POTGIETER-MA-TR02-81.pdf
POTGIETER-MA-TR02-81.pdf
POTGIETER-MA-TR02-81.pdf
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
a postmodern version of utopian thought should not be dismissed too quickly” (Wesseling,

1997:203). Sy stel voor dat postmodernistiese tekste juis geneig is om ’n utopiese weergawe van

die geskiedenis te gee en sê voorts:

The most striking feature of postmodernist historical fiction is probably not so

much its dominant self-reflexivity - we also find this in modernist experiments in

historical fiction such as William Faulkner’s Absolom, Absolom! (1936) or Virginia

Woolf’s Between the Acts (1941) - but its wilful falsification of history (Wesseling,

1997:203, my kursivering).

In die Engelse literatuur is daar geen algemeen aanvaarde naam vir hierdie relatief onbekende

genre nie. Daarteenoor word daar in Frans en Duits gebruik gemaak van die term Uchronie. Die

term word op twee maniere gebruik. Sommige ondersoekers gebruik dit om die verskil aan te

toon tussen ’n ideale gemeenskap in ’n irreële ruimte (utopia) en die utopiese fantasieë wat in die

toekoms in geprojekteer word (te vinde in die werk van Hudde en Kuon, 1988, en Calinescu,

1987). Maar die term word ook gebruik in ’n meer spesifieke sin, naamlik om te verwys na die

tipe vervalste fantasieë wat alternatiewe poneer binne gedokumenteerde geskiedenis.

Uchroniese fiksie (soos wat dit voortaan hier genoem sal word) is, in teenstelling met

historiografiese metafiksie, nie polities ambivalent nie, maar juis betrokke by die afbreek van

vooropgestelde idees oor die verlede, die hede en die toekoms, veral van diegene wat voorheen

uitgesluit was by die maak van die gekanoniseerde geskiedenis. Hierdeur sluit dit in ’n groot mate

aan by die postkoloniale projek wat, soos reeds gewys, duidelik polities betrokke is. Tweedens is

dit nie soseer die selfreflektiwiteit van hierdie romans wat op die voorgrond geplaas word nie,

maar juis die doelbewuste utopiaanse herverbeelding van die verlede wat binne ’n postmoderne

raamwerk opnuut in oënskou geneem kan word.

Vervolgens word vlugtig gewys hoe ook Lijken op Liefde en Duiwelskloof sou kon

aansluit by Wesseling se beskouing van Uchroniese fiksie: Uchroniese fiksie lokaliseer utopia in

die geskiedenis, “... by imagining an apocryphal course of events, which clearly did not really

take place, but which might have taken place” (Wesseling, 1997:204).

In Lijken op Liefde word die moontlikheid van utopie in die toekoms in geprojekteer,

waarin daar ’n alternatiewe verloop van die jare 1998 en 1999 deur die teks verbeel word, terwyl

die teks reeds in 1997 verskyn het. Uchroniese fiksie is normaalweg ’n verbeelding van dit wat

kon plaasgevind het, maar in die geval van Lijken op Liefde word ook dit wat moontlik nog kan

gebeur – naamlik dat ’n nasionale tribunaal rondom die Desembermoorde wél nog kan plaasvind;

dat daar ’n moontlikheid in die toekoms is waarin daar ontsnap kan word van ’n wrede

33