met ‘n splinternuwe
(en groter) baadjie.
Die tak is oor die afgelope drie maande vergroot, opgradeer en al
die handelsvoorraad is geëvalueer.
Die tak verskaf nou ook klere. Tans is daar Gladiator-werkklere,
broeke en hemde. Martin Steyn, streekkoördineerder, het aan
KLK Gesprek gesê daar is heelwat meer klere-items onderweg.
Martin bedank klante vir hul geduld tydens die opgraderingsproses
en nooi almal uit om die blinknuwe tak te besoek.
Die eerste KLK
Plaasmark asma
op Upington
is vroeg in Februarie gehou.
Maart 2018
Tegnies
5
Build it-takke BLINK UIT
KURUMAN EN UPINGTON se Build it-takke het elk onlangs
‘n Build it AGM-toekenning ontvang.
Volgens André Ferreira, streekbestuurder van KLK se vier Build it-takke,
besoek ‘n span van die Build it-franchise die takke twee maal per jaar
om te bepaal of hulle aan die franchise se standaarde voldoen. Een
hiervan is ‘n verrassingsbesoek.
Die afvaardiging ondersoek verskeie aspekte, waaronder netheid
van die winkel, personeel, stoorruimtes en werf, verhandeling, omset,
prysaanduiding, klantediens, voorraad en promosies.
‘n Tak moet minstens 85% deur die jaar handhaaf om vir hierdie
toekenning in aanmerking te kan kom.
Gordonia Motors spog met
nuwe Isuzu- en Renault-agentskappe
DIE MOTORGROEPE Isuzu Motors South Africa, General
Motors South Africa (Pty) Ltd (GMSA) en Chevrolet het aan die
einde van verlede jaar uit die land onttrek.
Intussen is die verkope van kommersiële voertuie, asook ‘n vervaardigingsbelang
by die fabriek in Port Elizabeth, deur Isuzu Truck South
Africa (Pty) Ltd (ITSA) oorgeneem. Die maatskappy staan voortaan
bekend as Isuzu Motors South Africa (Pty) Ltd (IMSAf) en besit sedert
1 Januarie vanjaar die be lang in vrag motors, kommersiële en ligte
afleweringsvoertuie.
Gordonia Motors op Upington het ‘n nuwe handelaarsooreenkoms
om Isuzu-bakkies te bemark met IMSAf aangegaan. Weens die geografiese
verdeling en dekking om klante diens te verbeter het slegs 97
van die aanvanklike 137 General Motors-agente oorgebly. Hoewel
die Chevrolet-agentskap ook onttrek het, het Gordonia Motors ‘n
diens ooreenkoms met William Hunt gesluit om steeds naver koopdiens
vir Chevrolet te behartig.
Annalize Segkoro (Build it-bestuurder
op Kuruman) ontvang haar tak se AGMtoekenning
vanaf André Ferreira.
Johann Meyer (Bestuurder van Build it,
Upington) ontvang sy tak se AGMtoekenning.
KLK stel brandstofkaart vir
KLK Handel-kliënte bekend
ONS IS VOORTDUREND besig om die aankoop-ervaring
van ons kliënte te verbeter. ‘n Behoefte is geïdentifiseer om brandstofaankope
by enige van ons kleinhandel-rybane vir KLK Handelkliënte
moontlik te maak. Die nuwe KLK-kaart maak dit moontlik
om voertuie op rekening by enige van ons brandstofpunte in die
KLK-bedieningsgebied te hervul.
Deur aansoek te doen vir ‘n KLK-kaart, kan u die volgende voordele
geniet:
• Meer brandstofpunte kan gebruik word;
• daar is beter kontrole oor aankope;
• brandstof kan 24 uur per dag verkry word by kleinhandel-rybane; en
• betaling kan teen KLK-handelsterme geskied.
Maak so om aansoek te doen vir u eie KLK-kaart:
• Verkry ‘n aansoekvorm by u naaste handelstak of rybaan, of
kontak Yolandie Smith by 054 337 6200 (tel), 078 688 2872
(SMS/WhatsApp) of stuur ‘n e-pos na kaart@klk.co.za;
• voltooi die aansoekvorm en dien dit by u naaste handelstak
of rybaan in;
• ontvang die kaart dadelik nadat die
aansoekvorm ingedien is; en
• word binne 48 uur per SMS
in kennis gestel dat die kaart
geaktiveer is.
