RUMATOÏEDE ARTRITIS – 'N BYWERKING - insightcpd.co.za
RUMATOÏEDE ARTRITIS – 'N BYWERKING - insightcpd.co.za
RUMATOÏEDE ARTRITIS – 'N BYWERKING - insightcpd.co.za
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
2008 MODULE 3

RUMATOÏEDE ARTRITIS – ’N BYWERKING

HOOFPUNTE

1. INLEIDING ..................................................... 2

2. EPIDEMIOLOGIE VAN RA .................................... 3

3. RISIKO FAKTORE VIR DIE ONTWIKKELING VAN RA .... 3

3.1 Genetiese vatbaarheid ............................................ 3

3.2 Omgewing snellers ................................................. 3

3.3 Geslag spesifieke faktore ........................................ 3

3.4 Outo-antiliggame .................................................... 3

3.5. Immuun funksie ..................................................... 3

4. DIE VERLOOP VAN RA ....................................... 4

4.1 Definisies ................................................................ 4

4.2 Die aanvang van RA ............................................... 4

4.3 Die verloop van gewrig patologie ........................... 5

4.4 Ekstra-artikulêre manifestasies van RA .................. 5

4.5 Die verloop van RA ................................................. 5

5. DIAGNOSE VAN RA ........................................... 6

5.1 Differensiële diagnose ............................................ 6

5.2 Kliniese eienskappe van RA .................................... 7

5.3 Diagnostiese kriteria van RA .................................. 9

5.3.1 Beperkings van die 1987 ACR

diagnostiese kriteria ..................................... 9

5.4 Aanvanklike beoordeling van siekte aktiwiteit ...... 10

5.5 Aanvanklike beoordeling van die graad van

erns van die siekte ................................................ 10

5.6 Bepaling van siekte aktiwiteit ............................... 11

5.7 Bepaling van funksionele status ........................... 11

5.8 Bepaling van gewrig skade ................................... 13

6. BEHANDELING VAN RA .................................... 15

6.1 Die doel van terapie .............................................. 15

6.2 Bepaling van reaksie op terapie ............................ 15

6.3 Nie-farmakologiese behandeling van RA ............. 15

6.3.1 Pasiënt onderrig ......................................... 15

6.3.2 Fisioterapie en arbeidsterapie .................... 16

6.4 Farmakologiese terapie ........................................ 16

6.4.1 Siekte modifiserende antirumatiese middel

terapie ........................................................ 17

6.4.2 Analgetika ................................................... 20

6.4.3 Nie-steroïed anti-inflammatoriese

middels....................................................... 20

6.4.4 Die COX-2 inhibeerders .............................. 21

6.4.5 Glukokortikoïede ........................................ 21

6.4.6 Biologiese middels ..................................... 23

6.5 Chirurgie ............................................................... 25

6.6 Behandeling van volgehoue aktiewe RA ............... 26

7. GEVOLGTREKKING ......................................... 28

STUDIE DOELWITTE:

Na voltooiing van hierdie module sal u:

Bekend wees met die epidemiologie van RA in Suid-

Afrika.

’n Basiese begrip hê van risiko faktore vir die

ontwikkeling van RA.

Oor voldoende kennis beskik oor die verloop van RA

en die natuurlike geskiedenis van hierdie siekte.

Bewus wees van die faktore wat geassosieer word

met ’n swak prognose van RA.

Bekend wees met die diagnose en differensiële

diagnose van RA.

In staat wees om die kliniese kenmerke wat vir die

diagnose van RA gebruik word te definieer en die

bepaling van siekte aktiwiteit en die graad van erns

daarvan te beoordeel.

Bewus wees van die doelwitte van terapie tydens

RA.

Oor ’n basiese kennis beskik van die niefarmakologiese

behandeling van RA.

Oor ’n deeglike begrip beskik van die farmakologiese

behandeling van RA, beide in terme van

simptoom beheer en in terme van siekte vordering.

Bekend wees met die rol van die SMARMs en

biologiese middels tydens die behandeling van RA.

In staat wees om pasiënte raad te gee oor die

verskeie behandelings vir RA in terme van tydsduur

tot effek, newe-effekte en monitering benodig.

1 Julie 2008
1. INLEIDING

Die Verenigde Nasies het die tydperk van 2000 tot 2010

onderskrywe as die Been en Gewrig Dekade. Hierdie

onderskrywing, wat ondersteun word deur meer as 750

organisasies, beklemtoon die behoefte om siektes soos

rumatoïede artritis (RA) te verstaan en aan te spreek.

Rumatoïede artritis is ’n leidende oorsaak van ongeskiktheid

en word verbind met aansienlike inperking van aktiwiteit,

verlaagde lewenskwaliteit en hoë gesondheidsorg kostes. RA

is ’n meer verminkende siekte - alhoewel nie noodwendig

meer pynlik nie – as onderste ledemaat osteoartritis. Binne ’n

dekade van aanvang kan RA lei tot werk ongeskiktheid,

(gedefinieer as ’n totale staking van werk) by tot en met 59%

van pasiënte.

RA het betekenisvolle ekonomiese implikasies vir die individuele

pasiënt en ook vir die samelewing. Individue met RA het drie

keer die direkte mediese onkostes, dubbel die hospitalisasie

koers en 10 keer die werk ongeskiktheid van ouderdom en

geslag gepaarde bevolkings. Daar is al vir baie jare relatief lae

koste behandelingsopsies beskikbaar vir die behandeling van

RA. Die bekendstelling van spesifieke COX-2 inhibeerders,

nuwer siekte modifiserende antirumatiese middels en die

biologiese middels het almal koste oorwegings tydens die

behandeling van RA na vore gebring.

Rumatoïede artritis affekteer ongeveer 1 % van die bevolking.

Dit beteken dat die gemiddelde gesondheidsorg werker min

ondervinding opdoen oor die siekte toestand en die behandeling

daarvan. Daar is desnieteenstaande verskeie nuwe middels

beskikbaar en ander word ondersoek vir die behandeling van

hierdie misvormende stoornis. Namate die behandeling van

RA meer effektief word, leef mense wat daaraan ly langer en

begin die impak van ko-morbiede toestande op die

ongeskiktheid en mortaliteit duidelik te word. RA is hoogs

voorspellend vir ’n verhoging in toekomstige komorbiditeite.

Byvoorbeeld, kardiovaskulêre siektes word die gereeldste

aangemeld as gepaardgaande toestand en is die algemeenste

oorsaak van premature sterftes by mense met RA.

Daar is ook aansienlik toenemende bewyse om die voordele

van vroeë diagnose en behandeling te ondersteun, gegewe

dat ongeveer 90% van pasiënte met RA ’n mate van

ongeskiktheid binne twee dekades na aanvang van die siekte

ondervind. Daar is egter struikelblokke vir die vroeë diagnose

en behandeling, insluitend die aanvanklike vertraging van die

pasiënt om mediese sorg te soek, gevolg deur ’n vertraging in

primêre sorg, want die simptome van RA is soms nie-spesifiek

en nie afdoende nie.

Om hierdie struikelblokke te oorkom, is kliniese riglyne ontwikkel

wat kan help met die identifikasie van pasiënte met vermoede

RA gedurende die vroeë inflammatoriese stadia van die siekte.

Die vroeë, spesifieke diagnose van RA gevolg deur die begin

van siekte modifiserende antirumatiese middels (SMARMs)

gedurende die inflammatoriese stadia van RA, verbeter pasiënt

uitkomste en langtermyn lewenskwaliteit. Daar bestaan egter

slegs ’n relatief kort geleentheid vir die aanvang van behandeling

met SMARMs, wat die algehele lewenskwaliteit van pasiënte

met RA aansienlik kan verbeter.

Hierdie module verskaf ’n bywerking van rumatoïede artritis

met spesifieke klem op die mees onlangse bewyse van siekte

behandeling en die nuwe terapeutiese klasse middels wat

bekend gestel is. Die term ‘artritis’ word algemeen gebruik en

word gewoonlik geïnterpreteer as osteoartritis. Hierdie module

handel egter oor rumatoïede artritis, wat ’n heeltemal ander

siekte is.

Figuur 1. Wêreldwye voorkomskoerse van RA volgens ouderdom en geslag, 1990 en 2000

(aangepas uit Global Burden of Disease 2000).

ASL = Algehele Siekte Las

JMO = Jare geleef Met Ongeskiktheid

2 Julie 2008
2. EPIDEMIOLOGIE VAN RA

RA affekteer ongeveer 0.5 tot 1% van die wêreldwye volwasse

bevolking en tot en met 3% van die bevolking ouer as 65 jaar.

Dit kom meer algemeen by vroue as mans voor aangesien

vroue twee tot drie keer meer geaffekteer word as mans.

RA affekteer alle bevolkingsgroepe, alhoewel ’n paar groepe

hoër voorkoms koerse toon. Die voorkoms van RA is gewoonlik

minder in ontwikkelende lande, maar daar kan ’n verband

wees met die stedelike leefstyl. Byvoorbeeld, opnames van

die 1970’s in Suid-Afrika het aangetoon dat die voorkoms van

RA in die stedelike swart bevolking 0,9% was, terwyl ’n

betekenisvol laer voorkoms (0,12%) in die landelike bevolking

aangeteken was.

Alhoewel RA op enige ouderdom kan voorkom, verhoog die

insidensie met toenemende ouderdom, tot ongeveer 70 jaar,

waarna dit afneem. Die piek insidensie van RA kom voor by

individue van 40 tot 60 jaar. Verskeie studies in Suid-Afrika dui

daarop dat die gemiddelde aanvangsouderdom ongeveer ’n

dekade vroeër by Suid-Afrikaners is. Ouderdom is nie net ’n

risiko faktor vir RA nie, maar gevorderde ouderdom word ook

gekenmerk deur vinniger funksionele afname as wat voorkom

as RA op ’n jonger ouderdom voorkom. Die lewensduur van

pasiënte met RA is 6-7 jaar minder as ouderdom gepaarde

kontroles wat nie aan RA ly nie.

3. RISIKO FAKTORE VIR DIE

ONTWIKKELING VAN RA

Bykomend tot die bydraende faktore van gevorderde ouderdom

en vroulike geslag, is daar verskeie ander risiko faktore vir die

ontwikkeling van RA. Alhoewel die oorsaak van RA nie bekend

is nie, is dit waarskynlik dat verskillende faktore saamwerk in

geneties vatbare persone om poli-artikulêre sinovitis

(inflammasie van die sinoviale membraan wat die gewrigte

uitvoer) te veroorsaak. As die proses eers begin het, word dit

naderhand selfvernuwend. Bykomend tot genetiese faktore,

dra omgewing-, infektiewe-, hormonale- en ander veranderlikes

op die een of ander manier by tot RA.

3.1 Genetiese vatbaarheid

RA is geneig om in families voor te kom. Eerste-graadse

familielede van pasiënte met RA toon ’n verhoogde voorkoms

van die siekte. Gebaseer op studies van tweelinge, word die

genetiese bydrae tot die vatbaarheid van RA op 60% geskat.

Tussen die groeiende lys van genetiese risiko faktore van RA

is daar betekenisvolle oorvleueling met gene geïdentifiseer as

risiko faktore vir ander outoïmmuun siektes, insluitend

sistemiese lupus eritematose, veelvuldige sklerose, tipe 1

diabetes en tiroïditis.

3.2 Omgewing snellers

Daar is min bekend oor die omgewing snellers van RA. Sigaret

rook is ’n groot risiko faktor vir die ontwikkeling van RA. Dit is

aangetoon dat vroue wat ten minste 25 sigarette per dag vir

meer as 20 jaar gerook het, ’n relatiewe risiko van 1.4 vir die

ontwikkeling van RA het in vergelyking met dié wat nooit

gerook het nie. Bykomend tot die verhoging van siekte

vatbaarheid, kan sigaret rook ook ’n risiko faktor wees vir ’n

ernstiger graad van die siekte. Staking van die rook gewoonte

kan help om die ontwikkeling van RA te verhoed.

Infeksie word vermoed as ’n kritiese aansporende faktor van

RA. Onder die bakterieë wat geïmpliseer word in RA is Proteus

mirabilis en die Mikoplasma spesies. Virale patogene word

steeds ondersoek. Betekenisvolle pogings is aangewend om

die moontlike assosiasie tussen Epstein Barr virus (EBV) en

RA te evalueer.

3.3 Geslag spesifieke faktore

Geslag spesifieke faktore beïnvloed vatbaarheid vir RA op

maniere wat nie heeltemal duidelik is nie. Vroue is twee tot drie

keer meer geneig om RA as mans te ontwikkel. Die insidensie

van RA onder vroue is die hoogste in die peri-menopousale

periode, wat daarop dui dat vroulike geslagshormone ’n rol

speel, miskien gedeeltelik as gevolg van die stimulatoriese

effek van estrogeen op die immuun sisteem. Die aanvang van

RA is raar tydens swangerskap en RA kom meer algemeen

voor by vroue wat glad nie kinders het nie. Die risiko van RA

kan verlaag word deur borsvoeding van 1 jaar of meer. Die

orale kontraseptiewe pil blyk ook om te beskerm teen die

ontwikkeling van ernstige RA.

3.4 Outo-teenliggame

Sedert die ontdekking van rumatoïede faktor (RF) in 1940, is

baie navorsing gedoen oor hierdie outo-teenligaam# of

immunoglobulien se verbintenis met die patofisiologie van

ernstige RA. Alhoewel dit duidelik is dat die teenwoordigheid

van RF op sigself nie RA veroorsaak nie, is daar geen twyfel

dat pasiënte met betekenisvolle RF titers ’n groter

waarskynlikheid van ekstra-artikulêre siekte het as seronegatiewe

pasiënte. Meer onlangs is die anti-CCP (sikliese

sitrulineerde peptied of ‘cyclic citrullinated peptide’) outoteenliggaam

aangetoon om ’n baie hoë spesifisiteit vir RA te

toon.

# Outo-teenliggaam - ’n Teenliggaam gerig teen ’n normale weefsel

bestanddeel, d.i. ’n teenliggaam gevorm in reaksie op, en wat reageer

teenoor, een van die individu se eie normale antigeniese endogene

bestanddele.

3.5 Immuun funksie

Immuun reaksie speel ’n rol tydens die ontwikkeling van RA.

Die eerste geval tydens RA word vermoed om die antigeenafhanklike

aktivering van T-selle te wees. Die aktivering van Tselle

deur tans onbekende middels in die immunogenetiese

vatbare gasheer is mees waarskynlik die voorval wat die

rumatoïede proses laat begin. Dit blyk toenemend waarskynlik

dat veelvuldige antigene die vermoë het om die inflammatoriese

proses te laat begin by die geneties vatbare gasheer.

