02.05.2013 Views

JIG – NUWE INSIGTE - insightcpd.co.za

JIG – NUWE INSIGTE - insightcpd.co.za

JIG – NUWE INSIGTE - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2008 MODULE 5

INHOUD

1. INLEIDING ............................................ 2

2. EPIDEMIOLOGIE VAN HIPERURISEMIE EN JIG ......... 2

3. ETIOLOGIE EN PATOFISIOLOGIE VAN JIG ............... 3

3.1 Oorproduksie van uraat ......................................... 3

3.2 Verminderde uitskeiding van uriensuur ................. 4

4. KLINIESE MANIFESTASIES EN DIAGNOSE VAN JIG .... 5

4.1 Asimptomatiese hiperurisemie .............................. 5

4.2 Akute jig artritis ..................................................... 5

4.2.1 Diagnose van akute jig................................. 5

4.3 Interkritiese jig artritis ........................................... 6

4.4 Chroniese tofiese jig .............................................. 7

4.5 Nierkomplikasies geassosieer met chroniese

hiperurisemie ........................................................ 7

JIG – NUWE INSIGTE

4.5.1 Nefrolitiase .................................................. 8

4.5.2 Akute uraat nefropatie ................................. 8

4.5.3 Chroniese jig nefropatie ............................... 8

5. BEHANDELING VAN JIG .................................... 8

5.1 Ondersoeke vir pasiënte met jig ............................ 8

5.2 Dieet en lewenstylaanpassings .............................. 8

5.3 Behandeling van die akute aanval .......................... 9

5.3.1 Nie-steroïed anti-inflammatoriese middels &

selektiewe COX-2 inhibeerders .................... 9

5.3.2 Kolgisien ................................................... 10

5.3.3 Kortikosteroïede ........................................ 10

5.4 Behandeling van chroniese jig ............................. 10

5.4.1 Allopurinol ................................................. 12

5.4.2 Probenesied .............................................. 13

5.4.3 Chirurgie ................................................... 14

5.4.4 Nuwe strategieë en medikasie wat ondersoek

word .......................................................... 14

6. GEVOLGTREKKING ......................................... 15

STUDIE DOELWITTE

Na voltooiing van hierdie module sal u:

Bekend wees met die epidemiologie van

hiperurisemie en jig.

Verstaan waarom jig meer toenemend voorkom.

’n Basiese begrip hê van die patofisiologie van jig

en hoe die onderliggende patofisiologie verband

hou met die toepaslike behandeling van

hiperurisemie en jig.

Bekend wees met die kliniese manifestasies

van akute jig, herhalende jig artritis, chroniese

tofiese jig sowel as die nierkomplikasies

geassosieer met hiperurisemie.

Oor voldoende kennis beskik oor die toepaslike

metode om ’n akkurate diagnose van jig te

maak.

In staat wees om pasiënte raad te gee oor die

talryke faktore wat geassosieer word met akute

aanvalle van jig artritis.

Bekend wees met die verskil tussen jig en

pseudo-jig.

Oor voldoende kennis beskik oor die behandeling

van jig in terme van lewenstylaanpassings.

In staat wees om pasiënte raad te gee oor die

mees toepaslike behandeling van ’n akute jig

aanval.

In staat wees om pasiënte advies te gee oor

die noodsaaklikheid van behandeling vir

chroniese jig waar van toepassing en om

pasiënte toepaslik te verwys vir verdere

mediese aandag.

1 Oktober 2008

1. INLEIDING

Jig, die “siekte van konings”, is ’n siekte wat herken is sedert

antieke tye. Dit is ’n algemene siektetoestand van uriensuur

metabolisme wat herhaalde episodes van jig inflammasie en

weefselneerlegging van uriensuur kristalle kan veroorsaak, en

as geen behandeling toegepas word nie, gewrigskade tot

gevolg kan hê. Jig word geassosieer met aansienlike morbiditeit

en gedurende akute episodes is pasiënte dikwels buite aksie.

Alhoewel ons al vir meer as ’n eeu weet dat uriensuur

geassosieer word met jig, is ons begrip van waarom

hiperurisemie (superversadiging van serum met uraat) bestaan

en die meganismes waardeur uriensuur inflammasie stimuleer,

relatief nuut. Uriensuur is ’n swak organiese suur wat hoofsaaklik

bestaan as die uraat ioon by pH >5.75 en as die ongeïoniseerde

uriensuur vorm by suuragtige (laer pH) vlakke. Die uraat vorm

is dus meer oorheersend in die ekstrasellulêre vloeistof,

insluitende die serum, waarin die fisiologiese pH 7.4 is. In

uriene wat gewoonlik meer suurgatig is, kom die ongeïoniseerde

uriensuur vorm meer oorwegend voor.

Van die rumatiese siektes, is jig van die maklikste om te

behandel. Ten spyte van die beskikbaarheid van effektiewe

behandeling, word jig egter dikwels gemisdiagnoseer of eers

laat in die verloop van die siekte gediagnoseer. Selfs al word

jig reg gediagnoseer, is behandeling dikwels sub-optimaal, in

besonder by pasiënte wat nie die “klassieke” kliniese profiel

van die jig pasiënt toon nie, o.a ’n middeljarige man wat

waarskynlik oorgewig en hipertensief is en gereeld ’n oormaat

alkohol inneem.

Oor die afgelope dekade is betekenisvolle voortuitgang gemaak

in die behandeling van jig en hiperurisemie sowel as in ons

begrip van die patogenese en kliniese implikasies van

hiperurisemie. Hierdie Module sal hiperurisemie en jig hersien

met klem op die nuwe insigte in die patogenese en behandeling

daarvan.

2. EPIDEMIOLOGIE VAN HIPER-

URISEMIE EN JIG

Alle pasiënte met jig het op ’n stadium hiperurisemie tydens die

verloop van die siekte. Meeste individue met hiperurisemie*

ervaar egter nie ’n kliniese voorval as gevolg van uraat kristal

deponering nie. Die epidemiologie van jig verskil dus met dié

van hiperurisemie.

* Hiperurisemie word gedefinieer as ’n serum of uraat konsentrasie >

0.42 mmol/l in mans en > 0.36 mmol/l in vrouens. Hierdie vlakke

verteenwoordig ’n gewensde boonste limiet en definieer ’n subgroep

van die populasie met ’n risiko om daaropvolgend jig te ontwikkel.

Hiperurisemie dra by tot ’n verhoogde risiko vir kristal neerlegging van

uraat in weefsels as gevolg van die superversadigde vloeistowwe.

Asimptomatiese hiperurisemie is algemeen. Byvoorbeeld, 9.4%

van manlike Europese Nieu Seelanders het ’n serum uraat

konsentrasie > 0.42 mmol/l waar slegs 3.6% van alle Europese

Nieu Seelanders jig het. Slegs ’n minderheid van persone met

hiperurisemie blyk om jig te ontwilkkel. Selfs wanneer die uraat

konsentraste 0.6 mmol/l of meer is, is die jaarlikse insidensie

van jig slegs 6%. Sien Figuur 1.

Figuur 1. Die verhouding tussen serum uraat

konsentrasie en die jaarlikse insidensie van jig.

(Aangepas uit Underwood. BMJ 2006)

As ’n algemene reël is serum uraat vlakke vir 20 jaar verhoog

voor die aanvang van jig.

In mans verhoog die serum uraat vlakke tydens puberteit

en die piek ouderdom vir aanvang van jig is in die vierde en

vyfde dekade van lewe.

In vrouens verhoog die serum uraat vlakke na menopouse

en die piek ouderdom vir aanvang in vroue is in die sesde

tot agtste dekade van lewe.

Jig het ’n wêrelwye verspreiding. Streekverskille in die voorkoms

van jig kan omgewings, dieet en genetiese invloede weerspieël.

Daar is geen insidensie en voorkomssyfers beskikbaar vir

Suid-Afrika nie. Die volgende riglyn word egter voorgestel.

Tabel 1. Epidemiologie van jig

(Aangepas uit Anderson IF, Specialist Forum 2003, Apr)

Ouderdom Geslag verspreiding

· Mans: 40-50 · Mans:Vrouens 4:1

· Vrouens: > 60

Voorkoms (per 1000) Jaarlikse insidensie (per 1000)

· Mans: 5-20 · Mans: 1-3

· Vrouens: 1-5 · Vrouens: 0.2

Jig affekteer oor die algemeen middeljarige mans en is skaars

in vroue voor menopouse. Dit is omdat estrogeen hormone ’n

ligte urikosuriese werking toon, wat jig buitengewoon maak in

pre-menopousale vroue. Dit is nog nie duidelik of postmenopousale

estrogeen terapie ’n statistiese betekenisvolle

effek uitoefen op die ontwikkeling van jig nie.

Na beraming het die voorkoms van jig die afgelope twee

dekades in die Verenigde State van Amerika ongeveer

2 Oktober 2008

Jaarlikse insidensie van jig

8

6

4

2

0

verdubbel en die grootse toename van jig in Amerika kom voor

in individue bo die ouderdom van 65 jaar. Die vernaamste

onderliggende faktore wat bydra tot die voorkoms van jig in

Amerika sluit die volgende in:

• Toenemende lewensduur van die populasie.

• Toenemende voorkoms van hipertensie.

• Toenemende gebruik van diuretika en lae dosering aspirien

vir kardiovaskulêre beskerming.

• Dieetneigings en verbruik van alkohol.

• Toenemende voorkoms van oorgewig en die metaboliese

sindroom – hiperurisemie is ’n sentrale komponent van die

metaboliese sindroom. Terwyl verhoogde liggaamsgewig

alleen serum uraat vlakke laat styg vererger gesamentlike

insulien weerstandigheid die probleem.

• Toenemende voorkoms van algehele nierversaking.

• Toenemende oorlewing van pasiënte met koronêre

hartvatsiektes en kongestiewe hartversaking.

• Toenemende orgaanoorplanting en siklosporien gebruik.

• Die beperkte hoeveelheid opsies beskikbaar vir die

behandeling van hiperurisemie.