KLK is tans in gesprek met Renault om die passasiersvoertuigkomponent
van Chevrolet te vervang. Na aanleiding van die beginsel besluit
wat geneem is, word verwag dat die Renault-agentskap binne die
volgende paar maande by Gordonia Motors gevestig sal wees.
Hennie Marais en sy bekwame span by Gordonia Motors staan
elke weekdag van 7:00 tot 17:30 en elke Saterdag van 9:00
tot 12:00 gereed om klante met raad en daad by te staan. Hul
telefoonnommer is 054 337 6256.
Gordonia Motors is ‘n bekende baken in Scottstraat, Upington.
Aandelenuus
VANAF 1 TOT 30 November 2017 het ‘n totaal van
16 043 KLK-aandele verhandel op vlakke van tussen R13,50
en R15,00 per aandeel, met 12 kopers en 8 verkopers.
In die maand van Desember 2017 het 42 530 aandele teen
R15,00 per aandeel verhandel, met 11 kopers en 7 verkopers.
33 710 aandele het in Januarie 2018 verhandel – op vlakke
van tussen R15,00 en R15,30, met 12 kopers en 5 verkopers.
Let ook daarop dat meer as een kaart, vir
u gerief, aan u KLK-rekening gekoppel kan word. Vir enige navrae
kontak Reino Huyser by 054 337 6200 of reino@klk.co.za.
Jou vennoot in landbou
6 Aktueel
KLK Gesprek
Jou verbeelding werk oortyd
Cobus Booysen
Bestuurder: Menslike Hulpbronne
DIE MENSLIKE BREIN is ‘n natuurlike
wonder. Dit skep elke dag meer as
50 000 gedagtes en elke sekonde meer as
100 000 chemiese reaksies. Met hierdie
kapasiteit sou mens dink dat jou oordeel
baie akkuraat sal wees, maar dit is alles
behalwe die geval.
Ons oordele is dikwels onakkuraat omdat ons
brein staat maak op kognitiewe vooroordele
eerder as op werklike feite. Kognitiewe vooroordeel
is die geneigdheid om irrasionele
oordele in vaste patrone te maak.
Navorsers het bewys dat kognitiewe vooroordele
choas veroorsaak:
• Die Universiteit van Queensland het in ‘n
studie bevind dat blonde dames gemiddeld
7% hoër salarisse as rooi koppe en
donkerkoppe verdien.
• ‘n Ander studie het bevind dat mense
met ‘n meer volwasse gesigsuitdrukking
beter loopbaansukses as mense met
‘n “baba”-gesig ervaar. Babagesigte
is mense met kleiner kakebene, wyer
wangbene en groter oë.
• Aan die Universiteit van Yale in Amerika het
‘n studie bevind dat vroulike weten skaplikes
nie net verkies om mans aan te stel
nie, maar hul boonop tot R60 000 per jaar
meer as vroulike wetenskaplikes betaal.
Dit is hoogs onwaarskynlik dat die mense in
die onderskeie navorsingsvelde blonde dames
werklik meer sal betaal, of dat mense met
volwasse gesigte beter loopbaangeleenthede e
sal kry of dat manlike wetenskaplikes meer er
dikwels en teen hoër vergoeding aangestel sal
word. Ons onbewuste vooroordele is dikwels
so sterk dat dit ons daartoe lei.
Hoe lyk hierdie kognitiewe
vooroordele?
Afleidingseffek: Jy glo jy het twee
keuses, maar jy hou ‘n derde keuse voor
om die tweede keuse meer aanvaarbaar
te maak. Byvoorbeeld: Jy besoek KLK Auto
en kyk na gebruikte motors. Jy oorweeg
twee motors; een van R45 000 en een van
R60 000. Die een van R60 000 is bietjie
te duur vir jou, maar die verkoopsman wys
jou ‘n ander voertuig van R80 000 (buit jou
afleidingsvooroordeel uit). Skielik lyk die motor
van R60 000 nie meer so duur nie.
