01.05.2013 Views

DIE ONDERRIG VAN PROFESSIONELE PRAKTYK IN DIE ...

DIE ONDERRIG VAN PROFESSIONELE PRAKTYK IN DIE ...

DIE ONDERRIG VAN PROFESSIONELE PRAKTYK IN DIE ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

‘n professionele identiteit ontwikkel, maak dit dus deel van hulle “self” (Adams, et

al., 2006:63; Sürreya, 2004:intyds; Gregg & Magilvy, 2001:intyds) en is aan

Verpleging toegewyd. Die omgekeerde is ook waar, naamlik dat indien ‘n

professionele identiteit nie ontwikkel en geïnternaliseer word nie, sulke persone

nie aan Verpleging toegewyd sal wees of die waardes van Verpleging sal nakom

nie. Sulke persone sal Verpleging slegs as die uitvoer van roetine prosedures

sien (Ewens, 2003: 224; 226; Pask, 2003:170; Gregg & Magilvy, 2001:intyds).

Self-identifikasie met ‘n professie behels meer as net teoretiese en praktiese

kennis van die betrokke professie; dit behels ook die aanleer van die waardes en

norme van die professie (Adams, et al., 2006:56-57; Grainger & Bolan,

2006:intyds; Davies, 2002:intyds; Gregg, & Magilvy, 2001:intyds; Mellish &

Paton, 1999:107).

Die proses waardeur waardes en norme aangeleer word, verskil egter van hoe

teoretiese kennis aangeleer word, aangesien waardes, norme en houdings die

affektiewe domein van kennis raak. Indien onderrig ten opsigte van waardes,

norme en houding dus slegs op teoretiese vlak gedoen word, sal studente nie ‘n

professionele identiteit ontwikkel nie (Mogodi, Jooste & Botes, 2003:31, 35-36).

Die uitdaging wat dus aan lektrises gestel word, is om strategieë te ontwikkel om

die ontwikkeling van professionele identiteit te bevorder, soos om byvoorbeeld

interaktiewe onderrigmetodes te implementeer en studente doelgerig hieroor in

praktyk te onderrig (Grainger & Bolan, 2006:intyds; Sürreya, 2004:intyds; Davies,

2002:intyds).

Ontwikkeling van professionele identiteit verg blootstelling aan positiewe

rolmodelle in die praktyk (Adams, et al., 2006:57; Gregg, & Magilvy, 2001:intyds;

Mellish & Paton, 1999:107; Fagerberg, 2004:284). Die ontwikkeling van ‘n

professionele identiteit is nie gekoppel aan hoe lank ‘n studente in die praktyk

geplaas is nie, maar aan blootstelling van spesifieke insidente of gebeure wat

28

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!