02.05.2013 Views

Service to manage wildlife disease - AFGRI

Service to manage wildlife disease - AFGRI

Service to manage wildlife disease - AFGRI

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

goeie en baie goeie reënvaljare. (Die beramings neem nie die

betrokke boer se bestuurspraktyke in ag nie.) Bestuursones

kan hieruit saamgestel word.

Fisiese kenmerke

Die belangrikheid van grond se fisiese kenmerke, soos kleiinhoud,

klei-mineraal, keerlae en diepte, is nog altyd totaal

onderskat. Fisiese kenmerke dikteer egter die waterhuishouding

en daarom ook die opbrengspotensiaal van die grond. Die

fisiese kenmerke van ‘n grond kan beperkend inwerk op

watervoorsiening, wortelverspreiding en lugvoorsiening

en daarom groei beperk. Hierdie faktore is grootliks interafhanklik.

Omdat die fisiese kenmerke geïgnoreer is, het dit die grondchemie

uit balans gegooi omdat hoë- en laepotensiaalsones

altyd ewe veel bemes is.

Waterhuishouding van die grond

Die hoeveelheid water wat in ‘n grondprofiel gestoor kan word,

wissel afhangende van onder meer tekstuur, diepte, tipe kleimineraal,

digtheid van die grond, gruis- of klipinhoud en die

tipe keerlaag. Dit is hierdie faktore wat in die verlede tydens

‘n grondklassifikasie nie genoegsaam omskryf en gekwantifiseer

is nie.

Indien ‘n mens reën sou kon bestel wanneer jy dit nodig gehad

het, sou die gronddiepte net diep genoeg moes wees om plante

regop te hou. Hoe laer die jaarlikse reënval egter, hoe groter

moet die stoorvermoë van die grond wees om die risiko van

droogteskade te verminder. By die meeste gronde wissel die

plantbeskikbare water tussen 100 en 135 mm/m, maar by

gronde met ‘n lae klei-inhoud (minder as 6%) is dit so laag as

70mm/m. ‘n Diep grond het geen waarde as reënbuie altyd

klein is nie, maar as gereelde groot buie voorkom, kan die hele

profiel se stoorkapasiteit gebruik word om water op te gaar.

Enige keerlaag wat keer dat water nie dieper as 2,5 m dreineer

nie, verhoog die stoorvermoë van grond, dit is die sogenaamde

watertafelgronde. Watertafels dieper as 2,5 m is nutteloos,

want die wortels van jaargewasse groei gewoonlik net 1,5 tot

2,5 m diep. Keerlae wat wortelindringing beperk, maar nie

noodwendig waterindringing nie, word belangrik geag.

Topografie het ‘n belangrike invloed op beskikbare waterinhoud:

die afloop en dreineringswater van een sone is die ‘winswater’

vir ‘n ander sone. Hierdie sones is in die verlede heeltemal

geïgnoreer en word selfs vandag nog nie voldoende verstaan

en geïnterpreteer nie.

Worteldiepte en -verspreiding

Wortels speel ‘n belangrike rol in die oorlewing en produksiepotensiaal

van plante.

Verdigte lae kan wortelontwikkeling baie beperk. Dit gebeur

soms dat die ondergrond vir ‘n lang tyd nie benut is nie weens

‘n verdigtingslaag se beperkende invloed op die plantwortelverspreiding.

Ernstige verdigting word deur die grondkarteerder

aangeteken. Indien groot oppervlaktes verdig is, kan opbrengsskade

voorkom.

TARGET RATE SUPERGROW 20.3%

TARGET RATE SUPERGROW 20.3%

50 Kg/Ha

100 Kg/Ha

TARGET RATE SUPERGROW 20.3%

0 Kg/Ha

TARGET RATE SUPERGROW 20.3%

80 Kg/Ha

TARGET RATE SUPERGROW 20.3%

0 Kg/Ha

TARGET RATE SUPERGROW 20.3%

50 Kg/Ha

TARGET RATE SUPERGROW 20.3%

30 Kg/Ha

TARGET RATE SUPERGROW 20.3%

0 Kg/Ha

TARGET RATE SUPERGROW 20.3%

50 Kg/Ha

Figuur 1

TARGET RATE SUPERGROW 20.3%

60 Kg/Ha

PRESISIEBOERDERY

Deurlugting

Suurstof is ook noodsaaklik vir lewe binne die grond. Indien

‘n grond verdig is, of as dit vir lang tye van die jaar met water

versadig is, is dit nadelig vir plantegroei. Dit is dus noodsaaklik

dat hierdie faktore tydens die grondopname beskryf word.

Swak deurlugting manifesteer op vele wyses en die simptome

sluit in verwelking, verlaging in groeitempo, vergeling of

sekere voedingstekortsimptome. Suurstofopname word beperk

sodra die grond ‘n luginhoud van minder as 10% het, maar dit

word nie bereken of gemeet in ‘n normale grondopname nie.

CHEMIESE FAKTORE

Die chemiese faktore van ‘n grond beïnvloed plantproduksie

deur die beskikbaarheid van voedingselemente al dan nie, of

die toksiese effek van sekere elemente.

0 140 m N

Vir ‘n gewone presisie-analise word die pH, fosfaat, kalium,

kalsium, magnesium, natrium en uitruilbare suurheid bepaal.

Op baie sanderige gronde en gronde met ‘n geskiedenis van

swak prestasie (maar met ‘n hoë potensiaal) kan mikroelemente-

en ondergrondmonsters ook geneem word. ‘n Land

se fisiese eienskappe hoef net een keer bepaal te word, maar

die chemiese analise moet elke drie of vier jaar herhaal word.

Omdat grondmonsters in die verlede as een saamgestelde

monster op ‘n land geneem is, kan sekere grondsones met ‘n

hoë potensiaal chemies heeltemal uitgeput wees, terwyl sones

met ‘n lae potensiaal “te veel” kunsmis gekry het en oorbemes

is. Dit kan groot finansiële implikasies vir die boer inhou,

omdat bemesting nou differensieel toegedien kan word. Die

SMS-program stel elke element se chemiese status grafies

voor en sones met tekorte word aangedui sodat dit onafhanklik

bemes kan word om wanbalanse reg te stel. Sekere sones kan

dus ekstra kunsmis kry, terwyl ander sones baie min of glad

nie kunsmis hoef te kry nie. Figuur 1 gee ‘n voorbeeld van

sulke bestuursones.

In die volgende artikel oor presisieboerdery sal instrumentasie,

monitering en implemente bespreek word.

Vir navrae, kontak Astrid Hattingh by 082 853 6228 of

handrid@mweb.co.za

Afgriland Sep/Okt 2005

65

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!