01.05.2013 Views

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2.2 Verwagtingshorisonne:

2.2.1 Die Titel:

Brink (1987:124) wys daarop dat die leser bewus is daarvan dat daar by die lees van ’n tekstitel ’n

grens oorgesteek word “in die teks in”. Die titel is nie net “deel” van die verhaal se teks nie, maar

dit skep ook ’n verhouding met die hele res van die teks: “... die titel kan/moet naamlik getoets

word aan die teks en andersom” (Brink, 1987:124). Op hierdie stadium word daar slegs

spekulatief gekyk na die verwagtinge wat deur die titel van Lijken op Liefde geskep word.

Aangesien later breedvoerig ingegaan word op die kodes wat die titel aktiveer, word op hierdie

stadium slegs oorsigtelik daarna verwys.

Brink sê in hieroor die volgende: “’n Titel benoem soms net één teken of kode uit ’n hele

verwikkelde verhaal: daardeur verkry dit ’n reliëf wat dit bo alle ander ‘bevoorreg’. ’n Titel kan

dus die hele hiërargie van kodes in ’n verhaal rangskik” (Brink, 1987:124). Elsbeth Etty wys op

die verband tussen die titel en die oopheid van die teks as sy postuleer: “Veel word opengelaten

in Lijken op Liefde, zelfs de titel is op zijn minst voor tweeërlei uitleg vatbaar” (Etty, 23 Mei

1997).

Die mees voor-die-hand-liggende dubbelsinnigheid is vervat in die woord “lijken” wat, as

dit as selfstandige naamwoord gelees word, ’n doodskode registreer. ’n Lyk is die stoflike oorskot

na die dood van ’n persoon, “... dood lichaam van een mens of dier” (Van Dale, 1984:1580). In

die eerste plek verwys die lyke na die onopgeloste dood van twee spesifieke persone in die

verhaal by wie die hooffiguur, Cora Sewa, persoonlik betrokke was, naamlik An Andijk en Onno

Sewa. Maar dit word gou reeds duidelik dat dit hier om meer as net die persoonlike geskiedenis

van Vrou Sewa gaan. Die Desembermoorde van die jare tagtig, asook die algemene wreedheid

van die samelewing van Suriname word ook hierdeur geïmpliseer. Truijens verduidelik:

Er zijn lijken gemaakt in het Suriname van de laatste decennia, en niet zelden als gevolg

van de liefde voor iemand uit het verkeerde kamp. De geesten van die doden laten de

levenden niet met rust. Het woord ‘lijken’ uit de titel kan als zelfstandig naamwoord

worden gelezen: hun bloed infecteert de liefde. Macht heeft vriendschap en liefde in het

land verziekt, trouw en aanhankelijkheid verdacht gemaakt, betoogt Roemer in deze roman

(23 Mei 1997).

Na afloop van die insident in die vyftigerjare, waarin ’n moordaanslag op die swart politikus Joop

41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!