01.05.2013 Views

1 - Library

1 - Library

1 - Library

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Koelblok

Pyle dui rigting van lugvloei aan

Waaiers

Fig.(3-15) Negatiewe druk, lengteventilasie met koelblok aan die gewelmuur.

deur die windspoed te verhoog. Normaalweg is hoe windspoed (vinniger

as 0,6 meter per sekonde) slegs nodig waar hoenders besonder warm kry

en die windspoed deel uitmaak van die verkoelingsmetode. Braaikuikens

wil normaalweg nie sulke hoe windsnelhede ervaar nie. Deur lug oor 'n

kort afstand, soos in dwarsventilasiehuise, om te ruil het mens dan die

keuse om dit teen 'n baie laer windspoed te doen as met lengteventilasie

terwyl niks 'n persoon verhoed om 'n hoe spoed te gebruik wanneer hitte

dit noodsaak nie.

Hierdie faktore plaas 'n beperking op die maksimum lengte vir hierdie

tipe huise. Meeste maatskappye wat hierdie huise ontwerp en oprig

beveel'n maksimumlengte van 60 - 65 meter aan. ·

Die koelblokke moet ook 'n gordyn of iets soortgelyks he waarmee die

lugvloei geheel en al afgesluit kan word, soos bv. op 'n jong ouderdom.

4. Watterhuis om te kies.

In 'n gebied waar daar 'n redelike hoeveelheid wind is, sal min huise by

32

r 'n

goed ontwerpte konveksiehuis kers vashou. Die oprigtingskoste is

laer, onderhoud is laer (geen waaiers om te onderhou nie!) en die kanse

dat die kuikens sal versmoor met 'n totale kragonderbreking is min.

Verkoeling met hoe- of laedruk sproeikoppe is moontlik mits daar wind is

of wanneer addisionele hulpwaaiers voorsien is.

In baie warm gebiede met min wind sal mens min keuse he as om 'n

kragventilasiehuis op te rig. Die beste tipe is negatiewe druk, dwarsventilasie

huise met verkoeling. Al die tipes in fig.(3-11) tot fig.(3-13) werk

goed. Waaierplasing moet verkieslik soos in fig.(3-17) wees.

Nog 'n voordeel van kragventilasiehuise is dat weinig daglig inkom. Dit

het tot gevolg dat die ligintensiteit in die huis beheer kan word. Deur ligintensiteit

laag te hou is die hoenders rustiger wat minder afkeurings as

gevolg van velkrappe in die abattoir tot gevolg het. Die vangproses kan

dan ook in die dag gedoen word sonder dat die hoenders te opgewonde

raak en mekaar moontlik vertrap.

Huisgrootte.

Verskillende klimaatsones bestaan in aile braaikuikenhuise. Daar is altyd

verskille binne 'n enkele huis (selfs dwarsventilasiehuise) ten opsigte van

temperatuur, ammoniak en ander gasse se opbou. Aspekte soos die ligging

van 'n huis ten opsigte van wind, son en geografie asook die posisie

van die broei-area in die huis speel'n rol in die ontstaan van hierdie klimaatsones.

In groter huise is die probleem natuurlik erger. In hierdie

huise word daar gewoonlik maar na 'n goeie gemiddeld van aldie areas

gestreef. Om die effek van die sones minder te maak kan die huis in 'n

hanteerbare hoeveelheid verskillende areas opgedeel word, wat elk

onafhanklik beheer word. As voorbeeld kan 'n 120m lang gordynhuis se

gordyne in 3 areas van 40m opgedeel word. Temperatuur kan elektronies

vanaf die drie areas na een sentrale bord herlei word en wenaste kan ook

van een punt beheer word.

3.3 Waaierbeheer en -plasing in kragventilasiehuise.

Beide vastespoed sowel as varierende spoed waaiers word gebruik in

kragventilasiehuise.

33

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!