Lewenstylfaktore het duidelik ’n belangrike effek op die

insidensie van jig aangesien dit die serum uraat konsentrasie

kan affekteer. In terme van dieetneigings:

• Die insidensie van jig is hoër in persone wat meer vleis en

vis eet.

• Purienryke groente wat ’n kleiner effek het, is aspersies,

blomkool, boontjies, ertjies en lensies, sampioene en

spinasie, terwyl lae-vet suiwel produkte meer beskermend

optree, moontlik as gevolg van die urikosuriese werking

van kaseïen en laktoalbumien.

• Alkohol verbruik (veral bier en sterk drank) verhoog die

serum uraat konsentrasie. Dit is interessant om op te merk

dat bier, maar nie wyn, verhoogde insidensie van jig tot

gevolg kan hê, moontlik as gevolg daarvan dat die purien

inhoud in bier onafhanklik van die alkoholinhoud ’n effek op

uraat konsentrasie het. Verbruik van matige hoeveelhede

wyn (2-4 glase per week) toon nie noodwendig ’n verhoging

in risiko van jig nie.

• Koffie, maar nie tee inname, verlaag die risiko van

hiperurisemie, wat daarop dui dat die verlaagde serum

uraat konsentrasie die effek van ’n ander komponent in die

koffie is,nie as gevolg van die kafeïne nie.

Tabel 2. Effek van een addisionele daaglikse porsie

op eerste aanval van jig

(Aangepas uit BMJ 2006:332:1317)

Porsie

Alkohol

Relatiewe risiko

· Bier 335 ml 1.49

· Sterk drank (brandewyn) 44 ml 1.15

· Wyn 118 ml 1.04

Voedsel

· Vleis 1.21

· Seekos 1.07

· Purienryke groente 0.97

· Totale suiwel produkte 0.82

· Lae-vet suiwel produkte 0.79

· Hoë-vet suiwel produkte 0.99

3. ETIOLOGIE EN PATOFISIOLOGIE

VAN JIG

In mense is uriensuur die eindproduk van die degradering van

puriene*. Uitskeiding van uriensuur laat die verwydering van

stikstofbevattende afval van die liggaam toe.

Die etiologie van hiperurisemie en jig is breedvoerig en sluit in

genetiese (seldsaam), idiopatiese en verworwe oorsake.

Meeste pasiënte het primêre jig, wat beteken dat geen

onderliggende oorsaak vir jig gevind kan word nie. Die toestand

word egter geassosieer met die metaboliese sindroom :

oorgewig, hipertensie, hipercholesterolemie, ischemiese

hartsiektes en ’n oordadige lewenstyl. Sekondêre jig is minder

algemeen, en kan onstaan as gevolg van verskeie toestande

sowel as die gebruik van verskeie medikasies.

*Puriene word benodig vir ’n reeks van normale fisiologiese funksies.

Puriene is noodsaaklike boustene van nukleïensure (DNA en RNA)

sowel as ATP (adenosien trifosfaat) en GTP (guanosien trifosfaat).

Die puriene waaruit uriensuur geproduseer word is afkomstig

van drie bronne:

1/3: Dieet bv. vleis, afval, bier

2/3: Omskakeling van weefsel nukleïensure tot purien

nukleotiede en

De novo sintese van purien basisse

Jig kom eksklusief in mense voor aangesien mense ’n mengbare

poel van uraat het. In mense ontbreek die ensiem urikase wat

benodig word vir die afbraak van uriensuur tot ’n meer

wateroplosbare produk (allantoïen), wat opeenhoping van

uriensuur voorkom. Onder normale omstandighede is die

hoeveelheid gesamentlike uraat ongeveer 1200 mg in mans en

600 mg in vrouens. Die grootte van dié gesamentlike hoeveelheid

uraat is groter in individue met jig en kan enorm wees in pasiënte

met tofi*.

*’n Tofus (Latyn: “steen”, meervoud tofusse) is ’n neerslag van

gekristaliseerde monosodium uraat (MSU) in sagte weefsel,

normaalweg in persone met langdurige hiperurisemie.

Die oormaat uraat wat opeenhoop kan onstaan as gevolg van

oorproduksie van uraat of verminderde uitskeiding van

uriensuur of ’n kombinasie van beide. 90% van pasiënte met

primêre jig ontwikkel hiperurisemie aangesien die niere

nie in staat is om voldoende hoeveelhede uriensuur in die

uriene uit te skei nie (verminderde uitskeiding). Die

oorblywende pasiënte produseer oormatige hoeveelheid uraat

(oorproduseerders). Sien Tabel 3.

3.1 Oorproduksie van uraat

Opeenhoping van uraat kom voor as produksie die uitskeiding

daarvan oorskry. Puriene afkomstig van al drie bronne betree

dieselfde metaboliese baan, met gevolglike produksie van

nukleïensuur of uriensuur. Die gemiddelde mens produseer

daagliks ongeveer 600-800 mg uriensuur.

Verskeie ensiemsisteme reguleer purien metabolisme en

wanneer afwykings in die reguleringsisteme voorkom, kan dit

3 Oktober 2008

Tabel 3. Toestande geassosieer met hiperurisemie

PRIMÊRE (IDIOAPATIES) JIG/HIPERURISEMIE

· Meer algemeen Geassosieer met:

· 90% is onderuitskeiers van uriensuur Metaboliese sindroom

Hipertensie

Hiperurisemie

Isgemiese hartsiekte

Oordadige lewenstyl

SEKONDÊRE JIG/HIPERURISEMIE

· Minder algemeen

Oorproduksie (2 g/dag) salisilate,

pirasinamied, etambutol, nikotiensuur, etanol, L-Dopa en

sitotoksiese agente.

Nota:

Die ALLHAT studie het die waarde van tiasied diuretika aangetoon

met verbeterde uitkomste ten opsigte van beroerte en kongestiewe

hartversaking. Die bekostigbaarheid van tiasied diuretika maak die

gebruik daarvan gewild. Ongelukkig het tiasied diuretika ook ’n

noemenswaardige vermoë om uraat herabsorpsie te verhoog in die

nefron, en is sodoende geneig om serum uraat vlakke te laat styg.

Die bepaling of die pasiënt uriensuur oorproduseer of dat

uitskeiding verminder is, is ’n vereiste vir die patofisiologiese

benadering vir die evaluering van hiperurisemie. Dit kan vereis

dat ’n pasiënt op ’n purien-vrye (sien later) dieet geplaas moet

word vir 3 tot 5 dae en dat die hoeveelheid uriensuur uitgeskei

deur die uriene oor ’n 24 uur tydperk gemeet moet word.

Individue wat meer as 600 mg per dag uitskei op ’n purien-vrye

dieet kan as “oorproduseerders” beskou word. Hiperurisemiese

individue wat minder as 600 mg per dag op ’n purien-vrye dieet

uitskei, kan as “onderuitskeiers” oorweeg word. Dit is egter

moeilik vir pasiënte om vir etlike dae ’n purien-vrye dieet te

handhaaf en in die kliniese praktyk is dit dalk verkieslik om

uriensuur uitskeiding oor ’n 24 uur periode te bepaal in

individue op ’n normale dieet. In dié geval weerspieël uitskeiding

van meer as 800-1000mg uriensuur per dag oorproduksie. In

die kliniese praktyk word hierdie studies selde uitgevoer.

Die akute of chroniese teenwoordigheid (alleen of gelyktydig)

van serum uraat konsentrasie bo die versadigingspunt van

uriensuur kan uiteindelik die formasie van uriensuurkristalle in

die gewrigte en elders tot gevolg hê. Kristalvorming kan lei tot

inflammasie in die gewrigte. Die inflammatoriese reaksie wat

volg word geassosieer met geweldige gewrigspyn, eriteem,

warmte en swelling. Koors sowel as leukositose kom

algemeen voor.

Aangesien uriensuur kristalle moontlik met apolipoproteïen E of

B bedek word, is daar voorgestel dat hierdie proteïenbedekking

4 Oktober 2008

kan voorkom dat die kristalle ’n inflammatoriese respons

ontlok. Situasies wat die blootstelling van kristalle tot gevolg

het bv. mikrotrouma kan ’n akute opvlamming van jig

veroorsaak. Die kliniese sindroom van jig onstaan vanuit die

deponering van uriensuur kristalle in gewrigte waar dit ’n

inflammatoriese reaksie veroorsaak, en in die sagte weefsel,

waar geen reaksie ontlok word nie.

4. KLINIESE MANIFESTASIES EN

DIAGNOSE VAN JIG

Die vyf klassieke fases in die natuurlike verloop van

progressiewe jig is:

Asimptomatiese hiperurisemie

Akute jig artritis

Interkritiese of herhalende jig (ook interval jig genoem)

Chroniese tofiese jig

Betrekking van niere

Met huidige effektiewe behandelings behoort progressie van

jig na chroniese tofiese jig min voor te kom in meeste pasiënte

met primêre jig wat getrou by behandeling bly, en in meeste

pasiënte met sekondêre jig. Indien progressie wel sou voorkom,

is dit meer dikwels in pasiënte wat nie gereeld hul medikasie

neem nie en in pasiënte wat nog nie met jig gediagnoseer is

nie. Ander pasiënte wat tekens van progressie toon sluit in

persone met gelyktydige voorkoms van ander siektes of wat

terselfdertyd op ander medikasie is of persone wat

onverdraagsaam is teenoor jig terapie weens newe - effekte.

4.1 Asimptomatiese hiperurisemie

Meeste individue met hiperurisemie ervaar nooit ’n kliniese

voorval as gevolg van uraat kristal deponering nie.

Asimptomatiese hiperurisemie moet nie behandel word nie.

Pasiënte met aansienlik verhoogde serum uraat vlakke en

ooruitskeiding van uriensuur loop ’n risiko om nierstene en

nierbeskadiging te ontwikkel. Nierfunksie kan moontlik in die

pasiënte gemonitor word.

