01.05.2013 Views

1 - Library

1 - Library

1 - Library

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

lei. Beide die amrnoniak en die beenprobleme kan gesamentlik of afsonderlik

borsblase veroorsaak.

Oneweredigheid.

1. Koue lei daartoe dat kuikens op 'n hoop sit en somrnige kuikens kom

nie uit die bondel om te gaan eet nie.

2. Die groottes van die dagoud kuikens wat ontvang is verskil te veel.

3. Enige siekte wat deur die huis gegaan het en sommige hoenders meer

as ander geaffekteer het.

4. Onvoldoende voerspasie.

Krapmerke.

1. Beenprobleme lei daartoe dat sommige hoenders oor ander klim wat

nie kan beweeg nie.

2. 'n Huis met kuikens wat oormatig skrikkerig is. Personeel moet altyd

rustig deur huise loop en nie vinnige bewegings maak wat die hoenders

verwilder nie. Dit help ook om ligte te verdoof wat waarskynlik

die rede is dat minder velkrappe in toe as oop huise gesien word.

3. Rowwe hantering tydens die vangproses.

4. Te hoe bevolkingsdigtheid.

Kolibasillose.

Sien Hoofstuk 8.

5.15 Afvalhantering.

Tydens die grootmaak- en wassiklus ontstaan daar heelwat afvalmateriaal

waarvan ontslae geraak moet word. Die proses om van die afval

ontslae te raak moet wetlik korrek wees en dit moet ander grondeienaars

in die omgewing in ag neem.

82

Mortaliteite.

Die daaglikse mortaliteite kan in 'n komrnersiele ontbindingsput gegooi

word. Hierdie putte voorkom reuke en vliee maar mag te klein wees vir

'n werklike groot braaikuikenplaas. Dan moet 'n ander oplossing gevind

word.

Die dooie hoenders kan in 'n gat begrawe word wat minstens 'n kilometer

weg van die plaas is en die dooie kuikens moet elke dag toegegooi

word.

Dooie kuikens kan ook na 'n newe-produkte aanleg geneem word waar

dit tot karkasmeel verwerk word. Hierdie is dikwels die beste oplossing

vir die groter produsent. Die mortaliteite moet altyd redelik vars wees

aangesien ontbinde karkasse 'n swak kwaliteit karkasmeel tot gevolg het.

Ou skaafsels en hoendermis.

Nat skaafsels wat uit die huise gedurende die grootmaakperiode verwyder

word moet van die plaas verwyder word. Dit kan as tuinkompos

gebruik word.

Skaafsels en mis wat aan die einde van die siklus verwyder word moet

ook minstens 5 kilometer weg van die plaas geneem word. Dit kan ook as

kompos gebruik word.

Soms sal boere die hoendermis as beesvoer gebruik. Die beeste moet dan

teen lamsiekte geent wees aangesien die organisme in die mis kan

voorkom. Koksidiose beheermiddels met die aktiewe bestandeel maduramisien

hou 'n gevaar vir beeste in. Raadpleeg eers 'n veearts of kry 'n

onderneming van die maatskappy wat die voerbyvoegings verskaf het

dat hulle produk veilig is vir gebruik in beeste.

Waswater.

Water van die wasproses wat sepe of ontsmetmiddels bevat mag nie in

natuurlike waterlope gestort word nie. Dit is 'n kriminele oortreding en is

volgens wet strafbaar!

83

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!