T-sel aktivering lei tot veelvuldige effekte, insluitend:

Aktivering en proliferasie van sinoviale voering en

endoteliale selle.

3 Julie 2008
Werwing en aktivering van addisionele pro-inflammatoriese

selle vanuit die beenmurg en sirkulasie.

Sekresie van sitokiene en protease deur makrofage en

fibroblast-tipe sinoviale selle en

Outo-teenliggaam produksie.

Onlangse bewyse het groot belangstelling ontlok in B-selle en

hulle rol in die patogenese van RA. As hoogs doeltreffende

antigeen-presenterende selle, kan B-selle ’n betekenisvolle

bydrae lewer tot T-sel responsiwiteit tydens RA. Geaktiveerde

B-selle kan ook sitokiene produseer wat bekend is daarvoor

om inflammasie en gewrig skade tydens RA te bevorder.

Daar word vermoed dat een van die sleutel pro-inflammatoriese

sitokiene, tumor nekrose faktor-alfa (TNF-) angiogenese (die

ontwikkeling van nuwe bloedvate) stimuleer. TNF- is

waarskynlik die hoof sitokien wat proliferatiewe sinovitis

veroorsaak. Die feit dat TNF-alfa vlakke in die rumatoïede

sinoviale vloeistof vier tot vyf keer meer as in plasma is,

ondersteun die belangrike patofisiologiese rol van hierdie

sitokien tydens RA.

TNF- bevorder ook die vernietiging van sub-chondroale

been deur aktivering en verhoging van die aantal osteoklaste

by die inflammasie plek. Dit bevorder die produksie van

matriks metalloproteïenase wat kraakbeen vernietiging

veroorsaak.

Nota: Die toediening van anti-TNF- terapieë is aangetoon

om die aktiwiteit van die siekte te verlaag.

4. DIE VERLOOP VAN RA

4.1 Definisies

RA word gedefinieer as ’n outoïmmuun siekte wat gekenmerk

word deur chroniese simmetriese inflammatoriese verwerende

poli-artritis en word geassosieer met ’n verskeidenheid van

ekstra-artikulêre manifestasies. Tydens hierdie siekte val die

liggaam se eie immuun sisteem die weefsel aan wat die

gewrigte uitvoer en as ’n kussing dien. Uiteindelik verweer die

kraakbeen, been en ligamente van die gewrig, wat gewrig

misvormdheid en progressiewe fisiese ongeskiktheid

veroorsaak.

Om dit eenvoudiger te stel, is RA ’n sistemiese siekte van

onbekende etiologie wat hoofsaaklik die gewrigte en sommige

organe soos die longe en die vel betrek. Aanvanklik kom daar

swelsel van die gewrigte voor, wat indien nie behandel word

nie, aanleiding gee tot gewrig misvormdheid. Die kenmerkende

gewrig misvormdheid is laat manifestasies van die siekte.

4.2 Die aanvang van RA

Tydens tipiese gevalle is die aanvang van RA sluipend, met die

oorheersende simptome van pyn, styfheid en swelsel van baie

gewrigte. RA word gekenmerk deur simmetriese sinovitis en

serositis (inflammasie van die sereuse weefsel van die liggaam,

bv. weefsel wat die hart en die longe uitvoer), rumatoïede

nodules en vaskulitis (inflammasie van die bloedvat wande).

Die waarmerk eienskap van die siekte is ’n aanhoudende

Figuur 2. ’n Normale gewrig en ’n gewrig

deur RA geaffekteer

(aangepas uit Wikipedia.org)

simmetriese poli-artritis # (sinovitis) wat die polse en die klein

gewriggies van die hande en voete affekteer, alhoewel enige

gewrig wat deur ’n sinoviale membraan omring word, betrokke

kan wees.

Een van die vroegste patologiese reaksies tydens RA is die

ontwikkeling van nuwe sinoviale bloedvate. Sonder nuwe

bloedvate sal daar geen raamwerk wees waarop sinovitis kan

groei nie. RA kan dus as ’n angiogenese ## afhanklike siekte

beskou word. Die angiogenetiese reaksie is presies,

reproduseerbaar en identies in alle weefsels.

# Poli-artritis verwys na die teenwoordigheid van inflammasie in vyf of

meer gewrigte

## Angiogenese – die vorming van nuwe bloedvate

Nota: Sommige van die middels wat gebruik word vir die

behandeling van RA, bv. D-penisilamien en goudsoute toon

anti-angiogeniese effekte.

4 Julie 2008
4.3 Die verloop van gewrig patologie

Die verloop van gewrig patologie tydens RA is een van

progressiewe been en gewrig vernietiging in reaksie op

inflammasie. By liggings van aktiewe RA is daar ’n dramatiese

wanbalans in die been omset, waar plaaslike been resorpsie

die been vorming oortref.

RA toon ’n besliste variasie van kliniese manifestasie by

individuele pasiënte. Hierdie verskil is duidelik in die aantal en

patroon van gewrig betrokkenheid. Byvoorbeeld, by ’n sekere

pasiënt kan slegs ’n paar of amper al die gewrigte betrokke

wees.

’n Additiewe patroon van geaffekteerde gewrigte word

kenmerkend waargeneem met die artritis wat gewoonlik in die

klein gewrigte van die hande en voete begin en later versprei

na die groter gewrigte soos die knieë en die heupe. Die hoof

tekens van die siekte kan dikwels vroeg tydens die verloop van

RA in die hande waargeneem word. Die hand gewrigte is teer

met aanraking en toon ’n beperkte bewegingsveld. Voet

betrokkenheid is ook algemeen tydens die vroeë siekte. Die

polsgewrigte en elmboë is dikwels geaffekteer.

Hierdie gewrig misvormdheid kan die volgende affekteer:

Hande –bv. swaan nek (vaste fleksie van die proksimale

interfalangiale gewrig (PIP) of Boutonniere misvormdheid

van die vingers (ekstensie van die distale interfalangiale

gewrig (DIP), z-misvormdheid van die duim of ‘boogsnaar’

teken (prominensie van die tendons in die hande). Sien

Figure 3 & 4.

Voete – bv. oopspreiding en hamertone

Elmboë –bv. fleksie misvormdheid

Skouers – bv. verminderde abduksie en eksterne rotasie

Knieë –bv. effusies en vaste fleksie misvormdheid

Figuur 3. Die gewrigte van die hande

(aangepas uit Wikipedia.com)

Die skouer is geneig om later tydens die siekte geaffekteer te

word en kan aanleiding gee tot pynlike inperking van beweging.

Dit sal kenmerkend pyn in die nag veroorsaak, wanneer die

pasiënt op die geaffekteerde skouer lê.

Die knie toon baie veranderings tydens RA. Sinoviale verdikking

word maklik by die knie waargeneem en brei dikwels uit

rondom die patella. Effusie en beperking van beweging van die

knie is algemene kliniese bevindings.

Figuur 4. Die hande van die RA pasiënt met

gevorderde siekte

(Reproduseer met toestemming van Patrick J Venables, MD, Synovial

thickening of the metacarpophalangeal joint image. In Up To Date,

Rose, BD (Ed), Up TO Date, Waltham, MA 2008. Copyright 2008 Up

To Date, Inc. For more information visit uptodate.com)

Betrokkenheid van die heupe kom kenmerkend slegs tydens

goed gevestigde siekte voor. Heup siekte manifesteer meer

gereeld as pyn in die lies, dy en laer rug of kan verwys wees

na die knie as die pasiënt staan of beweeg.

4.4 Ekstra-artikulêre manifestasies

van RA

Ander fisiese tekens sluit verminderde greep krag, wat ’n

verrassend sensitiewe aanduider van vroeë siekte is en ook ’n

nuttige parameter tydens die evaluasie van siekte aktiwiteit en

progressie is, in. Bykomend tot artikulêre deteriorasie kan

sistemiese betrokkenheid aanleiding gee tot gewigsverlies,

laegraadse koors, moegheid en malaise.

Ekstra-artikulêre siekte kan by sommige pasiënte prominent

wees. ’n Wye reeks van ekstra-artikulêre manifestasies kan

gesien word by pasiënte met RA, bv. rumatoïede nodules kan

rondom die tendon skedes vorm,wat aanleiding gee dat die

tendon skede vashaak en in die onvermoë om bv. die vinger

heeltemal reguit te maak. Die nodules kan veroorsaak dat die

tendon skeur, veral in die duim en polsgewrig. Die elmboog is

ook ’n algemene plek vir subkutaneuse rumatoïede nodules,

maar nodules kan enige plek in die liggaam vorm, maar meer

gereeld op drukpunte. Die meeste vel nodules benodig geen

spesifieke behandeling nie.

Algemene ekstra-artikulêre manifestasies van RA word in

Tabel 1 aangetoon.

4.5 Die verloop van RA

Die verloop van RA is wisselvallig en onvoorspelbaar, maar

die meeste pasiënte ondervind ’n chroniese skommeling van

die verloop van die siekte wat, ten spyte van terapie, aanleiding

kan gee tot aanhoudende pyn en styfheid, progressiewe

gewrig vernietiging, misvormdheid, ongeskiktheid en selfs

voortydige sterfte. Meer onlangs is dit aangetoon dat

verwerende verandering wat aanleiding gee tot gewrig

vernietiging, dikwels vroeg tydens die siekte voorkom en dat

vroeë verlies van funksie onomkeerbaar kan wees.

5 Julie 2008
Tabel 1. Sommige algemene ekstra-artikulêre manifestasies van RA

(aangepas uit SAMT 2003;93(12):996)

Vel

• Subkutane nodules, kutane vaskulitis, veluitslae as gevolg van geneesmiddel toksisiteit

Kardiaal

• Perikardiale effusie, valvulitis

Pulmonaal

• Pleurale effusie, pulmonale fibrose, pulmonale nodules

Hematologies en retikulo-endoteliaal

• Anemie, neutropenie met splenomegalie (Felty se sindroom), limfadenopatie (geswelde limfkliere), trombositose# (met

aktiewe siekte of gastro-intestinale bloeding)

Oog

• Keratokonjunktivitis (Sjorgen se sindroom of droë oë) episkleritis ## , skleritis ## .

Neurologies

• Verstrikking bv. karpale tonnel sindroom

• Perifere of sensorimotor neuropatie

• Miëlopatie (patologiese veranderings in die rugstring) geassosieer met onstabiliteit

#Trombositose – (’n toename in die aantal plaatjies in die perifere bloed)

## Skleritis is ’n inflammatoriese siekte wat die wit buitenste bedekking van die oog d.i. die sklera, affekteer.

Episkleritis verwys na die inflammasie van die episklera (die buitenste laag van die sklera)

Siekte aktiwiteit # sal dalk nie bedaar by ongeveer 10 tot 20%

van pasiënte nie, terwyl algehele remissie slegs in ’n klein

proporsie pasiënte aangemeld is.

#Siekte aktiwiteit teenoor strukturele skade – Die konsep van siekte

aktiwiteit word gebaseer op die stand van die onderliggende

inflammatoriese reaksie en kan onderskei word van die destruktiewe

proses wat lei tot onomkeerbare skade aan die gewrig. Siekte aktiwiteit

wissel en hierdie wisseling is gedeeltelik te wyte aan die siekte proses,

maar is hoofsaaklik as gevolg van terapeutiese ingrype. In teenstelling

hiermee is strukturele skade kumulatief en onomkeerbaar. Die mate

van skade word nou verbind met inflammasie en dus siekte aktiwiteit,

maar word ook geassosieer met degenerasie en herstel. Namate die

strukturele skade vorder, word die waarneming van variasie in siekte

aktiwiteit deur kliniese ondersoek al hoe moeiliker. Teen hierdie laat

stadia, kan simptome soos pyn, styfheid, teerheid, swelsel en gewrig

effusie veroorsaak word deur aanhoudende rumatoïede siekte of as ’n

sekondêre gevolg van meganiese en degeneratiewe veranderings.

Remissie (d.i. afwesigheid van siekte aktiwiteit) sonder SMARM

terapie is raar. Die kriteria vir remissie is streng en die meeste

pasiënte bereik, ten spyte van aggressiewe terapie, nie remissie

Figuur 5. Natuurlike geskiedenis van RA

(aangepas uit SAMT 2003;93(12):996)

0

A B

nie. Die reaksie op terapie word dus beoordeel deur verbetering

in aktiwiteit veranderlikes bv. geswelde en teer gewrig tellings.

Figuur 5 is ’n grafiese voorstelling van die natuurlike geskiedenis

van RA, wat die variasie in die mate van inflammasie en

vordering van gewrig vernietiging gedurende die verloop van

RA aantoon. Tydens die vroeë stadia is daar aansienlike

inflammasie van die gewrigte met minimale bewyse van

gewrig vernietiging (A). Siekte-modifiserende terapie behoort

op hierdie stadium begin te word om inflammasie te onderdruk

en vernietiging van kraakbeen en been te verhoed. Later

tydens die verloop van die siekte sal daar waarskynlik ernstige

gewrig vernietiging voorkom as daar onvoldoende

onderdrukking van inflammasie tydens die vroeë stadia van

die siekte was (B).

In die lig van die wisselvallige verloop van RA is veelvuldige

pogings aangewend om faktore te identifiseer wat op ’n swak

prognose dui, sodat hierdie pasiënte intensiewe terapie vroeg

tydens die verloop van die siekte kan ontvang.

Faktore geassosieer met ’n swak prognose of van meer

aggressiewe siekte word in Tabel 2 opgesom. Pasiënte met

aanhoudende, inflammatoriese, simmetriese poli-artritis van

die hande en voete is meer geneig om ’n swak prognose te

toon.

5. DIAGNOSE VAN RA

5.1 Differensiële diagnose

Pyn in of rondom ’n gewrig is ’n algemene presenterende

simptoom. In baie gevalle is die pyn die gevolg van oorgebruik

van ’n gewrig of ’n ligte besering en die toestand klaar

heeltemal met die verloop van tyd op. In sommige gevalle kan

simptome van gewrigspyn ’n ernstiger plaaslike toestand

6 Julie 2008
Tabel 2. Faktore geassosieer met ’n swak

prognose

(aangepas uit SAMT 2003;93(12):996

• Vroeë ouderdom van aanvang of gevorderde ouderdom

• Hoë titer rumatoïede faktor (RF)

• Anti-CCP teenliggame

• Aansienlike verhoging van eritrosiet sedimentasie tempo

(ESR) en C-reaktiewe proteïen (CRP) #

• >20 geswelde gewrigte

• Vroeë radiografiese waarneming van erosie

• Ernstige funksionele ongeskiktheid tydens presentasie

• Genetiese merkers

• Ekstra-artikulêre siekte

#ESR en CRP is lede van die klas van akute fase reaktante aangesien

hulle vlakke dramaties styg gedurende inflammatoriese prosesse in

die liggaam. Kliniese siekte aktiwiteit en gewrig skade stem goed

ooreen met akute fase reaktant vlakke.

verteenwoordig of kan dit die aanvanklike manifestasie van ’n

sistemiese stoornis wees wat aanleiding kan gee tot

ongeskiktheid en misvormdheid indien die korrekte diagnose

en toepaslike behandeling vertraag word. ’n Gedetailleerde

geskiedenis en kliniese ondersoek is dus nodig om ’n

waarskynlike diagnose te maak en indien aangedui,kan

laboratorium toetse, x-strale en ander ondersoeke nodig wees.

