BEROERTE IN SUID-AFRIKA - insightcpd.co.za
BEROERTE IN SUID-AFRIKA - insightcpd.co.za
BEROERTE IN SUID-AFRIKA - insightcpd.co.za
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
2009 MODULE 5

HOOFPUNTE

BEROERTE IN SUID-AFRIKA

1. INLEIDING ..................................................... 1

1.1 Las van beroerte in Suid-Afrika .............................. 2

2. AARD VAN BEROERTE ....................................... 2

2.1 Definisies ................................................................ 3

2.2 Tipes beroertes ....................................................... 3

2.2.1 Iskemiese beroerte ....................................... 3

2.2.2 Hemoragiese beroerte .................................. 5

2.3 Karaktereienskappe van beroerte subtipes ............ 6

2.4 Beroerte tipes en subtipes in Suid-Afrika ............... 6

3. DIAGNOSE VAN BEROERTE ................................. 7

3.1 Simptome ............................................................... 7

4. RISIKOFAKTORE VIR BEROERTE........................... 7

4.1 Onveranderbare risikofaktore ................................. 7

4.2 Veranderbare risikofaktore ..................................... 8

4.3 Ander risikofaktore ................................................. 9

4.4 Die invloed van menslike immuniteitsgebrekvirus

(MIV) op beroerte ................................................. 10

5. PRIMÊRE EN SEKONDÊRE VOORKOMING VAN

BEROERTE ................................................... 10

5.1 Vermindering van risikofaktore ............................ 10

5.1.1 Hipertensie ................................................. 10

5.1.2 Diabetes mellitus ........................................ 11

5.1.3 Rook ........................................................... 11

5.1.4 Dislipidemie ............................................... 12

5.1.5 Antitrombotiese terapie .............................. 12

5.1.6 Antikoagulasie ............................................ 12

5.1.7 Ander faktore wat risiko beïnvloed ............ 12

6. BEHANDELING VAN AKUTE BEROERTE ................. 12

6.1 Inisiële noodgeval evaluasie en behandeling van

VIA of akute beroerte ............................................ 13

6.2 Onmiddellike ondersoeke ..................................... 13

6.3 Voortgaande akute iskemiese beroerte terapie .... 14

6.4 Voortgaande akute hemoragiese beroerte terapie ...15

6.5 Beroerte sorg protokolle ...................................... 18

7. MEDIESE BEHANDELING VAN VIA EN STABIELE

BEROERTE ................................................... 18

7.1 Risokofaktor behandeling ..................................... 18

7.2 Antiplaatjie terapie ................................................ 18

7.3 Antikoagulant terapie ............................................ 19

8. CHIRURGIESE BEHANDELING VAN ISKEMIESE BEROERTE 19

9. REHABILITASIE ............................................. 19

10. GEVOLGTREKKINGS ....................................... 19

STUDIE DOELWITTE:

Na voltooiing van hierdie module sal u:

Bekend wees met die las van beroerte in Suid-Afrika

Weet van die verskillende tipes beroertes sowel as

verbygaande iskemiese aanvalle en die karaktereienskappe

van verskeie tipes en subtipes beroertes

Begrip hê van die OBKD2 risiko stratifikasie telling vir

pasiënte wat ’n VIA gehad het

Deeglike kennis hê oor die risikofaktore vir beroerte en

die toepaslike bestuur van die risikofaktore as dit gebruik

word in die primêre en sekondêre voorkoming van

beroerte

Bekend wees met die vyf vernaamste waarskuwingstekens

van akute beroerte

Basiese kennis te hê oor die benadering van behandeling

van die pasiënt wat presenteer met akute beroerte

Bekend wees met die Suid-Afrikaanse akute

beroertesorg protokolle

Genoegsame kennis hê van aanbevele antiplaatjieterapie

vir die sekondêre voorkoming van

beroerte

Insig hê oor hoe aptekers ’n rol kan speel in die

verbetering van die bewustheid en uitkomstes van

beroertes in Suid-Afrika

1. INLEIDING

Beroerte of serebrovaskulêre toeval (SVT) is ’n akute toeval,

soms verwys na as ’n ‘brein aanval’. Dit gebeur na ’n skielike

inkorting van bloedvoorsiening na die brein. ’n Beroerte

veroorsaak skielike skade aan die breinweefsel en vind plaas

wanneer ’n bloedvat wat suurstof en ander nutriënte na die

brein vervoer òf geblok word deur ’n bloedklont òf ander

1 November 2009
deeltjies, òf bars. Die senuweeselle is ontneem van suurstof

en begin doodgaan binne minute. Byvoorbeeld, in pasiënte

wat ’n tipiese akute iskemiese beroerte ondervind, gaan 120

miljoen neurone en 830 biljoen sinapse verlore elke uur

gedurende vertraging voordat effektiewe behandeling

geïnisieer word. Gevolglik sal liggaamlike funksies onder

beheer van hierdie senuweeselle faal. Die gevolge van

beroerte is dikwels permanent want dooie breinselle kan nie

vervang word nie.

Beroerte is die tweede mees algemene oorsaak van sterftes

wêreldwyd, met twee-derdes van hierdie sterftes wat in sub-

Sahara Afrika voorkom. Die Wêreldgesondheidsorganisasie

(WGO) beraam dat 5.7 miljoen mense jaarliks sterf aan

beroerte. Beroerte word ook geassosieer met hoë morbiditeit

en laat 50% van beroerte oorlewendes chronies gestremd.

Die insidensie van beroerte in ontwikkelende lande word

verwag om in die toekoms toe te neem soos populasies ’n

‘gesondheidstransisie’ ondergaan. Tans is die vernaamste

gesondheidslaste in sub-Sahara Afrika infeksiesiektes,

insluitend menslike immuniteitsgebrekvirus (MIV) infeksie en

siektes verwant aan armoede en wanvoeding. Nogtans word

voorspel dat verstedeliking die risikofaktore vir vaskulêre

siekte kan verhoog en daardeur tot ’n skerp steiging in die

insidensie van beroerte lei.

Beroerte mortalitiet is hoog in Suid-Afrika, en alhoewel die

voorkoms van beroerte in landelike gebiede nog nie op dieselfde

vlak as dìe van ontwikkelende lande is nie, dra beroerte

betekenisvol by tot ons las van siekte teenoor gesondheidsorg.

Beroerte is ’n behandelbare mediese kondisie. Die meerderheid

mense oorleef ’n eerste beroerte, alhoewel met betekenisvolle

morbiditeit. Oor die laaste twee dekades was daar toenemende

bewyse vir meer effektiewe primêre en sekondêre

voorkomingsstrategië, effektiewe akute intervensies en ’n

begrip van die sorgproses wat bydra tot beter uitkomstes vir

beroerte pasiënte.

Die oorsake van die verskillende tipes en subtipes van beroerte

verskil, so ook hulle behandeling. Derhalwe is dit belangrik om

die profiel en die algemene oorsake van beroerte in die

populasie te verstaan. In Suid-Afrika, verskil die relatiewe

belangrikheid van risikofaktore vir beroerte tussen populasie

groepe en populasie groepe kan ook verskillende vlakke van

‘gesondheidstransisie’ weergee.

1.1 Las van beroerte in Suid-Afrika

Die las van beroerte in ’n populasie sluit die mortaliteit, die

voorkoms, die insidensie en die langtermyn uitkomste van

pasiënte in.

Beroerte mortaliteit

Vroeë dood na ’n beroerte is gewoonlik verwant aan die

onderliggende patologie en aan die erns van die letsel. Koma

na aanvang van ’n beroerte dui op ’n ongunstige diagnose

vermoedelik omdat ’n koma gereeld voorkom in serebrale

hemoragie.

Van die Las van Siekte beramings vir Suid-Afrika, is bevind dat

beroerte die vierde mees algemene oorsaak van dood,

verantwoordelik vir 6% van alle sterftes in 2000 was. Beramings

wys ook dat meer vroue as mans oorlede is aan beroerte in

2000. Beroerte, is daarom die mees belangrike nieoordraagbare

siekte, wat sterftes veroorsaak in vroue, in

vergelyking met iskemiese hartsiektes in mans.

Voorkoms en insidensie van beroerte

Dit is handig om die voorkoms van beroerte in ’n populasie te

weet dws die aantal mense met beroerte in die gemeenskap

op enige tydstip sodat gesondheidsdienste beplan kan word.

Die Suider-Afrikaanse Beroerte Voorkomings Inisiatief (SABVI)

het die eerste studie van die voorkoms van beroerte vanuit

Suid-Afrika gepubliseer. Hierdie studie was geloods in die

Limpopo provinsie op landelike Suid-Afrikaners gedurende

die jaarlikse deur tot deur populasie sensus in 2001.

Die voorkoms van beroerte was na beraming 300/100 000

en was hoër in vroue (348/100 000) as in mans (246/

100 000). Dit is in kontras met data van Westerse lande

waar die algehele voorkoms van beroerte hoër in mans is

as in vroue.

Terwyl die voorkoms van beroerte studies nuttig is, het hulle

tekortkominge deurdat hulle gevalle wat vinnig afsterf na

beroerte asook mense met geringe beroerte wat vinnig herstel

en wat nie ingesluit word in voorkomsopnames maande later

nie, onderverteenwoordig. Nòg beroerte mortaliteit nòg beroerte

voorkoms studies verskaf akkurate data oor die aard van

beroerte tipes en subtipes asook die presiese oorsaak van

beroerte nie. Geen gemeenskapsgebasseerde beroerte

insidensie # studies is nog ooit in Suid-Afrika onderneem nie,

alhoewel stedelik, het hospitaalgebasseerde studies gepoog

om beroerte insidensie in die streek te beraam.

# Insidensie – die aantal nuwe gevalle van ’n spesifieke siekte wat

gedurende ’n sekere periode voorkom bv. ’n jaar.

2. AARD VAN BEROERTE

Die brein is die mees metabolies aktiewe orgaan in die

liggaam. Terwyl dit slegs 2% van die liggaamsmassa

verteenwoordig, benodig dit 15-20% van die totale rustende

kardiale uitwerp om die nodige glukose en suurstof vir sy

metabolisme te verskaf. Soos bloedvloei verminder, staak

neurone funksionering en onomkeerbare neuronale iskemie

en besering tree in.

Beroertes betrek die arteries van die brein, òf die anterior

sirkulasie (vertakkings van die interne karotis arterie) òf die

posterior sirkulasie (vertakkings van die vertebrale en basilare

arteries). Beroerte is die term wat gebruik word om ’n akute

serebrovaskulêre hemoragie, embolisme of trombose in ’n

arterie/arteries wat die brein voorsien, wat lei tot skade aan

neuronale weefsel, te beskryf. Die gevolge van beroerte hang

af van:

Watter gedeelte van die brein beseer is en

Hoe ernstig dit geaffekteer is.

