01.05.2013 Views

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die setlaar se gevoel van “displacement” wanneer hy/sy vind dat die taal van die

moederland nie “pas” op die kolonie nie, word as model gebruik vir die idee dat

enige representasie ’n “site of difference” is geassosieer met die Derridiaanse

différance. Die ervaring van postkoloniale letterkundes waarin ’n ander taal as dié

van ’n moederland (soos ’n inheemse taal) of ’n gehibridiseerde taal (soos

byvoorbeeld Afrikaans) gebruik word, kan nie gemaklik ondervang word met

hierdie omskrywing van “displacement” nie (Viljoen, 1998:76).

Viljoen kritiseer Ashcroft et al. (1995) verder deurdat sy aantoon dat die sterk klem op die

verknooptheid van plek met taal (“... place is language, something in constant flux” - Ashcroft et

al., 1995:391) immers impliseer dat daar noukeurig gekyk moet word na die spesifieke

besonderhede van verskillende postkoloniale taalsituasies. Volgens Viljoen is dit

... iets wat nie gebeur in hulle eie opmerkings wat kennelik die model van Engels binne

setlaar-kolonies soos Australië, Kanada en Suid-Afrika priviligeer nie. ’n Term soos

‘displacement’ beteken vir die inheemse bevolking van gekoloniseerde gebiede iets anders

as verplasing en vervreemding van ’n moederland (Viljoen, 1998:77).

Die vraag ontstaan of postkoloniale gemeenskappe in hierdie hibridiese vorm van die Europese

taal moet skryf of in hulle eie inheemse tale. As die postkolonialisme sigself beywer vir die skep

van ’n persoonlike stem en die bevordering van ’n eiesoortige nasionale of streekskarakter, lyk dit

noodwendig dat die skrywer hom/haarself juis in sy/haar moedertaal sou moes uitdruk. Oyegoke

sluit hierby aan en staan krities teenoor Ashcroft et al. (1989) se seminale teks, The Empire

Writes Back, as hy die volgende aandui: “It also comes out in the book that the main strength of

the colonial experience as the raison d’être of postcoloniality is the survival of the colonialist

language in the colonies - in this case, English, in former British colonies - as well as the

ascendancy of English as a global language”(1998:10). In die “General Introduction” van The

Post-colonial Studies Reader (Ashcroft et al., 1995), word daar wel die volgende aangedui: “The

Reader also recognises, but does not directly address, the importance of the continuing body of

work in indigenous languages” en later: “Without endorsing a naively ‘natavist’ position, post-

colonial theory needs to be aware that it is engaged in a project which supplements rather than

replaces the continuing study and promotion of the indigenous languages of post-colonial

societies” (1995:4). Dit laat die vraag ontstaan of slegs tekste in Europese tale, of na aanleiding

van Ashcroft et al. (1989) se voorbeeld, “europese” tale, wel as postkoloniale tekste gelees kan

word?

Oyegoke wys daarop dat die vervanging van “... English by english is tantamount to a

replacement of an old centre by a new one in which english perpetuates its hegemonic hold over

19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!