01.05.2013 Views

DIE ONDERRIG VAN PROFESSIONELE PRAKTYK IN DIE ...

DIE ONDERRIG VAN PROFESSIONELE PRAKTYK IN DIE ...

DIE ONDERRIG VAN PROFESSIONELE PRAKTYK IN DIE ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Assessering moet ‘n integrale deel van onderrig uitmaak en nie slegs as ‘n

einddoel gesien word nie (Quinn, 2001:200-201).

Assessering word dus beskryf as ‘n sistematiese proses waardeur inligting,

rakende ‘n persoon se vordering en kwaliteit van kennis, gedrag, vaardighede en

houding op geldige wyse bekom en teen vooraf gestelde uitkomste, gemeet

word. Ten opsigte van Professionele Praktyk sal assessering dus ‘n waardebeoordeling

van die kennis en vaardighede van ‘n student, sowel as vordering in

die proses van vorming van ‘n professionele identiteit beteken.

1.6.5 Onderrigraamwerk: ‘n Raamwerk is ‘n plan of omlyning van iets konkreet of

abstrak (Odendal & Gouws, 2005:906 ).

‘n Onderrigraamwerk is ‘n uiteensetting van voorgestelde onderrig-benadering(s),

-tegnieke, inhoud en assesseringswyse van ‘n gegewe module, in dié geval, die

module Professionele Praktyk.

1.6.6 Professionele Praktyk: Gastmans (2002:intyds) beskryf professionele praktyk as

die totaliteit van houding en vaardighede van ‘n verpleegkundige wat in ‘n

deernisvolle (“caring”) sorgverhouding met ‘n medemens (pasiënt) toegepas

word ten einde die medemens van goeie sorg te voorsien. In Verpleging verwys

Professionele Praktyk na die onafhanklike uitvoering of beoefening van

Verpleging deur professionele verpleegkundiges op ‘n gegewe standaard wat

deur die professie en samelewing aanvaarbaar is (Searle, 2000:134).

Professionele praktyk verwys dus na die onafhanklike beoefening van

verpleegkundige kennis en vaardighede op ‘n gegewe standaard, wat in ‘n

deernisvolle (“caring”) sorgverhouding met ‘n medemens op sò ‘n wyse (eerlik,

eties, verantwoordelik) plaasvind dat die medemens bevoordeel word.

36

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!