Wanneer die brein ’n besering opdoen, byvoorbeeld ’n beroerte,

stel neurone glutamaat vry, wat die neurone prikkel en oorlaai

met kalsium, waarna hulle afsterf. Normale neurotransmissie

is gewysig. Dié proses vind plaas deur glutamaat reseptore,

2 November 2009
insluitend N-metiel-D-aspartaat (NMDA) reseptore. Navorsing

word tans gedoen om terapeutiese agente te identifiseer wat

skade kan voorkom deur hierdie reseptore te blok.

Figuur 1. Illustrasie van bloedtoevoer tot die brein.

Vanuit Merck Manual of Medical Information - Second Home Edition,

edited by Robert S. Portr. Copyright (November 2007) by Merck & Co.,

Int., Whitehouse Station, NJ. Available at http://www.merck.com/

mmhe. Accessed (27/10/2009).

2.1. Definisies

Beroerte word gedefinieer deur die Wêreldgesondheidsorganisasie

as ’n “kliniese sindroom bestaande uit snel

ontwikkelende kliniese tekens van fokale (of globale in die

geval van koma) versteurings van serebrale funksionering wat

langer as 24 uur duur of lei tot dood met geen skynbare

oorsaak behalwe as van vaskulêre oorsprong.”

’n Verbygaande iskemiese aanval (VIA) word gedefinieer as

beroerte simptome en tekens wat binne 24 uur opklaar.

Beroertes word ook gedefinieer volgens of hulle omkeerbaar

of onomkeerbaar en/of hulle gering of ernstig is.

Geringe beroertes is akute, verbygaande serebrovaskulêre

toevalle met omkeerbare skade wat lei tot goeie

of volle herstel. As volle herstel van neurologiese tekorte

binne 24 uur plaasvind, word daar na die akute beroerte

verwys as ’n verbygaande iskemiese aanval (VIA). As

volle herstel tot en met ’n week neem, kan die akute

beroerte as ’n geringe beroerte gedefinieer word.

Ernstige beroertes is akute serebrovaskulêre toevalle

met òf ’n gematigde òf ’n swak herstel van neurologiese

tekorte, wat lei tot permanente gestremdheid.

2.2 Tipes beroerte

Daar is twee breë kategorieë van beroerte, hemoragies en

iskemies, wat beskou word as diametries teenoorgestelde

mediese kondisies:

Iskemiese beroerte of ‘serebrale infarksie’ word

gekenmerk deur te min bloed om genoegsame suurstof en

nutriënte aan ’n deel van die brein te verskaf. Brein iskemie

kan voorkom as gevolg van trombose, embolisme of

sistemiese hipoperfusie. Naastenby 80% van alle beroertes

is as gevolg van iskemiese serebrale infarksie.

Hemoragiese beroerte word gekenmerk deur te veel

bloed binne die geslote kraniale holte. Brein hemoragie

kan voorkom as gevolg van intraserebrale hemoragie

(bloeding binne-in die brein) of subaragnoïed hemoragie

Tabel 1. ’n Eenvoudige definisie van beroertes

Nota:

* Verbygaande iskemiese aanval (VIA) word deur die

klassieke definisie gedefinieer deur die tydelike aard van

die geassosieerde neurologiese simptome, wat minder as

24 uur duur. Die definisie het verander met die erkenning

dat verbygaande neurologiese simptome dikwels

geassosieer word met permanente besering van

breinweefsel. Derhalwe word alle pasiënte met VIA nou

beskou dat hulle geringe beroertes gehad het.

(bloeding om die membrane wat die brein omring).

Naastenby 20% van beroertes is as gevolg van brein

hemoragie.

Elk van hierdie kategorieë kan verdeel word in subtipes wat

ietwat verskillende oorsake, kliniese beelde, kliniese verlope,

uitkomstes en behandelingsstrategië het. Gesondheidsorgpersoneel

wat met vermoedelike beroerte te doen kry moet

inisieel oorweeg of die pasiënt simptome en tekens ervaar wat

aanduidend is van iskemie of hemoragie.

2.2.1 Iskemiese beroerte

Daar is drie hoof subtipes van brein iskemie:

Trombotiese beroerte verwys na ’n obstruksie in ’n arterie

Figuur 2. Oorsake van Iskemise beroerte

Vanuit Merck Manual of Medical Information - Second Home Edition,

edited by Robert S. Portr. Copyright (November 2007) by Merck & Co.,

Int., Whitehouse Station, NJ. Available at http://www.merck.com/

mmhe. Accessed (27/10/2009).

3 November 2009
wat die brein voorsien. Klein deeltjies van vetterige materiaal

en kalsium wat opbou in die wand van ’n arterie (bekend as

aterome) kan afbreek en beland in die klein bloedvate wat

die brein aanvoer om ’n tromotiese beroerte te veroorsaak.

Plaatjies of bloedselle wat saamkoek kan ook ’n bloedvat

versper. Die obstruksie kan voorkom as gevolg van siekte

van die arteriële wand, soos aterosklerose of as gevolg van

minder gereelde oorsake soos fibromuskulêre displasie.

Trombotiese beroertes kan verder verdeel word in òf grootòf

kleinvatsiekte. Aterosklerose is verreweg die mees

algemene oorsaak van trombose in die groot ekstrakraniale

en intrakraniale arteries wat die brein voorsien. Identifisering

van die spesifieke fokale vaskulêre letsel, insluitend sy

aard, erns en ligging, is belangrik vir behandeling aangesien

lokale terapie effektief kan wees (bv. chirurgie, angioplastie

of intra-arteriële trombolise).

Nota: In pasiënte met trombose, kan die neurologiese

simptome in die vroeë fase van die beroerte in ’n stamelende

wyse fluktueer, terugkeer of vooruitgaan.Sien

Figuur 3.

Figuur 3. Tydsverloop van trombotiese beroerte.

Aangepas uit Uptodate.com

Die verloop van swakheid van die regter ledemaat in die

pasiënt met ’n trombotiese beroerte toon fluktuerende

simptome, varieër tussen normal en abnormal, vorder in ’n

stapsgewyse of stamelende wyse met sommige periodes van

verbetering.

Embolisme verwys na deeltjies of oorskot (bv. ’n bloedklont)

wat ontstaan het in arteries in ander dele van die liggaam

(bv. nie in die brein nie) wat in bloedvate na die brein

beweeg waar dit vassteek en arteriële toegang tot ’n

spesifieke area van die brein blok. Emboliese beroertes

kan voorspruit uit ’n oorsprong in die hart, aorta of groot

vate. ’n Bloedklont wat byvoorbeeld in die hart of op een

van die kleppe vorm, kan losbreek (word ’n embolus), en

opbeweeg deur die arteries na die brein en daar vassteek.

Die resultaat is ’n emboliese beroerte.

Die embolus blok die arteriële area skielik sodat die aanvang

van simptome kortweg en maksimaal is by die begin. Sien

Figuur 4.

Emboliese beroerte vind skielik plaas, met simptome

maksimaal by aanvang.

Figuur 4. Tydsverloop van emboliese beroerte.

Aangepas uit Uptodate.com.

Tydsverloop van emboliese beroerte

Hierdie pasiënt het veelvuldige emboliese toevalle met

verskillende kliniese simptome gehad, aanvanklik swakheid

wat gevolg is deur parestesies.

Anders as met trombose, kan veelvoudige areas binne-in

die vaskulêre areas geaffekteer word. Aangesien die

proses nie lokaal is nie (soos met trombose), sal lokale

terapie die probleem slegs tydelik oplos. Verdere toevalle

kan plaasvind as die oorsprong van die embolisme nie

geïdentifiseer en behandel is nie.

Nota: Bloedafwykings is ’n ongewone primêre oorsaak

van beroerte. Nogtans kan verhoogde bloed koaguliteit tot

trombusvorming en daaropvolgende serebrale embolisme

lei.

Sistemiese hipoperfusie is ’n baie rare oorsaak van

beroerte. In gevalle van erge volgehoue hipotensie bv.

massiewe bloedverlies of kardiogene skok, kan serebrale

skade voorkom.

Nota: Nog ’n belangrike oorsaak van ’n infark is disseksie

as gevolg van ’n besering aan die karotis of vertebrale

arteries in die nek. Omtrent (20%) van infarksies in jong

beroerte pasiënte is as gevolg van intraserebrale arteriële

inflammasie of vaskulitis wat infektief (bv. TB meningitis en

sekondêre sifilis, veral in MIV+ pasiënte) of nie infektief

(bv. outoïmmuun siektes soos temporale arteritis, wat

geassosieer kan word met bindweefsel siektes of geïsoleer

is tot die SSS is.

Tabel 2. Meer oor verbygaande iskemiese aanvalle

(VIAs)

Verbygaande iskemiese aanvalle

Nota: VIAs is nie ’n kenmerk van brein hemoragie nie.

Die term verbygaande iskemiese aanval (VIA) is eers in

die vroeë 1950s voorgestel, gebasseer op die erkenning

dat verbygaande fokale verlies van neurologiese funksie

soms beroertes voorafgaan.

VIA kan beskou word as ’n akute episode van tydelike

neurologiese disfunksie wat veroorsaak word deur ’n

vaskulêre afsluiting (trombus of embolus).

Simptome duur tipies korter as ’n uur en baie VIAs duur

korter as 5 minute·

Aanvanklik is dit nie onderskeibaar van ’n akute

iskemiese beroerte nie maar die VIA is soms oor teen

die tyd dat die pasiënt die dokter sien. Dit is waarom

VIAs soms beskryf word as ‘mini beroertes’.

4 November 2009
Migraine, serebrale tumore en konvulsies kan ’n VIA

namaak.

Die belangrikste korttermyn risiko van ’n VIA is dié van

beroerte.

VIA moet as ’n ongeval behandel word aangesien dit ’n

waarskuwingsteken is van ’n dreigende beroerte.

’n Aantal risiko stratifikasie tellings is beskikbaar om

daardie pasiënte wat die hoogste risiko vir beroerte het

te onderskei, maar die mees algemene gevalideerde is

die OBKD2 telling. Sien tabel 3. Mense met ’n vermoedelike

VIA wat ’n hoë risiko het vir beroerte (bv. ’n

OBKD2 telling van 4 of meer) moet onmiddellike inisiasie

van aspirien ontvang, spesialis evaluering verkieslik

binne 24 uur na aanvang van simptome en sekondêre

voorkoming begin sodra die diagnose bevestig is.

Mediese behandeling wat volg op ’n VIA is gemik op die

vermindering van beide die daaropvolgende korttermyn

en langtermyn risiko van beroerte.

Antitrombotiese terapie (bv. aspirien 75-300 mg per dag

of kombinasie aspirien/verlengde vrystelling

dipyridamool (bv. Asasantin ® ) of clopidogrel (bv. Plavix ® )

moet geïnisieer word sodra intrakraniale hemoragie

uitgesluit is, gegewe die hoë korttermyn risiko van

beroerte na VIA.

