01.05.2013 Views

1 - Library

1 - Library

1 - Library

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ook deur die huis, hulle kan voor swaarder wees as agter of andersom.

Die beste is om op ten minste drie plekke in die huis te weeg nl. voor, in

die middel en agter. Indien daar 'n monStergrootte van 3% geweeg word

kan 1% in elke area gedoen word. In die betrokke areas word 'n area wat

geskat word die gewensde aantal hoenders bevat afgeskort en al die

hoenders in die area word geweeg en getel. 'n Platformskaal kan gebruik

word en die hoenders kan in kratte geplaas word en 'n paar kratte kan

gelyktydig geweeg word.

Toetsweeg moet altyd in dowwe lig bv. snags gedoen word.

Indien toetsweeg korrek uitgevoer word, is daar min steurnis op die

kuikens.

5.11 Opsomming van daaglikse roetine.

1. Handhaaf temperatuurbeheer. Monitor elke uur tydens die

eerste tien dae en daarna 2- 3 uurliks. Skryf daagliks die minimum

en maksimum temperatuur op.

2. Ondersoek kuikens om seker te maak dat hulle gesond is.

3. Tel dooie kuikens elke oggend en elke laatmiddag op.

4. Hou rekords van dooie kuikens en vergelyk met die standaard.

Indien daar 'n probleem is skakel die veearts.

5. Ondersoek die skropgoed. Draai indien dit nodig is en verwyder

nat kolle bv. waar drinkbakke lek.

6. Ondersoek toerusting en verseker goeie werkende toestand.

7. Monitor voerverbruik: gaan massavoerders se inhoud na.

8. Die ontsmetmiddel in die voetbaddens word daagliks vervang.

9. Onder 7 dae moet drinkbakke elke dag gewas word. Hierna is

elke tweede dag voldoende.

10. Vanaf 7 dae moet die voer- en drinkbakke elke tweede dag tot

die aanbevole hoogte verstel word. Voor 7 dae bly hierdie

toerusting plat op die grond.

5.12 Hantering van hoenders voor slag.

Voer word 4-6 ure voor die slagtyd onttrek. Dit sal voorkom dat kuikens

76

met vol kroppe die slagpale bereik. Vol kroppe bemors die karkas tydens

slagting en.is ook 'n blote vermorsing van voer.

Water kan een uur voor slag onttrek word.

Indien 'n huis meer as 5000 kuikens bevat is dit beter om die huis in

gedeeltes af te skort met 400 tot 500 mm hoe afskortings. Die afskortings

word elke 10 tot 15 meter geplaas. Die afskortings keer dat hoenders

mekaar dood trap.

Tydens die vangproses moet daar deurentyd verseker word dat hoenders

nie te veel ophoop en mekaar versmoor en doodtrap nie. Tydens sulke

ophopings kan die hoenders mekaar ook krap. Voldoende toesighouding

met genoegsame arbeid word benodig om dit te voorkom.

Die beste metode vir vang is om in baie flou lig te vang. In oop huise is dit

dus die beste om snags die hoenders te vang. Dowwe blou in plaas van

gewone wit ligte wat slegs tydens vang gebruik word help ook om die

hoenders te kalmeer.

Die hoenders word dan in kratte of ander geskikte vanghouers geplaas.

Maak seker dat die vereistes soos in Hoofstuk 4 beskryf nie oorskry word

nie.

Nadat al die hoenders en enige moontlike sterftes ook verwyder is kan

die skoonmaak van die huise 'n aanvang neem.

5.13 Was en ontsmet van huise.

Nadat 'n huis eers een keer kuikens gehad het is dit noodsaaklik om 'n

effektiewe skoonmaak- en ontsmetprogram te volg voordat kuikens weer

geplaas word. Dit word gedoen deur 'n aantallogiese stappe te volg:

1. Verwyder los toemsting.

Aile los toerusting bv. drinkbakke, buisvoerders en verhittingstoerusting

word verwyder. Voerstelsels wat met kabels en wenaste beheer word hoe£

nie verwyder te word nie maar moet opgelig word.

77

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!