Die probleem met die diagnose van RA was die afwesigheid

van ’n kenmerkende kliniese, laboratorium of radiologiese

merker wat die versekerde diagnose van RA moontlik

maak.

Een van die eerste besluite wat die dokter moet neem is of die

bron van die pasiënt se simptome artikulêr (d.i. as gevolg van

die patologie wat die gewrig kapsule, intra-artikulêre ligamente,

sinovium, artikulêre kraakbeen of peri-artikulêre been affekteer)

of nie-artikulêr (d.i. as gevolg van betrokkenheid van die

spiere, tendons, ekstra-artikulêre ligamente, bursa, fasia,

senuwees en been) is.

Artikulêre pyn is gewoonlik diep gesetel, swak gelokaliseer en

teenwoordig tydens aktiewe en passiewe bewegings. Swelsel

van die gewrig kan voorkom as gevolg van effusie, sinoviale

verdikking of benerige vergroting. Krepitus # , onstabiliteit of

misvorming van die gewrig kan teenwoordig wees.

#Krepitus – Die skawende sensasie veroorsaak deur die vryf van die

droë sinoviale oppervlaktes van die gewrigte teen mekaar. Dit is

gewoonlik ’n teken van osteo-artritis.

Nie-artikulêre pyn is gewoonlik gelokaliseer tot die

geaffekteerde anatomiese strukture. Dit is teenwoordig tydens

aktiewe beweging en daar is inperking van aktiewe beweging,

terwyl die passiewe reeks van bewegings gewoonlik normaal

is. Daar kan spier swakheid of wegkwyning wees, maar daar

is geen misvorming van die gewrigte nie.

As die bron van die pyn eers as artikulêr bepaal is, is dit nodig

om die oorsaak vas te stel. ’n Vereenvoudigde benadering tot

die oorsaak van artritis kan oorweeg word in vyf breë kategorieë

van troumaties, inflammatories, infektief, degeneratief en

gemengd. Sien Figuur 6.

Voordat RA in nadere besonderhede bespreek word, is dit

nuttig om kortliks die ooreenkomste en verskille tussen

osteoartritis (die algemeenste vorm van artritis) en rumatoïede

artritis te vergelyk. Sien Tabel 3.

5.2 Kliniese kenmerke van RA

Akute poli-artritis kan die aanvanklik presenterende simptoom

van RA wees. Poli-artikulêre siekte met ’n geleidelike aanvang,

intermitterende of migrerende gewrig betrokkenheid en ’n

mono-artikulêre aanvang is alles verskillende tipes van kliniese

presentasies van RA. Tydens die vroeë stadia is dit nie altyd

moontlik om ’n definitiewe diagnose te maak nie, aangesien

gewrig pyn die enigste manifestasie kan wees. Later kan

sistemiese manifestasies ontwikkel en laboratorium toetse

kan positief word, wat ’n definitiewe diagnose moontlik maak.

Poli-artritis verwys na die teenwoordigheid van inflammasie in

vyf of meer gewrigte. ’n Waarskynlike oorsaak van

inflammatoriese poli-artritis kan vermoed word op grond van

geskiedenis en kliniese ondersoek en bevestig word deur

laboratorium toetse en radiografiese beoordeling. Kenmerke

tydens geskiedenis en kliniese ondersoek wat kan bydra tot

die differensiële diagnose van poli-artritis is die aanvang, duur

en patroon van gewrig betrokkenheid en verspreiding van die

aangetaste gewrigte en die teenwoordigheid van sistemiese

manifestasies.

Soos voorheen genoem, is die patroon van gewrig

betrokkenheid van RA additief. Daar is aanhoudende

inflammasie in die aangetaste klein gewrigte van die hande en

voete en die siekte versprei om ander, groter gewrigte soos die

knie, skouer en heup of enkel te betrek. Die inflammasie is ook

simmetries, alhoewel dit minder opvallend vroeg tydens die

siekte is. Nieteenstaande is die graad van erns van die gewrig

siekte en gevolglike misvormdheid soms merkbaar

asimmetries, ’n bevinding wat toegeskryf kan word aan meer

strukturele skade aan gewrigte verwant aan unilaterale

oorgebruik van ’n dominante ledemaat.

Soos met ander outoïmmuun siektes, hang die diagnose af

van die versameling van kenmerkende simptome, tekens,

laboratorium data en radiologiese bevindings. Die volgende is

’n opsomming van kliniese eienskappe wat nuttig is vir

diagnostiese doeleindes:

Oggend styfheid vir ten minste een uur en teenwoordig vir

ten minste ses weke

Swelsel van drie of meer gewrigte vir ten minste ses weke

Swelsel van die gewrig, hand of toon gewrigte vir ten

minste ses weke

Simmetriese gewrig swelsel vir ten minste ses weke

Rumatoïede subkutane nodules

Positiewe Rumatoïede faktor

Hand x-straal veranderings kenmerkend van RA moet

erosies of onweerlegbare peri-artikulêre osteoporose insluit.

Oggend styfheid is ’n algemene kenmerk van dié met aktiewe

RA. Dit word gedefinieer as ‘stadige of moeilike beweging van

die gewrigte as daar uit die bed geklim word of nadat daar te

lank in een posisie gebly is, wat albei kante van die liggaam

betrek en wat beter word met beweging.’

Simmetriese artritis wat die metakarpofalangeale (MCP) en

proksimale interfalangeale (PIP) gewrigte van albei hande

affekteer, is die enkele mees kenmerkende kliniese eienskap

van RA.

Rumatoïede nodules het ’n hoë graad van spesifisiteit vir RA.

Hulle nut in die praktyk is egter beperk deur die feit dat hulle

slegs voorkom by ongeveer 30% van pasiënte. Hulle is ook

geneig om later tydens die verloop van die siekte voor te kom,

wanneer die diagnose onmiskenbaar is. Dus behoort die

7 Julie 2008
Figuur 6. Differensiële diagnose van artritis

(aangepas uit SAMT 2003;93(12):951)

Tabel 3. Osteoartritis teenoor rumatoïede artritis

(aangepas uit Pharmaceutical Journal, 2000;264:59)

Osteoartritis (OA) Rumatoïede artritis (RA)

Aanvangsouderdom 50-60 jaar 40-60 jaar

Voorkoms 12% van bevolking 1% van die bevolking

Gewrigte kenmerkend Gewigdraende gewrigte soos die Hoofsaaklik klein gewrigte van die hande,

geaffekteer knieë, heupe en ruggraat. polsgewrigte en voete.

Betrokkenheid van vinger gewrigte Groter gewrigte word later tydens die siekte

is egter algemeen proses geaffekteer.

Gewrig verspreiding Assimetries, dikwels mono-artikulêr Simmetries, dikwels poli-artikulêr

Ander orgaan betrokkenheid Nee Ja

Oggend styfheid Nie altyd nie, klaar gewoonlik Verleng, langer as 30 minute, word verlig deur

binne 30 minute op ligte oefening

Pyn Gelokaliseer, vererger met aktiwiteit Beweeg van gewrig tot gewrig, neem toe met

immobiliteit en hou vol tydens rus

Gewig Gewoonlik oorgewig Nie gewoonlik oorgewig nie

Gewrig inflammasie Akuut, intermitterend of afwesig. Chronies

Gewoonlik min bewyse van

inflammasie

Laboratorium bevindings Afwesig Teenwoordig

• Rumatoïede faktor

• ESR & CRP

• Anti-CCP teenliggame

Immuun sisteem betrokkenheid Nee Ja

Gewrig misvormdheid Ja Ja

Subkutane nodules Nee Ja

8 Julie 2008
afwesigheid van nodules tydens presentasie nie beskou te

word as bewyse teen die diagnose van RA nie.

Rumatoïede faktor (RF) is van nut tydens die diagnose van

RA, terwyl die eritrosiet sedimentasie tempo (ESR) en Creaktiewe

proteïen (CRP) van hulp is vir die monitering van die

aktiwiteit van die siekte. Alhoewel rumatoïede faktor positief is

by 70-80% van pasiënte met RA, is die diagnostiese

akkuraatheid beperk, want hierdie outo-teenliggame word ook

geassosieer met ander siekte toestande en word in 5-10% van

gesonde individue aangetref. Die voorkoms van positiewe RF

toetse neem ook toe met toenemende ouderdom. Rumatoïede

faktor titers verander selde tydens siekte aktiwiteit en is nie van

nut vir die monitering van pasiënte met RA nie.

In kliniese praktyk, word gewone film radiografie van die hande

en voete dikwels gebruik om die teenwoordigheid van gewrig

skade te beoordeel. Gewone radiografie is die standaard vir

die beoordeling van skade as gevolg van die lae koste en

wydverspreide beskikbaarheid daarvan. Dit is nie nodig om xstrale

van al die aangetaste gewrigte te neem vir die doel van

diagnose nie.

Ander beeldende tegnieke soos kontras – versterkte

magnetiese resonans afbeelding (MRI) en ultrosonografie

word al hoe meer gebruik om erosies waar te neem wat nie

duidelik is op gewone film radiografie nie.

5.3 Diagnostiese kriteria van RA

Klassieke vroeë RA word geassosieer met ’n poli-artritis wat

die klein gewrigte van die hande en voete affekteer, ten minste

60 minute van oggend styfheid en simptome wat aangehou het

vir ten minste ses weke. Gehaltebepalings vir beide rumatoïede

faktor en teenliggame teen sikliese sitrulineerde peptiede

behoort gedoen te word by pasiënte wat vermoed word om

vroeë RA te hê op die basis van hulle simptome en fisiese

ondersoek.

Diagnostiese kriteria vir RA was eerste voorgestel deur die

Amerikaanse Rumatiek Assosiasie (‘American Rheumatism

Association, ’ARA) in 1958. Die 1958 ARA kriteria is hersien

deur die American College of Rheumatology (ACR). Die 1987

hersiene ARA/ACR kriteria vir die klassifikasie van RA is in

Tabel 4 saamgevat.

5.3.1 Beperkings van die 1987 ACR diagnostiese

kriteria

Die ACR hersiene kriteria noem nie toestande wat uitgesluit

behoort te word voor die diagnose van RA toegeken kan

word nie.

Teenliggame teen sikliese sitrulineerde peptiede (anti-

CCP teenliggame) was onbekend in 1987 toe die kriteria

opgestel is. Hierdie outo- teenliggame het sedertdien

belangrik vir die diagnose van RA geword. Teenliggame

teen CCP is meer spesifiek maar effens minder sensitief vir

RA as positiewe RF gehaltebepalings. Soortgelyk was die

assosiasie van hoë titer rumatoïede faktor met RA nie in

die 1987 kriteria na waarde genoem nie.

Tans is daar geen formele definisie van ‘vroeë RA’ nie,

maar dit is in die kliniese riglyne beskryf as siekte duur van

minder as twee tot vyf jaar vanaf die aanvang van simptome.

’n Vroeë diagnose van RA word beskou as ’n diagnose

binne 3-6 maande na die aanvang van gewrig simptome.

Die ACR kriteria in Tabel 4 is ontwikkel deur gebruik te

maak van inligting van pasiënte met gevestigde RA

(pasiënte met aktiewe, goed gedefinieerde siekte vir ten

minste 6-12 maande). Dus het die kriteria tekortkomings

indien toegepas word op pasiënte met vroeë siekte.

Tabel 4. Die hersiene ARA/ACR kriteria vir die klassifikasie van rumatoïede artritis

1987 Kriteria vir die Klassifikasie van Akute Artritis van Rumatoïede Artritis

Kriteria Definisie

1. Oggend styfheid Oggend styfheid in en rondom die gewrigte, wat ten minste1 uur voor maksimale

verbetering duur.

2. Artritis van 3 of meer gewrig areas Ten minste 3 gewrig areas het gelyktydig sagte weefsel swelsel of vloeistof (nie

slegs benerige oorgroei nie) waargeneem deur ’n dokter. Die 14 moontlike areas is

die regter of linker PIP, MCP, polsgewrig, elmboog, knie, enkel en MTP gewrigte.

3. Artritis van hand gewrigte Ten minste 1 area geswel (soos hierbo gedefinieer) in ’n gewrig, MCP of PIP gewrig.

4. Simmetriese artritis Gelyktydige betrokkenheid van dieselfde gewrig areas (soos in 2 gedefinieer) aan

beide kante van die liggaam (bilaterale betrokkenheid van PIPs, MCPs of MTPs is

aanvaarbaar sonder absolute simmetrie)

5. Rumatoïede nodules Subkutane nodules oor benerige prominensies of ekstensor oppervlaktes of ’n

juksta-artikulêre gebiede, waargeneem deur ’n dokter

6. Serum rumatoïede faktor Demonstrasie van abnormale hoeveelheid serum rumatoïede faktor deur enige

metode waarvoor die uitslae positief was in
As gevolg van die beperkings van die ACR kriteria is daar

toenemende belangstelling in die ontwikkeling van nuwe kriteria

vir die diagnose van vroeë RA. Immunologiese voorvalle kom

baie jare voor die aanvang van kliniese siekte voor. Rumatoïede

faktor is by pasiënte aangetoon jare voor die aanvang van

simptome. Soortgelyk kan anti-sikliese sitrulineerde peptied

teenliggame die siekte met 14 jaar vooruitloop en die

waarneming van rumatoïede faktor met ’n gemiddeld van 2.8

jaar. Toenames in C-reaktiewe proteïen is aangetoon voor die

aanvang van kliniese siekte by pasiënte met of sonder

serologiese abnormaliteite.

5.4 Aanvanklike beoordeling van siekte

aktiwiteit

Die behoorlike behandeling van pasiënte met RA benodig

aanvanklike identifikasie van die aktiwiteit en graad van erns

van die siekte. Beoordeling kriteria van siekte aktiwiteit van RA

word op die volgende gebaseer:

Geskiedenis van simptome – duur van vroeg oggend

styfheid, tydsduur tot aanvang van moegheid, nagtelike

pyn

Fisiese ondersoek- teenwoordigheid van gewrig swelsel

of teerheid, styfheid en pyn tydens beweging

Laboratorium toetse – soos die eritrosiet sedimentasie

tempo (ESR) en C-reaktiewe proteïen (CRP). Die ESR is

meer toeganklik, maar nie so sensitief soos die CRP vir die

evaluering van kliniese reaksie op behandeling nie.