Pasiënte moet berading ontvang oor hoe om

veranderbare risikofaktore te wysig.

Tabel 3. Die OBKD2 risiko stratifikasie telling vir

pasiënte wat ’n VIA gehad het

O: Ouderdom > 60 jaar 1 punt

B: Bloeddruk

> 160/90 mm Hg

K: Kliniese kenmerke:

1 punt

· Unilaterale swakheid · 2 punte

· Spraaksteurnis sonder

swakheid

D: Duur

· 1 punt

> 60 minute 2 punte

10-59 minute 1 punt

D: Diabetes 1 punt

TOTAAL 0-7 PUNTE

Individue met ’n OBKD2 telling hoër as 6 het ’n 8% risiko vir

beroerte binne 2 dae, terwyl daardie met ’n OBKD2 telling van

minder as 4 ’n 1% risiko het vir beroerte binne 2 dae.

2.2.2 Hemoragiese beroerte

Daar is twee hoof subtipes hemoragiese beroerte:

Intraserebrale hemoragie (ISH) verwys na bloeding in

die brein met die bloed gewoonlik afkomstig van arteriole

of klein arteries. Die bloeding is direk in die brein, wat ’n

hematoom (’n lokale versameling van bloed, gewoonlik

geklot) vorm. Akkumulasie van bloed vind oor minute of

ure plaas en die neurologiese simptome vermeerder

gewoonlik geleidelik oor minute of ’n paar ure. In kontras

met brein embolisme of subaragnoïed hemoragie, begin

die neurologiese simptome nie skielik nie en is nie

maksimaal by aanvang nie.

Subaragnoïed hemoragie (SAH) verwys na ruptuur van

’n aneurisme (’n sak gevorm deur die dilatasie van die

wand van ’n arterie) wat bloed onder arteriële druk direk in

die serebrospinale vloeistof (SSV) vrystel. Die bloed versprei

vinnig in die SSV, wat snelle verhoging van intrakraniale

druk veroorsaak. Dood of diep koma volg as die bloeding

voortduur. Die bloeding duur gewoonlik slegs ’n paar

sekondes maar herbloeding is algemeen. Met oorsake van

SAH anders as aneurisme ruptuur, is die bloeding minder

skielik en kan oor ’n langer priode plaasvind.

Simptome van SAH begin skielik wat in kontras is met die

meer geleidelike aanvang van ISH. Die skielike verhoging

in druk veroorskaak ’n staking van aktiwiteit (bv. velies van

geheue óf fokus óf die knieë knak). Hoofpyn is ’n

onveranderbare simptoom en is dadelik ernstig en

wydverspreid.

Dwarssnit van die Brein

Figuur 5. Oorsake van hemoragiese beroerte

Vanuit Merck Manual of Medical Information - Second Home Edition,

edited by Robert S. Portr. Copyright (November 2007) by Merck & Co.,

Int., Whitehouse Station, NJ. Available at http://www.merck.com/

mmhe. Accessed (27/10/2009).

Tipes beroerte - Opsomming

Tromboties

(obstruksie

deur bv. ’n

klont wat

ontstaan

in die

brein)

Embolies

(obstruksie

deur bv. ’n

bloedklont

wat iewers

anders

gevorm het

en na die

brein

beweeg en

vasgesteek

het in ’n

arterie in

die brein)

Sistemiesehipoperfusie

Intraserebralehemoragie

(ISH)

Subaragnoïedhemoragie

(SAH)

5 November 2009
2.3 Karaktereienskappe van beroerte

subtipes

Elke beroerte subtipe het ’n karakteristieke verloop, wat tesame

met pasiënt risikofaktore en ander presenterende leidrade

(sien Tabel 4), nuttig kan wees om die tipe beroerte en

daardeur die toepaslike behandeling daarvan te kan bepaal.

2.4 Beroerte tipes en subtipes in Suid-

Afrika

Die verhouding van die verskillende beroerte tipes en subtipes

verander in populasies soos hulle die gesondheistransisie

ondergaan. Byvoorbeeld, vroeg in transisie as die voorkoms

van hipertensie hoog is, maar bloed cholesterol en

aterosklerotiese siekte is laag, verteenwoordig hemoragiese

beroertes ’n groter as gewoonlik proporsie van alle beroertes.

Nogtans, as ander risikofaktore ’n rol begin speel en serebrale

aterosklerose vermeerder, is daar ’n afname in die hoeveelheid

hemoragiese beroertes en ’n toename in die hoeveelheid

iskemiese beroertes.

In Suid-Afrika blyk ras, ouderdom en onderliggende

siektetoestande om belangrike aanwysers te wees van die

onderliggende oorsaak en risikofaktor profiel geassosieer met

beroerte. Studies het getoon dat:

Table 4. Karaktereienskappe van beroerte subtipes

(Aangepas uit Caplan Uptodate.com)

Tipe beroerte Kliniese verloop Risikofaktore Ander leidrade

Iskemies

Tromboties Stamelende progressie met · Aterosklerotiese risikofaktore Kan ’n geskiedenis van VIA hê.

periodes van verbetering. (ouderdom, rook, diabetes Kan ’n nekgeruis hê**

Lakunes* ontwikkel oor ure en mellitus).

maksimaal oor ’n paar dae

Embolies Skielike aanvang met tekort · Aterosklerotiese risikofaktore Kan presipiteer word deur op te

maksimaal by aanvang. soos bo. staan snags om te urineer, of

Kliniese bevindings kan · Geskiedenis van hartsiekte skielike hoes of nies.

vinnig verbeter. (klepsiekte , atriale fibrillasie,

endokarditis)

Hemoragies

Intraserebrale hemoragie (ISH) Geleidelike progressie oor · Hipertensie Kan presipiteer word deur

minute of ure · Trouma seks of ander fisiese aktiwiteit.

· Bloedings-geneigtheid Pasiënt kan verminderde

· Ongeoorloofde dwelm gebruik wakkerheid hê.

(bv. amfetamienes, kokaïne)

· Vaskulêre misvormings

Subaragnoïed Snelle aanvang van skielike · Ongeoorloofde dwelm gebruik

hemoragie (SAH) erge hoofpyn. (bv. amfetamienes, kokaïne)

Fokale brein disfunksie minder · Bloedings-geneigtheid

algemeen as by ander tipes.

* Lakunes – klein areas van serebrale iskemiese infarksie

** Geruis – ’n klank of geruis gehoor in beluistering (bv. Gehoor met ’n stetoskoop)

Serebrale hemoragie in ongeveer 30% van swart beroerte

pasiënte plaasvind. Hierdie bevinding kan in pas wees

met die ‘gesondheidstransisie’. Swart pasiënte in die

vroeë stadiums van die ‘gesondheidstransisie’ is meer

geneig om hipertensie te hê in die afwesigheid van

betekenisvolle aterosklerose en is daarom meer geneig

tot hemoragiese beroertes as iskemiese beroertes.

Hipertensiewe intraserebrale hemoragie is ook meer

algemeen onder individue van Oosterse herkoms as

onder blankes.

Blanke beroerte pasiënte presenteer met die meer

tradisionele risikofaktore soos hipertensie, hiperlipidemie,

alkohol misbuik en rook. As sulks, is aterosklerose die

onderliggende oorsaak van beroerte. Blanke beroerte

slagoffers is derhalwe geneig om iskemiese beroerte

eerder as hemoragiese beroerte te ervaar.

Jonger (< 45 jaar oud) beroerte pasiënte blyk om meer

geneig te wees om migraine, valvulêre hartsiekte (bv.

mitraalklep prolaps) te hê en orale kontrasepsie te gebruik

terwyl ouer beroerte pasiënte meer geneig is om

hipertensie, iskemiese hartsiekte, perifere vaskulêre siekte

en ’n vorige rookgeskiedenis te hê.

6 November 2009
3. DIAGNOSE VAN BEROERTE

3.1 Simptome

Beroerte moet vermoed word wanneer ’n pasiënt enige van die

vyf hoof waarskuwingssimptome het, soos gelys in Tabel 5.

Die aanvang van simptome is gewoonlik skielik maar die vroeë

verloop kan veranderlik wees. Die pasiënt kan ’n geskiedenis

van enige van die gelyste simptome gee maar geen

neurologiese tekorte hê nie. Dit word beskou as ’n VIA.

Tabel 5. Die vyf hoof waarskuwingstekens van

beroerte

(Aangepas uit SAMJ 2000;90(3):283)

S · Verbygaande swakheid, gevoelloosheid of verlamming

van die gesig of ’n arm of ’n been aan een of albei kante

van die liggaam

V · Skielike dowwe of verminderde visie in een of albei oë

S · Moeilike spraak of begrip

D · Duiseligheid, verlies van balans of enige onverklaarbare

val of wankelrige gang

H · Hoofpyn (gewoonlik erg en skielik by aanvang) of

onverklaarbare wysiging in die patroon van hoofpyne

Tekens en simptome van ’n iskemiese beroerte verskil

ooreenkomstig met die area in die brein, bv. linker of regter

hemisfeer of breinstam. Beroertes beskadig gewoonlik slegs

een kant van die brein. Aangesien senuwees in die brein

oorkruis na die ander kant van die liggaam, verskyn simptome

aan die teenoorgestelde kant van die liggaam as van die

beskadigde kant van die brein. Byvoorbeeld, skade aan die

regter serebrale hemisfeer sal die linkerkant van die liggaam

affekteer.

Figuur 6. Hoekom beroertes slegs een kant van die

liggaam affekteer

Vanuit Merck Manual of Medical Information - Second Home Edition,

edited by Robert S. Portr. Copyright (November 2007) by Merck & Co.,

Int., Whitehouse Station, NJ. Available at http://www.merck.com/

mmhe. Accessed (27/10/2009).

Die tekens van ’n naderende beroerte volg gewoonlik die

patroon van:

Slukafwykings

Spraak en taal probleme

Motoriese en/of sensoriese disfunksie

Steurnis in sig, gang en balans en

Kognitiewe verlies

Die teenwoordigheid van sekere simptome soos koors, erge

hoorpyn, braking, konvulsies en verlies van bewussyn kan

aanduidend wees van sekere beroerte tipes:

Koors verhoog die vermoede van endokarditis en gevolglik

emboliese beroerte

Erge hoofpyn met die aanvang van neurologiese simptome

dui subaragnoïed hemoragie aan, terwyl hoofpyn wat

ontwikkel na die aanvang van simptome en wat meegaan

met geleidelik toenemende neurologiese tekens,

verminderde bewussyn en braking meestal intraserebrale

hemoragie aandui.

Braking is algemeen in pasiënte met intraserebrale

hemoragie of subaragnoïed hemoragie.

Konvulsies in die akute fase van beroerte word meestal

gesien in pasiënte met intraserebrale hemoragie of brein

embolisme en is minder algemeen in pasiënte met akute

trombose.

