01.05.2013 Views

1 - Library

1 - Library

1 - Library

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Twee-fase:

RANTSOEN Aanvangs Groei/ Afrond

Metaboliseerbare 3080-3190 3080-3190

energie kcal/kg

Ru-prote"ien % 22-23 19-20

Drie-fase (National Poultry Breeders -1992):

RANTSOEN Aanvangs Groei Afrond

Metaboliseer- 3080-3190 3080-3190 3080-3190

bare energie

kcal/kg

Ru-prote"ien% 22-23 20-21 18-19

Die voervervaardiger sal spesifiseer hoeveel van elke tipe van sy rantsoen

gevoer moet word.

Wanneer word twee- en wanneer drie-fase voer gebruik? Twee fase voer

is veral geskik wanneer In kleiner hoeveelheid kuikens geproduseer

word. By meeste grater produsente word drie-fase voeding gebruik (en in

sekere ondememings selfs meer as drie fases). In teorie moet meer fases

beter wees as minder maar in die praktyk moet die vergelyking op die

plaas gedoen word. Die belangrikste oorweging is die koste wat gemeet

word in sent voer per kilogram verhandelbare produk (sien Hoofstuk 7

vir kosteberekeninge). Die vetinhoud van die karkas mag ook belangrik

wees1 veral as die mark sensitief is vir 1

n te vet hoender.

6.2 Voerformaat.

Voere kan gelewer word in 1

n formaat wat die boer spesifiseer. Dit kan as

krummels1 pille of meel bestel word.

Krummels: Krummels is uiters geskik vir jong braaikuikens. Ten minste

al die voer in die eerste 14 dae moet in hierdie formaat wees.

Meestal word al die voer in die aanvangsperiode nl. tot 21

dae in hierdie formaat bestel. Die krummels bestaan uit

gebreekte pille. Pilvoer se formaat is te groat vir die klein

86

Pilvoeding:

Meelvoeding:

6.3 Voertegnieke.

Totale tyd voeding.

kuikens om dit te kan eet. Die inname van meel in hierdie

periode kan weer die groei beperk aangesien die kuiken fisies

minder meel as krummels kan inneem. Die braaikuiken se

grootste massatoename vind in die eerste 14 dae plaas (die

massa vermeerder 8 15 keer van 0 tot 14 dae). Dit is dus noodsaaklik

om die inname- en groeipotensiaal van hierdie periode

na behore te benut. Krummels is uiters geskik hiervoor.

Die braaikuiken kan meer voer in 1

n pil as in 1

n meelvorm

inneem en kan ook nie selektief wees nie en moet alles eet

wat in die pil is. Verder het pille die voordeel dat daar minder

vermorsing is as met meel. Nie-teenstaande die feit dat

pilvoer duurder is as meelvoerl is dit meer ekonomies.

Omdat die braaikuiken se voerinname minder is op meel

as op pille of krummels is die groeitempo laer. Dit moet

nooit in die eerste 14 dae gebruik word nie aangesien dit

die groei te veel sal vertraag in hierdie kritiese periode.

Die verminderde inname het hoofsaaklik daarmee te doen

dat die meel stadiger as pille gevreet word. Deur meer

voerspasie te voorsien word die probleem effens verlig

want dan hoef een hoender nie te wag dat In ander hoender

wat lank vat klaar eet nie.

Aangesien waterpens groeiverwant is kan meelvoer effektief

gebruik word om groei te vertraag wat die vrektes aan

waterpens aansienlik verminder. Dit word gewoonlik

gegee sodra die vrektes a.g.v waterpens begin toeneem

(gewoonlik van laat herfs tot vroeg lente). Moet nie meel

tydens die res van die jaar voer nie aangesien die groeivertraging

nie ekonomies is nie.

Hiermee word bedoel dat voer altyd beskikbaar is. Dit is In goeie ongekompliseerde

metode en gee goeie produksieresultate.

87

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!