Funksionele beoordeling – vermoë om onafhanklik te

funksioneer met verwysing tot selfversorging,

beroepsverwante en ander aktiwiteite soos beoordeel

deur die ‘Global Physician and Global Patient Assessments’.

Die aanvanklike evaluasie van die pasiënt met RA behoort

simptome te dokumenteer van aktiewe siekte (d.i.

teenwoordigheid van gewrig pyn, duur van oggend styfheid,

mate van moegheid), funksionele status, objektiewe bewyse

van siekte aktiwiteit (d.i. sinovitis soos beoordeel deur teer en

geswelde gewrig tellings en die ESR of CRP vlak), meganiese

gewrig probleme (d.i. verlies van beweging, krepitus,

onstabiliteit, ongelykheid en /of misvormdheid), die

Tabel 5. Beoordeling van siekte aktiwiteit tydens RA

(aangepas uit Uptodate.com)

teenwoordigheid van ektra-artikulêre siekte en die

teenwoordigheid van radiografiese veranderings.

Die teenwoordigheid van komorbiede toestande behoort

beoordeel te word. Die pasiënt en die dokter se globale

beoordeling van siekte aktiwiteit en ’n kwantitatiewe beoordeling

van pyn deur gebruik te maak van ’n visuele analoog maatstaf

of ander gevalideerde metode van funksie of kwaliteit van

lewe, is nuttige maatstawwe om te gebruik gedurende die

verloop van die siekte. Hierdie basislyn inligting vergemaklik

die beoordeling van siekte vordering en reaksie op behandeling

baie. Verbetering is nie noodwendig eenvormig by alle

parameters nie, aangesien sommige kan verbeter terwyl ander

nie verbeter nie.

Basislyn laboratorium uitslae behoort ’n volledige bloedsel

telling (met wit bloedsel differensiaal en plaatjie tellings),

rumatoïede faktor bepaling en bepaling van ESR en CRP in te

sluit. Plaatjie tellings is verhoog by pasiënte met baie aktiewe

siekte. Evaluering van renale en hepatiese funksie kan nuttig

wees, aangesien baie antireumatiese middels renale en

hepatiese toksisiteit kan veroorsaak en teenaangedui kan

wees indien hierdie organe ingeperk is.

Aangesien die hande en voete so gereeld by RA betrokke is,

vestig radiograwe van hierdie gewrigte en ook ander aangetaste

gewrigte ’n basislyn vir toekomstige beoordeling van strukturele

skade. Sien Tabel 5.

5.5 Aanvanklike beoordeling van die

graad van erns van die siekte

Pasiënte met RA vorm ’n heterogene groep wat wissel van dié

met ligte en ongedifferensieërde siekte tot vroeë, gevestigde

en ernstige siekte tot eindstadium siekte geassosieer met min

inflammasie, maar ernstige funksionele ongeskiktheid. Deur

gebruik te maak van inligting verkry van fisiese ondersoek,

laboratorium data en aftastende studies, kan die graad van

erns van RA gekenmerk word as lig, matig of ernstig. Sien

Tabel 6.

Nota: Die graad van erns van ’n siekte is ’n konsep wat beide

siekte aktiwiteit en skade insluit.

Simptome

• Duur van oggend styfheid

• Pyn telling (visuele analoog maatstaf)

• Moegheid – graad van erns (visuele analoog maatstaf)

• Pasiënt se globale telling van siekte aktiwiteit (visuele analoog maatstaf)

Fisiese ondersoek

• Aantal geswelde gewrigte

• Aantal teer gewrigte

• Graad van swelsel en / of teerheid

• Ekstra-artikulêre siekte

Laboratorium toetse

• Verhoogde eritrosiet sedimentasie tempo (’n bepaling van inflammasie)

• Verhoogde C-reaktiewe proteïen (’n bepaling van inflammasie)

• Anemie ( in die afwesigheid van chroniese bloedverlies of hematurie)

• Leukositose (’n toename in die aantal leukosiete in die bloed)

• Trombositose

• Abnormale lewer funksie toetse (in die afwesigheid van geneesmiddel toksisiteit of lewer siekte)

Funksionele beoordeling

• Beoordeling van ongeskiktheid in terme van self-sorg, beroeps- en ander aktiwiteite

10 Julie 2008
Tabel 6. Beoordeling van die graad van erns van RA

Ligte siekte

Pasiënte met ligte siekte voldoen aan die ACR kriteria van RA en het sommige van die volgende kliniese eienskappe:

• Artralgias

• Ten minste 3 gewrigte wat swelsel / inflammasie toon

• Geen ekstra-artikulêre siekte nie

• ’n Negatiewe of positiewe RF en / of anti-CCP teenliggame

• ’n Verhoogde ESR of serum CRP konsentrasie

• Geen bewyse van erosie of kraakbeen verlies op gewone radiograwe nie.

Matige siekte

Pasiënte met matige siekte het die een of ander kombinasie van die volgende kliniese eienskappe:

• Tussen 6 en 20 gewrigte met inflammasie

• Afwesigheid van ekstra-artikulêre siekte

• ’n Verhoogde ESR of serum CRP konsentrasie

• Positiewe RF en / of anti-CCP teenliggame

• Bewyse van inflammasie op gewone radiografie, soos osteopenie, peri-artilulêre swelsel, minimale gewrig spasie

vernouing en klein perifere verwerings

Ernstige siekte

Pasiënte met ernstige RA sal een of meer van die volgende bevindings toon:

• Meer as 20 gewrigte met aanhoudende inflammasie of ’n vinnige afname van funksionele kapasiteit

• Verhoogde vlakke van ESR of CRP

• Anemie van chroniese siekte

• Hipoalbuminemie

• Positiewe RF gehaltebepalings (dikwels hoë titer) en/of anti-CCP teenliggame

• Gewrig radiografie wat vinnige vordering van benige verwerings en kraakbeen verlies toon

• Ekstra-artikulêre siekte

5.6 Bepaling van siekte aktiwiteit

Siekte aktiwiteit word gemeet deur gebruik te maak van

kliniese en laboratorium parameters. Die mees algemeen

gebruikte een is die Disease Activity Score (DAS28) en

derivate daarvan, insluitend SDAI (Simplified Disease Activity

Index) en die CDAI (Clinical Disease Activity Index).Hierdie

hulpmiddels is nuttig om die siekte aktiwiteit te evalueer by

pasiënte met RA, want hulle laat die integrasie van verskeie

aspekte van die siekte in ’n enkele numeriese waarde toe en

kan dus konsekwente pasiënt sorg fasiliteer.

Die EULAR (European League Against Rheumatism) reaksie

kriteria maak gebruik van die Siekte Aktiwiteit Telling (‘Disease

Activity Score’ (DAS)). Die DAS is ’n saamgevoegde indeks

van

• die aantal geswelde en teer gewrigte,

• die eritrosiet sedimentasie tempo (ESR) (as ’n bepaling

van inflammasie) en

• die algemene gesondheid van die pasiënte (gemeet op ’n

visuele analoog maatstaf).

Die DAS meet 44 gewrigte, terwyl die DAS28 (die

gemodifiseerde DAS) 28 teer en geswelde gewrigte meet. ’n

Hoër telling dui op ’n meer aktiewe siekte. Sien Tabel 7.

Die SDAI en die CDAI is twee nuwe hulpmiddels vir die

evaluering van die siekte aktiwiteit tydens RA. Hierdie twee

nuwe hulpmiddels is nie ontwikkel om huidig beskikbare

hulpmiddels soos die DAS28 te vervang nie, maar eerder om

opsies vir verskillende omgewings te verskaf. Sien Figuur 7.

Akute fase reaktante (d.i. ESR en CRP) word in die DAS28 en

die SDAI geïntegreer, maar nie in die CDAI nie, sodat die CDAI

gebruik kan word om ’n siekte aktiwiteit evaluasie op enige

tydstip te doen.

5.7 Bepaling van funksionele status

Die ACR het ook kriteria ontwikkel vir die bepaling van

funksionele status tydens RA. Ongeskiktheid behoort bepaal

te word as ’n basislyn en na 6-maandelikse intervalle. Hierdie

eenvoudige klassifikasie kategoriseer die ongeskiktheid in

terme van selfversorging, funksie by die werk en die vermoë

om aan ontspanningsaktiwiteite deel te neem. Gewone

selfversorgende aktiwiteite sluit aantrek, eet, was,

persoonsversorging en die gebruik van die toilet, in.

Die kriteria vir die klassifikasie van die funksionele status

tydens RA is:

Klas I – heeltemal in staat om gewone lewensaktiwiteite uit

te voer (selfversorging, beroep en ander aktiwiteite)

Klas II – in staat om gewone selfversorging en beroep

aktiwiteite uit te voer, maar beperkte ander aktiwiteite

(ontspanning / vryetydsbesteding).

Klas III – in staat om gewone selfversorging te doen, maar

beperkte beroep aktiwiteite (werk, skool, tuiste skepping)

en ander aktiwiteite.

Klas IV – Beperkte vermoë om gewone selfversorging,

beroep en ander aktiwiteite uit te voer.

Die risiko geassosieer met RA hou verband met betekenisvolle

morbiditeit en verhoogde mortaliteit. Pasiënte met RA met

ernstige ongeskiktheid (funksionele klas III of IV) het mortaliteit

koerse vergelykbaar met dié aangetref by pasiënte met

driedubbele bloedvat koronêre arteriële siekte. Faktore wat ’n

bydrae lewer tot ’n swak uitkoms is siekte verwante

komplikasies, komorbiede siekte, kardiovaskulêre siekte en

infeksies.

11 Julie 2008
Figuur 7. Die SDAI siekte aktiwiteit indeks

12 Julie 2008
Tabel 7. Elemente van siekte aktiwiteit aanwysers en hulle potensiële bydraes tot die totale indeks.

(aangepas uit Alethaha D, 2005)

Elemente SDAI CDAI DAS28

Aantal geswelde gewrigte Eenvoudige telling (0-28) Eenvoudige telling (0-28) Eenvoudige telling,

vierkantswortel bereken(0-1.48)

Aantal teer gewrigte Eenvoudige telling Eenvoudige telling Eenvoudige telling,

vierkantswortel bereken(0-2.96)

Akute fase reaktante CRP in mg/dl (0.1 tot 10.0) - ESR, log bereken

(ESR of CRP) (0.49-3.22)

Pasiënt se algemene gesondheid - - VAS in mm (0-1.40)

Pasiënt se globale siekte aktiwiteit VAS in cm (0-10.0) VAS in cm (0-10.0) -

Evalueer globale siekte aktiwiteit VAS in cm (0-10.0) VAS in cm (0-10.0) -

Totale indeks 0.1-86.0 0-76.0 0.49-9.07

Afsny waardes vir siekte aktiwiteit toestande

• Remissie
Figuur 8. Die Stanford University Health Assessment Questionnaire Stanford ® University

14 Julie 2008
osteopenie. By sommige pasiënte kan die siekte en glukokortikoïed

terapie egter additief wees, wat aansienlike morbiditeit veroorsaak.

Daar moet aangeneem word dat elke pasiënt met RA die risiko van

osteoporose loop.

Nota: Gesondheidsorg werkers behoort die gebruik van bisfosfonaat

(bv. alendronaat; Fosamax ® ) terapie te oorweeg by pasiënte, veral

postmenopousale vroue met RA.

## Pasiënte met eind-stadium RA toon betekenisvolle vernietiging van

voorheen aangetaste gewrigte en ander aangetaste organe, maar kan

min of geen bewyse van voortdurende inflammasie toon.

Indien peri-artikulêre osteopenie, gewrig spasie vernouing

of been erosie verskyn of versleg, kan huidige terapie as

onvoldoende beskou word om siekte vordering te beperk

en intensiewer behandeling is nodig.

Nota: Erosie, peri-artikulêre osteopenie en kraakbeen verlies

is bekend om almal gedurende die eerste twee jaar na aanvang

van RA voor te kom in die afwesigheid van effektiewe terapie.

Die gekombineerde kliniese bewyse dui daarop dat die

veranderinge in die sinoviale omgewing deur RA geïnduseer,

duidelik is gedurende die vroeë asimptomatiese fase van die

siekte en, indien dit nie behandel word nie, lei chroniese

inflammasie na strukturele skade tydens aktiewe RA. Die mate

van onomkeerbare gewrig skade en ongeskiktheid sal

hoofsaaklik afhang van die tyd wat verloop voordat ’n voldoende

behandelingseffek bereik word. Hoe langer die aktiewe siekte

voortduur, hoe minder waarskynlik is dit dat die pasiënt op

terapie sal reageer.

6. BEHANDELING VAN RA

6.1 Doelwitte van terapie

Die doelwit van terapie is om remissie, soos deur die ACR

gedefinieer in terme van kliniese en laboratorium veranderlikes,

te induseer. Sien Tabel 8.

Tabel 8. Die ACR kriteria vir die remissie van RA

(aangepas uit SAMT 2003;93(12):997)

1. Oggend styfheid
Artritis Stigting van Suid-Afrika (www.arthritis.org.za), die Suid-

Afrikaanse Rumatisme en Artritis Vereniging (South African

Rheumatism and Arthritis Association (SARAA) ;

(www.saraa.co.za) en ook artritis self-help groepe en beraders

kan opvoedkundige materiale en ook emosionele

ondersteuning bied aan pasiënte en hulle families. Aangesien

die verloop van RA kom en gaan, behoort ’n behandelingsplan

saam met die pasiënt uitgewerk te word. Die bespreking

behoort die siekte proses, verwagtings van behandeling en die

prognose in te sluit.

Opvoedkundige onderwerpe vir pasiënte met RA sluit in:

Aard van die siekte proses

Behandeling

• Die rol van nie-farmakologiese maatreëls bv. styfheid

in die hande kan met hitte verbeter

• Onderdrukking van inflammasie en pyn verligting

• Induksie van remissie en voorkoming van langtermyn

gewrig vernietiging

• Voordele en newe-effekte van die verskeie vorms van

mediese terapie

• Rol van chirurgie, waar aangedui

• Nodigheid van volgehoue langtermyn monitering en

opvolg

Gedrag modifikasie

• Rol van rus gedurende episodes van akute inflammasie

• Belangrikheid van oefening om funksie te behou

• Voordelige effekte van gewrig beskerming tegnieke en

toestelle

• Vermyding van gewig toename

• Werk aanpassing, indien nodig

Emosionele ondersteuning

• Verligting van enige skuldgevoelens van die pasiënt

• Verandering van liggaamsbeeld as gevolg van

misvorming

• Probleme met seksuele aktiwiteit

• Betrokkenheid van familie en werkgewer

6.3.2 Fisioterapie en arbeidsterapie

Fisioterapie en arbeidsterapie is deel van die omvattende

behandeling van RA. Die doelwitte van rehabilitasie ingrype is

om pyn te beheer, misvorming te verhoed, die funksie te

preserveer of te verbeter en om ongeskiktheid te voorkom.

