28.02.2018 Views

KLK Gesprek_Maart 2018

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2017-wenners lééf KLK-belofte uit

DIE 2017-TOPPRESTEERDERS

in KLK se Next Move-wedstryd is onlangs

aangewys: KLK-tak Deben, Build it Kathu en

Trokkie Motors op Calvinia.

KLK Landbou Beperk het verlede jaar dié projek

van stapel gestuur om klanttevredenheid

en diensvlakke in die maatskappy te verbeter.

In die keuse van die wenner word die volgende

kriteria in ag geneem: Hulpvaardigheid,

vriendelikheid en flinkheid van personeel.

Die beskikbaarheid van voorraad, produkkennis

van personeel en hoe hulle met klante

kommunikeer word geëvalueer. Voorts word

probleemoplossing, die uitskakeling van administratiewe

foute, hoe personeel klante met

hul optrede verras en positiewe ingesteldheid

ontleed. Laastens word bepaal of personeel

die KLK-belofte uitleef.

Jannie Thirion, Takbestuurder van Deben,

wat as KLK-tak van die Jaar aangewys is, het

met die ontvangs van sy trofee eerstens sy

Hemelse Vader vir krag, gesondheid en wysheid

bedank. Hy het ook Deben-tak se klante

vir hul ondersteuning bedank. Hy het groot

waardering vir elkeen in sy span se harde

werk, geduld, deursettings- en uithouvermoë.

Michiel Storm, takbestuurder van Build it

op Kathu het aan KLK Gesprek gesê dat hy

en sy span besonder geëerd voel om die

toekenning te kon verwerf. Hy het klante vir

hul positiewe terugvoer bedank.

Alfrieda Albertyn, Beheerbeampte van

Trokkie Motors, wat as Vulstasie van die

Jaar aangewys is, sê sy is bitter trots op haar

personeel. “Hierdie toekenning spoor ons

aan om nóg beter diens te lewer.”

Kathu Build it ontvang die toekenning as Build it Tak van

die Jaar. Van links is Mathilda Mothibi, Cephas Ncube,

Marieta Smith, Michiel Storm, Charlottha Steenkamp,

Kristine Jorgè en Margaret Mere.

Maart 2018

Maatskappynuus

Landbouleiers moet

INISIATIEF neem

HOOP IS ANDERS as optimisme…

Laasgenoemde verwys na die berekening

van jou kanse in ‘n situasie.

Aan die woord is prof Piet Naudé, direkteur

van die Universiteit van Stellenbosch se

bestuurskool en alombekende akademikus

wat as spre ker opgetree het by KLK se onlangse

kaas-en-wynfunksie vir sakevennote,

kliënte en voorsitters van boereverenigings

in die omgewing.

Prof Naudé het dit so verduidelik: “As dinge

sleg lyk, is jy pessimisties. Of as dit goed

lyk, is jy optimisties. Jou siening van die

toekoms word dan van buite beheer en jy

verloor beheer – dit is soos ‘n gordyn wat

voor die toekoms sak.”

Hoop, daarenteen, het te doen met ‘n visie

waarin ‘n mens glo en vashou, ongeag van

die omstandighede waarin jy jou mag bevind.

“Wat in Suid-Afrika dringend nodig is, is

mense wat met hoop leef en werk om die

ongelooflike potensiaal van ons land en sy

mense te verwesenlik. Landbou is sentraal

tot ons toekoms en landbouleiers moet

inisiatief bly neem om hulself onmisbaar in

‘n demokratiese bestel te maak.”

Tydens die geleentheid het Stephen van

Huyssteen, Besturende Direkteur van KLK, ‘n

kort oorsig gegee oor die stand van sake by

KLK en gaste vir hul bydrae en ondersteuning

bedank.

3

KLK se Deben-tak is as Tak van die Jaar bekroon. Voor is

Jannie Thirion en Martin Steyn (Streekkoördineerder) en

agter is Giselle Hartlief, Yster Mokoledi, Pieter Dolf, Lukas

Friey, Dennis Hantise, James Ogotseng, Tom Olyn

en Aaron Mokgothu.

Trokkie Motors se uithalerspan bestaan uit Marlin van Wyk,

Shawn Baadjies, Kevin Matthys, Anna Sass, Jonathan Coetzee

en Alfrieda Albertyn.

Die funksie wat by d’Wingerdskuur op die

Carpe Diem-landgoed aangebied is, was ‘n

groot sukses en positiewe terugvoer is van

die gaste ontvang.

KLK HET ONLANGS

hul embleem by die vulstasie

op Keimoes, na die vorige

kontrak met Caltex verstryk

het, aangebring. Volgens

Phillip Swart, Bestuurder

KLK Petroleum, besit KLK

die rybaan al etlike jare.

Loer gerus in by KLK-rybaan

Opgraderingswerk het in Oktober

verlede jaar begin en

van 15 November af het die

rybaan en geriefswinkel met ‘n

splinternuwe voorkoms gespog.

Die rybaan is 24 uur per dag,

sewe dae van die week oop.

Die rybaan en geriefswinkel by die KLK-vulstasie op Keimoes is onlangs

opgegradeer. Ry gerus daar aan.

Jou vennoot in landbou

Prof Piet Naudé by KLK se kaas-en-wynfunksie op

28 No vember verlede jaar. Die KLK-direksie en bestuur

bedank prof Piet vir sy waardevolle boodskap en

positiewe bydrae tot die landbougemeenskap.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!