01.05.2013 Views

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Dit is ook hier waar die spesiale identiteitskrisis van die postkoloniale subjek aan bod

kom, naamlik “[t]he concern with the development or recovery of an effective identifying

relationship between self and place” (Ashcroft et al., 1989:8,9). Hierdie krisis spruit moontlik uit

die volgende:

A valid and active sense of self may have been eroded by dislocation, resulting

from migration, the experience of enslavement, transportation, or ‘voluntary’

removal for indentured labour. Or it may have been destroyed by cultural

denigration, the conscious and unconscious oppression of the indigenous

personality and culture by a supposedly superior racial or cultural model (Ashcroft

et al., 1989:9).

Een van die mees algemene praktyke waarbinne hierdie vervreemding identifiseer kan word, is

die talige konstruksie van plek. Die gaping wat ontstaan tussen die ervaring van plek en die taal

beskikbaar om dit te beskryf, is ’n klassieke en deurlopende tema binne postkoloniale tekste.

Hierdie gaping ontstaan deurdat diegene wat vrywillig of onder dwang verskuif is (m.a.w.

diegene wat onder die teken van “dislocation” staan), nie die “nuwe” omgewing in ’n eie taal kan

beskryf nie. Hieronder ressorteer ook diegene wie se taal as onvolwaardig beskou is as gevolg

van die indringer- of koloniale taal, of sistematies vernietig is deur byvoorbeeld die gevolge van

slawerny.

Vir meer as driehonderd jaar was die Karibiese gebied die “cockpit of Europe” (Williams,

1984:69). Edlmair wys op die volgende: “This function of the Caribbean as a stage for the

rivalries of the Western powers has not been without consequences for the area itself” (1999:1).

Sy wys daarop dat die inheemse bevolking en hulle kultuur kort na die Europeërs se aankoms

bykans heeltemal uitgeroei is en dat dit vervang is deur slawe wat uit Afrika ingevoer is, ’n

relatief klein groepie Europese immigrante en, in die negentiende eeu, deur kontrakarbeiders

vanuit Indië en China. Dus, in teenstelling met die meeste ander postkoloniale gemeenskappe, het

die Karibiese gebied geen inheemse kultuur gehad om op terug te val toe dit by die konstruksie

van identiteit kom nie, nadat die koloniale magte uiteindelik die gebied verlaat het. In Lijken op

Liefde word die teks ondersteun deur die Wintireligie, ’n spesifiek Afro-Surinaamse godsdiens

wat ’n direkte gevolg was van slawerny, kolonisasie en die multikulturaliteit van die samelewing.

In hierdie teks word dié geloof juis nou ingespan as ’n alternatief tot die Westerse beskouing van

die mens se verhouding met die natuur en kultuur, asook die verlede en die toekoms. In hoofstuk

2 word daar verder hierop ingegaan.

Binne die talige raamwerk word daar dus veral aandag geskenk aan aspekte soos “place

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!