02.05.2013 Views

ethical trading handbook etiese handelskwessies handboek

ethical trading handbook etiese handelskwessies handboek

ethical trading handbook etiese handelskwessies handboek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VOORWOORD

Vrugte Suid-Afrika (Fruit South Africa of FSA) is verbind tot ekonomiese transformasie in die vrugtebedryf, sowel as die voortdurende verbetering

van arbeidstoestande op plase en in pakhuise. FSA verteenwoordig Hortgro Dienste, die Sitrus Kwekers Vereniging, die Suid-Afrikaanse Tafeldruif

Industrie, die Suid-Afrikaanse Subtropiese Produsentevereniging en die Varsprodukte Uitvoerdersforum (Fresh Produce Exporters’ Forum of FPEF),

wat saam sowat 5 000 produsente en tagtig uitvoerders in die vrugtebedryf ondersteun.

FSA se etiese program is die vrugtebedryf se pro-aktiewe reaksie om te verseker dat goeie etiese arbeidspraktyke op Suid-Afrikaanse plase en in

pakhuise ingestel en gehandhaaf word. Die program strewe na voortdurende verbetering en beklemtoon daarom programme en ingrypings om

bewustheid te skep en kapasiteit te bou.

Waarom het ons hierdie handboek gepubliseer? Ons eerste doelwit is om groter bewustheid oor die vereistes van die etiese kode by produsente

en uitvoerders te skep. Ons tweede doelwit is om produsente en uitvoerders te help om die toepaslike wetgewing te verstaan en toe te pas, sodat

hulle aan die nodige etiese en regsvereistes kan voldoen. Die fundamentele beginsels vir die daarstelling van billike arbeidstoestande op plase is in

Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing opgeneem, en dit word bloot deur die beginsels van die etiese kode versterk.

Hierdie handboek (in Engels en Afrikaans) gee ‘n oorsig van etiese handel en stel al die beginsels van die etiese kode bekend. Verwysings na die

betrokke Suid-Afrikaanse wetgewing, riglyne om die wetgewing toe te pas, beste praktyke en ‘n kontrolelys, wat dien as ‘n riglyn van voldoening, is

by elke hoofstuk ingesluit. Voorbeelde van elke toepaslike beleid en dokumente, soos dienskontrakte, word verskaf.

Inligting oor die Wet op Vaardigheidsontwikkeling en breëbasis swart ekonomiese bemagtiging (BBSEB) word bykomend verskaf. Daar word

verduidelik hoe projekte wat aan die etiese program verbonde is, ‘n onderneming se SEB-telkaart kan bevoordeel. ‘n Indeks agterin die boek dien

as ‘n nuttige kruisverwysing na spesifieke inligting. Die FSA se webwerf oor etiese handel (www. FruitSA-ethical.org.za) bevat die handboek in

Engels en Afrikaans. Dit verskaf elektroniese skakels met die Suid-Afrikaanse wetgewing en toepaslike dokumente kan maklik afgelaai word.

Dit word in die teks aangedui deur ‘n simbool •HHoewel ons sal probeer om die weergawe van die handboek op die webwerf gereeld by te

werk, raai ons jou aan om regsadvies in te win voor belangrike beleidsbesluite.

FSA bedank graag al die mense en organisasies wat tot die publikasie van hierdie handboek bygedra het. Besondere dank aan die kleinhandelaars,

Tesco, M&S, COOP, Waitrose, Sainsbury’s en IPL vir hul ruim bydraes. Ons glo hierdie gesamentlike steun staaf die beginsel dat alle belanghebbendes

in die vrugtebedryf dieselfde etiese doelwitte nastreef. Ons bedank ook almal wat deur hul projekte en inisiatiewe ‘n verskil maak.

Derek Donkin FSA Voorsitter • Suid-Afrikaanse Subtropiese Produsentevereniging

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!