01.05.2013 Views

Casidra Afrikaans 2012 Annual Report

Casidra Afrikaans 2012 Annual Report

Casidra Afrikaans 2012 Annual Report

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG - vir die jaar geëindig 31 Maart 2012

Primêre verantwoordelikhede

Eksterne oudit

• Nomineer die onafhanklike eksterne ouditeur vir

aanstelling deur die aandeelhouer in terme van die

Maatskappywet, 2008 en enige ander wetgewing met

betrekking tot die aanstelling van ouditeure;

• Goedkeuring van die bepalings van die aanstelling en

vergoeding vir die eksterne ouditaanstelling;

• Monitor en doen verslag oor die onafhanklikheid,

objektiwiteit gehalte en doeltreffendheid van die eksterne

ouditeur in die finansiële jaarstate, met in agneming van

relevante professionele en regulerende vereistes;

• Goedkeuring van die kontrakte vir nie-ouditdienste wat

deur 'n diensverskaffer gelewer word;

• Maak seker dat daar 'n proses is vir die komitee om in

kennis gestel te word van enige geïdentifiseerde en

gerapporteerde onreëlmatighede (soos geïdentifiseer in

die' Auditing Profession Act, 2005) word deur die

eksterne ouditeur;

• Bespreek die aard, omvang en plan van die oudit met die

ouditeur voor die oudit 'n aanvang neem en, soos nodig

geag word, gedurende die loop van die oudit.

• Hersien, met die eksterne ouditeure, die bevindings van

hul werk.

• Oorweeg al die faktore en risiko's wat 'n invloed

kan hê op die integriteit van die geïntegreerde verslag,

byvoorbeeld, 'n misleidende beeld, beduidende oordele,

verslagdoening oor besluite wat geneem is, monitering of

afdwinging van optrede deur 'n regulerende liggaam, van

bewyse wat voorheen gepubliseerde inligting

bevraagteken, toekoms verwagtinge, ensovoorts;

• Beoordeling van die finansiële jaarstate, opgesomde

geïntegreerde inligting en soortgelyke dokumente;

• Lewer kommentaar in die finansiële jaarstate op die

finansiële state, die rekeningkundige praktyke en die

doeltreffendheid van die interne finansiële

beheermaatreëls;

• Hersien die duidelikheid en volledigheid van die

openbaarmaking van die volhoubaarheids kwessies in die

geïntegreerde verslag om te verseker dat dit betroubaar is

en nie in stryd is met die finansiële inligting nie;

• Beveel aan na die Raad of 'n eksterne gerusstelling

verskaffer betrokke moet raak rakende wesenlike

volhoubaarheids kwessies;

• Beveel die geïntegreerde verslag aan vir goedkeuring

deur die Raad;

• Beoordeling of die inhoud van die opgesomde inligting

'n gebalanseerde seining verskaf; en

• Betrek die eksterne ouditeure om gerusstelling te bied

rakende die opgesomde finansiële inligting

Interne oudit

• G o e d k e u r i n g v a n d i e i n t e r n e o u d i t p l a n ;

• Monitor en hersien die doeltreffendheid van die interne

ouditfunksie;

9

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

Jaarverslag 2011/12

• Hersiening en bespreek die omvang van die werk van

interne oudit, geïdentifiseerde sake en aanbevelings;

• Verskaf 'n bron van inligting, soos toepaslik, met

betrekking tot gevalle van bedrog, korrupsie, onetiese

gedrag, onreëlmatighede en ander risiko's.

Risikobestuur

• Oorweeg die risiko bestuurstrategie, etiese kode en

bedrogvoorkomingsplan;

• Monitor die deurlopende bestuur van die risikoassessering

en die implementering van die strategie en

plan;

• Maak aanbevelings aan die Raad met betrekking tot die

vlakke van risiko-verdraagsaamheid en die aptyt en

monitering dat risiko's binne die vlakke van

verdraagsaamheid en aptyt bestuur word soos deur die

Raad goedgekeur;

• Verseker dat bestuur toepaslike risiko-monitering en

antwoorde oorweeg en implementeer;

• Spreek die Komitee se formele opinie uit aan die Raad

oor die effektiwiteit van die stelsel en die proses van

risikobestuur;

• Beoordeling van die tydige, omvattende en tersaaklike

verslagdoening met betrekking tot risikobestuur wat in die

geïntegreerde jaarverslag ingesluit moet word.

Genooides

Die Voorsitter van die Oudit- en Risikokomitee kan volgens

sy/haar oordeel ander lede van die Raad of interne ouditeure

nooi na die vergaderings van die Komitee om aangehoor te

word.

Die Hoof Uitvoerende Beampte en Hoof Finansiële Beampte

woon alle vergaderings van die Komitee by en word verskoon

vir in camera sessies.

Vergaderings word ook bygewoon deur interne en eksterne

ouditeure en betrokke bestuurslede.

Toegang

Die eksterne en interne ouditeure het onbeperkte toegang tot

die Oudit- en Risikokomitee en verseker daardeur dat

onafhanklikheid gehandhaaf word.

10.2 Vergoedingskomitee

Samestelling

Die Vergoedingskomitee bestaan uit ten minste drie nieuitvoerende

direkteure.

Die lede aan die einde van die finansiële jaar is Adv GA Oliver,

Mnr. JH Roos, Prof JF Smith (Voorsitter).

Voorsitter

Die Voorsitter word deur die Raad genomineer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!