Hiperurisemie word met verhoogde kardiovaskulêre risiko

geassosieer. In sommige pasiënte kan hiperurisemie ’n

onafhanklike kardiovaskulêre risiko wees, eerder as net ’n

onderlinge assosiasie. Daarom kan dit van waarde wees om

pasiënte wat met jig of hiperurisemie presenteer te

ondersoek vir die teenwoordigheid van kardiovaskulêre

risiko faktore soos hipertensie, hipercholesterolemie en

tipe 2 diabetes mellitus. Hipertensie alleen stimuleer

hiperurisemie en behandeling vir hipertensie (bv. diuretika)

kan die probleem vererger.

Nota: Aptekers beskik oor die vermoë om pasiënte te ondersoek

vir die teenwoordigheid van kardiovaskulêre risiko faktore.

4.2 Akute jig artritis

Akute jig artritis kom gewoonlik voor na jare van asimptomatiese

hiperurisemie. ’n Tipiese aanval van jig artritis sluit die volgende

kenmerke in:

Jig produseer tipies ’n monoartritis met vinnige aanvang

(tussen net 6-12 ure) met simptome van geweldige pyn,

rooiheid, swelling, warmte en ongeskiktheid van die

geaffekteerde ledemaat, en veroorsaak dat pasiënte wakker

word vanuit hul slaap. Die vinnige aanvang van pyn en

swelling is toepaslik wanneer ’n diagnose gemaak word.

Simptome wat dae en weke neem in stede van ure om te

ontwikkel is waarskynlik ’n aanduiding van ’n toestand

anders as jig. Die pyn word dikwels beskryf as die ergste

wat ’n persoon nog ooit ervaar het.

Die ergste punt van die aanval word normaalweg bereik

oor ’n tydperk van ’n paar ure en algehele opklaring vind

binne ’n paar dae tot weke plaas (gewoonlik 7-10 dae),

selfs in pasiënte wat geen behandeling ontvang nie.

Ten minste 80% van aanvanklike aanvalle betrek ’n enkele

ledemaat, tipies in die laer ekstremiteite en mees algemeen

in die basis van die groottoon, (eerste metatarsofalangeale

lit) of in die knie. Die akute monartritis word as “podagra”

geterm. Die voorkeur van akute jig vir die perifere gewrigte

van die laer ekstremiteite hou waarskynlik verband met die

lae temperatuur van hierdie gewrigte in kombinasie met ’n

hoë intra-artikulêre uraat konsentrasie.

Tekens van inflammasie geassosieer met akute jig versprei

dikwels verder as die geaffekteerde gewrig en kan die

indruk van artritis in verskeie naasliggende gewrigte skep

of dié van sellulitis.

Betrokkenheid van die enkel of voetboog, polsgewrig of

vinger kan aanvanklik voorkom, maar is meer algemeen in

’n herhaalde episode van jig artritis. Ander areas wat

potensieel aangetas kan word sluit in die skouers, heupe,

sternoklavikulêre gewrigte, ruggraat en sakroiliale gewrigte.

Atipiese akute aanvalle:

Ouer pasiënte kan oligoartikulêre (min of ’n paar

gewrigte) of poliartikulêre (baie gewrigte) jig ontwikkel,

wat minder pynlik mag wees en osteoartritiese

interfalangeale gewrigte kan affekteer. Poliartikulêre

jig artritis is die aanvanklike manifestasie in minder as

20% van pasiënte met jig, maar kom met toenemende

herhaling voor in latere episodes.

Poliartikulêre simptome kom meer algemeen voor

later in die verloop van onbehandelde jig wanneer

veelvuldige herhalings en kort of afwesige simptoomvrye

intervalle meer algemeen is. Sulke pasiënte kan

ook vinniger tofusse ontwikkel .

Aanvanklike poliartikulêre voorkoms word meer

gereeld in pasiënte waargeneem met hiperurisemie

en jig wat sekondêr is tot myeloproliferatiewe of

limfoproliferatiewe afwykings of in orgaanoorplanting

ontvangers wat met siklosporien behandel word.

Opklaring van die akute jig aanval gaan soms gepaard

met afskilfering van die vel oor die geaffekteerde

gewrig. Die fisiologiese basis vir die opklaring van

akute jig inflammasie is kompleks.

Verskeie presipiterende faktore word geassosieer met akute

aanvalle van jig artritis.

5 Oktober 2008

Trouma

Chirurgie

Uithongering

Ooreet

Toenemende alkohol verbruik in mans

Vinnige verlaging van serum uriensuur deur uriensuurverlagende

geneesmiddels bv. allopurinol

In sommige gevalle (bv. trouma, chirurgie of antihiperurisemiese

terapie) kan jig met normale of self verlaagde serum uraat

konsentrasies voorkom. Normale tot lae serum uraat

konsentrasies is waargeneem in 12-43% van pasiënte met

akute episodes van jig.

Na ’n aanvanklike jig aanval kan pasiënte vir maande tot jare

vry wees van simptome, terwyl ander meer gereelde aanvalle

kry en min uiteindelik chroniese tofiese jig of permanente

gewrigskade, of beide, ontwikkel. Onbehandel kan die kliniese

kenmerke van jig oor tyd verander:

Die aanvalle word meer poliartikulêr

Meer gewrigte word geaffekteer, maar die inflammasie in

die gewrig kan minder hewig word.

Meer proksimale en boonste ekstremiteite raak betrokke.

Aanvalle vind meer gereeld plaas en hou vir langer aan.

Uiteindelik kan pasiënte chroniese poliartikulêre artritis

ontwikkel wat as rumatoïede artritis kan voorkom.

4.2.1 Diagnose van akute jig

Die beslissende diagnostiese toets vir jig is die vasstelling

van mononatrium uraat (MNU) in die sinoviale vloeistof van die

geaffekteerde gewrig.

MNU kristalle kan in meer as 95% van pasiënte met akute

jig artritis waargeneem word. Die sensitiwiteit van die

tegniek is ten minste 85% en die spesifisiteit vir jig is 100%.

Gewrigaspirasie van ’n akute monoartritis is belangrik om

septiese artritis uit te skakel en kan handig wees om tussen

akute jig en pseudo-jig (kalsium pirofosfaat dehidraat

(KPFD) kristal-deponering siekte) te onderskei. Terwyl

MNU kristalle naaldvormig is, het KPFD kristalle ’n meer

romboïede vorm. Sien Tabel 5.

Sodra ’n kristal diagnose van jig vasgestel is, benodig

gewrigte nie herhaalde aspirasie met daaropvolgende

opflikkerings nie tensy infeksie vermoed word of die

opflikkering nie toepaslik reageer op terapie vir akute jig

nie.

In die afwesigheid van gewrigaspirasie, kan beide die kliniese

beeld sowel as die verhoogde serum uraat vlakke die diagnose

van akute jig artritis impliseer. Maar:

Die teenwoordigheid van verhoogde vlakke van serum

uriensuur beteken nie dat die pasiënt jig het of moontlik

jig kan ontwikkel nie.

Verskeie pasiënte kan jig hê met normale of selfs verlaagde

serum uraat konsentrasies- daarom sluit lae of normale

serum uraat vlakke nie ’n diagnose van jig uit nie.

Riglyne bestaan vir die kliniese diagnose van jig sonder

gewrigaspirasie. Sien Tabel 6. Die metode van diagnose

moet beskou word as voorlopig en heelwat minder spesifiek.

In ’n akute situasie is dit redelik om pasiënte wat vermoedelik

jig het op dieselfde wyse te behandel as pasiënte met jig en

om dan gewrigaspirasie uit te voer wanneer die akute aanval

opgeklaar het om die diagnose te bevestig.

’n Belangrike differensiële diagnose van die akute jig aanval

is septiese artritis. Pasiënte wat met koors, leukositose

(verhoogde witseltelling) en verhoogde eritrosiet sedimentasie

tempo en ’n kliniese beeld van akute jig presenteer, moet vir

gewrigaspirasie verwys word om die korrekte diagnose te

bepaal.

Radiografiese abnormaliteite is nie sensitief en spesifiek

genoeg vir die diagnosering van akute jig nie. Die radiografiese

bevindings tydens die aanvanklike jig aanval van akute jig

artritis kan bestaan uit sagteweefsel swelling om die gewrig.

Nota: Respons met kolgisien behandeling is nie ’n akkurate

metode om jig te diagnoseer nie aangesien pasiënte met

ander inflammatoriese toestande soos psoriatiese artritis en

pseudo-jig ook dikwels gunstig reageer op kolgisien.

Tabel 5. Die verskil tussen jig en pseudo-jig

(aangepas uit Uptodate.com – Kliniese manifestasies en diagnose van jig)

Eienskap Jig Pseudo-jig

Voorkoms 1.5 – 2.6 gevalle per 1000 individue oligoartikulêr

Poliartikulêr < 30%

Monoartikulêr > oligoartikulêr

Gewrigte mees algemeen aangetas Eerste metatarsofalangeale

gewrig, aanvanklik 50%, uiteindelik 90%

Enkel, knie, ander

Knie, polsgewrig, ander

Predisponerende toestande Hiperurisemie, oorgewig, Hiportiroïdisme, hemochromatose,

of risiko faktore hipertensie, hipercholesterolemie, alkohol inname, osteoartritis, chroniese renale

lood inname, oorerflike ensiem ontoereikendheid, diabetes,

afwykings (skaars) hiperparatiroïdisme , oorerflik (skaars)

Oligoartikulêr – verwys na ’n paar gewrigte; poliartikulêr verwys gewoonlik na heelwat gewrigte

6 Oktober 2008

Tabel 6. American College of Rheumatology kriteria

vir die kliniese diagnose van akute, primêre jig

(aangepas uit American College of Rheumatology www.rheumatology.org)

Ses of meer van die kriteria word benodig om

diagnose te maak

1. Meer as een aanval van akute artritis

2. Maksimum inflammasie ontwikkel binne een dag

3. Monoartritis aanval

4. Rooiheid oor die gewrigte

5. Pynlike of geswelde eerste metatarsofalangeale gewrig

6. Eensydige aanval van die eerste metatarsofalangeale gewrig

7. Eensydige aanval van die tarsale gewrig

8. Tofus (bewese of vermoedelik)

9. Hiperurisemie

10.Asimmetriese swelling binne ’n gewrig sigbaar op radiograaf

(x-straal).