Die fisioterapeut speel ’n belangrike rol tydens die behandeling

van aktiewe en nie-akute siekte en ook tydens de preoperatiewe

beoordeling en behandeling. Die arbeidsterapeut

beoordeel en behandel die pasiënt se vlak van funksionering

in terme van persoonlike beheer , werk en ontspanning

aktiwiteite. ’n Holistiese benadering word gebruik om

misvorming te verhoed, funksie te preserveer of te verbeter en

ongeskiktheid te verhoed. Die arbeidsterapeut ontwerp en bou

rustende en funksionele spalke en gee raad oor gewrig

beskerming tegnieke om misvormdheid te voorkom.

’n Nota oor visolie dieet aanvullings

• Indien by die gewone medikasie program gevoeg, is

aangetoon dat visolie dieet aanvullings die tekens en

simptome van RA kan verminder.

• Visolie bevat omega-3 langketting poli-onversadigde

vetsure wat ’n analoog van arachidoniese suur is.

• Deur op te tree as ’n kompeterende substraat, inhibeer

hierdie vetsure die metabolisme van arachidoniese suur

na pro-inflammtoriese bemiddelaars soos

prostaglandiene.

Die kliniese voordele is vertraag vir 2 tot 3 maande en

benodig matig hoë dosisse van 3 tot 7g per dag.

6.4 Farmakologiese terapie

Alle pasiënte met aktiewe RA behoort na ’n rumatoloog verwys

te word, verkieslik binne 12 weke na diagnose.

Ten spyte van die voordele wat van nie-farmakologiese terapie

verkry kan word, benodig die meeste pasiënte met RA

farmakologiese terapie om permanente gewrig skade te

vertraag of potensieel te verhoed. Die primêre doelwitte van

RA terapie is:

• Pyn verligting

• Vermindering van inflammasie

• Behoud van funksionele status

• Voorkoming van siekte komplikasies, insluitend gewrig

skade en

• Opklaring van die patogeniese siekte proses

Die keuse van ’n behandelingsprogram benodig ’n beoordeling

van die prognose.

Swak prognose word aangedui deur:

• Jonger ouderdom tydens aanvang van die siekte

• Hoë titer RF

• Verhoogde ESR

• Swelsel van meer as 20 gewrigte

• Teenwoordigheid van erosies op X-strale vroeg tydens die

verloop van die siekte

• Ekstra-artikulêre manifestasies van RA , soos rumatoïede

nodules, episkleritis, skleritis en sistemiese vaskulitis.

Tans is daar vier algemene klasse medisyne wat gebruik word

vir die behandeling van gevestigde RA:

• Analgetika, nie-steroïed anti-inflammatoriese middels

(NSAIMs) en selektiewe siklo-oksigenase-2 (COX-2)

inhibeerders.

• Glukokortikoïede

• Siekte modifiserende antirumatiese middels (SMARMs)

en

• Biologiese middels

Pyn is ’n betekenisvolle probleem vir die meeste pasiënte met

RA en die oorsprong daarvan kan as gevolg van baie faktore

wees. Geswelde gewrigte met ’n toegepaste lading of gewrigte

met vinnig vorderende effusies kan baie pynlik wees as gevolg

van hoë intra-artikulêre druk wat aanleiding gee tot oormatige

stres op die uitgebreide senuwee netwerk in die peri-artikulêre

ondersteunende strukture.

Gewrig pyn, teerheid en swelsel is die belangrikste maniere

om te bepaal hoe die siekte vorder of op behandeling reageer.

Alhoewel die beoordeling subjektief is, is verligting van die

pasiënt se pyn ’n hoofdoel van behandeling. Pynverligting en

onderdrukking van inflammasie benodig gewoonlik die

kombinasie van analgetika en anti-inflammatoriese middels.

NSAIMs, Cox-2 inhibeerders, glukokortikoïed inspuitings en/

of lae dosis orale glukokortikoïede bv. prednisoon kan vir die

beheer van simptome oorweeg word.

SMARM terapie word nou baie vroeër tydens die verloop van

16 Julie 2008
die siekte aanbeveel, aangesien dit aangetoon is dat SMARMs

gewrig skade wat in die vroeë stadia van RA kan voorkom,

verhoed. Onlangse evaluasie van inligting van kliniese studies

van SMARM behandelings vir RA het aangetoon dat pasiënte

met ’n langer siekte duur nie so ’n goeie reaksie getoon het as

pasiënte wat tydens die vroeër stadiums van die siekte behandel

is nie. Dit word nou vermoed dat vroeë behandeling kliniese

remissie by ’n aansienlike gedeelte van pasiënte kan bereik.

Die meerderheid pasiënte met nuut gediagnoseerde RA

behoort ’n SMARM te begin neem binne drie maande

vanaf die diagnose. Aangesien SMARMs RA eerder beheer

as genees, behoort pasiënte periodiek weer beoordeel te word

vir bewyse van siekte aktiwiteit of vordering en vir enige

toksiese effekte van die behandelingsprogram.

• Herhaaldelike opflikkering

• Voortdurende siekte aktiwiteit (d.i. siekte aktiwiteit na drie

maande se maksimum terapie) of

• Toenemende gewrig skade

is ’n aanduiding van die nodigheid om die SMARM

behandeling te verander.

6.4.1 Siekte modifiserende antirumatiese

middel terapie (SMARM)

Alle pasiënte met RA is kandidate vir SMARM terapie. Alhoewel

NSAIMs, spesifieke Cox-2 inhibeerders en glukokortikoïede

simptome kan verlig, kan beskadiging van gewrigte aanhou en

vererger. SMARMs het die potensiaal om gewrig skade te

verminder of te verhoed, gewrig integriteit en funksie te behou

en uiteindelik die totale koste van gesondheidsorg te verlaag

en ekonomiese produktiwiteit van die pasiënt met RA te

onderhou.

SMARMs word tans vroeër as in die verlede gebruik, want

maksimale skade kom binne die eerste twee jaar van die siekte

voor en vroeë ingrype verskaf beter beheer en ’n gunstiger

uitkoms. Die aanvang van SMARM terapie behoort nie uitgestel

te word vir meer as drie maande vir enige pasiënt met ’n

gevestigde diagnose van RA wat, ten spyte van voldoende

anti-inflammatoriese behandeling steeds gewrig pyn, oggend

styfheid of moegheid, akute sinovitis, aanhoudende verhoging

van die ESR of CRP-vlakke of radiografiese gewrig skade het

nie.

SMARM terapie behoort vinnig begin te word by enige

onbehandelde pasiënt met aanhoudende sinovitis en

gewrig skade om verdere skade te vertraag.

Baie studies het die voordeel van SMARM terapie tydens RA

aangetoon. Die resultate van hierdie studies sluit beheer oor

die tekens en simptome van gewrig betrokkenheid,

veranderings in funksionele status en lewenskwaliteit en

vertraging van radiografiese bewyse van erosie, in. Hierdie

kliniese studies toon verbetering van die uitkomste van

SMARMs aan, indien as monoterapie of as kombinasie terapie

toegedien, in vergelyking met of plasebo, of een of meer ander

SMARMs. Daar is egter slegs ’n paar studies wat een SMARM

direk met ’n ander vergelyk.

Alhoewel SMARMs soortgelyke eienskappe het, verskil hulle

ten opsigte van hulle effektiwiteit, newe-effek profiel en aanvang

van werking, wat wissel van 1-6 maande voordat ’n kliniese

reaksie duidelik is. Sien Tabel 10. Voordat daar met SMARM

terapie begin word, behoort die pasiënt bewus gemaak te word

van die risiko’s en voordele daarvan, die nodigheid van

langtermyn terapie en die belangrikheid van die monitering vir

newe-effekte.

Die keuse van SMARM sal afhang van:

• Mate van siekte aktiwiteit

• Teenwoordigheid van swak prognostiese merkers (sien

Tabel 2)

• Beskikbaarheid van fasiliteite vir die monitering van neweeffekte

• Koste van die medikasie

• Tydsduur tot verwagte voordeel

• Die toksisiteit profiel van die medisyne

• Meewerking van die pasiënt en gemak van toediening

• Teenwoordigheid van komorbiede toestande

• Die dokter se ondervinding met die toediening en monitering

van terapie

Die SMARMs wat algemeen vir RA gebruik word sluit chlorokien

(CQ), sulfasalasien (SSZ), metotreksaat (MTX) en leflunomied,

in. Dié wat minder gereeld gebruik word sluit azatioprien

(AZA), D-penisillamien (D-pen), goudsoute, minosiklien en

siklosporien, in. Orale goud en D-penisillamien word nie meer

baie gebruik nie. Metotreksaat is tans die SMARM van

keuse.

Tabel 9. SMARMs en biologiese middels wat

vir die behandeling van RA gebruik word

SMARMs Biologiese middels

Metotreksaat (MTX) • TNF inhibeerders

bv. Methotrexate- Etanercept

Lederle ® tablette; bv. Enbrel ® inspuiting

Abitrexate ® inspuiting Infliximab

Sulfasalasien (SSZ) bv. Revellex ® inspuiting

bv. Salazopyrin ® EN Adalimumab

tablette bv. Humira ® inspuiting

Leflunomied

bv. Arava ® tablette

Chlorokien (CQ) • CD-20-positiewe B-sel

bv. Nivaquine ® tablette inhibeerder

Rituximab

bv. MabThera ® inspuiting

Asatioprien (AZA) • Interleukin-1

bv. Imuran ® tablette inhibeerder

& inspuiting Anakinra

(nie in SA beskikbaar nie)

D-penisillamien • T-sel ko-stimulering

bv. Metalcaptase ® inhibeerder

tablette Abatacept

(nie in SA beskikbaar nie)

Goudsoute • Interleukin-6 inhibeerder

bv. Ridaura ® tablette Tocilizumab

(nie in SA beskikbaar nie)

Riglyne vir die voorskryf van SMARMs vir RA

Baie rumatoloë kies MXT as die aanvanklike SMARM,

veral vir ’n pasiënt met meer aktiewe RA. As gevolg van die

voordelige effektiwiteit en draaglikheid, lae koste, een keer

weeklikse dosering en gevestigde prestasies in die verlede,

het MTX die standaard geword waarvolgens nuwe

17 Julie 2008
SAMRMs en biologiese middels geëvalueer word.

Ewekansige kliniese studies het aangetoon dat MTX die

vordering van radiografiese letsels vertraag. Tot en met

80% van pasiënte reageer binne die eerste 12 weke van

behandeling. MTX behoort egter met sorg gebruik te word

by pasiënte met lewer siekte, nier inperking, long siekte en

alkohol misbruik. Indien RA nie beheer kan word met 20-

25 mg MTX een keer weekliks vir drie maande nie, behoort

die byvoeging van nog ’n middel oorweeg te word. Ongeveer

30% van pasiënte in Westerse lande sal terapie staak as

gevolg van toksisiteit. ’n Laer staking koers word in

swartmense aangemeld. Rare maar potensieel ernstige

en selfs lewensbedreigende pulmonêre toksisiteit kan op

enige tyd met MTX voorkom. Kenmerkende simptome is

kortasem, droë hoes, moegheid en koors.

Opflikkering van die siekte kan behandel word deur ’n

verhoging van die dosis metotreksaat, indien die pasiënt

reeds hierdie SMARM neem, met die bedoeling om die

dosis te verlaag as die opflikkering eers onder beheer is.

Pasiënte kan ’n aanvanklike reaksie teenoor die gekose

SMARM toon, maar noukeurige monitering is nodig vir die

evaluering van newe-effekte en om opflikkering van die

siekte waar te neem, wat hersiening van die SMARM

terapie sal noodsaak.

Tagifilakse, die voorkoms van aanvanklike effektiwiteit

gevolg deur deurbraak van die siekte, kom gewoonlik

binne twee jaar na aanvang van behandeling voor.

Volgehoue voordeel met MTX, selfs na 7-8 jaar se

behandeling is egter al aangemeld.

By die pasiënt waar MTX teenaangedui is of misluk het om

voldoende siekte beheer te bereik as gevolg van

oneffektiwiteit (met dosisse tot en met 25mg/week) of

onverdraaglikheid, is behandeling met ander SMARMs of

biologiese middels op hulle eie of in kombinasie met

mekaar aangedui.

Alhoewel chlorokien op sy eie nie radiografiese skade

vertraag nie, het vroeë behandeling met chlorokien ’n

betekenisvolle impak op langtermyn pasiënt uitkoms.

Chlorokien word dikwels saam met MTX gebruik en is

aangetoon om effektiwiteit te verhoog. Behandeling behoort

aangehou te word vir ten minste 4 maande voordat

chlorokien as oneffektief beskou kan word. Nota:

Hidroksiechlorokien is nie in SA beskikbaar nie.

Sulfasalasien kan vinniger werk as chlorokien, met voordeel

wat so vroeg soos de eerste maand na terapie waargeneem

kan word. Daar is aangetoon dat sulfasalasien radiografiese

vordering van RA kan vertraag. Dit is teenaangedui by

pasiënte met sulfonamied allergie, ernstige hepatotoksisiteit

en hematologiese siektes.

Kombinasie SMARM terapie is in onlangse jare

aanbeveel. Metotreksaat gekombineer met sulfasalasien

of chlorokien blyk om die voordeligste te wees. Kontroversie

bestaan of hierdie tipe behandeling opeenvolgend te gebruik

as ’n ‘verhoging’ benadering by pasiënte met aanhoudende

aktiewe siekte waar enkel middels misluk het, of om

kombinasie terapie vroeg tydens die verloop van die siekte

te begin en dan ’n afskaal benadering te volg as voldoende

siekte beheer bereik is.

Leflunomied is ’n alternatief vir MTX as monoterapie, veral

vir pasiënte wat MTX nie kan verdra nie of wat onvoldoende

reaksie op MTX toon. Die vermindering van RA siekte

aktiwiteit en in die verloop van radiologiese vooruitgang

wat met leflunomied bereik word, blyk om gelykstaande te

wees aan dié van ’n matige dosis MTX. Leflunomied is ook

voordelig as kombinasie terapie met MTX in die afwesigheid

van ’n volledige kliniese reaksie op volledige dosisse van

MTX. Leflunomied het ’n lang halfleeftyd. Dit is ’n potente

teratogeen en vroue wat leflunamied neem moet twee jaar

wag voordat hulle swanger raak. Obstruktiewe gal siekte,

lewer siekte, virale hepatitis, ernstige immuun

onderdrukking, onvoldoende geboortebeperking en

rifampisien terapie (wat leflunonmied vlakke verhoog) is

almal kontra-indikasies teen die gebruik van leflunomied.