Effek van emosie: Die tendens om besluite
op emosie te baseer. Volgens ‘n studie aan die
Shukutoku Universiteit, Japan, het deelnemers
‘n siekte wat 1 286 mense uit elke 10 000
laat sterf as gevaarliker gesien as ‘n siekte wat
24,14% dodelik is (ongeag dat die dodetal
by laasgenoemde byna twee maal hoër is).
Mense reageer emosioneel op die getal en
nie die persentasie nie.
Beginselbydraefout: Dit is die tendens
om gedrag aan iemand se persoonlikheid te
koppel. Byvoorbeeld, mense koppel maklik
swak werksprestasie aan luiheid, maar daar
kan ander verduidelikings daarvoor wees.
Dalk kry die persoon projekte waarvoor daar
geen passie bestaan nie, óf hy beleef moeilike
huislike omstandighede. Of die fisiese omstan
dighede in die werk is sodanig dat die
persoon net nie kan presteer nie.
“Gedagtemeter”-effek: Ons denke stel
ons in staat om werklike emosies te voel. Dit is
hoe akteurs hulself in vreeslike omstandighede
kan inleef, soos die dood van ‘n geliefde. Net
so kan ons positiewe denke skep wat ons in
staat stel om positiewe emosies te ervaar.
Bevestigingsvooroordeel: Dit is die
tendens om inligting te selekteer wat ons
bestaande oortuigings ondersteun. Met
ander woorde, ons vorm eers ‘n opinie en
soek dan inligting of bewyse wat hierdie
opinie ondersteun, eerder as om ons
opinie met feite te ondersteun.
Konserwatiewe vooroordeel: Dit lei
mense om te glo dat bestaande inligting
belangriker is as nuwe inligting. Moenie vinnig
wees om iets wat radikaal of anders is te
verwerp nie; dit is gewoonlik goeie idees.
Volstruiseffek: Volstruise steek hul koppe
in die sand wanneer hulle bang is. Dit beskryf
ons tendens om weg te skram van dreigende
probleme. Ons druk nie ons koppe letterlik in
die sand nie, maar kon net sowel. Wanneer
daar probleme opduik, is ons geneig om
hierdie probleme weg te stoot eerder as om
dit aan te pak.
Reaksie-optrede: Die tendens om te
reageer op reëls en regulasies deur ons
vryheid uit te oefen. Die beste voorbeeld
is kinders met “oordraende” ouers. Sê
aan tieners om te doen wat jy sê omdat jy
so sê en waarskynlik gaan hulle jou reëls
begin verbreek. Werknemers wat voel hulle
word onregverdig behandel sal waarskynlik
begin om langer etenstye te neem, weens
“siekte”meer afwesig te wees en selfs van
die maatskappy begin steel.
Stralekrans-effek: Dit ontstaan wanneer
iemand ‘n goeie eerste indruk maak en
daardie indruk blywend is. Dit is veral baie
opvallend met die toekenning van punte
deur onderwysers en dosente. Wanneer
‘n skolier of student se eerste opdrag
uitstekend is, bestaan die geneigdheid om
aan te hou om goeie punte toe te ken, al
regverdig die kwaliteit van werk dit nie altyd
nie. Hierdie selfde optrede gebeur by die
werk en in persoonlike verhoudinge.
Horing-effek: Die teenoorgestelde van
die stralekrans-effek. Wanneer jy aan die
begin swak presteer, dan kry jy maklik ‘n
etiket van swak presteerder en hoe hard jy
ook al werk, die persepsie bly jou by. Dit
is veral toesighouers en bestuurders wat
maklik ander mense oordeel wat sukkel
om die goeie werk wat gedoen word, raak
te sien en erkenning daarvoor te gee.
Beplanningsdwaling: Die tendens om te
dink ons kan dinge vinniger doen as wat ons
in werklikheid kan. Dit lei dikwels tot on voltooi
de werk en veroorsaak dat te veel beloftes
ge maak en te min werk afgehandel word.
Trein-effek: Doen wat al die ander mense
doen. Dit skep ‘n tipe groepsdenkrigting,
waar mense met die eerste idee weghardloop
instede daarvan om ander opsies ook te ondersoek.