11.Subkortikale sist sonder erosie op radiograaf.

12.Vloeistofkultuur van gewrig tydens die aanval negatief vir

organismes

4.3 Interkritiese jig artritis

Na opklaring van ’n akute aanval gaan die pasiënte ’n

interkritiese of “tussen aanvalle” periode binne. Interkritiese jig

word ook soms na verwys as interval jig.

Selfs na ’n ernstige akute jig aanval is interkritiese periodes

vroeg in die verloop van jig dikwels geheel en al asimptomaties.

DIt is ongewoon in ander artritis siektes en is hoogs suggestief

van ’n kristal deponeringsiekte soos jig. (Sien Figuur 2)

Intervalle tussen aanvalle van akute jig artritis varieer in

tydperk van voortduring. Meeste onbehandelde pasiënte sal ’n

tweede episode binne 2 jaar ervaar. Die tendens onder

onbehandelde pasiënte is ’n geneigdheid tot addisionele akute

aanvalle wat voorkom na toenemde verkorte asimptomatiese

periodes, en is toenemend erger, verleng, poliartikulêr en word

met koors geassosieer.

Figuur 2.

(aangepas uit Kippelet al, eds. In Primer on the Rheumatic Diseases.

12th ed. Arthritis Foundation, 2001:313.)

Pyn

Evolusie van hiperurisemie en Jig.

Asimptomatiese jig

Hiperurisemie

Pynlose interkritiese

segmente

Akute opflikkering

Tyd

Pynlike interkritiese

segmente

Gevorderde jig

4.4 Chroniese tofiese jig

Chroniese tofiese jig word gekenmerk deur versamelings van

soliede uraat in die bindweefsel. Die “tofusse” is nodulêre

massas wat klinies ooglopend kan wees of deur normale

radiografie ontdek kan word. Dit is ’n komplikasie van ver

gevorderde hiperurisemie. Tofusse ontwikkel selde sonder

vorige akute jig artritis.

Tofusse kan voorkom op die ore of in die sagte weefsel,

insluitend artikulêre strukture of been, bv. die elmboog, Achilles

tendon of interfalangeale gewrigte van die hand. Tofusse is in

die algemeen nie pynlik of teer nie. Akute inflammasie wat jig

naboots kan egter soms in een of meer tofusse voorkom. Indien

die tofusse sou oopbars, word ’n deegagtige materiaal uitgeskei

wat bestaan uit uraat kristalle en inflammatoriese selle.

Tofusse verskyn ongeveer 12 jaar na die aanvanklike aanval.

Die voortdurendheid van jig en die mate van hiperurisemie hou

verband met die tempo en omvang van tofus formasie. Na 20

jaar van onbehandelde jig is ongeveer 75% van pasiënte

geaffekteer, met die hoogste voorkoms in pasiënte met die

hoogste serum uraat konsentrasies. Komplikasies van tofusse

sluit in gewrigvernietiging, infeksie, verminking en senuwee

kompressie sindrome soos karpale tonnel sindroom.

Figuur 3. Chroniese tofiese jig

Heliks van die oor

Gevorderde jig

Klinies sigbare tofusse

Hande, vingers en polsgewrigte

ACR Slide Collection on the Rheumatic Diseases, 1998.

Radiologiese tekens word nie normaalweg waargeneem tot 6 –

12 jaar na die aanvanklike aanval nie. Die radiografiese

waarmerk van jig is normale mineralisering, gewrigspasie

preservering, skerp omlynde erosies met sklerotiese grense,

kante wat oorhang en ’n asimmetriese poliartikulêre verspreiding.

Sien Figuur 4. Magnetiese resonans afbeelding word nie

normaalweg gebruik vir die evaluering van jig nie. Dit kan egter

handig wees om die volle omvang van tofiese jig te bepaal.

Figuur 4. Radiograaf van ernstige gewrigbetrokkenheid

as gevolg van jig

Photo coutsey of N. Lawrence Edwards, MD, University of Florida

7 Oktober 2008

Antihiperurisemiese behandeling van jig met urikosuriese middels

en allopurinol het tot ’n drastiese afname van chroniese jig en

tofiese jig gelei. Hierdie progressiewe vorme van jig is egter meer

geneig om in sekere subgroepe van pasiënte voor te kom:

Residuele voorkoms van chroniese poliartikulêre en tofiese

jig wat ongeveer 50% nader, word gerapporteer in mans

wie se hoofsaaklikste risiko faktore oormatige alkohol

verbruik, gebruik van diuretika, sub-optimale behandeling

en slegte pasiënt meewerkendheid was.

Ouer pasiënte (meestal vrouens) kan meer geneig wees

om poliartikulêre en tofiese jig in osteoartritiese gewrigte te

ontwikkel, veral in die vingers. Meeste van hierdie pasiënte

is ook op diuretika en kan ingekorte nierfunksie hê.

Oorgaanoorplanting ontvangers wat met siklosporien

behandel word (en dikwels ook diuretika) het ’n verhoogde

risiko om vinniger chroniese tofiese jig te ontwikkel.

Ontvangers van nier en hart oorplantings, veral dié met

ingekorte nierfunksie, kan ernstige en moeilik behandelbare

komplikasies ontwikkel as gevolg van dié hiperurisemiese

effekte van siklosporien wat die gevolg is van ingekorte

uitskeiding van uriensuur.

Ander pasiënte wat ’n verhoogde risiko het om chroniese

tofiese jig te ontwikkel is dié met niersiektes wat laer

doserings van antihiperurisemiese terapie neem en dié

wat allergies of andersins onverdraagsaam is vir

urikosuriese middels en allopurinol.

Nota: Die verband tussen diuretika-geïnduseerde

hiperurisemie, nier ontoereikendheid en nodale osteoartritis in

ouer vrouens verteenwoordig ’n pasiënt groep wat duidelik

onderskei kan word van die groep wat klassiek beskryf word as

middeljarige mans met tofiese jig wat ’n hoër insidensie het van

hipertensie, oorgewig en alkohol misbruik.

4.5 Nierkomplikasies geassosieer met

chroniese hiperurisemie

Daar is drie ernstige komplikasies van chroniese hiperurisemie:

Nefrolitiase

Akute uraat nefropatie

Chroniese jig nefropatie

4.5.1 Nefrolitiase

Nefrolitiase kom in ongeveer 10 tot 25% van pasiënte met

primêre jig voor. Die oplosbaarheid van uriensuur kristalle

verhoog soos wat die uriene se pH meer alkalies word.

Suuragtige uriene versadig met uriensuur kristalle kan spontane

steenvorming (kalkuli) tot gevolg hê. Uriensuur stene kan

verantwoordelik wees vir 40% of meer van nierstene in gebiede

met ’n warm, droë klimaat as gevolg van ’n neiging tot laer

urienvolume en uriene met ’n suur pH, albei faktore wat

uriensuur presipitasie bevorder. Ander tipe stene kan ook

ontwikkel aangesien uriensuur as ’n nidus vir kalsium oksalaat

en fosfaat stene kan optree.

Die drie hoof risiko faktore vir uriensuur nefrolitiase is:

Oorproduseerders van uriensuur

Verminderde urien volume

Lae urien pH, waar meeste van die uriensuur as die intakte

oplosbare suur in stede van die oplosbare uraat anioon

teenwoordig is.

4.5.2 Akute uraat nefropatie

Akute uraat nefropatie is die obstruksie van die renale

versamelbuisies deur uriensuur kristalle met gevolglike akute

nierversaking. Dit volg normaalweg op chemoterapie vir ’n

hematolgiese kwaadaardige toestand (deel van Tumor Lise

Sindroom).

4.5.3 Chroniese jig nefropatie

Nierbeskadiging is algemeen in pasiënte met jig maar

weerspieël normaalweg die gelyktydige voorkoms van ander

toestande soos hipertensie, diabetes mellitus, oorgewig of

arterosklerose. Langtermyn neerlegging van kristalle in die

nier parenchiem kan chroniese interstisiële nefritis veroorsaak

wat tot proteïenurea kan lei maar effekteer selde nierfunksie.

5. BEHANDELING VAN JIG

5.1 Ondersoeke vir pasiënte met jig

Tabel 7 som die ondersoeke op wat voorgestel word vir die

oorweging van pasiënte wat vermoedelik jig het.

Tabel 7. Ondersoeke om te oorweeg vir pasiënte met jig

(aangepas uit BMJ 2006;332:1317)

Toets Opmerking

Serum uraat konsentrasie Vlakke kan tydens ’n akute aanval daal

Vol bloed telling Om myeloproliferatiewe toestande uit te

skakel; verhoogde witseltelling kan dui op

septiese artritis

Nierfunksie Hiperurisemie kan voorkom in nierversaking

Verminder dosis van allopurinol as pasiënt

op die middel is

Vastende lipiede, glukose en Hipercholesterolemie, diabetes, hipotiroïedisme

-en moontlick hipertiroidïsme

tiroïed funksie word met jig geassosieer

Urien uitskeiding van uraat Urikosuriese middels is teenaangedui in

pasiënte met hoë uitskeiding van

uriensuur deur die uriene.

Bepaling van uriensuur in die uriene kan

aanbeveel word as die serum uraat

konsentrasie >0.8 mmol/l as gevolg van die

risiko vir die vorming van nierstene

5.2 Dieet en lewenstylaanpassings

Gewigsverlies – verlies van gewig behoort ideaal deur ’n

dieetkundige oorsien te word aangesien ontoepaslike diëte

of uithongerings diëte verhoging in serum uraat vlakke kan

veroorsaak.

Vermindering in alkohol verbruik.

Verminderde verbruik van voedsel met ’n hoë purien

inhoud bv. vleis, seekos. Sien Tabel 8.

Beheer van hipercholesterolemie, diabetes en hipertensie.

As hierdie lewenstyl maatreëls alleenlik toegepas word is dit

onwaarskynlik dat serum uriensuur vlakke sal daal tot normaal,

wat die behandelingsdoelwit is vir die voorkoming van akute jig

aanvalle.

