28.02.2018 Views

KLK Gesprek_Maart 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Maart 2018

Tegnies

5

Build it-takke BLINK UIT

KURUMAN EN UPINGTON se Build it-takke het elk onlangs

‘n Build it AGM-toekenning ontvang.

Volgens André Ferreira, streekbestuurder van KLK se vier Build it-takke,

besoek ‘n span van die Build it-franchise die takke twee maal per jaar

om te bepaal of hulle aan die franchise se standaarde voldoen. Een

hiervan is ‘n verrassingsbesoek.

Die afvaardiging ondersoek verskeie aspekte, waaronder netheid

van die winkel, personeel, stoorruimtes en werf, verhandeling, omset,

prysaanduiding, klantediens, voorraad en promosies.

‘n Tak moet minstens 85% deur die jaar handhaaf om vir hierdie

toekenning in aanmerking te kan kom.

Gordonia Motors spog met

nuwe Isuzu- en Renault-agentskappe

DIE MOTORGROEPE Isuzu Motors South Africa, General

Motors South Africa (Pty) Ltd (GMSA) en Chevrolet het aan die

einde van verlede jaar uit die land onttrek.

Intussen is die verkope van kommersiële voertuie, asook ‘n vervaardigingsbelang

by die fabriek in Port Elizabeth, deur Isuzu Truck South

Africa (Pty) Ltd (ITSA) oorgeneem. Die maatskappy staan voortaan

bekend as Isuzu Motors South Africa (Pty) Ltd (IMSAf) en besit sedert

1 Januarie vanjaar die be lang in vrag motors, kommersiële en ligte

afleweringsvoertuie.

Gordonia Motors op Upington het ‘n nuwe handelaarsooreenkoms

om Isuzu-bakkies te bemark met IMSAf aangegaan. Weens die geografiese

verdeling en dekking om klante diens te verbeter het slegs 97

van die aanvanklike 137 General Motors-agente oorgebly. Hoewel

die Chevrolet-agentskap ook onttrek het, het Gordonia Motors ‘n

diens ooreenkoms met William Hunt gesluit om steeds naver koopdiens

vir Chevrolet te behartig.

Annalize Segkoro (Build it-bestuurder

op Kuruman) ontvang haar tak se AGMtoekenning

vanaf André Ferreira.

Johann Meyer (Bestuurder van Build it,

Upington) ontvang sy tak se AGMtoekenning.

KLK stel brandstofkaart vir

KLK Handel-kliënte bekend

ONS IS VOORTDUREND besig om die aankoop-ervaring

van ons kliënte te verbeter. ‘n Behoefte is geïdentifiseer om brandstofaankope

by enige van ons kleinhandel-rybane vir KLK Handelkliënte

moontlik te maak. Die nuwe KLK-kaart maak dit moontlik

om voertuie op rekening by enige van ons brandstofpunte in die

KLK-bedieningsgebied te hervul.

Deur aansoek te doen vir ‘n KLK-kaart, kan u die volgende voordele

geniet:

• Meer brandstofpunte kan gebruik word;

• daar is beter kontrole oor aankope;

• brandstof kan 24 uur per dag verkry word by kleinhandel-rybane; en

• betaling kan teen KLK-handelsterme geskied.

Maak so om aansoek te doen vir u eie KLK-kaart:

• Verkry ‘n aansoekvorm by u naaste handelstak of rybaan, of

kontak Yolandie Smith by 054 337 6200 (tel), 078 688 2872

(SMS/WhatsApp) of stuur ‘n e-pos na kaart@klk.co.za;

• voltooi die aansoekvorm en dien dit by u naaste handelstak

of rybaan in;

• ontvang die kaart dadelik nadat die

aansoekvorm ingedien is; en

• word binne 48 uur per SMS

in kennis gestel dat die kaart

geaktiveer is.

KLK is tans in gesprek met Renault om die passasiersvoertuigkomponent

van Chevrolet te vervang. Na aanleiding van die beginsel besluit

wat geneem is, word verwag dat die Renault-agentskap binne die

volgende paar maande by Gordonia Motors gevestig sal wees.

Hennie Marais en sy bekwame span by Gordonia Motors staan

elke weekdag van 7:00 tot 17:30 en elke Saterdag van 9:00

tot 12:00 gereed om klante met raad en daad by te staan. Hul

telefoonnommer is 054 337 6256.

Gordonia Motors is ‘n bekende baken in Scottstraat, Upington.

Aandelenuus

VANAF 1 TOT 30 November 2017 het ‘n totaal van

16 043 KLK-aandele verhandel op vlakke van tussen R13,50

en R15,00 per aandeel, met 12 kopers en 8 verkopers.

In die maand van Desember 2017 het 42 530 aandele teen

R15,00 per aandeel verhandel, met 11 kopers en 7 verkopers.

33 710 aandele het in Januarie 2018 verhandel – op vlakke

van tussen R15,00 en R15,30, met 12 kopers en 5 verkopers.

Let ook daarop dat meer as een kaart, vir

u gerief, aan u KLK-rekening gekoppel kan word. Vir enige navrae

kontak Reino Huyser by 054 337 6200 of reino@klk.co.za.

Jou vennoot in landbou

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!