01.05.2013 Views

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

POTGIETER-MA-TR02-81.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

I.II Struktuur:

In hoofstuk 1 word daar gewys op die problematiek rondom die postkoloniale projek en die

terugkerende temas en strukturele elemente binne hierdie diskoers. Daar word veral gewys op

postkoloniale literature wat die geskiedenis opsoek om daarin ’n alternatiewe verloop van die

verlede te versin, dikwels in die vorm van parodie en onderbroke narratiewe strukture en deur die

gebruik van die magiese realisme. Hiervoor word die postmoderne dissipline van historiografiese

metafiksie (soos veral in die werk van Hutcheon, 1988a) ingespan om die verhouding met die

verlede te problematiseer en om daardeur ’n nuwe beskouing van die hede en die toekoms

moontlik te maak.

Die vraag wat hieruit spruit, is of die postkolonialisme versoenbaar is met die

postmodernisme, wat beskou kan word as ’n Westerse fenomeen. Soos in hoofstuk 1 gewys word,

is daar genoeg ooreenkomste tussen die postmodernisme en die postkolonialisme dat die twee

dissiplines mekaar sinvol kan komplementeer. Beide die postmodernisme en die

postkolonialisme:

1) bevraagteken outoriteit en outoritêre modelle;

2) beide verwerp die model van die Cartesiaanse individu en is gemoeid met

marginalisering;

3) beide erken die onstabiliteit van betekening;

4) beide plaas die subjek in taal en diskoers;

5) albei propageer die dinamiese aard van mag en

6) tree in ’n selfbewuste gesprek met die verlede.

Vir Hutcheon is die ooreenkomste tussen die postmoderne en die postkoloniale deel van die

dialoog met die geskiedenis wat deur beide onderneem word:

After modernism’s ahistorical rejection of the burden of the past, postmodern art has sought

self-consciously (and often even parodically) to reconstruct its relationship to what came

before; similarly, after that imposition of an imperial culture and that truncated indigenous

history which colonialism has meant to many nations, post-colonial literatures are also

negotiating (often parodically) the once tyrannical weight of colonial history in conjunction

with the revalued local past (1995:131).

Historiografiese metafiksie dwing die leser om aanvaarde weergawes van die geskiedenis te

bevraagteken deurdat dit op ’n uiters selfbewuste wyse die “fiksies” van die verlede blootlê.

Wesseling (1991; 1997) kritiseer Hutcheon se benadering as dit by die politiese aspekte

van hierdie subgenre van die postmodernisme kom. Sy beweer dat metafiksionaliteit alreeds in

die modernisme aan bod kom en dat postmoderne historiografiese tekste eerder verklaar kan word

3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!