Dit bevestig dat ons daarvan hou om
besluite te neem wat goed voel, al is dit ook
swak alternatiewe.
Vooroordeel-blindekol: Indien jy voel dat
jy jou vooroordele baas geraak het, hou in
ge dagte dat jy dalk die vooroordeel-blindekol
mag ondervind. Dit is die geneigdheid om
ander mense se vooroordele raak te sien,
maar nie jou eie nie.
Samevatting
Die erkenning en verstaan van jou eie vooroordele
stel jou in staat om meer objektief
te dink en meer effektief met ander mense
te kommunikeer.
(Erkenning aan dr Travis Bradbury)
Maart 2018
Die storie agter een van KLK se topverskaffers
Aktueel
7
MONTEGO-TROETELDIERKOS VERSKAF ‘n volledige
reeks honde- en katkos aan alle KLK-handelstakke.
In die hart van die Groot Karoo lê die klein dorpie Graaff-Reinet. Dit
is waar ‘n plaaslike familie in 2000 besluit het om van ‘n droom ‘n
realiteit te maak. Toegewyde troeteldiereienaar en plaaslike besigheidsman,
Hannes van Jaarsveld, was op soek na ‘n hoë gehalte,
bekostigbare en plaaslike hondekosreeks vir sy honde.
Nadat hy die Karoo sonder sukses van hoek tot kant deursoek het,
het hy besef dat die antwoord reg onder sy neus lê. As die finansiële
direkteur van ‘n veevoervervaardiger het Hannes toegang gehad tot
beide produksiehulpbronne en die nodige industriële kennis om van
sy droom ‘n werklikheid te maak. Met die hulp en ondersteuning
van sy familie kon hy dit realiseer – veral nadat sy drie seuns Morné,
Marco en Johan by hom aangesluit het.
Tans verskaf Montego-troeteldierkos sy produk met trots aan meer
as 1 800 handelaars. Die handelsmerk is bekend vir sy erkende en
betroubare hoë gehalte produkte.
Toe Montego tot die mark toegetree het, was hul doel om smaaklike
troeteldiervoedsel van konstante hoë gehalte te vervaardig.
Dit is steeds hul doel. Met hul veeartsenykundig-goedgekeurde
en onlangs FSSC22000 (Food Safety System Certification)-geakkrediteerde
fasiliteit, streef hulle daarna om aan HACCP (Hazard
Analysis and Critical Control Point) se beginsels en standaarde
te voldoen en word die produkte aan streng laboratoriumtoetse
onderwerp – vooraf, gedurende en na die vervaardigingsproses.
Die FSSC22000-akkreditasie waaraan Montego-troeteldierkos
trots voldoen, beteken dat die vervaardigingsfasiliteite, produksie
prosesse, produkte en voedselveiligheidsbestuurstelsel aan
internasionale standaarde voldoen en een van die bestes in die
wêreld is!
Montego-troeteldierkos se produkte word volgens ‘n reeks formules
voorberei, wat saamgestel is deur kenners in troeteldier voedingskunde.
Hul wye produkreeks sluit in: Droë en nat hondekos, droë en nat
katkos, sous vir honde en Bags O’ Wags-happies.
Montego gee terug
Wen kos vir jou hondjies
EEN GELUKKIGE LESER kan
2 x 25 kg sakke Montego Adult Classichondekos
ter waarde van R700 wen deur
hierdie eenvoudige vraag te beantwoord:
Wie verskyn op die laaste bladsy
van KLK Gesprek van Maart 2008
(Volume 1)?
Wenk: Besoek die KLK-webtuiste, klik op “Nuus”
en navigeer na “KLK Gesprek-argiewe”.
Stuur voltooide inskrywingsvorms aan:
Elmarié Bird, KLK Landbou Bpk,
Posbus 86, Upington, 8800; of per faks
na 086 5500 224; of per e-pos na
elmarie@klk.co.za. Inskrywings sluit
30 April 2018.
Reëls
Werknemers van die KLK-groep mag nie aan die
kompetisie deelneem nie • Slegs een inskrywing per
persoon • Die wenner sal telefonies in kennis gestel
word en in die volgende KLK Gesprek bekendgemaak
word • Die prys sal na die naaste KLKhandels
tak gestuur word en kan daar afgehaal word
• Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
Inskrywingsvorm
Naam en van: ..........................................