Verlies van bewussyn, nek styfheid en hoofpyn is

aanduidend van intrakraniale hemoragie.

Vasstelling van die tyd van aanvang van simptome is van

uiterste belang bv. as pasiënte oorweeg word vir moontlike

trombolitiese terapie. Sommige beroertes vind plaas terwyl

pasiënte slaap en word nie ontdek totdat die pasiënt wakker

word nie. Beroerte simptome kan sommige pasiënte onbevoeg

laat om te roep vir hulp.

BEROERTE = BREIN TOEVAL = MEDIESE NOODGEVAL

4. RISIKOFAKTORE VIR BEROERTE

Risikofaktore vir beroerte word verdeel in faktore wat gewysig

kan word en faktore wat nie gewysig kan word nie. Meeste

beroerte risikofaktore lei tot iskemie, maar risikofaktore vir

hemoragie moet herken word (bv. aneurisme, koagulasie

defekte). Antikoagulant terapie kan predisponeer tot serebrale

hemoragie.

4.1 Onveranderbare risikofaktore

Ouderdom

Toenemende ouderdom is ’n belangrike onveranderbare

risikofaktor vir beroerte in alle studies, hetsy in ontwikkelde of

in ontwikkelende lande. Volgens internasionale statistieke,

word geskat dat slegs 10% van beroertes in mense onder die

ouderdom van 50 plaasvind en byna 75% van alle beroertes

vind plaas in mense ouer as 65. Die risiko van beroerte meer

as verdubbel met elke dekade na die ouderdom van 55 jaar.

7 November 2009
Tog van belang is dat data van hospitaalgebaseerde studies

voorstel dat ouderdomspesifieke beroerte insidensie hoër is in

jonger (35-54 jaar oud) ouderdomsgroepe in Suid-Afrika as in

hoë-inkomste gebiede van die wêreld.

Geslag

In totaal, is dit beraam dat die insidensie van beroerte ongeveer

30% hoër is in mans as in vroue. Nogtans wil dit voorkom of

jonger mans ’n hoër insidensie van beroerte het as ouer mans.

In die SASPI studie, die eerste voorkoms van beroerte studie

in Suid-Afrika, was die voorkoms van beroerte hoër in vroue as

in mans. Dit kan moontlik verklaar word deur die

gesondheidstransisie waar beroertes geassosieer kan word

met hoër vlakke van hipertensie in die studiepopulasie in

kontras met aterosklerose. Oor die algemeen, het

premenopousale vroue ’n laer frekwensie van aterosklerosis

as mans met ooreenkomstige ouderdom, behalwe as hulle

ander hoof beroerte risikofaktore het, en is daarom minder

geneig om iskemiese beroertes te hê.

Tabel 6. Veranderbare risikofaktore vir beroerte

(Aangpas uit SAMJ 2000;90(3):283)

Risikofaktor Aanmerkings

Ras en genetika

Sommige studies het getoon dat oorerflike faktore ’n belangrike

rol speel. Byvoorbeeld, om ’n identiese tweeling te wees in

vergelyking met ’n disigotiese tweeling van ’n beroerte slagoffer,

verhoog die risiko van beroerte vyfvuldig. Swart ras blyk om

nog ’n predisponerende faktor te wees.

Beroerte affekteer alle rasse groepe in Suid-Afrika.

Hipertensiewe ISH is meer algemeen onder swartes en

individue van Oosterse herkoms, as onder blankes.

4.2 Veranderbare risikofaktore

Veranderbare risikofaktore is belangrik aangesien hierdie

risikofaktore bestuur kan word deur die pasiënt (en

gesondheidspersoneel) sodat die risiko van beroerte verminder

kan word. Sien afdeling 5. Hospitaalgebaseerde studies in

Suid-Afrika het die voorkoms van die volgende veranderbare

risikofaktore in mense wat opgeneem is met beroerte bevind:

(Vervolg op bladsy 9)

Diabetes mellitus · Diabetes is ’n hoof risikofaktor.

· Pasiënte met beide diabetes en hipertensie het nog ’n groter risiko vir beroerte.

Hartsiekte · Atriale fibrillasie, klepsiekte, onlangse miokardiale infarksie en endokarditis verhoog die

waarskynlikheid van beroerte as gevolg van embolisme.

Hiervan, is artriale fibrillasie die mees prominente.

· Die risiko van beroerte blyk om grootliks verhoog te wees na miokardiale infarksie, veral in die

eerste 30 dae.

Hipercholesterolemie · Verhoogde totale cholesterol en verlaagde hoë-digtheid lipoproteïen (HDL) cholesterol word

geassosieer met verhoogde risiko van iskemiese beroerte.

Hipertensie · Hipertensie is die mees algemene en mees belangrike risikofaktor, insluitend geïsoleerde

sistoliese hipertensie.

· Daar is ’n geleidelike verhoogde insidensie vir beide koronêre siekte en beroerte soos die

bloeddruk oor 110/75mm Hg styg. Sien Figuur 7.

· Erge ongekontroleerde hipertensie is ’n sterk risikofaktor vir ISH.

Rook · Tabak rook is ’n hoof risikofaktor.

Alkohol en vermaaklikheids-middels · Alkohol is nie ’n risikofaktor as dit matig gebruik word nie.

Nogtans is hewige alkohol inname ’n sterk risikofaktor en is sinergisties met hipertensie om

beide hemoragiese en iskemiese beroerte te veroorsaak.

· Amfetamien gebruik verhoog die waarskynlikheid vir beide ISH en SAH maar nie brein iskemie

nie.

· Kokaïen-verwante beroertes is dikwels hemoragies, as gevolg van aneurisms en vaskulêre

misvormings.

Kokaïen word ook geassosieer met brein iskemie.

Ander · Die teenwoordiheid van ’n bekende bloedingssiekte of voorgeskrewe warfarin of ander

antikoagulante predisponeer tot hemoragiese beroerte.

· Fenielpropanolamien in eetlusonderdrukkers blyk om ’n onafhanklike risikofaktor vir

hemoragiese beroerte te wees in vroue, veral in daardie wat hoër as aanbevele dosisse neem.

· Die verband tussen beroerte en orale kontrasepsie gebruik is ’n kontroversiële saak.

Oorspronklike studies wat hierdie assosiasie voorgestel het, was uitgevoer met orale

kontrasepsie wat hoër dosisse estrogen bevat het.

Die risiko mag dalk nie so groot wees met die huidige lae-dosis orale kontrasepsie nie.

8 November 2009
Hipertensie in pasiënte met hemoragiese beroerte –

76-93%

Hipertensie in pasiënte met iskemiese beroerte – 32-76%

Sigaret rook – 15-28%

Diabetes mellitus – 3-10%

Hipercholesterolemie – 2-10%

Vorige beroerte of VIA – 2-7%

Atriale fibrillasie – 1-7%

In die SASPI studie van die vookoms van beroerte in

landelike Suid-Afrikaners, was hipertensie die mees

algemene risikofaktor (71%), gevolg deur huidige alkohol

gebruik (20%), diabetes mellitus (12%) en sigaret rook

(9%).

Figuur 7. Beroerte sterftesyfer in verwantskap met die geskatte gebruiklike sistoliese en diastoliese

bloeddruk aan die begin van daardie dekade.

Aangepas uit Lancet 2002;360:1903.

4.3 Ander risikofaktore

Vorige VIA of beroerte

’n Geskiedenis van VIA, veral meer as een, bevoordeel sterk

die teenwoordigheid van ’n lokale vaskulêre letsel (trombose).

Pasiënte sal dikwels nie vrywillig ’n vorige geskiedenis van

simptome bestendig met ’n VIA weergee nie. Dit mag nodig

wees dat gesondheidsorgpersoneel pasiënte direk uitvra oor

simptome, soos:

Was een kant van jou gesig of tong al ooit gevoelloos of het

tintelend gevoel?

Het jy al ooit ’n verbygaande gevoelloosheid in jou arm,

hand of been gehad?

Het jy ooit moeilike spraak gehad?

Het jy ooit sig verloor?

Herhaalde iskemiese beroerte of herhaalde VIAs is tipiese

probleme in oorlewendes van beroertes. Studies het

verwantskappe tussen aanvanklike beroerte, vaskulêre

risikofaktore (bv. hipertensie, diabetes en hipercholesterolemie)

en leefstyl faktore (bv. rook, alkohol gebruik, obesiteit, tekort

aan fisiese aktiwiteit) gedokumenteer. Ander faktore wat

geassosieer word met herhaalde beroerte sluit in diabetes

mellitus, vorige meervuldige beroertes, gebrek na aanvanklike

beroerte en aterosklerose van die groot arteries.

Risikofaktore soos hipertensie, diabetes and

hipercholesterolemie moet op ’n gereelde (ten minste 6

maandeliks) basis ge-evalueer word en aandag moet geskenk

word aan leefstyl modifikasie, insluitend behandeling van

obesiteit, staking van rook, verminderde alkohol inname en

bevordering van fisiese aktiwiteit.

Aktiwiteit met aanvang of net voor die

beroerte

Hemoragiese beroerte kan versnel word deur seks of ander

9 November 2009
fisiese aktiwiteit, terwyl iskemiese beroertes ongewoon is

onder hierdie omstandighede.

Skielike hoes of nies kan soms brein embolisme versnel.

Eweneens, blyk dit dat brein embolisme bevorder word deur

snags op te staan om te urineer.

4.4 Die impak van menslike

immuniteitsgebrekvirus (MIV) op

beroerte

Dit is nie seker wat die impak van MIV op beroerte in Suid-

Afrika is nie. Daar word beweer dat klinici toenemende syfers

van jong MIV-positiewe beroerte pasiënte in ons hospitale

aanmeld, en daar is baie redes waarom ’n immuunonderdrukte

MIV pasiënt kan presenteer met beroerte bv. tuberkulose

meningitis, toksoplasmose wat die serebrale bloedvate

affekteer of selfs kardiale siekte. Nogtans, tot op hede, het

slegs een studie taamlik oortuigend bevind dat MIV ’n

risikofaktor vir beroerte is.

5. PRIMÊRE EN SEKONDÊRE

VOORKOMING VAN BEROERTE

Dit is belangrik om die risiko van beroerte te verminder, veral

in daardie wat as hoë risiko geag word om ’n iskemiese

beroerte te kry as gevolg van die teenwoordigheid van koronêre

hartsiekte of diabetes (dws primêre beroerte voorkoming).

Die behandeling van behandelbare/veranderbare risikofaktore

wat bydrae tot die ontwikkeling en progressie van

aterosklerotiese serebrovaskulêre siekte is daarom van

kardinale belang.

Nadat ’n beroerte of VIA plaasgevind het, is dit belangrik om al

die belangrike oorsake en risikofaktore van die toeval te

identifiseer en te behandel. Die doel van sekondêre beroerte

voorkoming is om die risiko vir nog ’n beroerte te voorkom of

te verminder.

