POTGIETER-MA-TR02-81.pdf
POTGIETER-MA-TR02-81.pdf
POTGIETER-MA-TR02-81.pdf
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
die Afrikaanse literatuur deel is van wat Mishra en Hodge klassifiseer as die “fused postcolonial”

waarbinne die opposisionele en medepligtige postkolonialisme kombineer word, “... ’n

beskrywing wat lyk asof dit die geskikste sou wees waarbinne die ambivalensie van die

Afrikaanse in letterkunde tuisgebring sou word” (Viljoen, 1996a:162). Deur Afrikaans as ’n vorm

van die “fused postcolonial” te bestempel, word daar geïmpliseer dat daar tekens is van

medepligtigheid sowel as opposisionele postkolonialisme.

Die debat is nog lank nie afgehandel nie. Die volgende opmerking van King (1996:26) is

hier relevant: “The dialogue, however, is important as mastery of international standards must be

accompanied by the creation of a personal voice and other resources only available through

consciousness of local society and culture”. Hierdie studie gaan daarvan uit dat beide

Duiwelskloof en Lijken op Liefde probeer om hierdie persoonlike stem te ontwikkel. Beide tekste

soek die mites en orale vertellings van die plaaslike gemeenskap en kultuur op om hulle

onderskeie verhale te vertel, hoewel dit dan in die taal van die koloniseerder, of in die geval van

Afrikaans, die “fused postcolonial”, vertel word.

’n Verdere knelpunt is die ondersoek na die verhouding tussen die periferie en die

sentrum. Hierdie benadering, wat spruit uit die werk van politieke teoretici soos Frantz Fanon

(1959, 1961, 1967, 1970) en Albert Memmi (1965), rig sigself op die imperiaal-koloniale

dialektiek self. Vir hierdie teoretici is enige teks wat uit ’n postkoloniale area kom, onderhewig

aan die politieke situasie, die verbeelding daarvan, en die sosiale kontrole wat betrokke is by die

verhouding tussen koloniseerder en gekoloniseerde. Hierdie verhouding poneer belangrike

vraagstukke, soos die moontlikheid om kultuur te “dekoloniseer”. Ashcroft et al. (1989:29) wys

op die volgende: “Some of the most vigorous debates in post-colonial societies have centred on

exactly what such ‘decolonialization’ implies and how it should be achieved.”

Volgens Philip John (1998:19) het Bennita Parry met haar artikel “Problems in Current

Theories of Colonial Discourse” (1987) reeds meer as ’n dekade gelede ’n debat geïnisieer waarin

sy postkoloniale kritici daarvan beskuldig dat hulle die werk van anti-koloniale teoretici soos

Frantz Fanon ignoreer of devalueer. Volgens John (1998:20) kan die debat in twee kampe verdeel

word: aan die een kant is daar die posisie wat veral geassosieer word met Aijaz Ahmad (1995) en

Abdul Jan-Mohamed (1983, 1985), wat uit ’n marxistiese oogpunt onbeskaamd die belangrikheid

bevestig van ’n “... theory which will continue aligning itself clearly with struggles against

imperialism worldwide” (John, 1998:20). Hierdie posisie hou vol dat relatief stabiele identiteite

gehandhaaf en gekomplementeer moet word deur teorie, om sodoende imperialistiese dominasie

21