...............................................................
Adres: ......................................................
...............................................................
...............................................................
Tel: ..........................................................
Antwoord: ................................................
...............................................................
...............................................................
Baie geluk aan Nelanie Botes van
Soutpan, die gelukkige wenner van ’n
Carpe Diem-geskenkpak ter waarde
van R500, wat in die Desember-uitgawe
van KLK Gesprek te wen was.
Montego-troeteldierkos is tans een van
die grootste werkgewers in Graaff-Reinet,
met ongeveer 400 werknemers in diens.
Montego-troeteldierkos het ‘n sterk familiekom-eerstebeleid
en dit is wat daartoe
by dra dat hul ‘n uiters aktiewe deelnemer en
belegger in die Graaff-Reinet-gemeenskap is.
Landwye diereliefdadigheidsorganisasies baat
op ‘n gereelde basis by Montego-troetel dierkos
se verskeidenheid projekte, soos maandelikse
donasies van ongeveer 1 500 kg aan
troeteldiere in nood, die opgradering van
hondehokke in verskeie instansies en erkenning
aan diere wat heldhaftig optree.
“As ons terugkyk na die jaar 2000, toe ons
ongeveer 65 ton per maand geproduseer
het vergeleke met die 200 ton wat ons tans
daagliks produseer, dan voel ons beide
nederig en geseënd. Ons doelwitte is nog
presies dieselfde – om aan Suid-Afrikaners
wat hoë gehalte troeteldierkos wil hê, se
behoeftes te voldoen – teen bekostigbare
pryse. Ons sal dit vir niks verander nie,”
aldus Johan van Jaarsveld, besturende
direkteur van Montego.
is ’n nuusblad wat vier keer
per jaar namens KLK deur
saamgestel en uitgegee word.
NAMENS KLK LANDBOU BPK
Elmarié Bird *
054 337 6202 • elmarie@klk.co.za
* Vir navrae oor die verspreiding van
, of adreswysigings,
kontak vir Elmarié Bird.
REDAKSIE
Jadine van Heerden
018 468 2716
jadine@infoworks.biz
Johan Smit
018 468 2716
johan@infoworks.biz
BLADUITLEG EN DRUK
Infoworks
018 468 2716
www.infoworks.biz
your ideas can fly
Jou vennoot in landbou
8 Omgewingsake
Arende ons barometers
Die artikel is geskryf deur Francois van der Merwe,
’n natuurliefhebber van Calvinia. Vir meer inligting,
stuur ’n e-pos na info@klipspringer.co.za
VOLGENS OORLEWERING IS die Griekse dramaturg
Aeschylus in die vyfde eeu voor Christus oorlede toe ‘n arend wat sy
kaal kop vir ’n klip aangesien het, ‘n skilpad daarop laat val het om
die dier se dop te breek. Gelukkig vermy arende mense oor die
algemeen en is dit uiters onwaarskynlik dat hierdie ongelukkige
insident homself sal herhaal.
Die Noord-Kaap bied ‘n tuiste aan nie minder nie as agt arendsoorte en
hieronder tel van die grootste en mooistes in die wêreld. Arende is voëls
van die wye vlaktes en hoogste berge. Hul teenwoordigheid spreek van
ongereptheid. Hulle is ons barometers vir die welstand van natuurlike
habitat en ekologiese prosesse.
Sommige voëls het hulle tot so ‘n mate by menslike aktiwiteite en
mensgemaakte omgewings aangepas dat hulle floreer. Vir arende is dit
andersom en ‘n toename in menslike bedrywig hede beteken gewoonlik
‘n afname in arendgetalle. Tog is daar arende wat in die Noord-Kaap
gebaat het by mens-geskepte infrastruktuur.