Sekondêre voorkoming is van uiterste belang in alle VIAs of

geringe beroertes. ’n Pasiënt wat presenteer met ’n inisiële

verbygaande of geringe beroerte, loop ’n risiko vir ’n tweede

beroerte. Die tweede beroerte gaan mees waarskynlik binne

2 weke na die eerste beroerte plaasvind, veral as die eerste

geval ’n embolus afkomstig van die hart of stenose # van ’n

karotis arterie was. Die tweede beroerte kan erge gebrek

veroorsaak.

# Stenose – Vernouing of sametrekking

5.1 Risikofaktor vermindering

Die hoof behandelbare risikofaktore vir serebrovaskulêre

aterosklerotiese siekte is verwant aan daardie vir koronêre

aterosklerose en sluit in:

Hipertensie

Diabetes mellitus

Rook

Dislipidemie

Die risiko is besonders verhoog in pasiënte wat twee of meer

van hierdie risikofaktore het.

5.1.1 Hipertensie

Hipertensie is die belangrikste behandelbare risikofaktor vir

beroerte. Ongeveer 60% van beroertes in mans en vroue van

alle ouderdomme word toegeskryf aan hipertensie. Bykomend,

word hipertensie geassosieer met ’n verhoogde neiging vir

sub-kliniese of stil # beroerte, wat op sigself geassosieer word

met ’n verhoogde risiko vir vaskulêre demensie en herhaalde

beroerte.

# Stil of sub-kliniese beroertes kan slegs geïdentifiseer word deur

neuro-afbeelding. Daar is geen meegaande kliniese geskiedenis van

beroerte of VIA nie. Stil beroertes kan baie meer algemeen voorkom

as simptomatiese beroertes. In ’n populasie gebasseerde deursnee

opname van 267 bejaarde gemeenskapinwoners in Duitsland, was die

voorkoms van stil beroerte 12.7%. Die teenwoordigheid van stil

beroerte was geassosieer met verminderde kognitiewe optrede.

Die risiko vir beroerte verhoog soos bloeddruk bo 110/75 mm

Hg styg. Verlaging van bloeddruk in hipertensiewe pasiënte,

selfs daardie met matige hipertensie, verlaag die risiko vir

beroerte. In ’n meta-analiese van behandelingsproewe van

die verlaging van bloeddruk, het ’n gemiddelde verlaging in

bloeddruk van 5.8 mm Hg die insidensie van beroerte met 42%

oor ’n twee to vyf jaar opvolg verminder. Daar is ook ’n

voordeel van antihipertensiewe terapie gedemonstreer in

Tabel 7. Teikens vir risikofaktor vermindering in

primêre en sekondêre beroerte voorkoming

Risikofaktor Teiken

Bloeddruk (BD)

BD in pasiënte met < 140/90 mm Hg

hipertensie

BD in pasiënte met < 130/85 mm Hg

hipertensie en diabetes

BD in pasiënte met < 130/85 mm Hg

hipertensie en niersiekte

Cholesterol

· In pasiënte met gevestigde koronêre hartsiekte, diabetes

of met hoë kardiovaskulêre siekte risiko #

Totale cholesterol < 4.5 mmol/l

Lae-digtheid lipoproteïen < 2.5 mmol/l

(LDL)-cholesterol

· Vir pasiënte met ’n matige of lae kardiovaskulêre siekte

10 November 2009

risiko #

Totale cholesterol < 5 mmol/l

Lae-digtheid lipoproteïen < 3 mmol/l

(LDL)-cholesterol

Bloedglukose and HbA1c

Vastende bloedglukose in 4-6 mmol/l

pasiënte met diabetes

mellitus

HbA1c in pasiënte met < 7%

diabetes mellitus

# Sien Tabelle 8 & 9 wat ‘hoë risiko vir kardiovaskulêre siekte’ verduidelik.
pasiënte wat ’n vorige beroerte of VIA in die afgelope 5 jaar

gehad het.

Die keuse van antihipertensiewe middel moet geïndividualiseer

word volgens die pasiënt se eienskappe en ko-morbiditeite.

Daar is data wat die voordeel van ’n diuretikum of ’n kombinasie

van ’n diuretikum plus ’n angiotensien omskakeling ensiem

(AOE) inhibeerder vir die vermindering van herhaalde beroerte

toon.

Nota: In pasiënte wat onlangs ’n beroerte gehad het, is dit

belangrik om die bloeddruk nie te vinnig te verlaag nie. Die BD

moet geleidelik oor ’n paar maande verlaag word om neweeffekte

te minimaliseer, insluitend hipotensiewe simptome as

gevolg van ’n mislukking van die outoregulasie van serebrale

bloedvloei.

5.1.2 Diabetes mellitus

Pasiënte met diabetes mellitus het ongeveer twee maal die

risiko vir iskemiese beroerte in vergelyking met daardie sonder

diabetes. Dislipidemie, endoteliale disfunksie en plaatjie en

koagulasie abnormaliteite is onder die risikofaktore wat die

ontwikkeling van karotis- (met betrekking tot die hoof arterie in

die nek) aterosklerose in diabetes bevorder. Ingekorte glukose

toleransie kan ’n risikofaktor wees vir iskemiese beroerte in

pasiënte met ’n geskiedenis van verbygaande iskemiese

aanval (VIA) of geringe iskemiese beroerte.

Vir pasiënte met diabetes en iskemiese beroerte of VIA, word

glukose kontrole naby normoglukemiese vlakke aanbeveel.

Die aanbevele teiken vir hemoglobien A1c is < 7%. Bykomstig,

is streng kontrole van bloeddruk en lipiede van besondere

belang vir pasiënte met diabetes.

Tabel 9. Stratifikasie van kardiovaskulêre risiko om prognose te kwantifiseer.

Aangepas uit SA Hipertensie Riglyne. 2006. SAMJ 2006;96(4):341

Tabel 8. Hoof kardiovaskulêre risikofaktore.

Aangepas uit SA Hipertensie Riglyne. 2006. SAMJ 2006;96(4):340

Vlakke van sistoliese bloeddruk (SBD) & diastoliese

bloeddruk (DBD)

Rook

Dislipidemie

Totale cholesterol > 6.5 mmlol/L, OF

LDL > 4 mmol/L, OF

HDL < 1 mmol/L vir mans en < 1.2 mmol/L vir vroue

Diabetes mellitus

Mans > 55 jaar

Vroue > 65 jaar

Familie geskiedenis van vroeë aanvang van

kardiovaskulêre siekte

Mans < 55 jaar

Vroue < 65 jaar

Middellyf omtrek – abdominale obesiteit

Mans > 102 cm

Vroue > 88 cm

Die uitsondering is Suid-Asiërs en Chinese mans

> 90 cm en vroue > 80 cm

5.1.3 Rook

Sigaret rook is ’n hoof risikofaktor, wat nou dieselfde

belangrikheid aanneem soos vir koronêre arterieële siekte.

Sigaret rook word geassosieer met ’n verhoogde risiko vir alle

beroerte subtypes en het ’n sterk, dosis-respons verwantskap

vir beide iskemies beroerte en subaragnoïed hemoragie.

11 November 2009
Tabel 10. Goeie wenke om op te hou rook

Stel ’n datum vas om op te hou rook en bly daarby.

Hou ’n dagboek vir ’n paar dae en skryf die tye en plekke

neer wanneer jy rook.

Probeer om minder te rook voor die afsny datum, maar

stop heeltemal op die afsny datum.

Praat met die dokter en apteker oor enige ondersteuning

wat jy mag nodig hê nadat jy ophou rook het.

Oorweeg byvoorbeeld een van vele nikotien

vervangingsterapië bv. kougom, plakkers, sproei of

bupropioon (bv. Zyban ® ) om die onttrekkingsimptome

te verlig.

Verwyder asbakkies, aanstekers en sigarette uit die

huis en werkplek.

Verbreek die skakels wat ’n drang vir rook wek – soos

geïdentifiseer vanuit jou dagboek.

Neem deel aan enige vorm van oefening.

Eet gesond, maar moenie terselfdertyd probeer dieet

nie.

As jy nie met die eerste probeerslag suksesvol was nie,

onthou, moenie ophou probeer om op te hou rook nie.

Waarnemende studies het getoon dat die verhoogde risiko vir

beroerte as gevolg van rook afneem na staking en word

geëlimineer binne 5 jaar. Derhalwe, word die staking van rook

vir alle pasiënte met beroerte of VIA aanbeveel.

5.1.4 Dislipidemie

Hiperlipidemie is ’n hoof risikofaktor vir koronêre hartsiekte.

Nogtans, kom dit voor of die verwantskap tussen die serum

cholesterol konsentrasie en beroerte insidensie meer kompleks

is, alhoewel verhoogde cholesterol ’n gevestigde risikofaktor

vir aterosklerose is, dit wil voorkom om slegs ’n swak risikofaktor

vir iskemiese beroerte te wees. Die epidemiologiese bewyse

rakende die risiko van iskemiese beroerte toeskryfbaar aan

cholesterol is nie konstant nie en teenstrydig.

Nietemin, word dit aanbeveel om by die riglyne van die Lipied

en Aterosklerotiese Raad van Suid-Afrika te bly in terme van

dieetkundige en geneeskundige terapie en teikenwaardes van

serum cholesterol. Sien Tabel 7.

In pasiënt met hiperlipidemie, verminder die behandeling met

HMG CoA reduktase inhibeerders (statiene) die risiko van

beroerte, terwyl lipied verlaging deur ander middele (bv. fibrate

of harse) geen betekenisvolle impak op beroerte insidensie

het nie. Derhalwe lyk dit moontlik dat die beskermende effek

van statiene nie bemiddel word deur die verlaging van

cholesterol alleen nie, maar deur anti-aterotrombotiese

eienskappe. Selfs pasiënte met ‘gemiddelde’ serum cholesterol

konsentrasies blyk om voordeel te trek uit statien terapie in

terme van beroerte vermindering.

Ter opsomming stel die algehele bewyse ’n paradoks voor:

langtermyn behandeling met statiene verminder die risiko van

beroerte, maar hipercholesterolemie is nie ’n hoof risikofaktor

vir beroerte nie.

5.1.5 Antitrobotiese terapie

Aangesien antiplaatjie agente effektief is vir die voorkoming

van herhaalde iskemiese beroerte, behoort die meeste pasiënte

met ’n geskiedenis van beroerte met ’n antiplaatjie agent

behandel te word. Die kombinasie van aspirien en ’n verlengde

vrystelling dipiridamool (bv. Asasantin ® ), klopidogrel (bv.

Plavix ® ) alleen of aspirien alleen is almal aanvaarbare opsies

vir aanvangsterapie. Ewekansige kliniese proewe het geen

merkbare verskil gevind tussen aspirien en antikoagulant

terapie om die risiko van herhaalde iskemiese beroerte te

verminder nie. Warfarin het ’n 5% risiko per jaar vir ernstige

hemoragie, wat baie hoër is as die risiko vir hemoragie met

antiplaatjie agente, byvoorbeeld aspirien.