Oorskakeling na ’n ander SMARM kan die moontlikheid

van bykomende risiko’s verhoog. Byvoorbeeld, onlangse

behandeling met hepatotoksiese of hematologiese middels

kan aanleiding gee tot verhoogde newe-effekte.

Asatioprien (AZA) word vir weerstandige siekte gebruik.

Newe-effekte sluit beenmurg onderdrukking, infeksies GIintoleransie

en hipersensitiwiteit hepatitis in. Dit behoort

nie saam met allopurinol gebruik te word nie.

D-penisillamien is as effektief vir RA aangetoon. Ongeveer

60% van pasiënte reageer, maar daar is geen betekenisvolle

effekte op radiologiese vordering nie en dit het ’n relatief

slegter toksisiteit profiel. Moet nie saam met kos, yster of

teensuurmiddel preparate neem nie.

Auranofin (orale goud) word vir ligte siekte gebruik. Dit toon

’n hoë insidensie van newe-effekte wat diarree, naarheid

en veluitslae insluit.

Minosiklien, ’n tetrasiklien antibiotikum, is effektief as ’n

SMARM by sommige pasiënte. Indien vroeg tydens die

siekte gebruik word, verminder dit die aantal geswelde

gewrigte, maar dit blyk nie om die radiologiese vordering

van die siekte te vertraag nie. Minosiklien word nie gereeld

vir RA gebruik nie.

Siklosporien is voordelig as monoterapie en het korttermyn

effektiwiteit soortgelyk aan D-pen. Dit word in kombinasie

met MTX gebruik. Die gebruik van siklosporien word egter

beperk deur die toksisiteit daarvan, veral hipertensie en

dosis-verwante verlies van nier funksie. Noukeurige

monitering van die geneesmiddel vlakke is nodig. Baie

medisyne verhoog siklosporien vlakke en verhoog dus die

risiko van nefrotoksisiteit. Dus word siklosporien terapie

hoofsaaklik beperk tot pasiënte met refraktoriese RA.

Terapie behoort gestaak te word indien die reaksie steeds

onvoldoende is na drie maande. Gelyktydige gebruik van

NSAIMs verhoog nefrotoksisiteit.

Vir vroue in hulle vrugbare jare word effektiewe

voorbehoeding benodig indien meeste van die SMARMs

voorgeskryf word. Behandelingsprogramme sal aangepas

moet word indien swangerskap of borsvoeding oorweeg

word.

Tradisionele SMARMs is al lankal die hoeksteen van

behandeling en word steeds aanbeveel as eerste-linie opsie

by nuut gediagnoseerde pasiënte met RA. Hierdie middels het

egter ’n vertraagde aanvang van werking en kan aanleiding

gee tot kumulatiewe toksisiteit, waarvan albei hulle vermoë om

vinnige en /of volgehoue terapeutiese reaksies te produseer,

beperk en hoë koerse van staking van behandeling veroorsaak.

Een van die hoof beperkings van SMARM terapie is dat die

duur van gebruik dikwels beperk word deur verlies van

effektiwiteit.

18 Julie 2008
Tabel 10. SMARM behandeling - opsomming

SMARM Dosis Tydsduur tot Newe-effekte Monitering

voordeel opgemerk

word

Chlorokien 4mg/kg (basis) daagliks 2-6 maande Uitslag, abdominale krampe, Periodieke (6-12 maandelikse)

Gemiddeld 200mg daagliks diarree, naarheid, fotosensi- oftalmologiese ondersoeke vir

vir 5 dae van die week. tiwiteit, makulêre skade. vroeë waarneming van omkeerbare

Neem met voedsel om naarheid retinale toksisiteit.

te beperk. Geen hematologiese monitering

benodig nie.

Sulfasalasien Progressiewe dosis verhoging – 1-6 maande Meeste newe-effekte, Basislyn volledige volbloed telling,

begin met 0.5g daagliks vir 1 week, insluitend naarheid & braking lewer funksie toetse en

dan 1g daagliks vir 1 week, kom voor tydens die eerste urinalise.

dan 1.5g daagliks vir 1 week en paar maande van behandeling. Monitering behoort maandeliks vir

dan 1g twee keer daagliks Enteriese preparate kan GI- 3 maande gedoen te word en dan

effekte verminder. elke 3 maande, afhangend van die

Vel uitslag & allergiese uitslae.

reaksies kom algemeen voor.

Hoofpyn, gemoedsteurings

Metotreksaat Aanvang dosis is 7.5 tot 10mg 1-2 maande Gebruik foliensuur (1-5mg Bors X-straal voor terapie.

een keer weekliks, daagliks of twee keer weekliks) Basislyn volledige bloedtelling,

verhoog tot 25mg een keer om newe-effekte te verminder. lewer funksie toetse.

weekliks afhangend van reaksie, Verhoogde newe-effekte word Monitering moet maandeliks vir

gewig, nier funksie en draaglikheid. met obesiteit, diabetes en by drie maande gedoen word, dan elke

Neem in die aand om naarheid te bejaardes aangetref. 3 maande, afhangend van

verminder. Naarheid, diarree, vel uitslag, uitslae.

Biobeskikbaarheid is dieselfde alopesie, mond ulkusse & Pasiënte met nier ontoereikendheid

indien MTX as ’n oplossing, stomatitis is aangemeld. en bejaardes loop ’n hoër risiko van

tablet of inspuiting toegedien word. Meer ernstige newe-effekte toksisiteit en noukeuriger

Voedsel affekteer nie biobeskik- sluit beenmurg onderdrukking, monitering kan nodig wees.

baarheid nie. lewer en long toksisiteit,

Absorpsie is oor die algemeen verhoogde risiko van algegoed,

maar wisselvallig. mene bakteriële infeksies,

Oorskakeling van ’n orale na herpes zoster en opportunisparenterale

preparaat kan soms tiese infeksies in.

die reaksie verbeter.

Leflunomied 100mg daagliks vir 3 dae, 4-12 weke Diarree, alopesie, uitslag, Basislyn volledige bloed telling,

dan 20mg daagliks hepatotoksisiteit. lewer funksie toetse.

Wag 2 jaar na staking van Monitering moet maandeliks vir

terapie voor swangerskap. 3 maande gedoen word, dan elke

3 maande, afhangend van die

uitslae.

Asatioprien 1.5-3 mg/kg daagliks 2-3 maande GI-intoleransie, hepatotoksi- Volledige bloed telling 1-2 weekliks

50-150mg daagliks siteit, beenmurg onderdruk- aanvanklik, dan maandeliks.

king, limfproliferatiewe stoor- Lewer funksie toetse 6-mandeliks

nisse

D-penisillamien 150mg daagliks vir 3 maande, 3-6 maande Uitslag, stomatitis, diarree, Volledige bloed telling en urinalise

verhoog met 150mg elke 4 tot metaal smaak in die mond, 2-weekliks vir die eerste maand,

8 uur tot ’n maksimum van 750mg outo-immuun sindrome, dan 4-weekliks

daagliks. nefrotoksisiteit, beenmurg

Neem in die aand, verkieslik op onderdrukking

’n leë maag

Orale goud 3mg 12 uurliks 3-6 maande Diarree, naarheid, vel uitslag Volledige bloed telling en urinalise

(auranofin) 4-12 weekliks.

Minosiklien 100mg twee keer daagliks 3-6 maande GI stoornisse, fotosensitiwiteit, Monitor lewer funksie en vir

vestbulêre probleme hematologiese abnormaliteite

(duiseligheid, lighoofdigheid, gedurende langtermyn behandeling

tinnitus)

Siklosporien 2.5-4mg/kg/ dag 2-4 maande Hipertensie, nier toksisiteit Nier funksie, lewer funksie,

bloeddruk verhoging.

19 Julie 2008
Nog ’n beperking van SMARM terapie is dat staking van

terapie deur pasiënte wat in remissie is aanleiding kan gee tot

die terugkeer van sinovitis (d.i. ’n opflikkering). Selfs in die

geval van MTX is daar steeds radiografiese vordering, ten

spyte van kliniese verbetering en oor die algemeen is die

langtermyn uitkoms met SMARMs swak, ten spyte van

klaarblyklik effektiewe behandelings. Die ontwikkeling van

biologiese middels wat spesifiek pro-inflammatoriese sitokiene

teiken, is ’n groot stap vorentoe vir die behandeling van RA.

6.4.2 Analgetika

Daar word aanbeveel om met eenvoudige analgetika soos

parasetamol te begin en dan ’n opioïed soos kodeïen of

dekstropropoksifeen by te voeg. Tramadol (bv. Tramal ® ) is

besonder effektief om weerspannige pyn te behandel, maar

die gebruik daarvan behoort slegs tot korttermyn behandeling

beperk te word.

Salisilaat bevattende analgetika behoort deur die RA pasiënt

vermy te word, veral as die pasiënt reeds ’n NSAIM neem.

Alhoewel analgetika kan help om die pyn te beheer, is dit

belangrik om te onthou dat hulle nie enige effek op die

onderdrukking van inflammasie of op die modifisering van die

siekte het nie.

6.4.3 Nie-steroïed anti-inflammatoriese middels

(NSAIMs)

NSAIMs verskaf effektiewe pynverligting en beheer van

inflammasie, maar soos die eenvoudige analgetika, verander

hulle nie die verloop van die siekte nie. Alhoewel die analgetiese

effek van die NSAIM ’n vinnige aanvang het, kan ’n afname in

die tekens van inflammasie tot en met twee weke neem om te

manifesteer.

Nota: Die anti-inflammatoriese werking van die NSAIM is

nie aangetoon om die verloop of die prognose van RA te

verander nie. Daar word aanbeveel dat vir pynverligting waar

inflammasie nie ’n konsekwente eienskap is nie, ’n middel

soos parasetamol vir ’n voldoende proef periode gegee behoort

te word, voordat die pasiënt blootgestel word aan potensieel

meer toksiese NSAIMs. Nieteenstaande bly NSAIMs ’n eerstelinie

terapie by pasiënte met aktiewe RA waar inflammasie ’n

prominente eienskap is.

Daar blyk nie om betekenisvolle verskille in effektiwiteit tussen

die verskeie NSAIMs te wees nie, alhoewel daar wel blyk om

inter-pasiënt wisselbaarheid te wees in terme van pasiënt

reaksie teenoor ’n besondere NSAIM. Dus, indien inflammasie

nie verbeter na twee weke se terapie met ’n besonder NSAIM

nie, is dit die moeite werd om ’n ander NSAIM te probeer,

miskien van ’n ander chemiese klas. Sien Tabel 11.

Riglyne vir die voorskryf van NSAIMs vir RA

Oorweeg of ’n NSAIM nodig is, d.i. is die inflammasie

aktief? Sal ’n analgetikum op sigself voldoende wees? As

die RA egter aktief is, word ’n NSAIM benodig.

Begin met ’n lae dosis en verhoog dan tot die maksimum

dosis voordat daar na ’n ander NSAIM oorgeskakel word.

Die nodigheid van langtermyn behandeling behoort

periodiek hersien te word. Byvoorbeeld, NSAIM dosis

behoort verlaag te word en indien moontlik, onttrek te word

indien ’n goeie reaksie verkry word op siekte modifiserende

antireumatiese middels verkry is by pasiënte met

rumatoïede artritis.

Die verskille in effektiwiteit en draaglikheid van pasiënt tot

pasiënt kan aansienlik wees.

Laat 10-14 dae se behandeling met ’n besondere NSAIM

toe voordat daar besluit word dat dit oneffektief is.

Hou vol met behandeling met die NSAIM teen die laagste

effektiewe dosis en vir die kortste tydperk moontlik.

Die gelyktydige toediening van meer as een NSAIM is

teenaangedui en kan ernstige toksisiteit veroorsaak. Indien

die effektiwiteit van ’n besondere NSAIM nie bevredigend

is nie:

• Verhoog die dosis tot die optimale maksimum

• Verander na ’n ander middel

• Voeg ’n analgetikum soos parasetamol by

• Voeg ’n ligte opioïed soos kodeïen of

dekstropropoksifeen by

Voeg ’n slaaptyd dosis van ’n antidepressant soos

amitriptilien by om analgesie te bevorder (lae dosis)

Daar is verskille in die farmakokinetika van die NSAIMs en

in die relatiewe insidensie van newe-effekte.

Alle NSAIMs word geassosieer met nadelige gastrointestinale,

renale, dermatologiese, immunologiese en

neurologiese newe-effekte, maar die belangrikste van

hierdie is gastro-intestinaal (GI) en renaal.

Bejaardes is meer vatbaar vir die effekte van NSAIMs. Lae

dosisse van die kortwerkende NSAIMs behoort vir

bejaardes voorgeskryf te word.

Ligte boonste GI-effekte bv. dispepsie ontwikkel gewoonlik

vroeg en kom algemeen met al die NSAIMs voor.

Afwesigheid van vroeë manifestasies sluit egter nie die

ontwikkeling van ernstige GI-toksisiteit uit nie. Ernstige GIvoorvalle,

insluitend bloeding, ulserasie en perforasie van

die maag, dunderm of dikderm kan enige tyd voorkom by

pasiënte wat langtermyn NSAIM terapie ontvang.

Waarskuwingstekens of simptome gaan nie altyd hierdie

voorvalle vooraf nie.

Die GI-risiko van die verskillende NSAIMs wissel en ’n

meta-analise van kliniese studies het aangetoon dat die

laagste risiko met ibupofen geassosieer word met

dosisse van minder as 1600mg per dag. NSAIMs met

prominente enterohepatiese sirkulasie en betekenisvol

verlengde halfleeftye, soos sulindak en piroksikam word

verbind met verhoogde GI toksisiteit as gevolg van die

verlengde blootstelling van die gastriese en duodenale

mukosa aan die aktiewe bestanddeel. Die hoogste relatiewe

risiko van GI newe-effekte in die meta-analise van NSAIMs

was aangemeld vir piroksikam en ketoprofen. Dit is

belangrik om kennis te neem dat die relatiewe risiko vir

ibuprofen verhoog met dosisse van meer as 1600mg

per dag en dat vir alle NSAIMs die anti-inflammatoriese

en die insidensie van GI newe-effekte dosis-verwant

is.

Pasiënte behoort NSAIMs met voedsel te neem om GItoksisiteit

te verminder. Alle pasiënte moet ingelig word oor

die moontlikheid van GI-irritasie en bloeding met die

20 Julie 2008
NSAIMs en dat die gelyktydige gebruik van alkohol GIirritasie

kan vererger.

