POTGIETER-MA-TR02-81.pdf
POTGIETER-MA-TR02-81.pdf
POTGIETER-MA-TR02-81.pdf
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
I.I Die Projek:

I. INLEIDING

The sole raison d’être of a novel is to discover what only the novel can discover

Milan Kundera, 1988

Volgens William Ray is daar “... no more logical place to learn about the status of fiction, history

and narrative than in the texts where those notions converge most explicitly” (1990:vii). Hierdie

tesis ondersoek sommige van die narratiewe strategieë binne twee histories-gerigte romans,

naamlik Lijken op Liefde (1997) deur die Surinaams-gebore outeur Astrid H. Roemer en die Suid-

Afrikaanse Duiwelskloof (1998) deur André P. Brink. Lijken op Liefde is die tweede roman in ’n

trilogie waarvan die eerste, Gewaagd Leven, in 1996 verskyn het. Die derde roman, Was

Getekend, het in 1998 verskyn. In hierdie ondersoek word daar gekonsentreer op Lijken op Liefde

as gevolg van ruimtebeperkinge, hoewel daar tog na die ander twee romans verwys word waar

nodig. Rakende die ondersoekgebied, vertoon hierdie teks belangrike ooreenkomste met

Duiwelskloof. Beide Lijken op Liefde en Duiwelskloof is geskryf binne ooglopend postkoloniale

tydperke, ontgin persoonlike en kollektiewe verledes en bied ’n ruimte waarbinne die versweë

aspekte van die (koloniale) verlede aangespreek kan word om sodoende ’n (postkoloniale)

toekoms moontlik te maak.

Van Heerden (1999:1) wys daarop dat met die skep van fiksie wat op selfbewuste wyse

met die verlede in geding tree, Afrikaanse en Nederlandstalige skrywers aansluit by ’n

welbekende tendens wêreldwyd. Lijken op Liefde staan duidelik in die teken van ’n groter

Karibiese problematiek waarin skrywers die noodsaaklikheid ingesien het om koloniale

weergawes van die geskiedenis te hersien en die verlede weer op te eis van ’n koloniseerder wat

dit die swye opgelê of geïgnoreer het. Edlmair wys op die volgende:

Like other postcolonial authors, [Caribbean authors] have attempted to balance a

Eurocentric history with their own alternative perspectives, thereby also hoping to restore a

cultural identity which had been damaged in the colonial experience and to present

themselves as the subjects of their own pasts (Edlmair, 1999:5).

Dit is veral die dissipline van postkoloniale studies wat ’n teoretiese raamwerk bied vir hierdie

projek. Postkoloniale studies gee juis aandag aan die belangrikheid van prosesse soos

herskrywing, herbenoeming en die herkaart van die verlede, waarbinne die manier waarop daar

met die verlede omgegaan word, bepalend is vir die hede en die toekoms.