01.05.2013 Views

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ironies genoeg is die taak wat die verteller, Flip Lochner, op homself neem weereens ’n

vorm van kolonisasie: hy wil die afgeslote Duiwelskloof aan die buitewêreld se logosentriese

denkwyse en die imperialistiese projek van geskiedskrywing onderwerp, iets waarvan hulle die

afgelope 150 jaar al probeer wegskram. Maar reeds vanuit die staanspoor word dit duidelik dat

die teks sigself veral bemoei met dit wat Brink soos volg verduidelik:

Ons word almal groot met ’n sekere idee van wat eintlik geskiedenis is. Mettertyd begin jy

agterkom dat dit ook maar ’n optekening van verslae en relase en indrukke is, elkeen vol

van die feilbaarhede van die mens wat dit opgeteken het. En dan begin jy vra: Wie het

hierdie geskiedenis geskryf? En vir wie? En waarom? En dan begin jy soek na die stories

agter die amptelike geskiedenis (Parker, 1998:35).

Waar Cora Sewa vanuit ’n multikulturele gemeenskap, die gevolg van slawerny en kontrakarbeid,

die draer is van ’n koloniale verlede wat haar vroulike stem dubbel gesmoor het, is die verteller in

Duiwelskloof, Flip Lochner, binne die Suid-Afrikaanse opset ’n stem wat nie meer so geredelik as

voorheen gehoor mag word binne die nuwe bedeling nie. Die blanke, middeljarige Afrikanerman

het sy plek in die samelewing verbeur deur dieselfde tipe verskuiwing in fokus wat aan Cora

Sewa ’n plek in die geskiedenis probeer oopmaak. Hoewel nie een van die twee ondersoekers

hulle aanvanklike doel kan bereik nie, is daar tog in albei gevalle ’n mate van verlossing moontlik

gemaak. Cora se ondersoek lei daartoe dat sy wel nie die verlede kan agterhaal nie, maar dat sy

tog haarself ontdek, soos hierna bespreek onder “’n Reis na binne”, terwyl Flip aangeset word tot

die nood om ’n narratiewe oplossing te vind vir sy bestaanskrisis.

Die politieke implikasies van Wesseling se standpunt lê veral daarin dat die projek om die

kollektiewe geheue met verhale oor die verloorders in die geskiedenis te skryf, nie willekeurig is

nie. Weergawes van die geskiedenis is nie slegs belangrik in terme van dit wat verby is nie, maar

affekteer ook die hede en die toekoms:

Time and again, official history has been compromised by a legitimating role. If

historical discourse tacitly depicts history as an objective process with an inherent

forward motion and purpose of its own, then any particular status quo is to be

regarded as the inevitable outcome of an inexorable development, whose right of

existence is beyond dispute and to whose extention into the future we must accede.

For this reason, the seizure and subsequent stabilization of power is often

accompanied by the rewriting of history, which conjures up dynasties that are

supposedly continued or reestablished by the aggressors in question (Wesseling,

1997:206).

Wesseling se standpunt hieromtrent is dat geskiedenis deur die magshebbers geskep word. Juis

daarom wil Uchroniese fiksie die willekeurigheid van die geskiedenis onderstreep, nie om op ’n

37

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!