Alle NSAIMs het die geneigdheid om renale perfusie in te

perk en om retensie van natrium en vloeistof te veroorsaak

en behoort dus met sorg gebruik te word by pasiënte met

hipertensie (veral as hulle diuretika neem), hartversaking,

angina pektoris en nier inperking. Die NSAIM behoort met

’n laer dosis begin te word om renale toksisiteit by hierdie

risiko pasiënte te verhoed.

Dehidrasie gedurende NSAIM terapie verhoog die risiko

van nierskade aansienlik.

Pasiënte wat allergies vir ’n spesifieke NSAIM is, sal

waarskynlik allergies wees vir ander NSAIMs (insluitend

aspirien).

Die gelyktydige voorskryf van gastro-beskermende middels

bv. misoprostol (bv. Cytotec ® ) of proton pomp inhibeerders

(PPIs) bv. omeprasool (bv. Losec ® ) is aangedui by pasiënte

met risiko faktore van GI-bloeding, naamlik:

Pasiënte 65 jaar en ouer

Pasiënte met ’n geskiedenis van peptiese ulkus siekte,

boonste GI-bloeding of perforasie

Gelyktydige gebruik van orale kortikosteroïede

Gelyktydige gebruik van ’n antikoagulant

Pasiënte wat rook of alkohol drink

Pasiënte wat hoër dosisse NSAIMs neem

Pasiënte met meer uitgebreide of ernstige RA – pasiënte

met RA is byna twee keer so geneig om ’n ernstige

komplikasie van NSAM terapie te hê, in vergelyking met

pasiënte met osteoartritis.

6.4.4 Die COX-2 inhibeerders

Meeste van die effektiwiteit van en probleme met die NSAIDs

word toegeskryf aan hulle vermoë om die ensiem siklooksigenase

(COX) wat vir prostaglandien sintese

verantwoordelik is, te inhibeer. Daar is ten minste twee isovorme

van hierdie ensiem, genaamd COX-1 en COX-2. Daar

was vermoed dat COX-2 slegs geïnduseer word indien

inflammasie teenwoordig was en dat die selektiewe inhibisie

van COX-2 effektief sou wees sonder die ongewenste neweeffekte

van die non-selektiewe NSAIMs, wat gewissel het in

hulle vermoëns om beide COX-1 en COX-2 te inhibeer. Dit is

egter nie as die geval bewys nie.

Onlangse inligting het sommige hoof bekommernisse oor die

spesifieke COX-2 inhibeerders beklemtoon. ’n Geneigdheid

om nadelige kardiovaskulêre voorvalle en ook ernstige neweeffekte

soos veluitslag of hepatotoksisiteit te veroorsaak, het

aanleiding gegee daartoe dat verskeie spesifieke COX-2

inhibeerders van die mark onttrek is.

Riglyne vir die voorskryf van spesifieke

COX-2 inhibeerders vir RA

Die spesifieke COX-2 inhibeerders is nie meer

effektiewe anti-inflammatoriese middels as die

tradisionele NSAIMs nie.

Alhoewel spesifieke inhibisie van COX-2 geassosieer

word met ’n laer insidensie van gastro-duodenale

toksisiteit, het die COX-2 inhibeerders NIE geen gastrointestinale

of ander newe-effekte nie.

Behandeling met ’n spesifieke COX-2 inhibeerder kan

tot 15-20 keer soveel vir ’n maand se behandeling kos

as wat generiese NSAIMs kos.

Spesifieke COX-2 inhibeerders kan ’n rol speel by

pasiënte met GI intoleransie teenoor NSAIMs en met ’n

lae kardiovaskulêre risiko. Pasiënte met ’n hoë GI risiko

kan egter steeds gastro-beskerming met ’n PPI benodig.

Gebruik die laagste effektiewe dosis vir die kortste

moontlike duur van behandeling.

Die nodigheid van langtermyn behandeling behoort

periodiek hersien te word. Byvoorbeeld, die spesifieke

COX-2 inhibeerder dosis behoort verlaag te word en

indien moontlik onttrek te word wanneer ’n goeie reaksie

op siekte modifiserende antirumatiese middels verkry

is by pasiënte met rumatoïede artritis.

Die COX-2 inhibeerders verleen nie beskerming teen

iskemiese kardiovaskulêre voorvalle nie.

Hierdie middels word geassosieer met ’n verhoogde

risiko van kardiovaskulêre voorvalle, soos miokardiale

infark. Dit kan raadsaam wees om COX-2 inhibeerders

te vermy by pasiënte met meer as een kardiovaskulêre

risiko faktor (vorige miokardiale infark, onstabiele angina,

dislipidemie, diabetes mellitus, serebrovaskulêre siekte,

hartversaking, matige tot ernstige hipertensie, rokers

en dié met ’n familie geskiedenis van iskemiese hart

siekte).

Nota: Die MBR vereis dat alle COX-2 inhibeerders

gestandaardiseerde voubiljet kontra-indikasies teen

iskemiese hartsiektes en /of serebrovaskulêre siekte

(beroerte) en perifere arteriële siekte moet hê.

Die byvoeging van aspirien vir kardiovaskulêre

beskerming weerspreek die potensiële GI beskermende

effekte.

6.4.5 Glukokortikoïede

Glukokortikoïede was 50 jaar gelede vir die eerste keer vir RA

gebruik, maar daar is steeds debat oor die risiko’s en voordele

van terapie. Lae-dosis kortikosteroïed terapie vir RA blyk om

effektief te wees en kan nodig wees vir ’n kort tydperk by

pasiënte met ernstige simptome. Indien siekte aktiwiteit beperk

is tot een of ’n paar gewrigte kan plaaslike glukokortikoïed

inspuitings (bv. metielprednisoloonasetaat; Depot-Medrol ® )

nuttig wees. Infeksie moet altyd voor intra-artikulêre terapie

uitgeskakel word en ’n aseptiese tegniek behoort gebruik te

word. Dieselfde gewrig behoort oor die algemeen nie meer

gereeld as elke 3 tot 4 maande ingespuit te word nie. Daar

word aanbeveel dat gewigdraende gewrigte vir 48 uur na die

inspuiting gerus moet word. Herhaalde inspuitings van dieselfde

gewrig benodig hersiening van die pasiënt se behandelingsplan.

Riglyne vir die voorskryf van glukokortikoïede

vir RA

Glukokortikoïede is dikwels effektief om die inflammasie

van RA te onderdruk, maar hulle roetine gebruik word deur

langtermyn newe-effekte uitgesluit.

21 Julie 2008
Tabel 11. NSAIMs en selektiewe COX-2 inhibeerders gebruik vir RA

KLAS VOORBEELD DOSIS (Volwasse, oraal) OPMERKINGS

NIE-SELEKTIEWE NSAIMs

Propioniese sure

Ibuprofen Brufen ® 600 tot 1200 mg daagliks in Kort halfleeftyd.

verdeelde dosisse Hoë dosisse benodig vir antiinflammatoriese

effek.

Maks dosis is 2400 mg daagliks.

Naproksen Nafasol ® 250 tot 500 mg twee keer Kan laer trombotiese risiko’s as

daagliks ander NSAIMs toon.

Maks dosis is 1000 mg/dag.

Ketoprofen Oruvail ® 200 mg daagliks Maks dosis is 300 mg daagliks

Fenielasetiese sure

Indometasien Indocid ® 25 tot 200 mg daagliks in Nie aanbeveel as aanvanklike terapie

verdeelde dosisse met voedsel nie, as gevolg van die newe-effek

profiel.

Kan meer SSS-effekte veroorsaak,

veral by bejaardes.

Diklofenak Voltaren ® 25 tot 50 mg 3 keer daagliks Maks dosis is 150 mg

of 75-100 mg/dag vir daagliks.

langtermyn terapie Gebruik stadig vrystellende produkte

vir chroniese indikasies.

’n Kombinasie met misoprostol is ook

beskikbaar (Arthrotec ® ).

Sulindak Adco-Sulindac 100 tot 200 mg twee keer Toon minder renale toksisiteit as

Oksikams

daagliks ander NSAIMs.

Piroxicam Xycam ® 20 mg een keer daagliks Lang halfleeftyd.

Hoër insidensie van newe-effekte,

veral by bejaardes.

Tenoxicam Tilcotil ® 10 tot 20 mg een keer daagliks Lang halfleeftyd

Lornoxicam Xefo ® 8-12 mg daagliks in verdeelde Maks dosis is 16 mg daagliks.

dosisse Slegs korttermyn behandeling.

Naftiel alkanone

Nabumetoon Relifen ® 500 mg tot 1 g daagliks Lang halfleeftyd.

Kan minder plaaslike GI-effekte as

ander NSAIMs veroorsaak deur ’n

meganisme wat nie met COX

aktiwiteit verband hou nie.

SELEKTIEWE COX-2 INHIBEERDERS

Meloxicam Mobic ® 7.5 tot 15 mg daagliks Maks daaglikse dosis is 15 mg

SPESIFIEKE COX-2 INHIBEERDERS

Celecoxib Celebrex ® 100 tot 200 mg twee keer Versigtig by pasiënte allergies vir

daagliks sulfoonamiede.

Etoricoxib Arcoxia ® 90 mg een keer daagliks vir RA

22 Julie 2008
Glukokortikoïede behoort nie as monoterapie gebruik te

word nie, behalwe in spesiale gevalle.

Glukokortikoïede word vir die korttermyn gebruik om siekte

aktiwiteit te onderdruk terwyl daar gewag word vir die

voordelige effekte van die SMARMs (‘oorbrugging terapie’),

gedurende akute ‘opflikkerings’ van RA of in spesiale

situasies bv. om sistemiese komplikasies van die siekte te

dek.

Glukokortikoïede kan oorweeg word as NSAIMs

teenaangedui is, bv. gastropatie of nier ontoereikendheid.

Glukokortikoïede behoort oorweeg te word gedurende

aktiewe siekte tydens swangerskap.

Prednisoon (bv. Meticorten) en prednisiloon (bv.

Lenisolone ® ) het minder mineralokortikoïede aktiwiteit en

kan ook ’n koste voordeel bo ander middels toon en word

dus wydverspreid gebruik.

Metielprednisoloon, triamsinoloon, betametasoon en

dekstrometasoon het progressief minder mineralokortikoïed

aktiwiteit, maar toenemende lang werkingsduur. Indien

hierdie middels op die langtermyn gebruik word, kan

responsiwiteit van die hipotalamiese-pituitêre-adrenale as

(HPA) nie maklik behou word nie.

Glukokortikoïed geïnduseerde osteoporose is ’n risiko,

veral by postmenopousale vroue met RA. Alhoewel daar

wisselende individuele sensitiwiteit teenoor die been

toksiese effekte van glukokortikoïede is, is dosisse van

7.5mg prednisoon daagliks of meer geneig om geassosieer

te wees met beenverlies. Aangesien 50% van beenverlies

gedurende die eerste 6 tot 12 maande voorkom, behoort

profilaktiese terapie vroeg begin te word. Behandeling

bestaan uit elementale kalsium (1g daagliks), vitamien D

(50 000 eenhede per week) en toepaslike antiresorptiewe

terapie – of hormoonterapie by postmenopousale vroue

en/of bisfosfonate bv. alendronaat (Fosamax ® ).

Nota:

Farmakologiese terapie vir RA behels gewoonlik kombinasies

van NSAIMs, SMARMs en/of glukokortikoïede. Dit is belangrik

om in gedagte te hou dat pasiënte met RA ook veelvuldige

middels vir die behandeling van geassosieerde toestande

soos depressie, diabetes mellitus, hipertensie, hartversaking,

osteoporose en gastropatie kan benodig. Hierdie middels

moet in aanmerking geneem word as die mediese behandeling

van RA oorweeg word.

6.4.6 Biologiese middels

Biologiese middels word as ’n groot vooruitgang vir die

behandeling van RA oorweeg. Biologiese middels teiken

spesifieke komponente van die immuun sisteem wat vermoed

word om ’n belangrike rol te speel in die etiologie van die siekte

proses. Daar is aansienlike bewyse dat pro-inflammatoriese

sitokiene, veral tumor nekrose faktor (TNF)-alfa en interleukin-

1 opreguleer word tydens RA.

Tans is daar drie TNF-inhibeerders wat gebruik word vir die

behandeling van RA:

Entercept (bv. Enbrel ® ) - ’n rekombinante oplosbare p75

TNF-reseptor-Fc fusie proteïen wat kompiterend werk om

die bind van TNF aan sy sel oppervlak reseptor kompetief

te inhibeer deur aan oplosbare TNF te bind.

Infliximab (bv. Revellex ® ) - ’n chimeriese (muis-menslike)

monoklonale anti-TNF-alfa teenliggaam wat die biologiese

aktiwiteit van TNF-alfa neutraliseer.

Adalimumab (bv. Humira ® ) - ’n volledige menslike

monoklonale anti-TNF-alfa teenliggaam wat spesifiek aan

TNF-alfa bind en sodoende die aktiwiteit daarvan

neutraliseer. Deur vervanging van muis met menslike

elemente word die produksie van teenliggame wat die

adalimumab inspuitings neutraliseer, verminder.

Alhoewel die TNF-inhbeerders van struktuur verskil, blokkeer

hulle almal TNF-alfa en hulle effektiwiteit word as vergelykbaar

beskou. Nieteenstaande sluit mislukking om teenoor een te

reageer nie ’n reaksie op ’n ander uit nie.

TNF-inhibeerders word wyd gebruik by pasiënte met aktiewe

RA wat nie op konvensionele SMARMs reageer nie. Anders as

die meeste SMARMs, kan ’n TNF-inhibeerder vinnig die

pasiënt se kliniese status verbeter, gewoonlik binne die eerste

twee weke en potensieel die radiografiese vordering van

gewrig skade stop. Kliniese studies het die effektiwiteit van

etanercept, infliximab en adalimumab aangetoon vir die

verbetering van kliniese tekens en simptome by pasiënte met

RA, volgens die ACR20, ACR50 en ACR70 kriteria. Alhoewel

die TNF-inhibeerders effektief as monoterapie is, word hulle

gewoonlik gekombineer met MTX.

Oor die algemeen verskaf die kombinasie van ’n TNFinhibeerder

en MTX additiewe of sinergistiese effektiwiteit.

Baie pasiënte verbeter vinnig, selfs gedurende die eerste twee

weke se behandeling.

Nota:

Die gebruik van TNF-inhibeerders word nie aanbeveel vir die

behandeling van akute opflikkerings nie.

Infliximab word tans slegs aanbeveel vir gesamentlike gebruik

met MTX terapie terwyl etanercept en adalimumab as

monoterapie of in kombinasie met MTX gebruik kan word.

Kombinasie studies van pasiënte met vroeë siekte het algehele

remissie koerse van tot en met 42% na twee jaar se behandeling

aangetoon. Voorkoming van die vordering van been erosie

kan in 80% aangetoon word.

