01.05.2013 Views

Casidra Afrikaans 2012 Annual Report

Casidra Afrikaans 2012 Annual Report

Casidra Afrikaans 2012 Annual Report

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG - vir die jaar geëindig 31 Maart 2012

• Formaliseer die aanstelling van direkteure deur middel

van 'n ooreenkoms tussen die maatskappy en die

direkteur.

10.4 Maatskaplike en Etiese Komitee

Dit is 'n nuwe komitee en dit is gestig in terme van die Wet op

Maatskappywet, 2008.

Genooides

Die Maatskaplike en Etiese komitee het die gesag om advies en

hulp in te win van interne en eksterne regs-, rekeningkundige en

ander adviseurs.

Samestelling

Die lede van die maatskaplike en etiese komitee word deur die

Raad aangestel. Die maatskaplike en etiese komitee bestaan

uit ten minste drie direkteure.

Die volgende lede is aangestel na die finansiële jaareinde:

Adv. GA Oliver (voorsitter), Me. GM Ntuli en Mnr. JH Roos.

Voorsitter

Die Voorsitter word deur die Raad genomineer.

Frekwensie van vergaderings

Komitee vergaderings word gehou soos en wanneer nodig.

Die Komitee het nie gedurende die finansiële jaar ontmoet.

Primêre Verantwoordelikheid

• Monitor die maatskappy se aktiwiteite met betrekking tot

enige toepaslike wetgewing, ander wetlike vereistes of

heersende kodes van beste praktyk, met betrekking tot

aangeleenthede wat verband hou met maatskaplike en

ekonomiese ontwikkeling, goeie korporatiewe burgerskap,

die omgewing, gesondheid en openbare v e i l i g h e i d ,

verbruiker verhoudings en arbeid en i n d i e n s n e m i n g

nakoming.

• Bring sake binne sy mandaat onder die aandag van die

Raad wanneer dit nodig is.

• Rapporteer aan die aandeelhouer by die maatskappy se

algemene jaar vergadering oor die sake binne sy

mandaat.

Genooides

Die maatskaplike en etiese komitee het die gesag om advies in

te win en hulp te soek van interne en eksterne adviseurs.

11. MAATSKAPPYSEKRETARIS

Alle direkteure het toegang tot die Maatskappysekretaris wat

verseker dat die Raad se prosedures, toepaslike reëls en

regulasies volledig toegepas word.

Die Maatskappysekretaris hou die Raad op hoogte van

11

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

Jaarverslag 2011/12

relevante veranderinge in wetgewing en die beste

bestuurspraktyke. Die Maatskappysekretaris hou toesig oor die

inhuldiging van nuwe direkteure asook voortgesette opleiding

van direkteure.

Die nodige inligting vir elke Raadsvergadering word tydig voor

elke vergadering aan direkteure gestuur sodat hulle vertroud

kan raak met die inligting en om maatskappyinligting te

oorweeg ooreenkomstig hulle statutêre en fidusiêre

verantwoordelikheid. Die tertafellegging van dokumente by

Raadsvergaderings geskied slegs in uitsonderlike gevalle.

Die Maatskappysekretaris word deur die Raad aangestel.

12. LOPENDE SAAK

Op aanbeveling van die Oudit- en Risikokomitee het die Raad

na oorweging van die feite en aannemes waarop vertrou word

besluit dat die besigheid sal voortgaan as 'n lopende saak in die

finansiële jaar wat voorlê.

Die direkteure is van mening dat die besigheid 'n lopende saak

sal wees in die jaar wat voorlê en hulle verklaring in hierdie

verband word ook vervat in die verklaring oor die

verantwoordelikheid van die direkteure vir die finansiële state.

13. INTERNE BEHEER

Die Raad erken sy verantwoordelikheid om te verseker dat die

maatskappy die doeltreffendheid van die interne- finansiële en

bedryfsbeheer stelsels implementeer en monitor. Hierdie stelsels

is ontwerp om teen wesenlike wanvoorstelling en verlies te waak.

Die interne-, finansiële- en bedryfskontrole stelsels wat

gehandhaaf word deur die maatskappy is ontwerp om redelike

versekering te bied ten opsigte van:

• beveiliging van bates teen ongemagtigde gebruik of

wanbesteding;

• voldoening aan toepaslike wetgewing en regulasies;

• instandhouding van behoorlike rekeningkundige rekords;

en

• voldoende en betroubare finansiële inligting.

Die interne ouditfunksie en die eksterne ouditeure takseer

onafhanklik die geskiktheid en betroubaarheid van die interne

beheer.

Niks het onder die aandag van die Direkteure gekom wat

aandui dat enige wesenlike onderbreking voorgekom het in die

funksionering van hierdie kontroles, prosedures en sisteem

gedurende die verslagjaar nie.

14. RISIKOBESTUUR

Die Raad aanvaar finale verantwoordelikheid vir die

risikobestuurstelsels van die Maatskappy.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!