02.05.2013 Views

Service to manage wildlife disease - AFGRI

Service to manage wildlife disease - AFGRI

Service to manage wildlife disease - AFGRI

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

RREGSAKE

Wat die wet sê

M Jacobs, direkteur, MacRobert Prokureurs Ing

Grondhervorming in Suid-Afrika berus op drie programme,

te wete restitusie, besitreghervorming en grondherverdeling,

wat elk deur spesifieke wetgewing gerugsteun word.

So word restitusie deur die Wet op die Herstel van Grondregte

(1994) gerugsteun. Die wet gee uitvoering aan die opdrag in

artikel 25(7) van die Grondwet dat ‘n persoon of gemeenskap

wat ná 19 Junie 1913 die besit van eiendom ontneem is as

gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond

van ras gediskrimineer het, geregtig is daarop om die eiendom

terug te kry of op billike vergoeding.

Die vereistes vir ‘n geldige eis, soos bepaal in artikel 2 van

die wet, is dus:

• Daar moes ‘n ontneming van regte in grond plaasgevind

het;

• Hierdie ontneming moes ná 19 Junie 1913 gebeur het;

• Die ontneming moes in terme van wetgewing of praktyke

gebeur het wat op grond van ras gediskrimineer het;

• Die eisers het nie destyds billike en regverdige vergoeding

vir die verlies van hulle regte in grond ontvang nie.

Die Kommissie op die Herstel van Grondregte ondersoek,

publiseer en handel die eise af. Die hoofgrondeisekommissaris,

tans Tozi Gwanya, is in Pretoria gebaseer en het nege streekgrondeisekommissarisse

in die provinsies. Die kommissie se

funksies en bevoegdhede word in die wet en regulasies daartoe

uiteengesit.

Die vraag ontstaan dikwels wat met ‘regte in grond’ bedoel

word, soos in die wet ter sprake is. ‘Regte in grond’ word in

die wet gedefinieer as ‘enige reg in grond, hetsy dit geregistreer

of ongeregistreer is, insluitend die belange van ‘n huurarbeider

en deelsaaier, ‘n gewoonteregtelike belang, die belang van ‘n

begunstigde onder ‘n trustreëling en voordelige gebruik vir ‘n

periode van nie minder nie as tien jaar voor die ontneming.’

Hierdie definisie is in die sogenaamde Kranspoort-saak toegelig.

(Kranspoort community concerning the farm Kranspoort 48

LS, LCC26/98.) Die implikasie van hierdie definisie en die

60

uitleg wat die Grondeisehof daaraan gee, is dat eisers of hul

voorsate regte op grond kon uitoefen tegelykertyd met ‘n

bestaande eienaar in wie se naam die grond op die tydstip

geregistreer was.

• Minister kan nou grond

onteien vir restitusie

• Landelike grondeise kan tot

31 Maart 2008 afgehandel word

Met ander woorde, die blote feit dat ‘n plaas wat geëis word

destyds in ‘n ‘blanke’ persoon se naam geregistreer is, sluit

nie ‘n geldige eis uit nie.

Die proses waarvolgens ‘n eis afgehandel word, verloop min

of meer soos volg:

• Alle eise moes voor 31 Desember 1998 by die kommissie

ingedien gewees het. Geen nuwe eise kon daarna ingedien

word nie.

• Die kommissie ondersoek alle eise om te bepaal of dit aan

die geldigheidsvereistes van die wet voldoen. Heelwat

navorsing word in die verband gedoen en ‘n navorsingsverslag

word oor elke eis opgestel.

• Indien die eis volgens die oordeel van die kommissie wel

‘n geldige eis is, word dit in die Staatskoerant gepubliseer.

• Heelwat eise is nog nie gepubliseer nie. Hoewel eise reeds

in 1998 ingestel moes gewees het, is dit moontlik dat

sommige grondeienaars eers bewus word van ‘n eis wanneer

dit in die Staatskoerant gepubliseer word. Die wet vereis

dat die grondeienaar onmiddellik ná publikasie van die

kennisgewing in die Staatskoerant ook skriftelik van die

eis in kennis gestel moet word.

• Vergaderings word gewoonlik kort ná publikasie van die

kennisgewing met grondeienaars belê.

• Indien die geaffekteerde grondeienaars die eis erken, sal

onderhandelings plaasvind en waardasies gedoen word en

‘n skikkingsooreenkoms aangegaan word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!