03.05.2013 Views

Omsendbrief 10 - Hoërskool Bastion

Omsendbrief 10 - Hoërskool Bastion

Omsendbrief 10 - Hoërskool Bastion

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Indien ‘n leerder siek is en nie skool kan bywoon nie, moet u asseblief voor 08:00 die

skool laat weet deur middel van e-pos, SMS of per telefoon. Dit sal baie waardeer word

en ook die administrasie vergemaklik.

Ander sake:

• Die skool begin op 9 April 2013 met ‘n dag 2. Sorg asseblief dat leerders die regte

boeke vir die dag inpak.

• Op 17 April 2013 sal ons ‘n ouer-dag hê. Die finale reëlings van rapporte en die

verloop van die dag sal aan u deurgegee word.

• Na die vakansie sal ons aan u die portefeulje/take-rooster gee. Die toetsrooster is

elders in die Basuiner beskikbaar indien leerders wil voorbereiding tref.

• Ons begin reeds 2 Junie 2013 met ons Junie-eksamen. Leerders moet asseblief

voor die tyd sorg dat studieroosters en werk op datum is.

Bemarking:

Bemarking:

Ons beplan om vanaf volgende kwartaal deur middel van ‘n rekenaargebaseerde

program, die D6 Kommunikator, met u te kommunikeer. Hierdie program sal nie ons

nuusbrief of webblad vervang nie, maar sal ons in staat stel om belangrike inligting op

’n daaglikse basis met u te deel.

U sal vroeg in die nuwe kwartaal ‘n CD ontvang waarmee u die sagteware op u

rekenaar kan installeer. U sal dit ook vanaf ons webblad na u rekenaar kan oordra.

Een van ons strategiese doelwitte is om die tegnologie op verskeie vlakke in te span om

meer effektief te funksioneer, hetsy in die klaskamer of op administratiewe gebied. Ons

vertrou dat hierdie nuwe Kommunikator u sal help om elke dag op hoogte te bly van wat

hier by die skool aangaan.

Daar is tans gevalle waar leerders mekaar, en selfs vir onderwysers, beswadder, kru

taal gebruik en onaanvaarbare name noem.

As opvoedkundige instansie is hierdie tipe gedrag vir ons onaanvaarbaar en in swak

smaak.

Dit moet ook beklemtoon word dat sodanige gedrag neerkom op naamskending en dat

dit, ingevolge die wet, strafbaar is.

Ons wil glo dat die lede van ons Bastionfamilie ordentlik opgevoed is, mekaar

respekteer en verhewe is bo hierdie tipe gedrag.

Akademie:

Akademie:

In vorige Basuiners het ons reeds alles breedvoerig bespreek in verband met die skryf

van toetse, portefeuljes, inhandiging en skryf van toetse by afwesighede.

2

U as ouer moet op ‘n gereelde basis kyk na die toestand van die leerders se handboeke

en skrifte, dit moet netjies oorgetrek wees met plastiek. Die versorging daarvan is

belangrik.

Die skool begin op 9 April 2013 met ‘n Dag 2.

Herkontrolering van eksamenvraestelle van 2012:

Die volgende Graad 12-leerders van 2012 se vraestelle is gekontroleer en die uitslae is

as volg:

Carlien Voigt - Geen simboolverandering nie.

Tiaan Meyer - Geen simboolverandering nie.

Nadia Labuschagne - Geen simboolverandering nie.

Liezel du Plessis - Geen simboolverandering nie.

Tanya Koen – Wiskunde van ‘n D na ‘n C – baie geluk.

Michelle Fouche – Wiskunde van ‘n D na ‘n C – baie geluk.

Lee-Ann coetzee – Rekeningkunde van ‘n B na ‘n A – baie geluk.

IT:

Die IT-portefeulje is hard aan die werk om die tegnologie van die skool te verbeter.

Tans sal ‘n lêerbediener (“server”) geïnstalleer word om die komende globale netwerk

te dien. Hier sal dan ook ‘n werkstasie met internet-toegang vir personeel beskikbaar

gestel word. Dit is maar net fase een van die vyf fases van infasering van die ITstrategie.

Verdere inligting sal met u gedeel word soos die harde werk vorder.

Sport Sport: Sport

HOKKIE:

Baie dankie aan al ons spanne wat deelgeneem het teen Potchefstroom Gimnasium.

Ons wil ook sterkte sê aan ons twee eerstespanne vir hul toer na Bloemfontein 4 – 7

April en ons Junior spanne vir hul Pietie Coetzee Kliniek by Hoërskool Bastion op 25 –

27 Maart.

NETBAL:

Baie dankie vir die ondersteuning in kwartaal 1.

Dankie aan almal wat hulle kinders die geleentheid gun om die toere by te woon. Ek glo

dit gaan vir almal ‘n wonderlike leerskool wees.

Netbal fondsinsamelings:

Spanne sal regdeur die jaar die geleentheid kry om by Spur en Ocean Basket te gaan

werk om geld te in vir hulle spanne. Datums sal gefinaliseer word.

Geniet u ruskansie. Ons sien uit na die ligas in kwartaal 2.

RUGBY:

Rugbytoere:

• o.14- en o.15-spanne na Naboomspruit – 2 April tot 6 April -

koste beloop R1 500-00.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!