8 Oktober 2008

Tradisioneel is baie pasiënte aanbeveel om alkohol inname

sowel as purien-ryke voedsel inname, insluitend groente, te

beperk. Lae purien diëte verminder egter serum uriensuur

slegs met ’n maksimum van ongeveer 15%. Lae purien diëte

is ook moeilik om te onderhou en met die sterk verband tussen

jig en insulien weerstandigheid, het aanbevelings ’n skuif weg

gemaak van lae purien diëte en is die klem nou eerder op

gewigsverlies. Tradisionele lae purien diëte is ook minder

belangrik as gevolg van die beskikbaarheid van potente en

effektiewe uraat-verlagende behandelings.

Moderne dieetaanbevelings vir pasiënte met jig:

• Eet ’n dieet waar ten minste 50% van die kalorië uit

koolhidrate bestaan. Dit impliseer 6 tot 10 porsies bestaande

uit brood of styselagtige voedsel en 4-5 porsies vrugte en

groente elke dag.

• Eet ’n lae-vet dieet en beperk vetinname tot nie meer as

30% van die totale kalorie inname nie.

• Verminder vis of vleis met een porsie per dag.

• Beperk alkohol inname, veral bier.

• Vermy voedsel met ’n hoë purieninhoud en beperk die

inname van matige purienbevattende voedsel tot een

porsie per dag. Sien Tabel 8 vir ’n lys van purienbevattende

voedsel. Gedurende akute aanvalle van jig, moet die dieet

uit so min as moontlik purienbevattende voedsel bestaan.

• Drink groot hoeveelhede water.

Nota: Lae-vet suiwel is skynbaar beskermend.

Terwyl die mees effektiewe dieetingryping vir beide

hiperurisemie en akute jig artritis nog bepaal moet word, is

daar data dat ’n dieet bestaande uit verminderde koolhidrate

en verhoogde proteïen inname met ’n mono-onversadigde

vet komponent, belowend kan wees. Tot groter studies die

bevindings kan bevestig, is dit verstandig om matige gebruik

van vleis, seekos en alkohol vir die pasiënte aan te beveel,

met spesiale klem op porsiegroottes en die komplekse

koolhidrate, wat noodsaaklik is vir gewigverlies en verbeterde

insulien sensitiwiteit.

Tabel 8. Purieninhoud van voedsel

(aangepas uit www.drugs.com)

Die farmakologiese behandeling van jig kan verdeel word in

die behandeling van die akute aanval en onderhoudsterapie

vir hiperurisemie. Onderskeid moet gemaak word tussen die

doelwitte van terapie vir die akute aanval (d.i vinnige verligting

van simptome) en die chroniese behandeling van hiperurisemie

(d.i voorkoming van herhaaldelike aanvalle van jig artritis en

voorkoming van komplikasies geassosieer met chroniese

uraat kristal neerlegging in die weefsel).

5.3 Behandeling van die akute aanval

Akute jig is ’n geweldige pynlike inflammatoriese artritis. Die

doelwit van terapie in ’n akute aanval is die vinnige en veilige

terminering van pyn en ongeskiktheid. Sonder behandeling,

klaar akute jig artritis gewoonlik binne ’n paar dae tot ’n aantal

weke op. Simptoom opklaring is vinniger en meer volledig met

vroeë aanvang van terapie. ’n Aantal medikasies is al gebruik

in die behandeling van jig en sluit in:

Nie-steroïed anti-inflammatoriese middels (NSAIMs)

Kolgisien

Intra-artikulêre of sistemiese kortikosteroïede

Aanbevelings vir terapie in akute jig word beperk deur ’n gebrek

aan ewekansige plasebo-gekontroleerde proewe.

Nieteenstaande, gebaseer op die beskikbare data en kliniese

ondervinding, word NSAIMs as eerste-lyn behandeling

aanbeveel vir meeste pasiënte met jig wat geen

teenindikasies het vir die gebruik daarvan nie.

5.3.1 Nie-steroïed anti-inflammatoriese middels

en COX-2 inhibeerders

Akute aanvalle van jig word gewoonlik behandel met niesteroïed

anti-inflammatoriese middels. Alhoewel indometasien

en diklofenak populêre keuses is, het klein kliniese proewe

geen verskil getoon in die uitkoms van verskillende

konvensionele NSAIMs nie. Die keuse van watter NSAIM om

te gebruik word bepaal deur die voorskrywer sowel as die

pasiënt se voorkeure, met inagneming van die balans tussen

die risiko's en voordele vir die individuele pasiënt.

NSAIMs is die keusemiddel vir ’n akute aanval van jig in

meeste pasiënte sonder enige onderliggende mediese

Hoë purienvoedsel Matige purienvoedsel Lae purienvoedsel

Voedsel op hiedie lys behoort uitgeskakel te word Eet slegs een porsie per dag Hiedie voedsel kan daagliks geëet word

· Ansjovis · Aspersies · Brood en ontbytgraan

· Kragsop, vleissous, bouillion & consommés · Bees, skaap en vark · Koffie en tee

· Kaviaar · Blomkool · Eiers (beperk tot 3-4 per week)

· Wildsvleis soos gans, eend en patrys · Gedroogde en vars boontjies, · Vette en olie (beperkte hoeveelhede)

· Haring, sardientjies en makriel ertjies en lensies · Vrugte en sappe

· Vleis ekstrakte · Vis en skulpvis · Lae-vet suiwel produkte

· Gemaalde vleis · Sampioene · Neute

· Organe soos lewer, niere, brein · Hawermout · Pasta en noedels

· Mossels · Hoender · Springmielies

· Spinasie · Rys

· Koringkiem en semels · Sop sonder vleisekstrakte of kragsop

· Gis · Suiker, stroop en lekkers (beperkte hoeveelheid)

· Groente (anders as dié voorheen genoem)

9 Oktober 2008

toestande bv. peptiese ulkusse, geskiedenis van

spysverteringskanaal bloeding of renale ontoereikendheid.

Bejaarde pasiënte is meer geneig tot newe-effekte van NSAIMs.

Indometasien is ’n tradisionele keuse tensy die pasiënt

bejaard is, as gevolg van potensiële sentrale senuwee

stelsel (SSS) newe-effekte soos hoofpyn en duiseligheid in

hierdie ouderdomsgroep. Dit het ’n vinnige aanvang van

aksie en verskaf vinnige verligting van simptome.

Die boonste dosis limiet vir NSAIMs behoort vir die eerste

paar (2-3) dae van behandeling gebruik te word – inisïering

van NSAIM behandeling met die eerste aanduiding van ’n

naderende aanval kan die ernstigheid en tydverloop van

die aanval verminder. Daarna moet die dosis van die

NSAIM geleidelik verminder word oor ongeveer twee weke.

Pasiënte behoort vir ten minste twee dae asimptomaties te

wees voor NSAIM gebruik gestop word.

Toediening van NSAIMs met voedsel word aanbeveel

aangesien dit die irriterende spysverteringskanaal effekte

van NSAIMs kan buffer.

Aspirien gebruik word nie aanbeveel vir ’n akute jig

aanval nie aangesien aspirien uriensuur vlakke kan

affekteer en potensieel die tydsduur van die akute

aanval kan verleng.

Sommige kliniese proewe het getoon dat die kliniese uitkoms

met indometasien of naproksen dieselfde is wanneer dit

vergelyk word met selektiewe siklo-oksigenase 2 (COX-2)

inhibeerders soos etoricoxib (bv. Arcoxia ® ) in die behandeling

van akute jig. Selektiewe COX-2 inhibeerders mag ook

verkies word in pasiënte op warfarin en vir persone met ’n

hoër risiko vir spysverteringskanaal newe-effekte bv.

bejaarde pasiënte. Voorsorg moet egter getref word in

pasiënte met herkende kardiovaskulêre siektes of met

meervoudige risiko-faktore vir arterosklerotiese koronêre

toestande, aangesien ’n verhoogde risiko van miokardiale

infarksie, beroerte en hartversaking moontlik met die gebruik

van selektiewe COX-2 inhibeerders geassosieer word, en

miskien tot ’n mindere mate met non-selektiewe NSAIMs.

Meer proewe is onderweg om COX-2 inhibeerders met

NSAIMs te vergelyk vir behandeling van akute jig.

5.3.2 Kolgisien

Orale kolgisien is effektief vir die behandeling van akute jig

artritis, veral wanneer dit vroeg na die aanvang van simptome

geneem word (binne 12 tot 36 uur van die aanval). Effektiwiteit

verminder met voortduring van inflammasie. Gebruik van

kolgisien word beperk deur newe-effekte soos diarree en

naarheid, wat in meeste pasiënte voorkom na ’n gemiddelde 24

uur van gebruik van kolgisien terapie. Kolgisien word gewoonlik

gereserveer vir pasiënte wat onverdraagsaam is teenoor NSAIMs

of wie kolgisien met sukses in die verlede gebruik het.

Kolgisien verminder die inflammatoriese reaksie op uraat

kristal deponering, moontlik deur ’n inhibitoriese effek op

leukosiet funksie. DIt affekteer nie uriensuur eliminering

nie. ’n Anti-inflammatoriese reaksie word normaalweg

binne 12-24 uur na die eerste dosis waargeneem.

Baie pasiënte berig dat kolgisien die akute jig aanval kan

aborteer as dit geneem word met die eerste tekens van

simptome. Kolgisien is ook al gebruik om die presipitasie

van ’n akute jig aanval te voorkom wanneer terapie om die

serum uraat vlakke te laat daal, geïnisieer word.

Tradisioneel is kolgisien teen ’n dosis van 0.5 tot 1 mg stat

gegee, gevolg deur 0.5 mg elke ses ure tot pyn verlig word

of spysverteringskanaal ongemak ontstaan. Die maksimum

dosis wat binne die eerste 24 uur geneem kan word is 2.5

mg en 6 mg oor vier dae. Die kursus behoort nie vir ten

minste drie dae daarna herhaal te word nie.

Laer dosering hoort in bejaardes gebruik te word, met ’n

maksimum van 3 mg oor vier dae.