5.1.6 Antikoagulasie

Pasiënte met kardio-emboliese beroerte moet oorweeg word

vir langtermyn antikoagulasie met warfarin, mits hulle

meewerkend is en toegang het tot INR (Internasionale

normaliserings ‘ratio’) monitering. Pasiënte met atriale fibrillasie

het ’n besonderse hoë risiko (25% per jaar) vir herhaalde

beroerte, wat met antikoagulasie verminder (tot 15% per jaar)

kan word. Pasiënte wat nie kandidate is vir antikoagulasie nie

moet antiplaatjie agente gegee word.

5.1.7 Ander faktore wat risiko beïnvloed

Alkohol inname affekteer die risiko vir beroerte afhangend

van die mate van inname en die tipe beroerte. Geringe alkohol

inname (een of twee drankies per dag) wil voorkom om die

risiko te verminder, terwyl oormatige inname die risiko verhoog.

Pasiënte met iskemiese beroerte of VIA wat swaar drinkers is

word aangeraai om hulle alkohol inname te elimineer of te

verminder.

Plasma fibrinogeen word geassosieer met ’n risiko vir beroerte

en kardiovaskulêre siekte en kan werk volgens verskeie

moontlike meganismes, insluitend die bevordering van

aterosklerose en inflammasie, verhoging van bloed en plasma

viskositeit, verhoogde plaatjie aggregasie en verhoogde

geneigdheid om fibrien binne-in ’n thrombus te vorm.

Sommige studies het ’n omgekeerde verwantskap gevind met

iskemiese beroerte en visolie inname (omega-3 vetsure).

Gewig beheer, gereelde aerobiese fisiese aktiwiteit en ’n dieet

wat ryk is aan vrugte, groente en lae-vet suiwelprodukte kan

ook voordelig wees om die risiko van iskemiese beroerte en

kardiovaskulêre siekte te verminder.

6. BEHANDELING

BEROERTE

VAN AKUTE

Sien afdeling 3 vir ’n bespreking van die simptome van akute

beroerte.

Die behandeling van ’n individu word beïnvloed deur die

oorsaak, tipe en erns van die beroerte, die teenwoordigheid

van reeds bestaande toestande en die pasiënt se sosiale

omgewing. Die resultaat van die ondersoek moet die volgende

vrae beantwoord:

Was die toeval vaskulêr bv. ’n beroerte of VIA?

Was die toeval infark-verwant or hemoragies?

Wat is die oorsaak van hierdie vaskulêre toeval?

12 November 2009
Nota: Dit is belangrik om op alle vlakke te beklemtoon dat

beroerte pasiënte as noodgevalle behandel moet word.

Tyd wat verlore gaan voor noodgevalle sorg kan 20% meer

verlies van serebrale funksie veroorsaak.

Ongeag die snel opklaring van kliniese simptome, is VIA nie ’n

goedaardige ongesteldheid nie. Selfs ’n relatiewe kort iskemie

kan permanente breinbesering veroorsaak. Nogtans van nog

groter belang, is dat pasiënte met VIA ’n verhoogde risiko loop

vir beroerte en derhalwe dringende evaluasie en behandeling

benodig, aangesien onmiddellike intervensie die risiko vir

herhaalde beroerte aansienlik verminder. ’n VIA moet nie

geïgnoreer word nie.

6.1. Inisiële noodgeval evaluasie en

behandeling van VIA of akute

beroerte:

’n Volle geskiedenis moet geneem word van die toeval

van enige pasiënt wat presenteer met ’n beroerte of ’n

geskiedenis van VIA, òf van die pasiënt self òf van ’n

naasbestaande of ooggetuie as die pasiënt nie kan

kommunikeer nie.

Nood (ongevalle) personeel moet opgevoed en opgelei

wees om ’n vermoedelike beroerte as ’n noodgeval te

evalueer.

Die doel van akute noodgeval beroerte terapie is om

elke iskemiese beroerte om te skakel in ’n VIA.

In pasiënte wat presenteer met ’n geskiedenis van ’n skielike

aanvang van neurologiese simptome, is dit noodsaaklik dat

sekere algemene noodmaatreëls (dikwels verwys word na as

die triage) so gou as moontlik geïmplimenteer word om die

serebrale perfusie te verbeter en daarby die moontlike omvang

van breinskade te beperk.

Noodbehandeling soos uiteengesit in Tabel 11 is die eerste

linie van terapie en is essensieel vir alle beroerte pasiënte

(infark of hemoragies). In mense met ’n skielike aanvang van

neurologiese simptome, moet hipoglukemie uitgeskakel word.

6.2 Onmiddellike ondersoeke

Breinafbeelding met rekenaar tomografie (RT/’CT’) of

magnetiese resonans beelding (MRB/’MRI’) is aangedui in

alle pasiënte met ’n vermoedelike VIA of akute beroerte, so

gou as moontlik. Vroeë breinskandering moet, waar moontlik,

deel vorm van roetine behandeling. Dit moet binne 6 ure

gedoen word as neurobeskermende of antitrobotiese terapie

onderneem gaan word en in alle ander gevalle verkieslik binne

24 uur en nie later as 7 dae na die toeval nie.

Dit word aanvebeel dat breinskandering dadelik uitgevoer

moet word vir pasiënte met akute beroerte wat die volgende

het:

Indikasies vir trombolise of vroeë antikoagulasie

Wat alreeds antikoagulant terapie neem

’n Bekende bloedingsneiging

’n Onderdrukte vlak van bewussyn

Onverklaarbare progressiewe of fluktuerende simptome

Papiledeem # , nekstyfheid of koors

Erge hoofpyn met aanvang van beroerte

Tabel 11. Basiese algemene maatreëls (triage) om serebrale perfusie te verbeter

(Aangepas uit SAMJ 2000;90(3):285

Mediese noodgeval Bestuur en behandel akute beroerte as ’n mediese noodgeval

Posisie Lê plat

Beroerte span Mobiliseer (as beskikbaar)

Kardiovaskulêre Onderhou

integriteit

Lugweg en suurstof Onderhou oksiginasie & lugweg ondersteuning

Bloedglukose Onderhou normoglukemie (tussen 4 and 11 mmol/l)

Koors Gee antipiretika (en antibiotika, indien gepas)

As ’n infeksie teenwoordig is, gee gepaste antibiotika

BD Nota: MOENIE die bloeddruk in akute beroerte verlaag of antihipertensie medikasie gebruik nie – ’n skielike

verlaging kan serebrale iskemie verswaar, en so die beroerte vererger.

Aanvaarbare BD vlakke < 220/120 mm Hg

BD moet nie met > 15% in die eerste 24 uur verlaag word nie

Verlaag SLEGS BD as daar erge hipertensiewe noodgevalle is bv. hipertensiewe enkefalopatie

Vloeistowwe Monitor vir dehidrasie: BD, hematokrit, weefsel turgor

Normaliseer indien nodig

Normaal saline voorlading sal voldoende wees

Konvulsies Gee antikonvulsante na ’n konvulsie om herhalings te voorkom

Profilaktiese administrasie van antikonvulsante word nie aanbeveel nie

Sluk Evalueer sluk.

Nota: MOENIE enige vloeistowwe per mond gee totdat ’n evaluasie van die sluk gemaak is nie – dit sal

inhalasie pneumonie verhoed

Aspirien Gee dadelik 300 mg aspirien om beroerte morbiditeit en mortaliteit in iskemiese beroerte te verminder

#Papiledeem – Edeem van die optiese diskus, mees algemeen as gevolg van verhoogde intrakraniale druk

13 November 2009
’n RT skandering is die beste metode om te onderskei tussen

hemoragie en infark, indien vrylik beskikbaar. Dit is ideaal dat

elke beroerte pasiënt toegang kan hê tot ’n RT skandering,

aangesien belangrike besluite met betrekking tot diagnose en

behandeling draai om die bevindinge van hierdie ondersoek.

Indien ’n nie-iskemiese letsel dws ’n hemoragiese beroerte

vermoed word, dan is ’n RT skandering noodsaaklik.

Vroeë kontak met ’n neurochirurg is noodsaaklik as ’n

subaragnoïed of serebellêre hemoragie vermoed word.

Dit is meer waarskynlik om ’n infark dws iskemiese beroerte

akkuraat te identifiseer met ’n MRB as met ’n RT skandering.

Die teenwoordigheid van ’n brein infark op ’n RT (of MRB)

skandering gelokaliseer in die area wat voorgestel word

deur die simptome van die VIA of beroerte, identifiseer ’n

vaskulêre etiologie van simptome.

Nogtans, in ’n primêre sorg fasiliteit, huis of streekshospitaal

omgewing waar ’n RT of MRB skandering nie beskikbaar mag

wees nie, sal ’n goeie kliniese evaluasie en nougesette aandag

aan algemene noodmaatreëls (sien Tabel 11) die mortaliteit

en morbiditeit van die pasiënt verbeter.

Die benadering tot behandeling van VIA en iskemiese beroerte

is om die patofisiologie van die toeval te bepaal sodat spesifieke

beroerte voorkomingsterapieë geïmplementeer kan word.

Hierdie ondersoeke is dringend in VIA pasiënte. Alle pasiënte

met ’n geskiedenis van moontlike VIA, maar wat volledig

herstel het moet binne 24 tot 48 uur ondersoeke ondergaan om

die meganisme van iskemie en daaropvolgende voorkomende

behandeling te bepaal. Dit is waarskynlik dat ’n tweede

beroerte of VIA kort na die eerste toeval kan plaasvind, daarom

is die evaluasie vir ’n emboliese oorsprong ’n prioriteit.

Tabel 12 lys die ondersoeke wat so gou as moontlik uitgevoer

moet word (ideaal binne 24 uur) maar wat vetraag kan word vir

’n aantal weke in pasiënte wat herstel van ernstige beroerte.

Stel ondersoeke in bewustelose of ernstig gestremde pasiënte

uit totdat die toekomstige prognose van die pasiënt duidelik is.

Jong beroerte pasiënte (< 55 jaar), spesifiek daardie met ’n

VIA of geringe beroerte, moet verkieslik na ’n tersiêre instituut

verwys word om die oorsaak van beroerte te ondersoek

Tabel 12. Onmiddellike ondersoeke

(Aangepas uit SAMJ 2000;90(3):286

Radiologie Borskas radiograaf

RT skandering

Kardiologie EKG

Bloed toetse International Normalised Ratio (INR) #

Volbloedtelling (VBT)

Ureum & elektroliete (U&E)

Glukose vlakke

Arteriële bloedgasse (as hipoksie vemoed

word)

# Pasiënte wat opgeneem is met primêre intraserebrale hemoragie en

wat antikoagulasie terapie ontvang moet hulle stollingsvlakke so gou as

moontlik terug kry na normaal, deur die effekte van die antikoagulasie

behandeling om te keer.

aangesien die oorsaak in hierdie pasiënte baie meer ongewoon

mag wees as in ouer pasiënte.

