KLK Gesprek_Maart 2018
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
6 Aktueel

KLK Gesprek

Jou verbeelding werk oortyd

Cobus Booysen

Bestuurder: Menslike Hulpbronne

DIE MENSLIKE BREIN is ‘n natuurlike

wonder. Dit skep elke dag meer as

50 000 gedagtes en elke sekonde meer as

100 000 chemiese reaksies. Met hierdie

kapasiteit sou mens dink dat jou oordeel

baie akkuraat sal wees, maar dit is alles

behalwe die geval.

Ons oordele is dikwels onakkuraat omdat ons

brein staat maak op kognitiewe vooroordele

eerder as op werklike feite. Kognitiewe vooroordeel

is die geneigdheid om irrasionele

oordele in vaste patrone te maak.

Navorsers het bewys dat kognitiewe vooroordele

choas veroorsaak:

• Die Universiteit van Queensland het in ‘n

studie bevind dat blonde dames gemiddeld

7% hoër salarisse as rooi koppe en

donkerkoppe verdien.

• ‘n Ander studie het bevind dat mense

met ‘n meer volwasse gesigsuitdrukking

beter loopbaansukses as mense met

‘n “baba”-gesig ervaar. Babagesigte

is mense met kleiner kakebene, wyer

wangbene en groter oë.

• Aan die Universiteit van Yale in Amerika het

‘n studie bevind dat vroulike weten skaplikes

nie net verkies om mans aan te stel

nie, maar hul boonop tot R60 000 per jaar

meer as vroulike wetenskaplikes betaal.

Dit is hoogs onwaarskynlik dat die mense in

die onderskeie navorsingsvelde blonde dames

werklik meer sal betaal, of dat mense met

volwasse gesigte beter loopbaangeleenthede e

sal kry of dat manlike wetenskaplikes meer er

dikwels en teen hoër vergoeding aangestel sal

word. Ons onbewuste vooroordele is dikwels

so sterk dat dit ons daartoe lei.

Hoe lyk hierdie kognitiewe

vooroordele?

Afleidingseffek: Jy glo jy het twee

keuses, maar jy hou ‘n derde keuse voor

om die tweede keuse meer aanvaarbaar

te maak. Byvoorbeeld: Jy besoek KLK Auto

en kyk na gebruikte motors. Jy oorweeg

twee motors; een van R45 000 en een van

R60 000. Die een van R60 000 is bietjie

te duur vir jou, maar die verkoopsman wys

jou ‘n ander voertuig van R80 000 (buit jou

afleidingsvooroordeel uit). Skielik lyk die motor

van R60 000 nie meer so duur nie.

Effek van emosie: Die tendens om besluite

op emosie te baseer. Volgens ‘n studie aan die

Shukutoku Universiteit, Japan, het deelnemers

‘n siekte wat 1 286 mense uit elke 10 000

laat sterf as gevaarliker gesien as ‘n siekte wat

24,14% dodelik is (ongeag dat die dodetal

by laasgenoemde byna twee maal hoër is).

Mense reageer emosioneel op die getal en

nie die persentasie nie.

Beginselbydraefout: Dit is die tendens

om gedrag aan iemand se persoonlikheid te

koppel. Byvoorbeeld, mense koppel maklik

swak werksprestasie aan luiheid, maar daar

kan ander verduidelikings daarvoor wees.

Dalk kry die persoon projekte waarvoor daar

geen passie bestaan nie, óf hy beleef moeilike

huislike omstandighede. Of die fisiese omstan

dighede in die werk is sodanig dat die

persoon net nie kan presteer nie.

“Gedagtemeter”-effek: Ons denke stel

ons in staat om werklike emosies te voel. Dit is

hoe akteurs hulself in vreeslike omstandighede

kan inleef, soos die dood van ‘n geliefde. Net

so kan ons positiewe denke skep wat ons in

staat stel om positiewe emosies te ervaar.

Bevestigingsvooroordeel: Dit is die

tendens om inligting te selekteer wat ons

bestaande oortuigings ondersteun. Met

ander woorde, ons vorm eers ‘n opinie en

soek dan inligting of bewyse wat hierdie

opinie ondersteun, eerder as om ons

opinie met feite te ondersteun.

Konserwatiewe vooroordeel: Dit lei

mense om te glo dat bestaande inligting

belangriker is as nuwe inligting. Moenie vinnig

wees om iets wat radikaal of anders is te

verwerp nie; dit is gewoonlik goeie idees.

Volstruiseffek: Volstruise steek hul koppe

in die sand wanneer hulle bang is. Dit beskryf

ons tendens om weg te skram van dreigende

probleme. Ons druk nie ons koppe letterlik in

die sand nie, maar kon net sowel. Wanneer

daar probleme opduik, is ons geneig om

hierdie probleme weg te stoot eerder as om

dit aan te pak.

Reaksie-optrede: Die tendens om te

reageer op reëls en regulasies deur ons

vryheid uit te oefen. Die beste voorbeeld

is kinders met “oordraende” ouers. Sê

aan tieners om te doen wat jy sê omdat jy

so sê en waarskynlik gaan hulle jou reëls

begin verbreek. Werknemers wat voel hulle

word onregverdig behandel sal waarskynlik

begin om langer etenstye te neem, weens

“siekte”meer afwesig te wees en selfs van

die maatskappy begin steel.

Stralekrans-effek: Dit ontstaan wanneer

iemand ‘n goeie eerste indruk maak en

daardie indruk blywend is. Dit is veral baie

opvallend met die toekenning van punte

deur onderwysers en dosente. Wanneer

‘n skolier of student se eerste opdrag

uitstekend is, bestaan die geneigdheid om

aan te hou om goeie punte toe te ken, al

regverdig die kwaliteit van werk dit nie altyd

nie. Hierdie selfde optrede gebeur by die

werk en in persoonlike verhoudinge.

Horing-effek: Die teenoorgestelde van

die stralekrans-effek. Wanneer jy aan die

begin swak presteer, dan kry jy maklik ‘n

etiket van swak presteerder en hoe hard jy

ook al werk, die persepsie bly jou by. Dit

is veral toesighouers en bestuurders wat

maklik ander mense oordeel wat sukkel

om die goeie werk wat gedoen word, raak

te sien en erkenning daarvoor te gee.

Beplanningsdwaling: Die tendens om te

dink ons kan dinge vinniger doen as wat ons

in werklikheid kan. Dit lei dikwels tot on voltooi

de werk en veroorsaak dat te veel beloftes

ge maak en te min werk afgehandel word.

Trein-effek: Doen wat al die ander mense

doen. Dit skep ‘n tipe groepsdenkrigting,

waar mense met die eerste idee weghardloop

instede daarvan om ander opsies ook te ondersoek.

Dit bevestig dat ons daarvan hou om

besluite te neem wat goed voel, al is dit ook

swak alternatiewe.

Vooroordeel-blindekol: Indien jy voel dat

jy jou vooroordele baas geraak het, hou in

ge dagte dat jy dalk die vooroordeel-blindekol

mag ondervind. Dit is die geneigdheid om

ander mense se vooroordele raak te sien,

maar nie jou eie nie.

Samevatting

Die erkenning en verstaan van jou eie vooroordele

stel jou in staat om meer objektief

te dink en meer effektief met ander mense

te kommunikeer.

(Erkenning aan dr Travis Bradbury)