01.05.2013 Views

Casidra Afrikaans 2012 Annual Report

Casidra Afrikaans 2012 Annual Report

Casidra Afrikaans 2012 Annual Report

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VERKORTE FINANSIËLE JAARSTATE - VERKLARING VAN DIREKTEURS VERANTWOORDELIKHEDE

VERKLARING VAN DIREKTEURS VERANTWOORDELIKHEDE

Die direkteure van Casidra Eiendoms Beperk is verantwoordelik

vir die opstel, integriteit en redelike aanbieding van die finansiële

jaarstate van Casidra Eiendoms Beperk. Die finansiële state

wat op bladsye 38 tot 42 aangebied word, is opgestel in

ooreenstemming met Suid-Afrikaanse Standpunte van

Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk en op die wyse

deur die Maatskappywet in Suid-Afrika vereis. Dit word gesteun

deur redelike en omsigtige oordele en ramings wat deur bestuur

gemaak is.

Die lopendesaak-grondslag is met die opstel van die finansiële

state gevolg. Die finansiële posisie oor die korttermyn is gesond

maar in die medium- tot langtermyn is die lopende saak beginsel

direk gekoppel met voldoende en tydige voortgesette

oordragbefondsing vanaf owerheidsweë en die verkryging van

addisionele befondsing vir lopende uitgawes. Die

lewensvatbaarheid van die maatskappy word deur die finansiële

state gesteun.

Die direkteure is ook verantwoordelik vir die maatskappy se

stelsel van interne finansiële beheer. Hierdie kontroles is

ontwerp om redelike, maar nie absolute gerusstelling te bied oor

die betroubaarheid van die finansiële state, die toereikende

beskerming en verantwoording van bates, en om verliese te

voorkom en op te spoor. Geen aangeleenthede het onder die

aandag van die direkteure gekom wat 'n wesenlike ineenstorting

in die funksionering van hierdie kontroles, prosedures en stelsels

gedurende die jaar onder oorsig, aandui nie.

VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEUR OP DIE VERKORTE FINANSIËLE STATE AAN DIE LEDE VAN

CASIDRA EIENDOMS BEPERK

Die verkorte finansiële state, wat bestaan uit die verkorte staat van

finansiële posisie soos op 31 Maart 2012, en die verkorte state van

omvattende inkomste, veranderinge in ekwiteit en kontantvloei vir

die jaar wat toe geëindig het, en verwante aantekeninge, soos

uiteengesit op bladsye 38 tot 42, is afgelei van die geouditeerde

finansiële jaarstate van Casidra (Edms.) Bpk. vir die jaar geëindig

31 Maart 2012. Ons het 'n ongewysigde ouditmening uitgespreek

oor die finansiële jaarstate in ons verslag gedateer 24 Augustus

2012.

Die verkorte finansiële state bevat nie al die openbaarmakings wat

vereis word deur SA-AARP en die vereistes van die Maatskappywet

van Suid-Afrika van toepassing op finansiële jaarstate. Die lees van

die verkorte finansiële state is dus nie 'n plaasvervanger vir die lees

van die geouditeerde finansiële jaarstate van Casidra (Edms.) Bpk.

nie.

Direkteure se verantwoordelikheid vir die verkorte

gekonsolideerde finansiële state

Die maatskappy se direkteure is verantwoordelik vir die opstel van 'n

verkorte weergawe van die geouditeerde finansiële state in

ooreenstemming met die basis beskryf in aantekening 1 en die

vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika van toepassing is

op opsommende finansiële state.

VERKLARING VAN DIREKTEURS VERANTWOORDELIKHEDE

37

Jaarverslag 2011/12

Die direkteure erken dat hulle verantwoordelik is vir die beheer

oor en die sekuriteit van die webblad en vir die instelling en

beheer oor die proses van elektroniese verspreiding van

jaarverslae en finansiële state. Die beheermaatreëls en

integriteit van die webblad val nie binne die omvang van die

oudit van die finansiële state nie. Alhoewel die instandhouding

van 'n sterk beheeromgewing vir die direkteure en die

maatskappy van wesenlike belang is, kan nóg die direksie nóg

die ouditeure verantwoordelikheid aanvaar vir enige

veranderings wat in die finansiële state mag plaasvind nadat dit

aanvanklik op die webblad gepubliseer is.

Die finansiële state is deur die onafhanklike ouditeursfirma, PwC

Ingelyf geouditeer. Die ouditeure het onbeperkte toegang tot

die finansiële rekords en verwante data, notules van

aandeelhouers-, direksie- en direksiekomitee vergaderings

gehad. Die direkteure is van mening dat alle voorleggings en

bestuursverklarings wat aan die ouditeure gerig was, korrek,

geldig en toepaslik was.

Die ouditverslag van PwC Ingelyf word hieronder aangebied.

Die finansiële state vir die jaar geëindig 31 Maart 2012 is deur

die direksie goedgekeur en word namens die direksie

onderteken deur:

Adv GA Oliver Prof E Calitz

Voorsitter Direkteur

Ouditeur se verantwoordelikheid

Ons verantwoordelikheid is om 'n mening uit te spreek oor die

verkorte finansiële state op grond van ons prosedures wat uitgevoer

is in ooreenstemming met die internasionale Oudit Standaard (ISA)

810, "Verbintenisse om verslag te doen oor Opsommende

Finansiële State.”

Mening

Na ons mening is die verkorte finansiële state wat afgelei is van die

geouditeerde finansiële state van Casidra (Edms.) Bpk. vir die jaar

geëindig 31 Maart 2012 konsekwent, in alle wesenlike opsigte, met

die jaarlikse finansiële state, in ooreenstemming met die basis

beskryf in aantekening 1 en die vereistes van die Maatskappywet

van Suid-Afrika van toepassing op opgesomde finansiële state.

PricewaterhouseCoopers Ing.

Direkteur: RJ Jacobs

Geregistreerde Ouditeur,

Paarl

24 Augustus 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!