6.3 Voortgaande akute iskemiese

beroerte terapie

’n VIA of geringe beroerte is waarskynlik die

belangrikste tipe beroerte om te behandel sodat ’n

tweede beroerte en erge gestremdheid voorkom kan

word.

Voortgaande beroerte terapie word voorsien sodra die pasiënt

opgeneem word bv. verpleegsorg (insluitend blaas

behandeling), ondersteunende sorg en ondersoek vir disfagie

(moeilik om te sluk).

Aspirien het bewys om effektief te wees in akute iskemiese

beroerte

Onmiddellike behandeling met aspirien 150-300 mg

daagliks word aanbeveel sodra die diagnose van

serebrale infark gemaak is.

Aspirien behandeling moet volgehou word totdat

besluite geneem word aangaande sekondêre

voorkoming. Gewoonlik word aspirien vir ten minste 2

weke post-beroerte geneem, waar tydens definitiewe

langtermyn antitrobotiese behandeling voorgeskryf

behoort te word.

Enige persoon met akute iskemiese beroerte wat vorige

dispepsie geassosieer met aspirien gerapporteer het

moet ’n proton pomp inhibeerder (PPI) addisioneel tot

aspirien gegee word.

Enige persoon met akute iskemiese beroerte wat

allergies of regtig intolerant is vir aspirien moet ’n

alternatiewe antiplaatjie agent (bv. klopidogrel) gegee

word.

Lae-dosis gefraksioneerde heparien en/of laemolekulêre

gewig heparien kan gebruik word om diep

veneuse trombose en/of pulmonêre embolus te voorkom

in daardie pasiënte met iskemiese beroerte wat ’n risiko

loop. Daar is egter ’n risiko vir intrakraniale bloeding.

Die volgende maatreëls is toepaslik op ’n tersiêre sorg vlak of

in ’n intensiewe sorgeenheid:

Intraveneuse trombolise met rekombinante weefsel

plasminogeen aktiveerder (rw-PA of alteplase)

’n Trombolitikum moet binne 3 (en ’n maksimum van

4.5) ure vanaf die aanvang van beroerte toegedien

word deur geneeshere wat opgelei is en ondervinding

het in die behandeling van akute beroerte.

In hierdie situasie is ’n RT skandering essensieel.

Die vroeë toediening van rw-PA verbeter neurologiese

uitkomstes in sorgvuldig geselekteerde pasiënte met

iskemiese beroerte wie aan die insluitings en uitsluitings

kriteria voldoen. Sien Tabel 13.

Trombolitika kan tot simptomatiese intrakraniale

hemoragie lei, wat in ongeveer 6% van pasiënt

plaasvind. Daarom is versigtige seleksie van pasiënte

krities.

14 November 2009
Terwyl beide streptokinase en rw-PA bewys het om

pasiënte met akute miokardiale infarksie (hartaanval)

te bevoordeel, het slegs alteplase (rekombinante

weefsel plasminogeen aktiveerder, rw-PA) bewys om

van voordeel te wees in geselekteerde pasiënte met

akute iskemiese beroerte.

Weefsel plasminogeen aktiveerder is ’n fibrinolitiese

proteïen wat normaalweg deur die endoteelvoering

van bloedvate geproduseer word. Dit is ’n ensiem wat

plasminogeen omskep in plasmien in die

teenwoordigheid van fibrien maar lewer beperkte

omskakeling van plasminogeen in die afwesigheid van

fibrien. Wanneer dit in die sistemiese sirkulasie ingevoer

word teen farmakologiese konsentrasies, bind dit aan

die fibrien in die trombus en skakel die vasgevangde

plasminogeen om na plasmien. Dit inisieer lokale

fibrinolise (klont lise).

Die aanbevele dosis vir alteplase (bv Actilyse ® ) in akute

iskemiese beroerte is 0.9 mg/kg liggaamsmassa oor

60 minute; moenie 90mg oorskry nie; 10% van die

totale dosis word toegedien as aanvanklike IV bolus

oor 1 min.

Behandeling wat NIE aanbeveel word in akute iskemiese

beroerte nie:

Antikoagulante – Daar is geen bewyse om die roetine

gebruik van antikoagulante soos warfarin in akute iskemiese

beroerte te ondersteun nie. Antikoagulante moenie uit

roetine gebruik word vir die behandeling van akute

iskemiese beroerte nie.

Kortikosteroïede

Streptokinase – Het nie bewys om pasiënte met akute

iskemiese beroerte te bevoordeel nie en het bewys om

hulle risiko van intrakraniale hemoragie en dood te verhoog.

Die mislukking van streptokinase as ’n trombolitiese agent

vir akute iskemiese beroerte word toegeskryf aan die lang

aksie en tekort aan klont spesifisiteit. Terwyl alteplase

spesifiek plasminogeen aktiveer wat alreeds aan ’n trombus

gebind is, aktiveer streptokinase ongebonde sirkulerende

plasminogeen.

Statiene - onmiddellike verlaging van cholesterol word nie

aanbeveel na ’n akute beroerte nie. Nogtans beveel die

NICE riglyn 2008 aan dat pasiënte met akute iskemiese

beroerte en ’n totale cholesterol van 3.5 mmol/l of hoër op

’n statien begin moet word voor hospitaal ontslag.

Kalsium antagoniste

Barbiturate

Hemoverdunning met dekstran

Die rol van neurobeskermers in akute iskemiese

beroerte

Ongeag belowende resultate in diere studies, word nie

’n enkele neurobeskermende agent in iskemiese

beroerte ondersteun deur ewekansige, plasebo

gekontrolleerde, menslike studies nie. Nietemin is daar

aansienlike navorsing aktief.

Geen vaste farmakologiese klassifikasie bestaan vir

menigte neurobeskermende agente wat tans ondersoek

word nie, aangesien dit voorkom of baie agente blyk om

meer as een meganisme van aksie te hê.

Tabel 13. Geskiktheidskriteria vir die behandeling

van akute iskemiese beroerte met alteplase

(aangepas uit riglyne vir die vroeë behandeling van volwassenes met

iskemiese beroerte van die American Heart Association/American

Stroke Association)

Insluitingskriteria Uitsluitingskriteria

· Kliniese diagnose van · Beroerte of hoofbesering in

iskemiese beroerte wat die afgelope 3 maande

meetbare neurologiese · Geskiedenis van intrakraniale

tekorte veroorsaak hemoragie

· Aanvang van simptome · Groot operasie in die

< 3 ure voordat afgelope 14 dae

behandeling begin word · Gastrointestinale of urienweg

(of tot minder as 6 ure) bloeding in die afgelope

21 dae

· Miokardiale infarksie in die

afgelope 3 maande

· Pasiënte > 80 jarige

ouderdom

· Simptome van beroerte wat

aanduidend is van

subaragnoïed hemoragie

· Konstante verhoogde

bloeddruk

· Aktiewe bloeding of akute

trouma tydens ondersoek

· Bewys van hemoragie

6.4 Voortgaande hemoragiese beroerte

terapie

Oor die algemeen heers dieselfde noodgeval oorwegings vir

algemene sorg met betrekking to hemoragiese beroerte, hetsy

intraserebraal of subaragnoïed. Instandhouding van bloeddruk

is veral belangrik. Die pasiënt met SAH of ISH moet met volle

verplegings en mediese sorg ondersteun word. Spesifieke

behandeling moet deur ’n neurochirurg in ’n tersiêre inrigting

uitgevoer word. Enige vermoedelike SAH is ’n neurochirurgiese

noodgeval.

’n Belangrike verskil in die voortgaande sorg van pasiënte met

ISH of SAH is:

MOENIE antiplaatjie (bv. aspirien) of antikoagulant

(bv. warfarin) terapie gebruik nie.

Terwyl daar oortuigende bewyse is vir die doeltreffendheid van

antiplaatjie agente in die inisiële behandeling van akute

beroerte, moet hulle vermy word in gevalle van hemoragiese

beroerte.

Die kalsium kanaal blokker, nimodipien (bv. Nimotop ® ) werk

verkieslik op serebrale bloedvate, en word meestal gebruik in

die vermindering van serebrale infarksie wat volg op

subaragnoïed hemoragie.

15 November 2009
Figuur 8. Diagnose en behandeling van akute beroerte - RT beskikbaar

(Aangepas uit SAMJ March 2000, Vol 90, No. 3 pg 298)

SLEUTEL

RT - Rekenaar tomografie

MRB - Magnetiese resonans beelding

SAH - Subaragnoïed hemoragie

AVM - Arterioveneuse misvorming

EKG - Elektrokardiogram

KAS - Koronêre arteriële siekte

ESS - Eritrosiet sedimentasie snelheid

VBT - Volbloedtelling

U&E - Urea en elektroliete

16 November 2009
Figuur 9. Diagnose en behandeling van akute beroerte en VIA as RT nie beskikbaar is nie.

(Aangepas uit SAMJ March 2000, Vol 90, No. 3 pg 299)

17 November 2009
6.5 Beroerte sorg protokolle

Beroerte sorg protokolle begin met akute beroerte behandeling

vanaf die dag van opname. Implimentasie van riglyne in die

praktyk, ondersteun deur gereelde oudit, verbeter die sorg

prosesse en kliniese uitkomste. Sowel as om pasiënt uitkomstes

te verbeter, maak die behandlingsprotokolle die bestuur meer

effektief en verminder kostes. Die ideaal is dat beroerte

pasiënte sorg in ’n spesiale beroerte eenheid behoort te

ontvang wat deur ’n multidissiplinêre beroerte span bestuur

word.

Die beroerte protokol beskryf in Figuur 8 is gebaseer op die

beste bewyse vir effektiewe terapie, die erns van die tekort van

die pasiënt en die hulpbronne beskikbaar vir sorg. Die protokol

benodig die beskikbaarheid van ’n RT skandering. Die protokol

geskets in Figuur 9 beskryf die diagnose en behandeling van

akute beroerte en VIA as geen RT beskikbaar is nie.

7. MEDIESE BEHANDELING VAN

VIA EN STABIELE BEROERTE

In die vroeë fase wat volg op ’n akute beroerte, is daar ’n

spoedige inisiële verbetering in funksie as die patologiese

prosesse wat geassosieer word met die akute beroerte opgelos

en die pasiënt gestabiliseer is. Na die inisiële toeval, word

behandelingsstrategië in die stabiele pasiënt geïmplimenteer

om herstel te verbeter en om herhaalde beroerte te voorkom.

Toepaslike strategië vir sekondêre voorkoming kan slegs

bepaal word wanneer die aard van die vaskulêre toeval deur

ondersoek, insluitend brein skandering, waar moontlik

gedefinieer is. Wanneer hemoragiese beroerte uitgesluit word,

moet die volgende oorweeg word vir pasiënte wat met iskemiese

beroerte of VIA gediagnoseer is.