Die Visarend met sy ikoniese roep is algemeen slegs langs die Oranjerivier,
waar keerwalle in die rivier en naby-geleë opgaardamme met vis en
die grootskaalse aanplanting van uitheemse bome – soos veral bloekoms
waarin die arend graag broei – die spesie heel waarskynlik bevoordeel
het. Langs die benede Oranjerivier word digthede van tussen een en
twee visarende elke 10 km aangeteken. Sou ‘n mens die lengte van die
Oranjerivier deur die Noord-Kaap tot by die see op so ongeveer 1 200 km
neem en glo dat 75% hiervan geskik is vir Visarende – en dan boonop
aanvaar dat daar ‘n paar gemiddeld elke 20 km kan wees, kan daar dalk
ongeveer 45 Visarendpare in die Noord-Kaap wees.
Volwasse en onvolwasse (regs) Witkruisarende
Navorsing in die Noord-Kaap het aangedui dat die verspreiding
van Breëkoparende goed gekorreleer is met gebiede waar die
laagste weidingsdruk – en gevolglik beste veldtoestande – voorkom.
Dit dui daarop dat die voorkoms van hierdie arende, of
dan miskien juis hulle afwesigheid in bepaalde gebiede, mag
dui op swak veldbestuur.
Drie ander groot en opvallende arende in die Noord-Kaap
is die Witkruisarend, Bruinarend en dan in die Kgalagadi en
Molopo-gebied verder oos, die Berghaan of Bateleur soos hy
algemeen internasionaal bekend is. Die Berghaan word beskou
as die mees-bedreigde arend in Suidelike Afrika en is grootliks
beperk tot groot bewaringsgebiede soos die Kgalagadi-oorgrens
park en veral die Kruger Wildtuin. Daar is waarskynlik
nie meer as 5 tot 10 pare in die hele Noord-Kaap nie. Die
verspreiding van die Bruinarend is tot dieselfde mate beperk
– alhoewel dit in die Noord-Kaap ook verder suid voorkom
en soos die Breëkoparend, soms op kraglynpale broei.
Die opvallende Witkruisarend is ‘n dassie vang-spesialis en
bewoon die meer berg agtige dele in die weste, suide en sentrale
dele van die Noord-Kaap. Dit broei normaalweg net op
kranse – alhoewel daar ‘n paar in die sentraal Noord-Kaap is
wat, baie ongewoon, hul nes bo-op die nes van Versamelvoëls
op ‘n telefoonpaal gemaak het.
’n Breëkoparend.
Die Breëkoparend, grootste arend in Afrika, gebruik gereeld hoëspanningskraglynpale
om sy groot nes op te bou in areas waar daar nie
natuurlike of selfs uitheemse bome is waarin hy kan broei
nie. Hierdie gewoonte het gelei tot die uitbreiding van sy
verspreiding in gebiede soos Boesmanland, waar natuurlike
nesmaakplekke grootliks afwesig is. Die Noord-Kaap
beslaan ongeveer 370 000 km². Sou 75% hiervan geskik
wees vir bewoning deur Breëkoparende, met geskikte
nesmaakplek miskien ‘n beperkende faktor, en dit dan
aanvaar word dat broei pare gemiddeld ‘n gebied van tot
10 000 km² beset, mag daar dalk in totaal so ongeveer
25 tot 35 Breëkoparendpare in die Noord-Kaap wees. In
die Calvinia-distrik van 30 000 km² is daar – gebaseer
op direkte waarnemings – waarskynlik drie en miskien
vyf pare.
Groot arende verdien ons agting en beste bewaringspogings.
Arende is geneig om aas te vreet wanneer dit beskikbaar is
en daarom is vergiftigde karkasse en lokaas gemik op probleemdiere
soos jakkalse, ongelukkig ‘n groot bedreiging vir
hulle voortbestaan.
Daar was oor die afgelope twee dekades ‘n dramatiese
afname in Breëkoparendgetalle regoor Suidelike Afrika met
tot soveel soos 50%. Dit het selfs in groot bewarings gebiede
soos die Kruger Wildtuin en Kgalagadi-oorgrenspark gebeur,
waar ‘n mens sou verwag het dat groot arende beter
sou gevaar het. Die presiese redes word nog ondersoek
en dit mag ‘n kombinasie van faktore insluit, waaronder
ongelukkig ook menslike aksies.
’n Berghaan-paar met die effens kleiner mannetjie links.