Simptome van toksisiteit verskyn gewoonlik 2 – 12 ure na

die dosis en dikwels voor die pyn as gevolg van jig verlig

word. Pasiënte moet gewaarsku word oor die vroeë

simptome van toksisiteit (o.a. abdominale pyn, diarree,

naarheid en braking) en dat terapie gestaak moet word

sodra hierdie simptome verskyn.

Oordoserings met fatale uitkomste het al voorgekom en as

gevolg van die potensiaal vir ernstige toksisiteit, is ’n binneaarse

preparaat van kolgisien nie meer beskikbaar nie.

Kolgisien is teenaangedui in pasiënte met ernstige

nierfunksie inkorting en in pasiënte met gepaardgaande

nier- en lewerinkorting.

Gesamentlike gebruik met ’n NSAIM kan risiko van

gastrointestinale toksisiteit en bloeding verhoog.

5.3.3 Kortikosteroïede

Glukokortikoïed terapie kan in die geaffekteerde gewrig

ingespuit word of sistemies toegedien word.

Intra-artikulêre glukokortikoïede is ’n verstandige opsie

vir pasiënte met slegs een of twee geaffekteerde gewrigte.

Die opsie kan oorweeg word vir pasiënte wat nie NSAIMs

of kolgisien kan gebruik nie. Diagnose van akute jig moet

beslis wees en infeksie moet uitgeskakel word voor die

inspuiting oorweeg kan word.

Kort kursusse van orale kortikosteroïede kan nou en dan

verkies word bo NSAIMs of kolgisien in sommige pasiënte,

aangesien dit ’n laer insidensie van newe-effekte het.

Terwyl die data oor effektiwiteit van kortikosteroïede beperk

is, dui kliniese ondervinding dat 30 – 50 mg prednisoon per

dag (of ’n ander ekwivalente kortikosteroïed) vir een tot twee

dae, dan geleidelike afname oor sewe tot tien dae, simptome

effektief verlig.’n Vinniger afname kan ’n terugslag opflikkering

tot gevolg hê. Terugslag aanvalle is relatief algemeen sodra

orale kortikosteroïede onttrek word, veral in pasiënte met ’n

redelike hoeveelheid vorige aanvalle en wie se “tussen

aanval” periodes geleidelik korter word.

Vir pasiënte wat nie in staat is om orale medikasie te neem

nie kan intraveneuse kortikosteroïede of subkutane

adrenokortikotrofiese hormoon oorweeg word. Data oor die

effektiwiteit van adrenokortikotrofiese hormoon is beperk.

5.4 Behandeling van chroniese jig

Na opklaring van ’n akute aanval gaan die pasiënt die

interkritiese periode binne, wat in sommige gevalle, maar nie

noodwendig altyd, met profilaktiese behandeling gepaard

gaan om herhalende jig en chroniese tofiese jig te voorkom.

Die volgende voorkomende maatreëls moet tydens die

interkritiese periode aangespreek word:

Risiko vermindering van gesamentlik teenwoordige

siektetoestande bv. oorgewig, hipertensie, diabetes,

hipercholesterolemie, arterosklerose en alkohol misbruik.

10 Oktober 2008

Figuur 5. Behandeling van jig

NSAIMs in

anti-inflammatoriese dosisse

tydens die aanval

Orale kolgisien*

Orale of intramuskulêre

glukokortikoïede

As jig met die gesamentlike gebruik van ’n diuretika

geassosieer word, moet die diuretika gestop word indien

moontlik. Die styging in serum uraat met ’n lae dosis

hidrochloortiasied is egter relatief min en kan

geminimaliseer word deur die gesamentlike gebruik van

angiotensien omskakelings ensiem (AOE) inhibeerders

of ’n angiotensien II reseptor blokkeerder (ARB).

Bykomend, verminder die ARB, losartan, serum uraat via

’n urikosuriese werking wat in ’n mindere mate of geensins

met ander ARB’s of AOE inhibeerders waargeneem word.

Die implikasies van hierdie bevindings op pasiënt sorg

moet geïndividualiseer word. Tiasied diuretika word

dikwels aanbeveel vir die aanvanklike behandeling van

hipertensie aangesien dit goedkoop is en die

Ja

Ja

Ja

Pasiënte met bevestigde

diagnose van jig

Is `n akute aanval van

sinovitis teenwoordig

Akute jig

Kan NSAIM terapie benut word?

NSAIMs is gekontraindikeer in : - renale

ontoereikendheid, hartversaking, peptiese ulkus

siektes, sensitiwiteit teenoor NSAIMs

Nee Interval jig (kan ook interkritiese

jig artritis genoem word)

kardiovaskulêre voordeel bewys is. Dit kan egter

verstandig wees om ’n ARB (veral losartan) of ’n AOE

inhibeerder te kies vir pasiënte met jig. In pasiënte wat

egter ook op ’n uraat-verminderende middel is, is die

bykomende voordeel minimaal indien die diuretika gestop

sou word of losartan bygevoeg word.

Die behoefte aan farmakologies antihiperurisemiese terapie.

Alhoewel daar geen argument verbonde is oor die feit dat jig

behandel moet word nie, is daar ’n aansienlike debat oor

wanneer om uraat verminderinde terapie te begin. Sorgvuldige

oorweging word benodig voor lewenslange behandeling met

medikasie begin word wat potensieel ernstige newe-effekte

het. Vir meeste mense wat slegs af en toe jig aanvalle kry, is

11 Oktober 2008

Ja

Nee

Is glukokortikoïede

teenaangedui?

Nee

Is > 1 gewrig aangetas?

Nee

Intra-artikulêre of orale

glukokortikoïede

Akute simptome klaar op

Interval jig (kan ook interkritiese

jig artritis genoem

word)

Sinovitis = inflammasie van die sinoviale membraan wat ’n gewrig omsluit, gewoonlik gepaard met pyn en swelling van die gewrig.

*Pas dosis aan in pasiënte met renale ontoereikendheid

Aangepas uit Lipsky, P. Algorithms for the diagnosis and management of musculoskeletal complaints: A new tool for the primary-care provider,

(sien www.swmed.edu/home_pages/cme/endurmat/lipsky/index.html).

die risiko verbonde aan profilaktiese behandeling waarskynlik

groter as die voordeel daarvan. Persone wat ongereelde

aanvalle kry, bv. een maal per jaar of minder, sal nie normaalweg

oorweeg word vir profilaktiese behandeling van hiperurisemie

nie.

Uraat verlagingsterapie moet gebied word aan pasiënte

wat:

Meer as twee of drie aanvalle per jaar kry – ’n laer drempel

vir behandeling kan oorweeg word as aanvalle besonder

lank voortduur, inmeng met beroep of ander aktiwiteite

en/of voortduur vir verskeie jare

Tofusse of radiologiese veranderings toon

Nefropatie of stene het

Veral hoë serum uraat vlakke (>0.7 mmol/l) of uriensuur

uitskeiding van meer as 1100 mg per dag het

Profilakse benodig wanneer chemoterapie ondergaan word

vir hematologiese kwaadaardighede

Die terapeutiese doel van uraat verminderings terapie is om

dissolusie van kristalle te bevorder en om kristalvorming te

voorkom. Dit word behaal deur die serum uriensuur vlakke

onder die versadigings punt vir mononatrium uraat (d.i. <

0.36 mmol/l) te hou. Uriensuur vlakke kan verlaag word deur

uraat vorming te verminder met ’n xantien oksidase inhibeerder

soos allopurinol of uitskeiding van uriensuur te verhoog deur

’n urikosuriese middel soos probenesied.

Wanneer die besluit gemaak is om te begin met behandeling om

serum uraat te verlaag, is die tydsduur van terapie onbepaald en

moet dit voortgeduur word om effektief te kan wees. Die

meerderheid van pasiënte wat beheer oor jig behaal met

langtermyn antihiperurisemiese terapie sal herhaling van

simptome en/of tofusse ervaar indien behandeling gestaak word.

Swak pasiënt meewerkendheid is ’n belangrike faktor in pasiënte

met jig. Behandeling is langdurig (soms lewenslank) en die

pasiënt is asimptomaties vir die grootste meerderheid van die tyd.

Dit kan moontlik wees om verbeterde meewerkendheid te verkry

deur aan pasiënte voldoende raad te verskaf voor terapie oorweeg

word en deur gereeld klem te lê op hoe belangrik dit is om daagliks

medikasie te neem vir die langtermyn.

Dit is belangrik om die laagste effektiewe dosis van die

antihiperurisemiese middel te bepaal. Pasiënte word dikwels

op vasgestelde dosisse geplaas sonder dat die respons

gemonitor word. Dit het potensiële implikasies verbonde aan

veiligheid sowel as koste.

Beide allopurinol en urikosuriese middels kan aanleiding gee tot

’n jig aanval, veral as die uraat vlakke skielik daal met ’n gevolglike

massiewe mobilisering van uraat uit die liggaam se reserwes.

Pasiënte moet daarteen gewaarsku word sodra behandeling met

uriensuur verlagende terapie begin word, of hulle kan moed

verloor met ’n terapie wat simptome vererger in plaas daarvan om

dit te verbeter. Akute aanvalle kan voorkom word deur aanvanklik

klein dosisse te neem met die gesamentlike gebruik van ’n matige

maar gereelde dosis van ’n NSAIM (bv. indometasien 25 mg twee

maal per dag) of kolgisien (0.5 mg een tot twee maal per dag) vir

die eerste drie maande of so wanneer antihiperurisemiese

behandeling begin word. Terwyl verlengde gebruik van kolgisien

en NSAIMs herhalende episodes van jig artritis kan voorkom,

word hulle geassosieer met aansienlike toksisiteit tydens

langtermyn gebruik en voorkom die middels nie die ontwikkeling

van swygende benige erosies en tofiese deponering hierdie.

Daarom behoort hierdie middels NIE langtermyn aanbeveel te

word in pasiënte met herhalende episodes van jig nie. NSAIMs

buiten indometasien is ook effektief en kan geassosieer word met

minder gereelde voorkoms van newe-effekte.

