POTGIETER-MA-TR02-81.pdf
POTGIETER-MA-TR02-81.pdf
POTGIETER-MA-TR02-81.pdf
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
geassimileer sal word (vgl. Tiffin, Adam & Tiffen, 1991:vii). Verskeie critici, soos Brydon

(1987:5) en Tiffin (1988:170-172), sien die postmodernisme as ’n vorm van neokoloniale

imperiale diskoers en wys daarop dat die ooreenkomste tussen die postmodernisme en die

postkoloniale projek laasgenoemde eerder ondermyn as ondersteun.

Ashcroft et al. (1995:117) gee toe dat “... it would be true to say that the intensification of

theoretical interest in the post-colonial has coincided with the rise of postmodernism in Western

society and this has led to both confusion and overlap between the two”. Hierdie verwarring is

deels veroorsaak deur die feit dat die belangrikste projek van postmodernisme – die dekonstruksie

van die gesentraliseerde, logosentriese meesternarratiewe van die Europese kulturele sentrum –

ooreenstem met die postkoloniale projek wat sigself beywer vir die “... dismantling [of] the

Centre/Margin binarism of imperial discourse” (Ashcroft et al., 1995:117). Die desentralisering

van diskoers, die klem wat geplaas word op taal en tekstualiteit in die konstruksie van ervaring en

die gebruik van parodie, nabootsing en ironie as ondermynende strategieë; oorvleuel in so ’n

groot mate met die van die postmodernisme dat die twee projekte dikwels ineenvloei.

Alhoewel Hutcheon (1995:130) postuleer dat die bande tussen die postkoloniale en die

postmoderne sterk en duidelik is, onderstreep sy dat die verskil verband hou met die

ooreenkomste tussen die postkoloniale kuns en kritiek en die verskillende vorme van die

feminisme. Beide die feminisme en postkolonialisme het duidelike politieke agendas en “... often

a theory of agency that allow them to go beyond the post-modern limits of deconstructing

existing orthodoxies into the realms of social and political action” (Hutcheon, 1995:130).

Hierteenoor is die postmodernisme polities ambivalent: “... its critique coexists with an equally

real and equally powerful complicity with the cultural dominants within which it inescapably

exists” (Hutcheon, 1995:130). Hierop word daar later ingegaan met verwysing na Wesseling

(1991; 1997) se kritiek op Hutcheon se beskouing van histories-gerigte postmoderne romans,

oftewel historiografiese metafiksie.

Dieselfde kulturele dominantes kom voor by die feminisme, die postkolonialisme en die

postmodernisme. Gayatri Spivak wys op die “... affinity between the imperialist subject and the

subject of humanism” (1988:202). Sy gaan voort deur aan te dui dat, terwyl die postkolonialisme

die imperialistiese subjek as kritiese objek beskou, die tweede, nl. die humanistiese subjek, as

onderwerp gesien word in die postmodernisme. Vir die feministiese projek word die patriargale

wortels van beide onder die loep geneem, wat dui op die dubbele kolonisasie van vroulike

postkoloniale skrywers. In Lijken op Liefde, soos bespreek in hoofstuk 2, word daar spesifiek

23