02.05.2013 Views

Service to manage wildlife disease - AFGRI

Service to manage wildlife disease - AFGRI

Service to manage wildlife disease - AFGRI

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

TEGNIES

Francois Markram, tegniese adviseur: smeermiddels en spesialiteitsprodukte, Total SA

Die nuutste enjintegnologie vereis dat enjinolie van veel beter

gehalte moet wees as ’n paar jaar gelede. Die gehalte van die

olie wat in ‘n enjin gebruik moet word, word deur die betrokke

trekker- of enjinvervaardiger voorgeskryf om te verseker die

enjin word optimaal beskerm.

Enjinolie se funksies is om:

• Wrywing te verminder

• Slytasie tussen bewegende dele te verminder

• Hitte weg te voer

• Te verhinder dat vuilheid aanpak

• Teen roes en korrosie te beskerm

• Ontslae te raak van eksterne vuilheid/neerslae

• Seëling te bevorder

Viskositeit en werkverrigtingspesifikasies is die twee

belangrikste eienskappe waaraan ’n enjinolie vir ’n bepaalde

aanwending moet voldoen. Genoegsame viskositeit is nodig

vir hidrodinamiese smering: dit is die term wat gebruik word

vir die vorming van ’n oliefilm wat dik genoeg is om die

drukking te kan weerstaan om twee bewegende onderdele van

mekaar af weg te hou en sodoende slytasie te beperk.

VISKOSITEIT

Enige vloeistof het weens wrywing ’n interne weerstand teen

vloei, wat viskositeit genoem word. Hoe dunner ’n olie, hoe

makliker vloei dit en hoe laer is die viskositeit. Hoe dikker die

olie, hoe moeiliker vloei dit en hoe hoër die viskositeit.

Temperatuur speel ’n baie groot rol by viskositeit van ’n olie,

want hoe warmer dit raak, hoe dunner word die olie en hoe

laer die viskositeit, en andersom.

Meergraad-/multigraad-enjinolie (SAE 15W-40, 20W-50,

ens)

Sulke olies word geformuleer om, wanneer die olie koud is,

vloeibaar genoeg te wees dat die enjinonderdele in aanskakelomstandighede

teen slytasie beskerm word, en dat die viskositeit

nie te veel ‘verdun’ wanneer die enjinolie warm word nie, om

sodoende die verlangde enjinbeskerming te verleen.

Multigraad-enjinolie bied die volgende voordele teenoor ’n

monograad-olie:

• Laer viskositeit by lae temperatuur

- Minder aanskakel-wrywing

- Beter oliepompbaarheid

- Verbeterde brandstofverbruik

- Versnelde oliedruk in die oliebaan tydens aanskakeling

• Hoër viskositeit by hoër temperatuur

- Laer olieverbruik

- Minder slytasie (verbeterde hidrodinamiese smering)

Basisolies

Die basisolies wat gebruik word om enjinolie te formuleer, is

normaalweg ‘n mineraal (petroleum/ruolie) of van sintetiese

66

Francois Markram

oorsprong. Sintetiese basisolies kan uit petroleum of plantaardige

olies vervaardig word en word ‘spesifiek’ vervaardig vir die

doel waarvoor dit gebruik gaan word. Omtrent geen basisolie

(mineraal) word op sy ‘eie’ as smeermiddel verkoop nie. Die

meeste kommersiële olies bevat bymiddels om die betrokke

olie se werkverrigtingseienskappe te verseker en dit kan

1 - 25% of meer van ’n tipiese enjinolie se volume uitmaak.

Die funksies van bymiddels is:

• Dit beskerm metaaloppervlaktes (suierringe, laers, ratte,

ens)

• Dit vergroot die aanwendingsveld van ’n betrokke smeermiddel

• Dit verleng algemene smeermiddellewe

Die hoër vlak van gesofistikeerdheid van die nuwegenerasieenjins

is genoodsaak deur die jongste minimumvereistes rakende

lugbesoedeling, wat enjinvervaardigers dwing om hulle enjinontwerpe

aan te pas sodat binnebrandenjins baie meer ‘skoner’

uitlaatgasse vrystel.

Die hartseer storie vir die verbruiker is dat die enjinolie wat

’n paar jaar gelede vir ’n enjin geskik was, in die nuwegenerasieenjins

glad nie meer so effektief gaan wees nie. Die nuutste

tegnologie enjinolie kan egter eerder in ou enjins gebruik word

as die ougenerasie-, laewerksverrigting-enjinolie. Natuurlik is

die enjinolie met hoër werksverrigtingspesifikasies duurder,

maar hou in gedagte dat die hele ‘pakket’ op die lang duur

geld sal spaar danksy beter beskerming en ‘n langer enjinlewe.

Dit gee nuwe betekenis aan ‘goedkoop koop, is duurkoop’.

WERKVERRIGTINGSPESIFIKASIES

Enjinolie word volgens werkverrigtingspesifikasies geklassifiseer

en gesertifiseer. Hierdie sisteme geld internasionaal en is

gebaseer op fisiese, chemiese en enjintoetse volgens neergelegde

spesifikasies. In Europa staan die sertifiseringsliggaam as die

ACEA-klassifikasie bekend en het dit nege verskillende vlakke

vir goedkeurings. In die VSA is dit die American Petroleum

Institute (API) en in Japan die JASO. Alle enjinvervaardigers

(OEM’s) gebruik die lisensie- en sertifiseringsisteem om te

verseker die aanbevole enjinolie voldoen aan die betrokke

waarborg, onderhoud en smeringseienskappe soos deur hulle

verlang vir hul betrokke enjins.

LW Die enjinolie-werkverrigtingspesifikasies, toetsmetodes,

limiete vir sekere klassifikasies, en toetsriglyne word saam

deur die OEM’s, oliemaatskappye, bymiddelvervaardigers en

toetslaboratoriums bepaal. Die bogenoemde sisteme sluit

formele lisensieaansoeke en goedkeuring deur oliemaatskappye

met ACEA, API, JASO, ens in.

Vir meer inligting, kontak jou naaste AFGRI-handelstak.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!