Dit is belangrik om nie behandeling met allopurinol of ’n

urikosuriese middel te begin gedurende ’n jig aanval nie. Ten

minste vier weke moet verloop tussen die akute aanval van jig

en die aanvang van terapie met ’n middel om die serum uraat

vlakke te verlaag. Indien ’n pasiënt wat reeds op terapie

gevestig is ’n akute aanval ervaar, is dit belangrik om nie

terapie met allopurinol of die urikosuriese middel te staak nie.

Versuim om die onderskeid tussen anti-inflammatoriese terapie

en antihiperurisemiese behandeling te waardeer is dikwels

verantwoordelik vir die verlenging van simptomatiese jig in

pasiënte op antiurisemiese middels. Pasiënte moet op dieselfde

wyse behandel word vir ’n akute aanval as pasiënte wat nie op

antihiperurisemiese behandeling is nie.

5.4.1 Allopurinol bv. Puricos ®

Allopurinol is tans die enigste geredelik beskikbare xantien

oksidase inhibeerder. Oxopurinol, ’n aktiewe metaboliet van

allopurinol, is in sommige lande beskikbaar. Die terapeutiese

effektiwiteit van allopurinol is al vir meer as 40 jaar gedokumenteer,

maar newe-effekte somtyds ernstig, kan terapie beperk. Tot eenvyfde

van pasiënte is nie in staat om allopurinol te verda nie.

Beperkings van allopurinol behandeling word al hoe meer verstaan,

wat die behoefte vir nuwe geneesmiddelontwikkeling vir hierdie

siektetoestand na vore bring.

Tabel 8. Belangrike beperkings van allopurinol

behandeling

• Allopurinol moduleer non-selektief purien en pirimidien metabolisme

• Uitskeiding deur die nier van die aktiewe metaboliet oxypurinol

bemoeilik dosering in pasiënte met nierversaking.

• Geneesmiddels interaksies kan plaasvind met bv. azatioprien

en merkaptopurien.

• Gesamentlike toediening van aminopenisilliene bv. amoksisillien;

ampisilien kan insidensie van vel uitslae verhoog.

• Nota: Alkohol kan met die effektiwiteit van allopurinol inmeng.

• Hepatotoksisiteit en geringe gastrointestinale en sentrale

senuweestelsel newe-effekte kan voorkom.

• Uitslag kom in ongeveer 2% van pasiënte op behandeling voor.

• Erge allopurinol hipersensitiwiteit sindroom is skaars, maar die

sterftesyfer is ongeveer 20%.

• Oxypurinol kruis-sensitiwiteit met allopurinol beperk oxypurinol

as ’n alternatief vir allopurinol in hipersensitiewe pasiënte.

• Vermindering in tofusse is tipies stadig.

• Baie pasiënte bereik nie einddoel serum uraat vlakke met

standaard dosering nie en optimale dosering is betwisbaar, veral in

pasiënte met nierversaking.

• Pasiënt meewerkendheid is as ’n belangrike probleem geïdentifiseer, ’n

aanduiding van die behoefte aan verbeterde pasiënt onderrig.

Die effek van allopurinol op die insidensie van herhalende jig

is nog nie in plasebo-beheerde proewe bepaal nie. Dekades

van ondervinding deur dokters and pasiënte getuig egter oor

die effektiwiteit daarvan.

In kontras met urikosuriese middels wat dikwels slegs aangedui

word vir pasiënte met ’n verlaagde uitskeiding van uriensuur,

is xantien oksidase inhibeerders effektief vir feitlik alle toestande

wat behandeling vir jig regverdig. Alhoewel die meerderheid

van pasiënte met jig uriensuur onderuitskei en kandidate is vir

12 Oktober 2008

urikosuriese behandeling, is allopurinol die mees algemeen

voorgeskrewe urikosuriese agent as gevolg van die gerieflike

gebruik (een maal per dag teenoor twee tot drie keer daaglikse

toediening van probenesied) en aangesien dit effektief is ten

spyte van die oorsaak van hiperurisemie. Allopurinol word

verkies in pasiënte bo die ouderdom van 60 en in dié wat

alreeds ontwikkelde tofusse het. Die eersgenoemde

aanbeveling spruit uit die verlies van nierfunksie geassosieer

met veroudering en die laasgenoemde vanuit ’n teoretiese

besorgdheid dat uriensuur niersteenvorming kan induseer.

Die inhibisie van uriensuur vorming word grootliks deur

allopurinol bewerkstellig deur inhibisie van xantien oksidase

deur beide die ouermolekuul sowel as die aktiewe metaboliet,

oxypurinol. Allopurinol en oxypurinol is kompeterende

inhibeerders van xantien oksidase en bewerkstellig

onomkeerbare inaktivering van die ensiem. Gevolglik, daal

uraat produksie.

Die algemeenste daaglikse allopurinol dosis is 300 mg. Daar

is egter aansienlike interpasiënt variasie in die daaglikse dosis

wat benodig word om beheer van serum uraat konsentrasie te

bewerkstellig, van 100 mg tot 900 mg per dag. Party studies

stel voor dat die basislyn serum uraat konsentrasies onder jig

pasiënte oor die afgelope jare meer is as ’n paar dekades

gelede. As gevolg daarvan kan ’n meerderheid van jig pasiënte

doserings van allopurinol benodig wat 300 mg per dag oorskry

om die verlangde serum uraat vlakke te bereik.

Allopurinol behandeling word normaalweg begin by ’n dosis

van 50 – 100 mg per dag, wat dan elke 2 tot 4 weke vermeerder

word na aanleiding van die antihiperurisemiese effek wat

behaal word, met ’n uriensuur vlak onder 0.36 mmol/l as

teiken. Pasiënte wat allopurinol neem behoort hul serum uraat

vlakke ten minste een keer gedurende die eerste ses maande

van gebruik laat bepaal. Die halfleeftyd van die aktiewe

metaboliet, oxypurinol is verleng in pasiënte met nierversaking,

wat ’n verlaging in allopurinol dosis vereis by die begin van

behandeling.

Serum uraat vlakke begin daal binne 2 dae van allopurinol

toediening en bereik stabiele vlakke binne een tot twee weke.

Alhoewel allopurinol nie in pasiënte met uitgebreide tofiese

siekte ideale serum uraat vlakke (d.i.

dosis is 2 g per dag toegedien in 2 tot 4 verdeelde dosisse.

5.4.3 Chirurgie

Die rol van chirurgie in die behandeling van jig word in die

algemeen beperk tot die komplikasies van tofiese jig, wat

infeksie insluit, kompressie as gevolg van die massa effek van

’n tofus, gewrigsverwringing en aanhoudende pyn. Tofusse

hoort nie chirurgies verwyder te word nie tensy hulle in ’n

kritiese area voorkom of konstant dreineer.

5.4.4 Nuwe strategieë en medikasie wat

ondersoek word

• Die rol van kombinasie terapie met probenesied en

allopurinol is nog nie voldoende ondersoek nie.

Farmakologiese interaksies is al gerapporteer, insluitende

’n toename in uitskeiding van allopurinol. Ten spyte van

hierdie faktore, is die gekombineerde gebruik van beide

groepe antihiperurisemiese middels al effektief en veilig

gebruik wanneer nodig om voldoende serum uraat

verlaging te bewerkstellig.

• Losartan, fenofibraat en atorvastatin bleik om serum uraat

konsentrasies te verlaag. Data van gekontrolleerde proewe

oor hul gebruik om herhalende jig te voorkom, is

onvoldoende.

Figuur 7. Voorkoming van herhalende jig (aangepas uit Uptodate.com)

Pasiënte met bevestigde diagnose van jig;

akute aanval of sinovitis is nie teenwoordig nie

Interval jig

Is jig aanvalle ongereeld

(1-2 aanvalle / jaar)?

Nee

Kan staking van diuretika of alkohol, of

gewigverlies aantal aanvalle verminder?

Nee

Is daar ’n geskiedenis van nefrolitiase?

Nee

Is tofusse teenwoordig?

Nee

Is serum kreatinien ≥ 2.0 mg/dl?

Nee

Is 24-uur urinêre uriensuur > 800 mg?

Nee

Urikosuriese middels soos probenesied

(kolgisien* profilakse tydens aanvang

of om herhalende aanvalle te beheer)

Ja

Ja

Ja

Neem waar en onderrig

pasiënt, behandel akute

aanvalle

Ja

Ja

Ja

Allopurinol* terapie

(kolgisien*

profilakse tydens

aanvang of om

herhalende aanvalle te

beheer

Beheer die behandeling

die jig aanvalle?

*Pas dosis aan in pasiënte met renale ontoereikendheid

• Vitamien C se urikosuriese werking, kan bydra om serum

uraat konsentrasies te laat daal.

Urikase

Urikase, ’n ensiem wat uraat na die meer oplosbare vorm

allantoïen omskakel, word tans ondersoek as potensiële

behandeling vir hardnekkige tofiese jig. Urikase is teenwoordig

in meeste soogdiere, maar afwesig in mense en sommige

primate. Voorlopige veiligheid en effektiwiteit studies het tot

dusver resultate gerapporteer na enkel infusies van soogdier

(hoofsaaklik vark) afkomstige rekombinante urikases.

Dit is moontlik dat sommige pasiënte met ernstige tofiese jig ’n

beperkte aantal urikase infusies kan benut om vinnige

vermindering in serum uraat lading te induseer, waarna

langtermyn behandeling met ’n xantien oksidase inhibeerder

of selfs ’n urikosuriese middel oorweeg kan word vir langtermyn

beheer van hiperurisemie.

Febuxostat

Met die beperkings geassosieer met allopurinol terapie, het die

strategie van xantien oksidase inhibisie ’n groot hoeveelheid

aandag getrek om nuwe medikasies vir die beheer van

hiperurisemie te ontwikkel. Huidiglik is die klem in geneesmiddelontwikkeling

op verbindings sonder ’n purienagtige skelet.

14 Oktober 2008

Nee

Ja

Behandel slegs

met kolgisien

Ja

Is daar toksisiteit

teenoor allopurinol?