Rituximab (Mabthera ® ) is ’n teenliggaam wat B-selle teiken

wat selektief B-selle uitroei wat die sel oppervlakte antigeen

CD20 bevat. Dit blyk dat B-selle bydra tot die voorbestaan van

aktiewe siekte deur meganismes wat outo-teenliggaam

produksie, antigeen presentasie, siktokien produksie en T-sel:

B-sel interaksies insluit. Rituximab is goedgekeur vir gebruik in

kombinasie met metotreksaat om tekens en simptome te

verminder by volwasse pasiënte met matig tot ernstige RA wat

onvoldoende reaksie teenoor een of meer tumor nekrose

faktor antagonis behandeling toon.

Anakinra ’n rekombinante interleukin (IL)-1 reseptor antagonis

wat kompeterend bind aan die IL-1 reseptor, is in verskeie

studies aangetoon om die tekens en simptome van gevestigde

RA te verbeter. Anakinra word egter nie wydverspreid in

kliniese praktyk gebruik nie, as gevolg van die matige kliniese

effektiwiteit in vergelyking met TNF-inhibeerders. Dit word

gereserveer vir gebruik as ’n tweede linie opsie by pasiënte

met ’n onvoldoende reaksie op een of meer van die SMARMs

of TNF-inhibeerders. Dit behoort met sorg gebruik te word by

pasiënte met komorbiede siektes soos asma of chroniese

obstruktiewe long siekte. Anakinra behoort nie toegedien te

word aan pasiënte met enige tipe infeksie nie en daar is

kommer oor kwaadaardigheid en die risiko van ernstige

23 Julie 2008
Tabel 12. Algemene riglyne vir die gebruik van biologiese middels

A. Pasiënte moet voldoen aan die ACR kriteria vir die diagnose van RA

B. Pasiënte moet aktiewe siekte hê, soos aangedui deur die volgende:

1. Ses of meer geswelde en teer gewrigte

2. Verhoogde ESR of CRP bokant normaal

3. Tekens van aktiewe siekte behoort vir ten minste twee besoeke een maand

uitmekaar teenwoordig te wees.

C. Mislukking van standaard SMARM terapie

1. Vorige gebruik van ten minste drie SMARMs opeenvolgend of in kombinasie.

2. SMARMs behoort vir ’n proeftydperk van ten minste ses maande gegee te word,

waarvan ten minste twee op die terapeutiese vlak van die medikasie is.

infeksies. Dit behoort ook nie saam met anti-TNF terapie

gegee te word nie as gevolg van die verhoogde risiko van

ernstige infeksies. Anakinra is nog nie in SA beskikbaar nie.

Ander biologiese behandelings op die horison vir die

toekomstige behandeling van RA sluit abatacept en tocilizumab

in.

Die British Society of Rheumatology het riglyne vir die gebruik

van biologiese middels vir die behandeling van RA verskaf.

Hierdie riglyne is ingesluit in die Suid-Afrikaanse riglyne vir die

behandeling van RA.

As anti-TNF terapie eers begin is, behoort betekenisvolle

verbeterings van simptome en /of laboratorium parameters

aangeteken te word gedurende die eerste 8 tot 16 weke se

behandeling. Gevalideerde reaksie kriteria bv. die SDAI telling,

behoort gebruik te word om die pasiënt se reaksie op terapie

te beoordeel. Die besluit om met behandeling aan te gaan

behoort gebaseer te word op hierdie gevalideerde reaksie

kriteria. Pasiënte behoort die behandeling te staak as

hulle nie voldoende reaksie binne 12 tot 16 weke na

aanvang van terapie demonstreer nie.

Die Suid-Afrikaanse Rumatiek en Artritis Assosiasie (South

African Rheumatism and Arthritis Association (SARAA)) het

ook riglyne uitgereik vir de gebruik van TNF-alfa blokkers vir

rumatoïede artritis. Sien Tabel 13.

Die SARAA riglyne meld ook dat pasiënte wat biologiese

terapie gebruik met die SARAA Biologiese Register geregistreer

moet word. Enige veranderings van biologiese terapie, neweeffekte

gedurende die behandelingskursus en 6 maandelikse

kliniese verslae moet by die register bygevoeg word.

Ten spyte van die besluitmaking proses voorgestel vir TNFinhibeerder

terapie by pasiënte met aktiewe siekte, is daar

steeds ’n aantal vrae:

Hoe definieer ons ’n nie-reageerder teenoor ’n TNFinhibeerder

die beste?

Hoekom reageer pasiënte op een TNF inhibeerder maar

nie op ’n ander een nie, selfs al teiken albei behandelings

dieselfde molekule?

Wat is die redes vir die gedeeltelike reaksie of geen reaksie

op ’n biologiese middel?

Kan ’n TNF-inhibeeerder met ’n SMARM vervang word

indien betekenisvolle verbetering of siekte remissie bereik

is? Indien nie, wat is die optimale dosis vir langtermyn

terapie?

Geen getuienis gebaseerde antwoord bestaan vir die meeste

van hierdie vrae nie en een-tot-een studies van die biologiese

middels word duidelik benodig. Addisionele biologiese of

kliniese merkers word ook benodig wat ’n betroubare

beoordeling of voorspeller van reaksie op ’n spesifieke

geteikende terapie is om behandeling sukses vir die individu te

optimeer. Optimale dosering en moontlikhede vir kombinasie

terapie moet ook aangespreek word.

Die TNF inhibeerders word goed verdra, maar verskeie

kwessies is gelug:

Die langtermyn effekte van die blokkering van TNF is nie

volledig verstaan nie.

Na-bemarking waarnemings het die aandag gevestig op ’n

verhoogde voorkoms van infeksies soos tuberkulose en

ander opportunistiese infeksies. Daar word aanbeveel dat

TNF-inhibeerder terapie nie begin behoort te word in die

teenwoordigheid van aktiewe infeksie nie. Pasiënte wat ’n

nuwe infeksie ontwikkel terwyl hulle behandeling

ondergaan, behoort noukeurig gemonitor te word en

behandeling behoort gestaak te word indien die pasiënt ’n

ernstige infeksie of sepsis ontwikkel.

Heraktivering van tuberkulose (TB) bly ’n groot

bekommernis met TNF-inhibeerders en ’n aantal TB gevalle

is aangemeld tydens na- bemarking waarneming studies

van pasiënte wat met TNF-inhibeerders behandel is, met

infeksie wat gedurende die eerste paar maande van terapie

voorkom. Daar word aanbeveel om pasiënte vir latente TB

te toets voordat terapie begin word. Alhoewel toetsing vir

latente TB voor die begin van behandeling met ’n TNFinhibeerder

as ’n effektiewe strategie beskou word, moet

gesondheidsorg werkers op die uitkyk bly vir heraktivering

van latente TB by dié wat nie aanvanklik opgemerk is nie

en ook vir nuwe gevalle van TB.

Lig tot matige verhoging (gewoonlik minder as drie keer die

boonste limiet van normaal) van lewer funksie toetse

(LFTs) is waargeneem by pasiënte wat met TNFinhibeerders

behandel is. Baie gevalle word egter gefnuik

deur die gelyktydige gebruik van hepatotoksiese middels

24 Julie 2008
Tabel 13. SARAA riglyne vir die gebruik van TNF-alfa blokkers vir RA

(aangepas uit www.saraa.org)

Intree kriteria

• Aktiewe siekte gedefinieer as SDAI telling van >20.

• Die geswelde en teer gewrig telling moet ten minste 6 elk wees.

• ’n Geskiedenis van die gebruik van ten minste 3 SMARMs opeenvolgend of in kombinasie teen maksimum

verdraagbare dosisse. Metotreksaat moet een van die SMARMs wees, tensy teenaangedui.

• SMARM gebruik, soos beskryf, vir ten minste 6 maande.

Uittree kriteria

• Mislukking om voldoende verbetering in SDAI telling te bereik; gedefinieer as ’n verbetering van > 7 punte van intree

telling na 3 maande se gebruik van TNF-alfa blokker terapie.

• Mislukking om ’n lae siekte toestand te bereik; gedefinieer as ’n SDAI telling van 17

punte na 6 maande se behandeling.

• Intoleransie teenoor ’n TNF-blokker

Wanneer om van een TNF-alfa blokker na ’n ander oor te skakel

• Oorskakeling behoort gebaseer te word op oneffektiwiteit (SDAI verbetering
Tabel 14. Biologiese behandelings gebruik vir RA – Opsomming

Biologiese Dosis en geraamde koste Tyd tot voordeel Newe-effekte Monitering

middel gesien

TNF-inhibeerders

Etanercept 25mg twee keer weekliks ’n Paar dae tot Ligte tot matige vel Bors X-straal voor aanvang

bv. Enbrel ® as ’n subkutane inspuiting 12 weke reaksies (eriteem en/of van terapie.

of 50mg een keer per week jeuk, pyn en swelsel) by Toets vir TB voordat

die inspuit plek. behandeling begin word.

Ongeveer R9600/maand Akuut of chroniese Monitor vir reaksies by die

infeksies. inspuit plek, volledige

bloedtelling elke maand.

Infliximab 3-10mg/kg intraveneuse ’n Paar dae tot Reaksie by die inspuit plek, Volledige bloed telling

bv. Revelllex ® infusie elke 8 weke. 4 maande infusie reaksies soos maandeliks.

kouekoors, pruritus, Bors X-straal.

Ongeveer R15000/siklus utrikaria, hoofpyne, diarree, Toets vir TB voor

vel uitslae, ernstige

infeksie bv. verspreide TB.

aanvang van behandeling.

Adalimumab 40mg elke tweede week as ’n Paar dae tot Reaksie by die inspuit plek, Bors X-straal voor aanvang

bv. Humira ® ’n enkele dosis toegedien 4 weke rugpyn, vel uitslag, hoofpyn van terapie.

deur subkutane inspuiting. Toets vir TB voor aanvang

van terapie.

Ongeveer R8500/maand Monitor vir reaksies by die

inspuit plek.

Anti-CD20 teenliggaam

Rituximab 1000mg deur IV infusie 4 weke tot drie Infusie reaksies, wat Toets vir TB voor aanvang

bv. Mabthera ® gevolg deur ’n tweede maande verwant kan wees aan van terapie.

1000mg IV infusie twee vrystelling van sitokiene Monitor vir reaksies by die

weke later. en/of ander chemiese

bemiddelaars.

inspuit plek.

Ongeveer R62000 vir Premedikasie met IV

die kursus glukokortikoïede verlaag

die insidensie en graad van

erns van hierdie voorvalle

betekenisvol.

Interleukin -1 reseptor antagonis

Anakinra 150mg as ’n een keer 2-16 weke Reaksies by die inspuit Bors X-straal.

(Nie in SA daaglikse subkutane plek Toets vir TB voor aanvang

beskikbaar nie) inspuiting van terapie.

6.6 Behandeling van volgehoue aktiewe

RA

Sommige pasiënte het weerstandige siekte en ondervind ’n

progressiewe verloop ten spyte van uitgebreide behandeling

met SMARMs op hulle eie of in kombinasie met mekaar.

Pasiënte word beskou om aan refraktoriese RA te ly as hulle

nie reageer op konvensionele SMARMs alleen of in kombinasie

met mekaar nie.

Die eerste opsie is om die dosis bokant die standaard

behandelingsplan te verhoog. ’n Ander opsie is om SMARMs

te kombineer. Terapeutiese opsies in hierdie opset behels

toenemend gekompliseerde SMARM behandelingsplanne,

wat moontlik meer toksies is. Sommige dokters voeg etanercept,

infliximab of adalimumab by na die mislukking van een of meer

SMARMS, veral metotreksaat. Die kombinasie van ’n biologiese

middel en metotreksaat kan ook meer effektief wees as die

middels op hulle eie.

’n Onvoldoende reaksie teenoor een anti-TNF middel is nie

voorspellend van weerstand teen ander middels in hierdie klas

nie. Dus, indien siekte aktiwiteit nie voldoende beheer is na ’n

drie maande proeftydperk van een middel nie, kan ’n ander

anti-TNF middel gebruik word.

26 Julie 2008
Figuur 9. Behandeling van RA. Algoritme (aangepas uit SAMT 2003;93(12):1000)

27 Julie 2008
7. GEVOLGTREKKING

RA is ’n progressiewe siekte wat tot betekenisvolle gewrig

misvorming kan lei indien dit nie behandel word nie. Die

huidige terapeutiese model moedig ’n vinnige en toepaslike

aggressiewe opskaal benadering aan met middels wat die

siekte uitkoms effektief kan verander. Strukturele skade kom

vroeg tydens aktiewe RA voor en vroeë SMARM behandeling

verbeter die langtermyn uitkoms van die siekte. Dus word

vinnige verwysing na ’n rumatoloog vir ’n beslissende diagnose

en vroeë SMARM behandeling aanbeveel indien RA vermoed

word.

Die doel van behandeling is om die siekte te stuit en om

remissie te bereik. Alhoewel remissie nie gereeld voorkom nie,

kan pasiënte voordeel trek uit opvoedkundige, niefarmakologiese

en farmakologiese ingrype wat die kundigheid

van ’n aantal gesondheidsorg werkers verg.

Alhoewel SMARMs die hoeksteen van terapie vir vroeë RA is,

word die biologiese middels meer gereeld gebruik, veral as

gevolg van hulle vinnige aanvang van werking en hulle vermoë

om radiografiese vordering te staak. Die beskikbaarheid van

hierdie nuwe middels is die begin van ’n nuwe era waar

pasiënte behandel kan word met middels wat nie slegs die

simptome van RA verlig nie, maar ook moontlik die siekte

verloop kan inhibeer.

Ten spyte van belowende korttermyn resultate met die nuwer

SMARMs en die biologiese middels, is daar egter tans

onvoldoende inligting om te bepaal of die verhoogde uitgawe

uiteindelik gekanselleer sal word deur laer totale koste van die

siekte. Om die koste van hierdie baie duur middels te regverdig,

behoort langtermyn gebruik ’n voordeel bo konvensionele

SMARMs te lewer met betrekking tot die direkte kostes

geassosieer met RA (d.i. hospitalisasie, gewrig vervanging)

en ook die indirekte kostes (d.i. ongeskiktheid, mortaliteit).

Verwysings beskikbaar op versoek

Saamgestel deur Insight Medicine Management namens die Alpha Pharm Voortgesette Onderrigprogram

Posbus 218, Cramerview, 2060, Suid-Afrika

Kopiereg© 2008

Direkteur van Voortgesette Onderrig: Geraldine Bartlett M. Pharm (cum laude) F.P.S.

VPO Bestuurder: Glynis van der Watt Dip. Pharm. M.P.S.

Tel: (011) 706-6939

Gepubliseer deur Bookpress (011) 493-8522

28 Julie 2008