7.1 Risikofaktor bestuur

Spesifieke aandag moet gegee word aan al die veranderbare

risikofaktore en effektiewe behandeling van hipertensie,

diabetes en hiperlipidemie moet die nasionale riglyne volg

(sien Tabel 6). Die verandering van hierdie risikofaktore het

Tabel 14. Antiplaatjie terapie vir sekondêre voorkoming van beroerte

almal definitiewe voordeel in sekondêre beroerte voorkoming

gedemonstreer.

7.2 Antiplaatjie therapie

In pasiënte met voorafgaande VIA of iskemiese beroerte, moet

behandeling met aspirien (75-300 mg daagliks) langtermyn

volgehou word. Langtermyn antiplaatjie terapie verminder die

risiko van ernstige vaskulêre toevalle na ’n beroerte met

ongeveer 25%.

Daar is bewyse dat klopidogrel (bv. Plavix ® ) en kombinasies

van aspirien en verlengde vrystelling dipiridamool (VV-DP)

(bv. Asasantin ® ) effektiewe alternatiewe is vir aspirien alleen

en mag feitlik selfs meer effektief wees as aspirien alleen.

Nogtans bly aspirien die mees koste-effektiewe vorm van

mediese behandeling.

ProFESS ® , ’n ewekansige, dubbelblind, plasebo

gekontrolleerde kliniese proef, het ondersoek ingestel

of ’n vasgestelde dosis kombinasie van verlengde

vrystelling dipiridamool (VV-DP) plus aspirien die risiko

vir herhaalde beroertes verminder as dit vergelyk word

met klopidogrel.

Pasiënte met die ouderdom van 50 jaar of ouer wat ’n

iskemiese beroerte binne die afgelope 120 dae gehad

het is in die proef ingesluit.

Die koers van die eerste herhaalde beroerte was

soortgelyk vir VV-DP plus aspirien (9%) en klopidogrel

(8.8%).

VV-DP plus aspirien toon ’n neiging om meer iskemiese

beroertes te voorkom en klopidogrel toon ’n neiging om

meer hemoragiese beroertes te voorkom.

Klopidogrel alleen en verlengde vrystelling dipiridamool

plus aspirien word beskou om dieselfde effektiwiteit te

hê in sekondêre beroerte voorkoming.

Aangesien die effektiwiteit van VV-DP plus aspirien en

klopidogrel soortgelyk is, moet die seleksie van

antiplaatjie terapie vir sekondêre beroerte voorkoming

geïndividualiseer word gebasseer op pasiënt risiko

profiele, toleransie sowel as die relatiewe kostes van

terapie.

Antiplaatjie agent Dosis Opmerkings

Aspirien Nie duidelik gedefinieer nie. Verhoogde dosisse lei to verhoogde risiko vir

Gewoonlik 75-300 mg daagliks gastrointestinale newe-effekte met geen addisionele

voordeel nie

Klopidogrel 75 mg daagliks Geskik vir pasiënte wat intolerant vir aspirien is

bv. Plavix ® , Plagrol ®

Verlengde vrystelling 1 kapsule tweemaal ’n dag Neem kapsules met etes.

dipiridamool (200 mg) +

aspirien (25 mg)

bv. Asasantin ®

18 November 2009
7.3 Antikoagulant terapie

Daar in geen bewyse om die roetine gebruik van antikoagulate

soos warfain in akute iskemiese beroerte te ondersteun nie en

dit moet ook nie in die behandeling van hemoragiese beroerte

gebruik word nie. Nogtans is daar oortuigende bewyse van die

effektiwiteit van antikoagulant terapie vir die sekondêre

voorkoming van iskemiese beroerte.

Die optimale tydsberekening vir die inisiasie van antikoagulasie

na die akute toeval is nog nie vasgestel nie. Warfarin en

aspirien moet slegs in uitsonderlike gevalle saam gegee word

en in hierdie geval moet die dosis van aspirien nie 100 mg

daagliks oorskry nie.

Antikoagulant terapie met warfarin moet oorweeg word vir die

volgende spesifieke tipe pasiënte na ’n VIA of beroerte:

Daardie met chroniese atriale fibrillasie, veral indien bejaard

Na kardio-emboliese beroerte as gevolg van hartklepsiekte

en onlangse miokardiale infarksie

Daardie met meganiese hartkleppe

8. CHIRURGIESE BEHANDELING VAN

ISKEMIESE BEROERTE

Chirurgiese behandeling dws karotis endarteriëktomie kan op

pasiënte uitgevoer word na ’n VIA of beroerte wie onlangs

simptome gehad het en wat geskik is vir chirurgie. Pasiënte

wat die hoogste risiko loop vir verdere toevalle kan dringende

chirurgie benodig bv. daardie met nou stenose (groter as 70%)

en herhaaldelike VIAs met hemiparetiese of serebrale

neurologiese tekorte eerder as slegs okulêre simptome. In

pasiënte waar chirurgie nie gepas is nie, is angiografiese

angioplastie of stent inplasing, opsies mits daar deskundigheid

in die prosedure is. Ander chirurgiese intervensies soos laser,

binneaarsuiging, strikke, en klont-herwinnings toestelle het

nog nie bewys om so effektief te wees soos ’n endarteriëktomie

nie.

Chirurgie bly kontroversieël in asimptomatiese pasiënte, veral

as die operasie nie aangebied kan word met < 4% morbiditeit

en mortaliteit risiko nie en moet slegs oorweeg word as daar ’n

>80% karotis okklusie is.

9. REHABILITASIE

Alle pasiënte moet so gou as moontlik na hulle primêre sorg

vlak terugkeer vir gesondheidsbevordering, sekondêre

voorkoming en buitepasiënt rehabilitasie nadat al die

binnepasiënt behandeling voltooi is. Rehabilitasie begin so

gou as wat die pasiënt se kondisie dit toelaat. Die

tydsberekening, intensiteit en duur van rehabilitasie sal verander

afhangend van die erns van beperking. By pasiënte wat

beroertes met VIAs of met geringe oorblywende tekorte

ondervind het, is dit onwaarskynlik dat hulle intensiewe

rehabilitasie benodig. Terwyl daardie met geringe tot ernstige

beperkings multidissiplinêre rehabilitasie sal benodig.

Na ’n beroerte, kan gedeeltelik beskadigde breinselle herstel

en soms kan dele van die brein wat nie beskadig is nie die

funksie van daardie dele wat wel beskadig is, oorneem.

Nogtans kan dooie breinweefsel nie regenereer nie en die

mate van herstel van ’n ernstige beroerte is meestal beperk.

Die meeste herstel vind gewoonlik in die eerste 18 maande na

die beroerte plaas.

Sodra die pasiënt se kondisie gestabiliseer is, word ’n

rehabilitasie program ontwerp om die pasiënt te help om so

veel as moontlik onafhanklikheid te herwin. Die pasiënt kan

hulp nodig hê om vaardighede weer aan te leer of om maniere

aan te leer om die gebrek te hanteer.

Rehabilitasie van beroerte is ’n interdissiplinêre proses en ’n

verskeidenheid van professionele personeel behoort by te dra

tot die behandeling van pasiënte en hulle families.

Waar uitvoerbaar, behoort ’n neuroloog of geneesheer

betrokke te raak in die akute rehabilitasie fase.

Verpleegsters speel ’n essensiële rol in alle fases van

hospitaal en gemeenskaps rehabilitasie

Fisioterapeute bevorder herstel van motoriese beheer en

onafhanklikheid met funksionele take.

Arbeidsterapeute verbeter funksionering en lei pasiënte

weer op in daaglikse lewensaktiwiteite wat werk,

ontspanning en beroepsaktiwiteite insluit. Hulle rol sluit

die evaluering en behandeling van perseptuele en

kognitiewe tekortkominge in.

Spraak-taalterapeute is betrokke waar daar kommunikasie

probleme is na beroerte. Hulle rol sluit die diagnose en

behandeling van sluk afwykings in.

Sosiale werkers is betrokke by die herintegrasie van die

beroerte pasiënt in die familie en gemeenskap. Hulle fokus

is op die sosiale en emosionele gevolge van beroerte vir

pasiënte en hulle families.

Aptekers is betrokke by die voorsiening en lewering van

voortgaande mediese terapie en speel ’n beslissende

ondersteunende en raadgewende rol.

Depressie volg algemeen op beroerte (tot en met 30%) en het

bewys om funksionele herstel te vertraag. Daarom moet

gesondheidsorgpersoneel bedag wees in hulle voortgesette

evaluering van die pasiënt sodat hierdie moontlike ko-morbiditeit

opgespoor kan word. Die klas antidepressante wat gunstig is

vir post beroerte pasiënte is die SSRI’s.

10. GEVOLGTREKKINGS

Beroerte is die voorloper van vaskulêre siekte in die

gesondheidstransisie en alle bewyse stel voor dat Suid-Afrika

19 November 2009
ver gevorderd is binne-in die transisie. Aptekers is in ’n goeie

posisie om bewustheid van die simptome van beroerte te help

bevorder en moet enige soortgelyke simptome as ’n mediese

noodgeval beskou. Baie mense wat ’n beroerte kry benut nie

die volle voordele van die beskikbare behandeling nie, want

hulle herken nie die simptome nie en soek dan mediese sorg

te laat.

Aptekers het ook ’n belangrike rol om te speel deur inligting te

verskaf en vrae te beantwoord oor primêre en sekondêre

voorkoming en behandeling van beroerte. Apteke met klinieke

wat siftingsdienste vir BD, cholesterol en bloedglukose verskaf,

kan help om mense te identifiseer wat risikofaktore mag hê en

wat na hulle geneesheer verwys moet word vir evaluasie en

behandeling.

Die Hart en Beroerte Stigting moedig beroerte bewustheid aan

deur gebruik te maak van veelvuldige media modaliteite,

pamflette, ’n webwerf en verskeie byeenkomste vir die leke

publiek en vir gesondheidsorgpersoneel. Nasionale Beroerte

Week vind gewoonlik plaas van die 18de – 24ste September

en vorm die basis vir die ondersteuning van publieke opleiding

oor beroerte bewustheid en voorkoming in die gemeenskap.

Sien www.heartfoundation.co.za

Verwysings is beskikbaar op aanvraag

Saamgestel deur Insight Medicine Management namens die Alpha Pharm Voortgesette Onderrigprogram

Posbus 218, Cramerview, 2060, Suid-Afrika

Kopiereg© 2009

Direkteur van Voortgesette Onderrig: Geraldine Bartlett M. Pharm (cum laude) F.P.S.

VPO Bestuurder: Glynis van der Watt Dip. Pharm. M.P.S.

Tel: (011) 706-6939

Gepubliseer deur Bookpress (011) 493-8522

20 November 2009