Nee

Gaan voort met

behandeling

Nee

Is daar toksisiteit

teenoor urikosuriese

middels?

(vervolg op bladsy 16)

Tabel 9. Opsommingstabel van die medikasie wat gebruik word in die behandeling van akute en chroniese jig.

AKUTE JIG

NSAIMs – nie-selektief

Kan oor die toonbank gebruik word vir nood behandeling van akute jig vir ’n maksimum van 5 dae

Dosis Pasiënt advies/Kommentaar

Indometasien bv. Arthrexin ® 50 mg drie of vier keer per dag vir 1 tot 3 dae afhangende Kan hoofpyn of duiseligheid veroorsaak, veral in

van reaksie en begin dan geleidelik verminder oor 2 weke. bejaardes en as behandeling met ’n hoë dosis

Moet nie 200 mg daagliks oorskry nie. begin word. Neem met voedsel.

Diklofenak bv. Voltaren ® 50 mg drie keer per dag vir 1 tot 3 dae afhangende van Newe-effekte is gewoonlik lig en verbygaande van

reaksie en begin dan geleidelik verminder oor 2 weke. aard en betrek hoofsaaklik die boonste gedeelte van

Moet nie 150 mg daagliks oorskry nie. die spysverteringskanaal. Neem met voedsel.

Ibuprofen bv. Brufen ® 2400 mg daagliks – 800 mg elke 8 ure of 600 mg 6 Hoër dosisse word benodig om inflammasie te

uurliks vir 1 tot 3 dae afhangende van reaksie en begin behandel as wat vir pyn benodig word.

dan geleidelik verminder oor 2 weke Neem met voedsel.

Naproksen bv. Nafasol ® EC Aanvangsdosis van 750 mg naproksen gevolg deur 250mg Newe-effekte van naproksen affekteer hoofsaaklik

elke 8 ure vir 1 tot 3 dae en verminder geleidelik oor die spysverteringskanaal.

twee weke.

Selektiewe COX-2 inhibeerders

Neem met voedsel.

Etoricoxib bv. Arcoxia ® 120 mg een maal per dag vir 1 tot 3 dae afhangende Gebruik vir die kortste periodes moontlik.

Kolgisien

van reaksie en verminder dan geleidelik Kan verkies word in pasiënte op warfarin.

Gebruik versigtig in pasiënte met herkende

kardiovaskulêre toestande of met meervoudige

risiko faktore vir arterosklerotiese koronêre siektes.

0.5 tot 1 mg stat, gevolg deur 0.5 mg elke ses ure tot Dien toe binne 12 tot 36 uur van die akute aanval.

pyn opgeklaar het of gastroïntestinale ongemak onstaan. Newe-effekte soos diarree en naarheid wat by die

meeste pasiënte binne ’n gemiddeld van 24 uur van

Die maksimum dosis wat in die eerste 24 uur toegedien aanvang van terapie voorkom, beperk die gebruik

mag word is 2.5 mg en 6 mg oor vier dae. Die kursus van kolgisien.

mag nie vir ten minste drie dae daarna herhaal word nie. Normaalweg beperk tot diegene wat

Kortikosteroïede

Dosis moet verlaag word vir bejaardes. weerstandig is teen NSAIMs of vir dié wat dit al

met sukses in die verlede gebruik het.

Prednisoon bv. Panafcort ® 40 mg oraal een maal per dag vir 1 tot 3 dae afhangende Nie vir lang-termyn gebruik nie.

van reaksie, geleidelik verminder oor 2 weke.

Metielprednisoloon asetaat bv. 4-80 mg intra-artilkulêr toegedien afhangend van die Intra-artikulêre toediening is met minder sistemiese

Depo-Medrol ® inspuiting

CHRONIESE JIG

Urikosuriese middels

grootte van die gewrig en die ernstigheid van die jig. newe-effekte geassosieer, maar sorg moet geneem

word dat die gewrig nie ’n infeksie onderlede het nie.

Kan oorweeg word as slegs een gewrig betrek

word en die pasiënt nie orale medikasie kan

gebruik nie.

Probenesied bv. Proben ® 250 mg twee maal per dag vir 1 week dan 500 mg twee Alkalinisering van uriene voor toediening van

maal per dag. Die dosis kan verhoog word na 2-3 g per probenesied kan risiko van niersteenvorming

Xantien oksidase inhibeerders

dag toegedien in verdeelde dosisse. verminder.

Kan aanvalle van akute jig artritis ontlok.

Probenesied meng in met uitskeiding van baie ander

geneesmiddels bv. penisilliene

Allopurinol bv. Puricos ® Aanvangsdosis: 50 tot 100 mg daagliks wat geleideik op Meer geneig om effektief te wees as urikosuriese

getitreer word na 300 tot 400 mg per dag, na aanleiding middels maar het verhoogde potensiaal vir newe- effekte.

van serum uraat vlakke. Moet nie behandeling tydens ’n akute jig aanval

Verlaag dosis in pasiënte met nierversaking. begin nie.

Maksimum dosis 900 mg/dag in verdeelde dosisse. Alkohol verminder die effekte van allopurinol.

Insidensie van veluitslae verhoog wanneer ampisillien

of amoksisillien terselfdertyd gebruik word. Staak

behandeling as uitslag ontstaan. Monitor

lewerfunksie en bepaal bloedtellings voor

behandeling begin word.

15 Oktober 2008

(vervolg van bladsy14)

Febuxostat inhibeer xantien oksidase, maar anders as allopurinol,

is dit nie ’n purien basis analoog nie. Dit beset die toegangskanaal

vir xantien oksidase op ’n selektiewe wyse en voorkom dat die

substraat toegang kry tot die katalitiese setel op die ensiem.

Twee groot gekontroleerde ewekansige proewe het getoon

dat febuxostat (80 mg/dag) aansienlik meer effektief is as

allopurinol (300 mg/dag) om serum uraat vlakke na ’n teiken

vlak van minder as 0.36 mmol/l (48% en 69% teenoor 21% en

22%) te verminder. Dit het egter nie minder aanvalle van akute

jig tot gevolg gehad wanneer dit met die allopurinol groep

vergelyk is nie. Soos allopurinol word febuxostat met

opflikkerings van jig artritis geassosieer, veral in die eerste

paar maande van behandeling.

Aangesien febuxostat nie chemies verwant is aan allopurinol

nie, is dit die verwagting dat dit ’n rol sal speel in pasiënte wat

onverdraagsaam is teenoor allopurinol. Aangesien febuxostat

hoofsaaklik deur oksidasie en glukuronidasie in die lewer

gemetaboliseer word en nie deur die nier nie, word

verdraagsaamheid in pasiënte met nierversaking ook

ondersoek.

6. GEVOLGTREKKING

Akute jig is ’n ontsettende pynlike inflammatoriese artritis. Die

doel van behandeling gedurende ’n akute aanval is vinnige

beëindiging van pyn en ongeskiktheid. Met opklaring van die

akute aanval gaan die persoon die interkritiese tydperk binne

waartydens pasiënte ingelig moet word oor lewenstyl

veranderinge soos gewigsverlies indien hulle oorgewig is, alkohol

beperking (veral bier) en ’n dieet wat komplekse koolhidrate

bevat en laag is in versadigde vet. Die pasiënt moet verwys word

vir evaluering in terme van kardiovaskulêre risiko en diabetes

mellitus. Pasiënte wat op diuretika is vir hipertensie benodig

dalk ’n verandering in medikasie indien moontlik.

Alhoewel intervalle tussen aanvalle van akute jig artritis kan

varieer, sal meeste onbehandelde pasiënte met jig ’n tweede

episode binne twee jaar ervaar. Antihiperurisemiese

behandeling word aanbeveel vir pasiënte met ’n geskiedenis

van jig wat twee tot drie ernstige aanvalle per jaar ervaar,

klinies of radiologiese tekens van chroniese jig artritis toon,

tofusse het en nierversaking of herhaaldelike nefrolitiase het.

Optimale behandeling van jig vereis beide nie-farmakologiese

sowel as farmakologiese benaderings na aanleiding van die

pasiënt se spesifieke risiko faktore bv. serum uraat vlakke,

vorige aanvalle en radiografiese tekens sowel as algemene

risiko faktore soos ouderdom, geslag, oorgewig, alkohol verbruik,

gesamentlike siektetoestande en mediese behandelings.

Die rol van die apteker is om pasiënte toepaslike advies te gee

oor die gebruik van medikasie vir die akute aanval en wanneer

hiperurisemiese behandeling voorgeskryf is, die

noodsaaklikheid uit te wys om met behandeling voort te gaan.

Om langtermyn uitkomste vir pasiënte met jig te verbeter, moet

die pasiënt voortdurend met inligting en ondersteuning verskaf

word oor die voordele van lewenstylaanpassings in die beheer

van hul toestand en die noodsaaklikheid om hul voorgeskrewe

medikasie voortdurend te gebruik, al is hulle vry van simptome.

Alhoewel min nuwe geneesmiddels in onlangse jare beskikbaar

gestel is vir die behandeling van jig, is navorsing onderweg om

nuwe benaderings te identifiseer vir die behandeling van die

toestand, veral met die toenemende voorkoms van jig. Die

skakel tussen jig inflammasie en spesifieke bemiddelaars van

immuniteit is ’n goeie voorspelling vir nuwe behandelingsstrategieë

vir jig inflammasie in weerstandige pasiënte.

Inligting vir pasiënte

Engeland Jig Vereniging: www.ukgoutsociety.org

www.uptodate.com/patients

Verwysings beskikbaar op aanvraag

Saamgestel deur Insight Medicine Management namens die Alpha Pharm Voortgesette Onderrigprogram

Posbus 218, Cramerview, 2060, Suid-Afrika

Kopiereg© 2008

Direkteur van Voortgesette Onderrig: Geraldine Bartlett M. Pharm (cum laude) F.P.S.

VPO Bestuurder: Glynis van der Watt Dip. Pharm. M.P.S.

Tel: (011) 706-6939

Gepubliseer deur Bookpress (011) 493-8522

16 Oktober 2008

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!